Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Lofsang" deur ANTJIE KROG
"Lofsang" deur ANTJIE KROG [boodskap #28724] Vr, 14 Januarie 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

LOFSANG
Antjie Krog

kom herwaarts geliefdes
met voete vlugtig oor bolandse berge
oor koel valleie varkoor
versamel in die vlaktes
trek op uit die Hantamgebergtes
uit die Koue Bokkeveld
en die Witteberge naby Bethlehem
vertoef nie vir klere nie
ook nie vir brood of wyn nie
snel geluidloos deur die donker
net die hoewe van die aarde wat sterre vonk
en silwer mane wit salpeter teen sy flanke
want 'n kind is vannag gebore
‘n seun is gegee in vreugde ontvang en gebore
‘n seun wat die aarde langs sal huppel
oseane sal opvang in sy strandemmer
sy speelgoed oor vastelande strooi
oor kape met windrigtings sy helder top laat tol
en die son soos 'n ghoenie-ghoen in sy agtersakkie dra

o kom herwaarts geliefdes
vrolik en seëvierend
psalmsing
met goud en wierook en mirre
en kniel op die berge waar daar son is
gevange
en heerlik en bloesend gekruisig
teen die aardse ritme van die ewigheid.
Re: "Lofsang" deur ANTJIE KROG [boodskap #28741 is 'n antwoord op boodskap #28724] Sa, 15 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @home.com wrote:
> LOFSANG
> Antjie Krog
> kom herwaarts geliefdes
> met voete vlugtig oor bolandse berge
> oor koel valleie varkoor
> versamel in die vlaktes
> trek op uit die Hantamgebergtes
> uit die Koue Bokkeveld
> en die Witteberge naby Bethlehem
> vertoef nie vir klere nie
> ook nie vir brood of wyn nie
> snel geluidloos deur die donker
> net die hoewe van die aarde wat sterre vonk
> en silwer mane wit salpeter teen sy flanke
> want =91n kind is vannag gebore
> =91n seun is gegee in vreugde ontvang en gebore
> =91n seun wat die aarde langs sal huppel
> oseane sal opvang in sy strandemmer
> sy speelgoed oor vastelande strooi
> oor kape met windrigtings sy helder top laat tol
> en die son soos =91n ghoenie-ghoen in sy agtersakkie dra
> o kom herwaarts geliefdes
> vrolik en seëvierend
> psalmsing
> met goud en wierook en mirre
> en kniel op die berge waar daar son is
> gevange
> en heerlik en bloesend gekruisig
> teen die aardse ritme van die ewigheid.

Baie dankie vir al die pragtige gedigte, Gloudina. Dit sal inniglik
waardeer word, indien moontlik, die datums wanneer dit geskrywe is,
aangeheg word.

Voorspoedige Jaar 2000. En alles wat die beste is. En mag reisigers op
die Planeet vir jou geluk en vreugde bring.

Re: "Lofsang" deur ANTJIE KROG [boodskap #28769 is 'n antwoord op boodskap #28724] Di, 18 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> @home.com wrote:

> LOFSANG
>> Antjie Krog

Dankie, Gloudina, vir die gedigte - veral antjie krog. Ek lees nou "country of
my skull" - en word so diep geraak (emosioneel en intellektueel) deur elke
bladsy dat ek hoop elke suid-afrikaner (ten minste) lees hierdie boek.
Re: "Lofsang" deur ANTJIE KROG [boodskap #28776 is 'n antwoord op boodskap #28724] Wo, 19 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

PAT wrote:

> Leswin skryf:
>>> LOFSANG
>>>> Antjie Krog
>>
>> Dankie, Gloudina, vir die gedigte - veral antjie krog. Ek lees nou "country of
>> my skull" - en word so diep geraak (emosioneel en intellektueel) deur elke
>> bladsy dat ek hoop elke suid-afrikaner (ten minste) lees hierdie boek.
>
> Ek dink dat dit altyd meer treffend is as die "skuldige" party,
> (in dié geval n Afrikaner), n boek skryf oor haar/sy eie
> volk/nasie se sondes en foute. Antjie se boek het m.i. meer
> trefkrag as wat bv. n engelsman of swart dit ooit kon stel.
>
> PAT

Ek het nog nie die boek gelees nie. Wil julle miskien bietjie
meerdaarvan vertel?
Ek sidder bietjie as jy praat van die Afrikaner as "die skuldige
party." In my eie hart rebelleer ek teen die tipering van die Afrikaner
as geheel en al verantwoordelik vir die skandaal van apartheid. Ek
weet in my hart dat daar talle Afrikaners was wat in murg en bloed
gerebelleer het teen hierdie regime.
In die VSA word "racial stereotyping" hierdie eleksie-jaar 'n
slagkreet. Ek lees oor die naweek 'n stuk oor Desmond Tutu waarin
hy vertel dat dit nie die algemene trekke van die apartheidswette was
wat hom die meeste laat ly het nie, maar hierdie soort rasse-tipering.
Sy pa was 'n goedopgeleide onderwyser. As hy dan nou in die
winkel instap met sy pa en die jong meisie agter die toonbank vra
"ja, boy, what do you want" dan het hy tien dode gesterf.

Gloudina
Re: "Lofsang" deur ANTJIE KROG [boodskap #28777 is 'n antwoord op boodskap #28724] Wo, 19 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leswin skryf:
>> LOFSANG
>>> Antjie Krog
>
> Dankie, Gloudina, vir die gedigte - veral antjie krog. Ek lees nou "country of
> my skull" - en word so diep geraak (emosioneel en intellektueel) deur elke
> bladsy dat ek hoop elke suid-afrikaner (ten minste) lees
hierdie boek.

Ek dink dat dit altyd meer treffend is as die "skuldige" party,
(in dié geval n Afrikaner), n boek skryf oor haar/sy eie
volk/nasie se sondes en foute. Antjie se boek het m.i. meer
trefkrag as wat bv. n engelsman of swart dit ooit kon stel.

PAT
Re: "Lofsang" deur ANTJIE KROG [boodskap #28789 is 'n antwoord op boodskap #28724] Do, 20 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> @home.com

> Ek het nog nie die boek gelees nie. Wil julle miskien bietjie
> meerdaarvan vertel?

Die boek neem as vertrekpunt die Waarheids & VersoeningsKommissie waarvandaan
verskillende temas gespin word - persoonlike verantwoordelikheid, die
koolektiewe psige van verskillende groepe, geslagsrolle, die afrikaner, en so
meer en so meer. Op pad werk toe vanoggend (ek lees op die trein) tref die
volgende my soos 'n hamerslag. Nadat krog in hierdie spesifieke hoofstul
worstel met die betekenis van waarheid, versoening, en FWde Klerk se flou
submissie:

"A friend who has emigrate visits me in the office. She answers a call for me:
'Its your child. He says he's writing a song about Joe Mamasela and he needs a
word to rhyme with 'Vlakplaas'". She lowers the phone. 'Who is Joe Mamasela?'
A massive sigh breaks through my chest. For the first time in months - I
breathe.
The absolution one has given up on, the hope for a catharsis, the ideal of
reconciliation, the dream of a powerful reparation policy ... Maybe this is all
that is important - that I and my child know Vlakplaas and Mamasela. That we
know what happened there.
When the Truth COmmission started last year, I realized instinctively: if you
cut yourself off from the process, you will wake up in a foreign country - a
country that you don't know and that you will never understand."
Re: "Lofsang" deur ANTJIE KROG [boodskap #28790 is 'n antwoord op boodskap #28724] Do, 20 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ProPacem wrote:

> Antjie Krog:
> When the Truth COmmission started last year, I realized instinctively: if you
> cut yourself off from the process, you will wake up in a foreign country - a
> country that you don't know and that you will never understand."

Ja, en hierdie "foreign country" is soms nie Kanada of Australia nie, maar
dieforeign country binne die koppe en die harte van die wat in Pretoria of
Durban of Barrydale leef. Dit is vir my so interessant, maar soms ook amper
sidderingswekkend, om met vriende en familie in SA in aanraking te kom en
hulle verskillende reaksies op die "Nuwe Suid-Afrika" te bestudeer. Daar
is die een ouerige man, goeie wetenskaplike (op 'n tyd wetenskaplike
adviseur vir die President van SA en dus byna seker 'n Broederbonder),
wat vreugdevol oor die nuwe SA skryf, hoe hulle 'n huwelik op 'n sending-
stasie in Kwazulu-Natal bygewoon het waar Buthelezi ook teenwoordig was.
En my swaer, wat 'n ampsdraer in die ou NP was, wat reguit vir my kinders
vertel dat hy nooit SA sal verlaat nie. En dan kry ek die benepe briewe van
sommige van my universiteits-vriendinne wat steen en been kla oor die
dinge "wat in SA aangaan" en aanhoudend indringende klein vragies vra oor
ons "godsdiens." Dit juis van die mense wat ek sou verwag het dat hulle, na
wat hulle van die misdade van die apartheidsregime gehoor het, bietjie anders
sou begin dink het. Dis asof hulle nog altyd wil spioeneer op mense wat
anders is.
So mens weet nooit nie.

Gloudina
Re: "Lofsang" deur ANTJIE KROG [boodskap #28797 is 'n antwoord op boodskap #28724] Vr, 21 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jan 2000 15:06:01 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

A massive sigh breaks through my chest. For the first time in months - I[/color]
> breathe.
> The absolution one has given up on, the hope for a catharsis, the ideal of
> reconciliation, the dream of a powerful reparation policy ... Maybe this is all
> that is important - that I and my child know Vlakplaas and Mamasela. That we
> know what happened there.
> When the Truth COmmission started last year, I realized instinctively: if you
> cut yourself off from the process, you will wake up in a foreign country - a
> country that you don't know and that you will never understand.">>

Ja.

En dan die volgende: Minder dramaties maar ewe onbevrydend. So twee
jaar terug al vra my 11 jarige kind aan my: "Hoe was dit om onder
apartheid te leef?"

Dit het my moerse laat smile. Ek sal haar nog verveel met stories uit
daai jare. En dit sal haar verveel. Haleluja.

Laat my dink aan n bruin vriend van my se storie. Hy en sy familie
woon n troue by waarvan die resepsie in Emmarentia tuine in Jhb is.
Tydens die ellelange fotoneem-sessie sit hy en sy 9 jarige seuntjie op
n parkbank. Hy reken toe dis dalk n tydjie om aan die kind te vertel
hoe hy as bruinman nie op die bank kon gesit het nie en hoe mense
ingedeel is en regte gegee is na aanleiding van die indeling.
Nadat sy kind n hele ruk daaraan sit en dink het, vra hy: "Wie se
stupid idee was dit?!"
Re: "Lofsang" deur ANTJIE KROG [boodskap #28798 is 'n antwoord op boodskap #28724] Vr, 21 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> Laat my dink aan n bruin vriend van my se storie. Hy en sy familie
> woon n troue by waarvan die resepsie in Emmarentia tuine in Jhb is.
> Tydens die ellelange fotoneem-sessie sit hy en sy 9 jarige seuntjie op
> n parkbank. Hy reken toe dis dalk n tydjie om aan die kind te vertel
> hoe hy as bruinman nie op die bank kon gesit het nie en hoe mense
> ingedeel is en regte gegee is na aanleiding van die indeling.
> Nadat sy kind n hele ruk daaraan sit en dink het, vra hy: "Wie se
> stupid idee was dit?!"

Iemand moet 'n boek skryf met daardie titel: "Wie se stupid idee wasdit?" Hulle
moet daarby insluit al daardie planne van Wouter Basson,
en van die bobbejaan-fetus wat Frederik Botha in ontvangs geneem
het en wat later by Desmond Tutu se huis opgehang is, en van al die
witmense wat in die swart skole ingestroom het toe Bantoe-Onderwys
aparte ontwikkeling van wit en swart voorgestaan het. Ensovoorts,
ensovoorts, ensovoorts.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Trans-vaal" deur PETRA MULLER
Volgende onderwerp: "droom" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:34:55 MGT 2024