Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » J.M. COETZEE, tweekeer Booker-pryswenner
J.M. COETZEE, tweekeer Booker-pryswenner [boodskap #28702] Do, 13 Januarie 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Toe JM Coetzee onlangs die Booker-prys vir die tweede
keer wen, besluit ek dat dit tyd geword het om hom meer
te lees. Hy is die enigste skrywer in Engels wat die Booker-prys
tweekeer gewen het.
Met daardie naam het ek aanvanklik aangeneem dat Coetzee
‘n Afrikaanse skrywer was. Maar ek was verkeerd. John Coetzee,
soos hy in “Boyhood” aandui, het homself as kind gesien as baie
“anders” as die Afrikanerseuns en -dogters met wie hy saam
skoolgegaan het, aanvanklik op Worcester. Aan vaderskant was
sy familie wel Afrikaans, maar sy ma was 'n verengelsde Duitser
en Coetzee het homself as Engels beskou. (Dis nou as mens die
storie in “Boyhood” as biografies beskou.) Ek het die boek intens
interessant gevind, kon dit net nie neersit nie.
Na “Boyhood” vind ek Coetzee se eerste boek “Dusklands”
as een van sy beste. Dis 'n absolute stuk virtuoso-prosa, veral die
tweede deel, waar hy die tog van 'n fiktiewe voorvader in die lande
van die Khoi gedurende die agtiende eeu beskryf. Die eerste deel
van die boek bevat 'n storie oor die Vietnam-oorlog. Dit word aan
die leser oorgelaat om die verband te sien.
Coetzee het sy eerste Booker-prys in die tagtigerjare gekry vir
“The Life and Times of Michael K.” Hier, in 'n land wat in burger-
oorlog gedompel en hoogs gemilitariseerd is, probeer 'n man te
voet van Kaapstad na 'n plaas in die distrik van Prince Albert loop,
aanvanklik met sy ma in 'n kruiwa, maar sy sterf op pad. Dis ‘n
boeiende boek, maar ek kan Coetzee dit tog nie vergewe dat hy nie
die landskap veral in die Boland in baie meer detail beskryf het nie.
Ek vind dat Coetzee meester is wanneer hy emosies beskryf
en wanneer hy gedagtegange oopvlek, maar hy is nie 'n visueel-
georienteerde skrywer nie. Dit laat lees mens effens swaar aan
“Foe” (‘n sinspeling op Defoe, die skrywer van Robinson Crusoe)
en “The Master of St. Petersburg” (oor die lewe van Dostoevsky).
“The Age of Iron” en “Disgrace” (wenner van die 1999 Booker)
gaan albei oor SA en lees baie makliker. Ek sien daarna uit om nog
“In the Heart of the Country” en “Waiting for the Barbarians” te
lees.
Op die oomblik lees ek “Giving Offense – essays on Censorship.”
Die boek oortuig my dat Coetzee 'n intellektuele reus is,
veral in sy analise van Erasmus se “In Praise of Folly” en oor
die werk van die Russiese skrywers wat gedurende die dae
van Kommunisme in Rusland verban is. Teen dié agtergrond skryf
hy uiteindelik ook oor die situasie in SA gedurende die dae van
apartheid, met hoofstukke oor Andre Brink en Breytenbach.
JM Coetzee is in 1940 gebore en is dus nou om en by 60. As
Nadine Gordimer die Nobel-prys kon kry vir haar hier en daar
effens slordige prosa, dan hoop ek dat Coetzee ook een of ander
tyd daarvoor in aanmerking sal kom.

Gloudina
Re: J.M. COETZEE, tweekeer Booker-pryswenner [boodskap #28767 is 'n antwoord op boodskap #28702] Di, 18 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 13 Jan 2000 15:59:03 GMT, @home.com wrote:

Nadine Gordimer die Nobel-prys kon kry vir haar hier en daar[/color]
> effens slordige prosa, dan hoop ek dat Coetzee ook een of ander
> tyd daarvoor in aanmerking sal kom.>>

Ek het die vakansie Disgrace gelees. Dis 'n foutlose boek. Een van die
enigste foutlose boeke wat ek nog gelees het. En 'n great boek wat
soos 'n uitstekende gedig vlakke en balanse het wat 'n mens nie hoef
raak te sien nie maar jou stomslaan as jy daaraan begin dink.
Vorige onderwerp: Toekoms advies vir: Die Nuwe Punt Radio
Volgende onderwerp: voorstedelike legende
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 02:52:52 MGT 2024