Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms advies vir: Die Nuwe Punt Radio
Toekoms advies vir: Die Nuwe Punt Radio [boodskap #28762] Ma, 17 Januarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag Africa Media Enterprises en Puntradio gelukwens vir die super
sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. :) Vir die Persone
van ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die
deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook, om werks geleendhede te
verhoog in Suid Afrika, en elders op die Planeet.

Vir die lewer van programme van formaat, wat oor baie aspekte van die
samelewing dek. Veral Christelike en New Age besprekings programme.
Asook die humoristiese inhoud en fantastiese manier wat kennis oorgedra
word. En om gesonde veelvolkige, multi-kulturele, asook voordelige
industriële en ander verhoudinge te vergroot.

En vir die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, asook elders op
die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie
meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is die toekoms van Puntradio. Behou
geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Sal aanbeveel die radio se program inhoud word vir Afrikaans sprekendes
verhoog - enigiemand, ongeag ras, kleur of geslag, wat Afrikaans praat.
Die Nuwe Puntradio vir Die Nuwe Afrikaanses (DNA).

Ook, om ondersteuning aan die ANC en ander Politieke Partye in die
Parlement te verhoog. Asook om 'n saggeaarde houding teenoor alle
Godsdienste, die ANC en Politieke Partye in die Parlement, te verhoog.

Asook om programme te verhoog wat luisteraars ondersteun om saam te
werk met die ANC, ander Politieke Partye in die Parlement, die
Regering, en Organisasies, vir 'n beter toekoms. Ook om Internet
besprekings groepe te verhoog, om bg. diens te ondersteun.

Ook om die wen resep te bemark: Swart en Bruin en Wit beweeg polities
nader na mekaar vir Reg en Geregtigheid. Of beter: Alle Suid Afrikaners
beweeg polities nader na mekaar vir Reg en Geregtigheid. Staan saam -
eendrag maak mag. En die sleutel tot sukses: Om ondersteuning aan
Vrymesselaars te vergroot, vir 'n beter toekoms in die Nuwe Suid
Afrika, en elders op die Planeet.

Sal hoogstens aanraai om boek besprekings programme te verghoog. Veral
boek besprekings wat op die ontwikkeling van die siel konsentreer. Bv.
Deepak Chopra se boek: The seven spiritual laws of success, Healthy
mind - Healthy body, ens. Asook boeke van Anthony Robbins, en andere.

Asook om programme te verhoog wat ondersteuning lewer om gesonde
veelvolkige verhoudings te bou. Ook om programme wat mediese inligting
verskaf, bv. miv+/vigs en griep, te verhoog.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Geestelike
ontwikkelings programme word verhoog. :) Ondersteuning aan die ANC en
alle Politieke Partye in die Parlement word verhoog. :) Werks
geleendhede kan verhoog word. :) Gemeenskaplike belange kan alle partye
geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n
kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep
word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
u Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

(Hierdie bydrae word slegs in Afrikaans gelewer.)

Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: 4x4 PV's vir Afrika en die Planeet
Volgende onderwerp: J.M. COETZEE, tweekeer Booker-pryswenner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 19:10:55 MGT 2024