Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: FA - die pad vorentoe
Toekoms Advies vir: FA - die pad vorentoe [boodskap #28729] Vr, 14 Januarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Federale Alliansie gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral die Leier, Dr. Luyt, vir
die menige suksesse wat behaal is op talle gebiede van die sosiale
lewe. Asook om Suid Afrika te ondersteun, en te help groei van
apartheid na die Reenboog Nasie vandag. Veral om deel te neem aan die
Lusaka samesprekings. En om die Federale Alliansie te vorm, met die
doel om groter Politieke eenheid te bereik tussen Politieke Partye.
Asook vir die menige bydraes gelewer aan die Suid Afrika en Afrikan
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer.
:) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil graag die NNP, VF, KP en AEB gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral om Suid Afrika te help
groei van apartheid na die Reenboog Nasie vandag. Asook vir die menige
bydraes gelewer aan die Suid Afrika en Afrika Renaissance. En vir die
deursettings vermoë en vasberadenheid van die onderskeie leiers. En om
die Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is die toekoms van die Federale
Alliansie. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige
advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na
vrye wil.

Sal hoogs aanraai Dr. Luyt bly die leier van die FA. Die volgende vlak
van leierskap kan wees op Provinsiale en / of Streeks vlak, bv. Noord
Wes Kaap - Generaal Viljoen - indien hy die posisie wil aanvaar.

Gemeenskaplike belange in die sosiale en geestelike aspekte van die
lewe kan op voort gebou word, en verbreed word, indien nodig, om lede
van ander Politieke Partye by die FA in te sluit.

Sal voorstel die FA word op plakkate adverteer as: Die Politieke Party
vir Pioniers.

Koerante publiseer deur bg. Politieke Partye, kan kragte saam span, en
een koerant vorm. Alle artikels in die koerant kan beide in Afrikaans
en Engels publiseer word. Die eerste helfte van die koerant kan in
Afrikaans wees. Die tweede helfte in Engels.

Ook kan die wen resep bemark word in die koerant: Swart en Bruin en Wit
beweeg polities nader na mekaar vir Reg en Geregtigheid. Of beter: Alle
Suid Afrikaners beweeg polities nader na mekaar vir Reg en
Geregtigheid. Staan saam - eendrag maak mag. En die sleutel tot sukses:
Om ondersteuning aan Vrymesselaars te vergroot, vir 'n beter toekoms in
die Nuwe Suid Afrika, en elders op die Planeet.

Indiers wat deel van die FA wil wees, kan hulle vriendelik gevra word
om hulle kragte saam te gooi met Indiers in die ANC, want die ANC sien
om na die groeps belange van Indiers.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Leierskap
eienskappe kan behoue bly. :) Gesamentlike joernalistieke bydraes kan
'n omvattende koerant publiseer, vir die menings en visie van die FA.
:) Goeie verhoudinge met die ANC kan verhoog word, aangaande
lidmaatskap van Indiers. :) Gemeenskaplike belange kan die FA geweldig
bevoordeel. :) Die Suid Afrika en Afrika Renaissance kan 'n kwantum
sprong vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Re: Good Point Bob...
Volgende onderwerp: Sommer iets wat my laat dink het aan die reiseger.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 05:58:58 MGT 2024