Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Die Nuwe Palestina
Toekoms Advies vir: Die Nuwe Palestina [boodskap #28720] Vr, 14 Januarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regerings van die Midde Ooste, veral Israel, en die
Palestynse Owerhede, asook die Regering van die VSA, en elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van die Midde Ooste, asook elders op die
Planeet. Asook vir deurlopende stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1
Januarie 2000. Veral om die vrede en voorspoed van persone in die Midde
Ooste te verhoog. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die Palestynse Gebiede te groei
na die Provinsie van Israel. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die
oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry.
Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van
Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.

Wil graag voorstel die Palestynse Gebiede groei na die Palestynse
Provinsie van Israel. Met 'n semi-outonome Regering stelsel. En die
Palestynse Owerhede kan omskep word na die Provinsiale Regering van
Palestina. Demokratiese verkiesings kan ook gehou word, wanneer nodig.
Deelname aan die Olimpiese Spele kan geskied onder die flag van
Palestina, of as deel van Israel, afhangende van die keuse van die
Provinsiale Regering van Palestina.

'n Gedeelte van fondse ontvang van die VSA kan aangewend word om die
ekonomie van Palestina te stimuleer. Om werks geleendhede te verhoog,
veral in die volgende gebiede: Landbou, Inligtings Tegnologie sentrums,
Voedsel en drank vervaardigers, asook Tekstiel en klere bedryf. Ook, om
'n pyplyn aan te lê, om beskikbaarheid van water in Palestina te
verhoog.

Dieselfde model van die Afrika Renaissance kan ook hier toegepas word.
Super suksesse wat in Israel bereik is, kan elders in die Midde Ooste
implementeer word, bv. boom planting programme. Palestina, die Golan
Hooglande en Syria kan die volgende fase wees. 'n 2020
(twintig-twingtig) plan kan van stapel gestuur word.
Om Arabies sprekende Palestyne te bemagtig om die vrede en voorspoed
van Arabies sprekende Lande in die Midde Ooste te vergroot.

Pad tekens, asook ander tekens in Palestina kan beskikbaar wees in
Arabies, Hebreeus en Engels. Om ontwikkeling en toerisme in die gebied
te verhoog.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Streeks
onafhanklikheid en verhoudings interafhanklikheid kan groei op
dieselfde tyd. :) Fondse ontvang van die VSA kan Palestina ook
bevoordeel. :) Werks geleendhede kan verhoog word in Palestina. :) Die
Palestynse en Midde Oosterse Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
u Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Re: werken in Zuid Afrika
Volgende onderwerp: afrikaner.co.za
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 13:07:40 MGT 2024