|
|
|
Re: Dooie NG [boodskap #28693 is 'n antwoord op boodskap #28690] |
Wed, 12 January 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sas Kloppers wrote:
> Is hierdie NG dood?
Ons was aan't sterwe, maar noudat jy opdie toneel verskyn het, is daar
nuwe hoop.
Die tannie met die trane in haar oge.
|
|
|
|
Re: Dooie NG [boodskap #28695 is 'n antwoord op boodskap #28690] |
Thu, 13 January 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Charles van der Wath wrote:
> Hy's vrek.
Dis alleen dood as ons dit laat doodgaan. Een van die redesvir die kleiner
verkeer op die nuusgroep is die afwesigheid
van die poste van Leendert van Oostrum. Ek is jammer dat
hy besluit het om nie meer hier te pos nie. Ek het altyd sy
skrywery geniet, selfs al het sy voorslag meeste van die tyd
vir my gepiets.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dooie NG [boodskap #28716 is 'n antwoord op boodskap #28690] |
Fri, 14 January 2000 00:00   |
Johan van Zyl
Boodskappe: 14 Geregistreer: December 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dag Johan,
Hoe gaan dinge daar in jou kant van die wêreld?
Hehehehe, miskien is jy reg, .expat is nie so 'n slegte idee nie.
Johan, hoeveel Suid Afrikaners daar in die buiteland is weet ek nie, maar om
vir jou 'n paar dinge hier in australia te noem:
Middel 1998 het daar gemiddeld een familie van SA in Melbourne geariveer.
Die maatskappy wat my kontrak nou ge-eindig het het vier SA's in diens
gehad,
Die MD was self 'n SA... van Prins Albert.
In Perth is daar so baie Afrikaners dat van die ausies al begin Afrikaans
praat
(veral die slang en die vloek woorde :-) )
Maak nie saak in watter besigheids gebied ek myself deesdae bevind nie, ek
ontmoet 'n ander SA.
Daar is gereeld braais reg oor Melbourne met bynames van tussen 50-40 per
braai
'n groot SA saamtrek in Sydney het 3000 mense gelok.
Die ou wat my Foxtel aan my gesmous het is 'n SA, Area Bestuurder.
Ek praat amper meer afrikaans hier as wat ek in JHB gepraat het, maar ek
vind verskillende reaksies tussen immigrante. Sommige meng nie veel nie
met anders SAs nie. Konsentreer hard om 'n nuwe bestaan te maak, en
maak 'n groot sukses daarvan.
Dan kry jy die 'clicks' , gelukkig is daar nie baie van hulle nie, maar die
res
van die SAs will nie regtig met hulle meng nie, en die ausies hou ook nie
baie van hulle nie. Hulle leef in mekaar se gat sakke en dit is net die hele
tyd: "when we were back in Good old South Africa", Hulle kla oor alles
veral oor die prys van huis hulp in Oz.
Ek en my vrou het sowat twee jaar gelede oorgekom, en ek was nog
nie 'n oomblik spyt nie. Ek verlang verskriklik na SA en sy mense,
maar ek hoef net die 'Star Online' te lees om my te oortuig dat ek
tans die regte besluit geneem het. Al my familie in nog in SA.
Dit was hard in die begin, ons het geland sonder werk en met $700
tussen die twee van ons. gelukkig het ons gou werk gekry, en is
tans besig om aansoek te doen vir permanente verblyf.
Oor die algemeen is die SAs hier bekend as hard werkende mense
"getting the job done right, on time" en is in groot aanvraag.
Groete,
Johan
Down
Under,
Melbourne
Johan skryf in boodskap news:387EA6C0.A6E69EEC@dot.com...
>
> Partykeer wonder ek of mens nie dalk .expat agter die ng se naam moet laat sit
> nie.
> Ek kleef steeds aan my onuitvoerbare droom om te weet presies hoeveel
> SuidAfrikaners en Afrikaanssprekendes in die buiteland sit. Sou 'n mens
> gedurende ons geslag sal kan sê dat die Afrikaner so 'n verspreide "dier" is met
> 'n kern in SuidAfrika.
>
> Hier by ons het nou al die derde voorval plaasgevind - laat ek verduidelik: Die
> eerste keer was in 1997 in NewZealand toe 'n produksievergadering by 'n
> staalfabriek in Afrikaans gehou is (almal Afrikaners uit VD Bijl se omgewing.
> Die tweede was 'n byeenkoms van plattelandse dokters in 'n Kanadese provinsie
> wat ook blykbaar in Afrikaans was. En nou het hier by die bank waar ek werk ook
> 'n vergadering plaasgevind waar ouens toe agterkom hulle praat Afrikaans na 'n
> rukkie - nie een Amerikaner teenwoordig nie. Dog ek sou net die interesante een
> met julle deel.
>
> Ek het in SA net Engelse kollegas in 'n baie klein maatskappytjie gehad - nou
> het ek 25 Afrikaanse kollegas en praat ek meer Afrikaans by die werk as wat ek
> in Jhb gedoen het.
>
> Hoe ondervind julle ander ouens oorsee dit?
>
> Johan
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dooie NG [boodskap #28765 is 'n antwoord op boodskap #28690] |
Tue, 18 January 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ferdi Greyling wrote:
> On Thu, 13 Jan 2000 02:38:45 GMT, Johan wrote:
>
> as
>> dit is wat 'n mens die wegjaag van mense noem. Dit was naderhand net 'n
>> geval van al die headers laai en dan delete-delete die heel tyd verby
>> reisiger se snert en die ou tannie se bitsigge en aanhoudende
>> persoonlike aanvalle.>>
>
> En jou soveelste oningeligte deklamasie.
Ja, dit amuseer my dat Johan oor en oor almal moet herinner dat hymy
ignoreer. So hy is per slot van sake die enigste een wat sit en nare
dinge van mense praat.
Dit herinner my aan die storie van die twee Zen monnike wat by
'n rivier kom. Daar wag 'n baie mooi maar tenger meisie, wat nie die
moed het om deur die rivier te waad nie. Die een monnik bied aan
om haar op sy rug oor die rivier te dra. Aan die ander kant sit hy
haar neer en die twee monnike gaan verder op hulle reis. Die een
monnik kritiseer die ander een aanhoudend omdat hy sy dienste aan
die mooi meisie aangebied het. Uiteindelik draai die ander monnik na
sy makker en verklaar: "Kyk, ek het die meisie al lankal neergesit op
die grond. Dit lyk vir my jy is die een wat haar nog die hele tyd op
jou skouers dra."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Dooie NG [boodskap #28940 is 'n antwoord op boodskap #28690] |
Mon, 07 February 2000 00:00  |
doccy
Boodskappe: 5 Geregistreer: February 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
" 'n onderwyser is 'n kind tussen grootmense,
en 'n grootmens tussen kinders "
|
|
|