Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Odessa" deur CHARL DURAND
"Odessa" deur CHARL DURAND [boodskap #28686] Di, 11 Januarie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Odessa
Charl Durand

as ek vorentoe leun
sodat ek beter kan sien
kom jy om die hoek
slank
op jou fiets

odessa
ek sal doodgaan voor jou
odessa
ek sal verdwyn
voor jy onthou

daar’s pienk in jou hare
ek kan die kind in jou sien
daar’s tyd in jou oë
en woordeboeke soos geslote deure
daar’s niemand
wat jou verdien

odessa
praat solank in tale
odessa
vergeet van my
onthou net die dae
Vorige onderwerp: "Inkosi Jesu" deur RAE TOMLIN
Volgende onderwerp: "Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 00:36:24 MGT 2024