Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Groete uit Amerika
Groete uit Amerika [boodskap #28588] |
Fri, 24 December 1999 00:00  |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vir almal op die nuusgroep, die wat ek kan lees en die wat deur my leser
ge-ignoreer word, baie Geseende Kersfees vir julle almal. Ek hoop
hierdie tyd en die afloop na die nuwe jaar toe sal vir julle almal
vreedsaam wees en veilig vir die ous in SA.
Johan
NS: Ons het gister, Donderdag, heeldag sneeu gehad bo-op die lagie wat
laas Sondag geval het en die wereld lyk te pragtig. Ek had verlof en
het amper die heel dag in die sneeu rondgery op soek na mammie se
geskenke. Dit was te lekker vir woorde om weer die gekraak van die
sneeu onder die wiele te hoor en so gly-gly hier in ons straat in te
draai en te weet jy sal nou met 'n heerlike beker warm sjokolade voor
die kaggel kan sit en ontspan!
Ons gesin steek vanaand kerse aan in die kerk en die jongste knaap sing
ook in die kleintjies se koor. More spandeer ons saam met goeie SA
vriende op 'n maaltyd van skaapboud, kalkoen, soetpattats, rys,
aartappels en Nasionale poeding met vla!
More aand sal ons almal saam in 'n bussie of twee klim en in die strate
gaan rondry op soek na die mooi liggies wat al die huise versier.
J
|
|
|
Re: Groete uit Amerika [boodskap #28589 is 'n antwoord op boodskap #28588] |
Fri, 24 December 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Johan wrote:
Ek hoop
> hierdie tyd en die afloop na die nuwe jaar toe sal vir julle almal
> vreedsaam wees en veilig vir die ous in SA.
Ja, ons voel so vreedsaam hier. Veral nadat die troepe van Osamabin Laden
die VSA begin inval (deels vanuit Kanada).
Minnehaha
|
|
|
Re: Groete uit Amerika [boodskap #28590 is 'n antwoord op boodskap #28588] |
Fri, 24 December 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Johan wrote:
> Vir almal op die nuusgroep, die wat ek kan lees en die wat deur my leser
> ge-ignoreer word, baie Geseende Kersfees
>
Hoe's daai nou vir 'n hart wat verklaar hy is skoongewas,
maar hy kan darem nie help om die egotjie bietjie te verhoog
en die stekie bietjie in te kry nie.
Die Tannie met die trane in haar oge
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Groete uit Amerika [boodskap #120295 is 'n antwoord op boodskap #28588] |
Mon, 11 July 2016 12:46  |
sibus...
Boodskappe: 1 Geregistreer: July 2016
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hello Johan
ek het nou per ongeluk op die 'site' van jou afgekom.
Ek is een van die afstamelinge van die Cunninghams en Thorns.
My ma was 'Auntie Mien'
My naam is Minty en ek is bly om te hoor dat jy dink Thornham is een van die
mooiste dele van Suid Afrika.
maar ek bly nie op die plaas nie. Ek Woon in Johannesburg.
my e-pos address is minty....@gmail.com.
sal in kontak bly.
groete en hoop dis nou lekker warm in Amerika want dis winter by ons
LOL
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Feb 23 04:12:34 UTC 2025
|