| Hallo...:-) [boodskap #2838] |
Ma., 03 November 2003 20:45  |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hallo... ek het 'n paar dinge gehad wat my besig gehou het die
afgelope drie of so weke. Brenda is 'n kollega, en sy en haar
ma was gewoonlik in die oggende voor die hofsitting by my
in my kantoor waar ons dinge bespreek het. Sy het werklik
ondersteuning gedurende die tyd nodig gehad en dit is
waarvoor vriende daar is.
http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text_Template/0,2430,348_1438700~A,00.html
Destyds toe Nico vermoor is, het ek julle op die nuusgroep daarvan
vertel, Danielle, maar dit is totaal onwaarskynlik dat jy dit sal
onthou.
Toe ek aan Brenda vra of sy teen die beslissing gaan appéleer, toe sê
sy dat sy reeds het. Haar advokaat klink redelik seker van sy saak.
************************************************************ *************
************************************************************ *************
Op 'n ligter trant, diè kleurfoto foto op
http://www.news24.com/CarletonvilleHerald/
is 'n paar honderd treë van my huis geneem.
Speedy Gonzales
|
|
|
|
| Re: Hallo...:-) [boodskap #2839 is 'n antwoord op boodskap #2838] |
Ma., 03 November 2003 22:19   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Speedy Gonzales wrote:
> Hallo... ek het 'n paar dinge gehad wat my besig gehou het die
> afgelope drie of so weke.
Aha!! Jy het geskrik toe jy hoor ons gaan vir ghostbusters inroep,
nè? Maar noudat jy weer hier is, waar is Andries nou? Nee, hier is
iets aan die gang.....dis nie altemit nie....
;->
Oor meer ernstige en hartseer sake:
> Destyds toe Nico vermoor is, het ek julle op die nuusgroep daarvan
> vertel, Danielle, maar dit is totaal onwaarskynlik dat jy dit sal
> onthou.
Jy is ongelukkig reg, DD. Ek onthou dit nie. Maar nou is ek bewus
daarvan, en my gedagtes is met julle almal, en veral met Brenda en
haar familie. :-(
Ek onthou wel die geval van jou buurman wat sy eie dood weke voor die
tyd kon voorspel, en toe julle almal gegroet het, leef hy nog 'n paar
weke aan.
Wat sê mens vir iemand soos Brenda en haar 2 seuns? :-((
Dit is goed dat jy daar was vir hulle. Goeie vriende is ware juwele.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hallo...:-) [boodskap #2890 is 'n antwoord op boodskap #2880] |
Do., 06 November 2003 22:51  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf in boodskap news:7aelqv80vkvj9e0a20gdaucodm6fht2bdb@4ax.com...
>
>
> Wat selfs meer spektakulêr is, is die gewoontte om Guy Fawkes se
> terroriste poging te vier. Of wat is die idee daaragter?
> En jy skryf nie meer met daardie onsigbare ink wat ons as kinders is
> die toorwinkels gekoop het nie, Lorinda:-)))
>
> DD
Dis nie wat gevier word nie, dis sy mislukking. Dis waarom hulle die Guy
poppe maak en dit op die vuur gooi. Ek wens sy terroriste poging was
suksesvol:-)
Lorinda
|
|
|
|