Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies om: SAKP te groei na ARBA
Toekoms Advies om: SAKP te groei na ARBA [boodskap #28480] Di, 14 Desember 1999 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die
toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet.
Veral in die volgende aspekte van ons samelewing: Beleid en politieke
stabiliteit, Wisselwerking beheer, Deelname aan die ekonomie,
Belasting, Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en ontspanning,
Publieke administrasie, Energie en water verskaffing, Mynbou,
industriele en finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding, Skep en
onderhou van werks geleendhede, Opleidings vaardighede beskikbaar aan
die ekonomie, Kwaliteit en integriteit om wet en orde te handhaaf,
Behuising, Vervoer en infrastruktuur, IT, Tegnologie en
telekommunikasie, Handel, Rasse verhoudinge, Plaaslike en Globale
vriendskappe, Boerdery, Voedsel en drank verskaffing, Programme om
armes te help, Media en bemarking, Tabak industrie, Rook vrye
samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral beskerming teen individuele
en organiseerde misdaad in die volgende aspekte: Dwelm smokkelary,
onwettige wapen handel, voertuig kaping, kinder mishandeling en
ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Wil graag die SAKP gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral om die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer.
:) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer. Behalwe vir die
metode wat gebruik is om van apartheid te groei na 'n veelvolkige
multi-kulturele Reenboog Nasie.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om 'n Organisasie te vestig om
effektiwiteit van die Afrika Renaissance te vergroot. Behou geloof,
hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die
gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor 'n Organisasie word gevestig, indien so 'n Organisasie nie
alreeds bestaan nie, wat die Afrika Renaissance Bevoordelings
Alliansie, of ARBA, genoem word. Dit behoort 'n nie-winsmotiveerde,
nie-politiese, veelvolkinge, multi-kulturele Organisasie wees. Hierdie
Organisasie sal funksioneer as die regter arm van Sadek. Om inligting
en materiaal deur te voer, van Regerings wat aan Sadek behoort, na
Persone wat aan die Afrika Renaissance deelneem, om die effektiwiteit
van die Afrika Renaissance te verhoog.

Asook om waardevolle inligting oor te dra, oor onderwerpe soos
gesondheid, werkskepping, en ontwikkeling van veelvolkige en
multi-kulturele verhoudings. En om mense te ondersteun om "Hoe om saam
te werk vir 'n beter toekoms" te verstaan. Asook om dit toe te pas op
persoonlike en groeps vlakke van die samelewing.

Sal aanbeveel hierdie Organisasie word gestig. Daarna word adverteer
vir lede om aan te sluit. Stel dan voor om lede van die SAKP oor te dra
na hierdie Organisasie, en dan die SAKP te sluit. Dan sal die SAKP
groei van die Nuwe Suid Afrika, om die hele Sadek in te sluit. Sal
voorstel hierdie Organisasie se hoofkantoor is in die Nuwe Suid Afrika
of Botswana, met kantore in Sadek lidlande.

Wees bewus die reisiger glo in gesonde diplomatieke verhoudinge met
alle Lande op die Planeet. Die reisiger wil graag later Rusland besoek,
om navorsing te doen oor psigiese ontdekkings daar, wanneer die tyd reg
is. Sal aanbeveel diplomatieke verhoudinge met Rusland en Satelliet
State word verhoog, om beide ekonomiee te bevoordeel. Persone van ons
Paradys het alreeds hierdie Lande besoek, en ondersteuning verleen.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Die grense
van die SAKP word vergroot om die hele Sadek in te sluit. :) ARBA sal
Sadek ondersteun om die effektiwiteit van die Afrika Renaissance te
verhoog. :) Diplomatieke verhoudinge word met Rusland en Satelliet
State verhoog. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu d.m.v.
grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Vier Politieke Partye
Volgende onderwerp: Re: Uit "The Globe and Mail" 13 December, 1899
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:23:27 MGT 2024