Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Hemel Reis Sentrums
Toekoms Advies vir: Hemel Reis Sentrums [boodskap #28269] Do, 02 Desember 1999 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die ANC, Sadec, Statebond, en die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik
is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral in die volgende aspekte van ons
samelewing: Beleid en politieke stabiliteit, Wisselwerking beheer
("exchange controls"), Deelname aan die ekonomie, Belasting,
Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en ontspanning, Publieke
administrasie, Energie en water verskaffing, Mynbou, industriele en
finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding, Skep en onderhou van
werks geleendhede, Opleidings vaardighede beskikbaar aan die ekonomie,
Kwaliteit en integriteit om wet en orde te handhaaf, Behuising, Vervoer
en infrastruktuur, IT, Tegnologie en telekommunikasie, Handel, Rasse
verhoudinge, Plaaslike en Globale vriendskappe, Boerdery, Voedsel en
drank verskaffing, Programme om armes te help, Media en bemarking,
Tabak industrie, Rook vrye samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral
beskerming teen individuele en organiseerde misdaad in die volgende
aspekte: Dwelm smokkelary, onwettige wapen handel, voertuig kaping,
kinder mishandeling en ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, en pynlik is, is diegene van die
Publiek wat nie begrafnisse kan bekostig. Behou geloof, hoop en liefde.
Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid
van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
en / of te verander na vrye wil.

Stel voor ingenieurs van die Nuwe Suid Afrika ontwerp 'n rookvrye asook
reukvrye Krematorium fasiliteit, waaraan 'n Kerk, Temple ens. aangeheg
kan word. Dit moet 'n sirkel vorm, modelleer op 'n sjokolade koek
model. Elke skyf is veranderbaar. Kan bymekaarkomplek vir enige
godsdiens wees, wat verassing toelaat. Sluit toilet geriewe in, met
billik geprysde stort fasiliteite. Verskaf seep en 'n handdoek. Sluit
winkels in wat kaartjies, blomme en ander ware verkoop. Asook
konsultasie vir agterblewenes, en mediese fasiliteite in geval van
nood. Asook geriewe vir die Media. Sluit die opsie in om die begrafnis
op video op te neem, indien die familie so verlang.

Asook 'n ambulans ingang, en vrieskas fasiliteite. Die krematorium is
in die middelpunt van die sentrum gevestig.

Die kis moet ontwerp word, met 'n voeten ent wat kan oopmaak. Sodat die
liggaam kan uitglei op 'n voerband. Ontwerp 'n houer wat bo-op die kis
vasgeklem word, wat blomme en andere voorwerpe kan bevat, terwyl die
kis oop is. Wanneer die kis toegemaak word, word dit bo-op die kis
geplaas. Die begrafnis diens kan dan begin. Met musiek wat deur die
publiek gekies kan word. Die kis word dan in 'n vierkantige ingang
geplaas. Die voeten ent word oopgemaak, en die inhoud gly dan op 'n
voerband. Die familie kan kies of hulle die as wil besit, wat in 'n
bottel vir hulle gegee word.

Die ontwerp moet verseker die kis kan herbruik word, met so min as
moontlik om skoon te maak. Die kis kan enige kleur wees, wat deur die
familie gekies word, bv. bruin, purper, swart, wit, ens.

Fasiliteite moet enige tyd deur die Media inspekteer kan word.

Die sentrum moet vele ingange besit. Sodat meer as een diens dieselfde
tyd gehou kan word. Aan die buitekant, moet die parkeer gebied met bome
en groenigheid uitgele word. Plaas 'n kennisgewing paneel buite, wat
elektronies verander kan word, om begrafnisse aan te dui, en die ingang
waar dit gaan plaasvind, asook die persoon se naam. Behou 'n hoë
standaard van higiene by hierdie sentra. Sluit 'n kontrole en
administrasie kantoor in, om die sentrum te beheer.

'n Program op die radio het 'n paar maande gelede 'n praatjie gehad oor
'n Britse firma wat 'n Japanese motorfiets verander het in 'n driewiel.
Vir verskillende gebruike. Dit word 'n Ranger genoem. Stel voor dit
word modelleer na 'n lykswa, om diegene wat ontslaap het, na die
Sentrums te bring. Die familie kan begrafnis reelings tref.

Begin met een sentrum. Maak 'n sukses daarvan. Bou dan ander sentra in
dieselfde Land, indien nodig. Sal aanraai om eers navorsing te doen. Na
begrafnisse wat gehou word, aantal wat dit bywoon, godsdienstige
samestelling van die Land, godsdienstige vrede, ens.
Multi-godsdienstige en enkel-godsdienstige sentrums kan gebou word. Dit
word aanbeveel om hierdie sentrums buite stede en dorpe te bou, om
emosies in stede en dorpe in toom te hou. Bestudeer waar begrafnisse
gehou word. Maak die sentrums so gerieflik vir die publiek as moontlik.

Eksperimenteer in Zimbabwe en Mosambiek eerste - hulle is die naaste
aan Suid Afrika. Begin van onder, en werk na bo. Wanneer 'n werkende
model ontwikkel is, kan sentrums in enige land in Sadek gebou word.

Engineers en kontrakteurs van die Nuwe Suid Afrika kan Zimbabwiers
bystaan om dit te bou. Maak hierdie 'n totale Afrika Renaissance projek.

Sal aanraai dat hierdie dienste gratis is. Opbrengs op belegging sal
vertoon word, deur die ekonomie te bou en myne te ontwikkel op
dieselfde tyd. Daarna kan werk skeppings geleendhede ontwikkel word.

Wanneer hierdie oplossing perfek is, moet dit gratis aan G7 Lande
geskenk word, asook enige ander land, om regoor die Planeet
implementeer word. In die Gees van die Familie van Naasbestaan. Om die
wereld ekonomie te ontwikkel. 'n Handeling wat goedheid bewys, asook 'n
Kerksgeskenk vir lande omdat hulle gehelp het om die Reenboog Nasie te
bou.

Indien die ontvanger dit wil verkoop, vir watter rede ookal, en van bg.
plan afwyk, is hulle welkom om so te doen. Die doel hier is om almal te
help en te deel in die verbetering van hierdie model waarop enige Land
verbeter het. Om regskoste te vermy, want geen kopiereg bestaan.

Die NSA kan Sentrums bou vir die Britse Regering, asook eninge ander
Regering, waar hulle besluit, bv. Bangladesh. Die NSA kan Indie
ondersteun en konsulteer hoe om hierdie sentrums daar te bou.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Goedkoop
vervoer dienste. :) Kiste kan herbruik word. :) Familie kan koste
bespaar aan begrafnisse, en dit op die ekonomie spandeer. :) Verskeie
dienste kan dieselfde tyd gehou word. :) Tyd tussen aftersterwe en
begrafnis sal verminder. :) Personeel kan normale ure werk. :)
Meervoudige en enkelvoudige godsdienstige dienste kan gelewer word,
baseer op dieselfde model. :) Model is aanpasbaar - afhangend van
aantal godsdienste. :) NSA produk kan uitgevoer word na die hele
Planeet. :) NSA ingenieurs en kontrakteurs kan konsultasie rolle speel
in Lande om dit te implementeer. :) Ekonomie kan dieselfde tyd gebou
word. :) Skepping van werks geleendhede sal volg. :) Afrika Renaissance
kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) Internasionale verhoudinge met
G7 Lande sal uitnemend verhoog. :) En 'n beter lewe kan vir almal
geskep word. :)

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu met grootheid,
goedheid en grasie. Deur te handel om vry te wees, asook regverdig
teenoor andere te wees - op dieselfde tyd. Geseende Kersfees, en beste
wense vir 'n super suksesvol Millenium. :)

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Re: Toekoms Advies vir: Hemel Reis Sentrums [boodskap #28288 is 'n antwoord op boodskap #28269] Vr, 03 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
reisiger wrote:
>

>
> 'n Saak wat na aan die hart raak, en pynlik is, is diegene van die
> Publiek wat nie begrafnisse kan bekostig. Behou geloof, hoop en liefde.
> Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
> verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid
> van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
> en / of te verander na vrye wil.
>
> Stel voor ingenieurs van die Nuwe Suid Afrika ontwerp 'n rookvrye asook
> reukvrye Krematorium fasiliteit, waaraan 'n Kerk, Temple ens. aangeheg
> kan word. Dit moet 'n sirkel vorm, modelleer op 'n sjokolade koek
> model.
>
> Asook 'n ambulans ingang, en vrieskas fasiliteite. Die krematorium is
> in die middelpunt van die sentrum gevestig.
>
> Die kis moet ontwerp word, met 'n voeten ent wat kan oopmaak. Sodat die
> liggaam kan uitglei op 'n voerband. Ontwerp 'n houer wat bo-op die kis
> vasgeklem word, wat blomme en andere voorwerpe kan bevat, terwyl die
> kis oop is. Wanneer die kis toegemaak word, word dit bo-op die kis
> geplaas. Die begrafnis diens kan dan begin. Met musiek wat deur die
> publiek gekies kan word.

'Another one bites the dust' - Queen.

> Die kis word dan in 'n vierkantige ingang
> geplaas. Die voeten ent word oopgemaak, en die inhoud gly dan op 'n
> voerband. Die familie kan kies of hulle die as wil besit, wat in 'n
> bottel vir hulle gegee word.

Apologie so wyd soos die dood aan reisger vir die afskiet van sy
glorieryke Hemel Reis plan. Maar gevolg van kulturele taboes is
verassing nie regtig 'n opsie vir swart volke - voorvader geeste ens.
Back to the drawing board.
Re: Toekoms Advies vir: Hemel Reis Sentrums [boodskap #28289 is 'n antwoord op boodskap #28269] Vr, 03 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , reisiger
wrote:

> Sal aanraai dat hierdie dienste gratis is.

Bg. sin moet lees:
Die Regering kan vir die bou van hierdie dienste met ander lande
onderhandel oor betaling van dienste gelewer. Stel voor die begrafnis
dienste word gratis aan die publik gelewer.

> Om regskoste te vermy, want geen kopiereg bestaan.

Bg. moet lees:
Stel voor sentrums is vry van kopiereg om vry te wees van eie-belang,
deur groeps belange te ondersteuning.

Re: Toekoms Advies vir: Hemel Reis Sentrums [boodskap #28290 is 'n antwoord op boodskap #28269] Vr, 03 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , lou
wrote:
> reisiger wrote:
>>
>
>>
>> 'n Saak wat na aan die hart raak, en pynlik is, is diegene van
> die
>> Publiek wat nie begrafnisse kan bekostig. Behou geloof, hoop en
> liefde.
>> Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning
> te
>> verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
> Vryheid
>> van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos
> dit is,
>> en / of te verander na vrye wil.
>>
>> Stel voor ingenieurs van die Nuwe Suid Afrika ontwerp 'n
> rookvrye asook
>> reukvrye Krematorium fasiliteit, waaraan 'n Kerk, Temple ens.
> aangeheg
>> kan word. Dit moet 'n sirkel vorm, modelleer op 'n sjokolade koek
>> model.
>>
>> Asook 'n ambulans ingang, en vrieskas fasiliteite. Die
> krematorium is
>> in die middelpunt van die sentrum gevestig.
>>
>> Die kis moet ontwerp word, met 'n voeten ent wat kan oopmaak.
> Sodat die
>> liggaam kan uitglei op 'n voerband. Ontwerp 'n houer wat bo-op
> die kis
>> vasgeklem word, wat blomme en andere voorwerpe kan bevat, terwyl
> die
>> kis oop is. Wanneer die kis toegemaak word, word dit bo-op die
> kis
>> geplaas. Die begrafnis diens kan dan begin. Met musiek wat deur
> die
>> publiek gekies kan word.
> 'Another one bites the dust' - Queen.
>> Die kis word dan in 'n vierkantige ingang
>> geplaas. Die voeten ent word oopgemaak, en die inhoud gly dan op
> 'n
>> voerband. Die familie kan kies of hulle die as wil besit, wat in
> 'n
>> bottel vir hulle gegee word.
> Apologie so wyd soos die dood aan reisger vir die afskiet van sy
> glorieryke Hemel Reis plan. Maar gevolg van kulturele taboes is
> verassing nie regtig 'n opsie vir swart volke - voorvader geeste
> ens.
> Back to the drawing board.

Dankie Lou. Sal daaraan werk. Bg. is darem 'n begin.

Re: Toekoms Advies vir: Hemel Reis Sentrums [boodskap #28298 is 'n antwoord op boodskap #28269] Sa, 04 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , reisiger
wrote:

>> Om regskoste te vermy, want geen kopiereg bestaan.
> Bg. moet lees:
> Stel voor sentrums is vry van kopiereg om vry te wees van
> eie-belang,
> deur groeps belange te ondersteuning.

Moet lees:

Die Kers geskenk is om die planne met mekaar te deel as 'n raamwerk,
waarop verbeter kan word, voordat kopiereg op die finale produk geplaas
word.

Re: Toekoms Advies vir: Hemel Reis Sentrums [boodskap #28299 is 'n antwoord op boodskap #28269] Sa, 04 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , reisiger
wrote:

> Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu met
> grootheid,
> goedheid en grasie. Deur te handel om vry te wees, asook regverdig
> teenoor andere te wees - op dieselfde tyd. Geseende Kersfees, en
> beste
> wense vir 'n super suksesvol Millenium. :)

Bg. moet lees:

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e eeu d.m.v.
grootheid, goedheid en grasie.

Geseende Kersfees, en beste wense vir 'n super suksesvol Millenium. :)

Vorige onderwerp: Re: Reisiger? Nee, Ruisiger
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Minority Party om te trou met die ANC
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 09:05:25 MGT 2024