Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tibetaanse Onafhanklikheid - advies vir die pad vorentoe.
Tibetaanse Onafhanklikheid - advies vir die pad vorentoe. [boodskap #28168] Wo, 24 November 1999 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Tibetaanse Pilare gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Pilare van u Paradys
asook elders op die Planeet. Veral vir die onvoorwaardelike liefde wat
hulle nastrewe, deur 'n voorbeeld te wees vir andere op die Planeet.
Veral vir die voorbeeld om mense eerste te groet. Asook om die reisiger
te voorsien van blyplek en etes gedurende sy besoek in Dharamsala.
Asook sy Hoogheid, die Dalai Lama, vir sy besoek aan die Nuwe Suid
Afrika, asook ander lande op die Planeet. Asook vir sy diepere insig in
Godsdiens en Filosofie, en sy pragtige leierskap vir die Tibetane,
asook andere op die Planeet, wat bereid is om te luister. En nog baie
meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil graag Sjina gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Pilare van u Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral die pragtige manier hoe toeriste in U land behandel
word, die opheffing van die lewenskwaliteit van Tibetaanse Pilare in u
land, om handels betrekkinge met die Nuwe Suid Afrika aan te knoop,
asook die fantastiese beskerming wat u bied aan Uitvoerende Pilare van
ons Paradys wanneer hulle u land besoek. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. :) Dit word inniglik waardeer. :)

Sou verkies het dat 'n ander metode gevolg is om Tibet in Sjina in te
sluit.

'n Saak wat na aan die hart raak, en baie pynlik is, is Tibetane wat
graag na Sjina wil terugkeer.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou U oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor Sjina kyk na die vormings proses van die Nuwe Suid Afrika.
Veral die Konstitusie van ons pragtige land. Veral vryheid van
godsdienste uitdrukking. Die Nuwe Suid Afrika is ontwikkel d.m.v.
internasionale ondersteuning. Vandag is die Nuwe Suid Afrika 'n
vredevolle, veel-volkige gemeenskap, vir die wêreld om na te kyk, asook
'n voorbeeld om na te volg. Die ANC het die eerste twee verkiesings
gewen. Vandag ondersteun meniges van Europese afkoms (die Blankes) die
ANC. Vertroue in die ANC het geweldig gestyg.

Stel voor Tibet word die Nuwe Tibet, 'n Protektoraat van Sjina.
Dieselfde Konstitusie as in die NSA kan in die Nuwe Tibet implementeer
word. Sjinese wat in Tibet bly, bly daar. Tibetane kan terugkeer na
Tibet, om vrye en regverdige verkiesings te hou. Om 'n veelvolkige
demokratiese Regering te kies, wat uit beide Sjinese en Tibetane
bestaan. Beide Sjinese en Tibetane kan leer om te groei van
onafhanklikheid na inter-afhanklikheid.

Die Internasionale Gemeenskap kan Sjina help om dit te bewerkstellig,
op dieselfde manier hoe die Nuwe Suid Afrika gevorm is.

Die resultate kan asemrowend wees - bowe alle verwagtinge. :) Die Nuwe
Tibet (The New Tibet, TNT) sal 'n geestelike TNT vir Sjina wees, asook
die wêreld. Tibetane sal na Tibet terugkeer. :) Die internasionale
beeld van Sjina sal fantasties vergroot. :) Toerisme na die Nuwe Tibet
sal verhoog. :) Rekonstruksie en Ontwikkelings programme kan van stapel
gestuur word om die Nuwe Tibet te ontwikkel. :) Sjina sal
verantwoordelik wees vir die beskerming van die Nuwe Tibet. :) Indien
hierdie eksperiment werk, kan dit in Sjina implementeer word, indien
Sjina instem. :)

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Pilare van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Re: Tibetaanse Onafhanklikheid - advies vir die pad vorentoe.
Volgende onderwerp: Grooot vraag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 13:33:29 MGT 2024