Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner-fascisme - alive and well?
Afrikaner-fascisme - alive and well? [boodskap #28086] |
Mon, 22 November 1999 00:00  |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoor iemand praat hier onlangs van "Hys die vierkleur hoog".
Dit laat my onwillekeurig dink aan die eed wat Robey Leibbrandt
(die boere-Führer) sy aanhangers laat onderteken het (in 1941):
"My strewe en stryd is vir die vryheid en onafhanklikheid van die
Afrikanervolk in Suid-frika; en die opbou van 'n
nasionaalsosialistiese staat met die idee van Adolf Hitler as
grondslag aangepas by die karakter van die Afrikanervolk.
Ek erken dat alleen 'n volk wie veg om sy reg, 'n reg het om te
lewe, en dat die daad in die vorm van opoffering en bloed die
ware wil en karakter van 'n volk, sowel as van die mens, as
stempel dra. In hierdie sin en gees verklaar ek my bereid om vir
my volk en vaderland te ly en indien nodig te sterwe.
Ek tree op voor God en sweer hierdie heilige eed, dat ek as
Afrikaner my volk en vaderland met my ganse hart, liggaam, siel
en verstand getrou sal dien in die rigting wat my aangegee word
deur die leier van die Nasionaalsosialistiese Rebelle in die
persoon van Robey Leibbrandt en niemand anders nie, van nou af,
tot in die dood.
Onder die parool " 'n stryder kan sterwe, maar 'n verraaier moet
sterwe" sal ek immer en onder alle omstandighede handel en enige
en elke bevel gehoorsaam en ten volle en geheel uitvoer. Elke en
ieder geheim sal ek met my lewe bewaak en bewaar.
Die diepte van die erns waarmee ek my tot 'n
Nasionaalsosialistiese Rebel erken vind sy uitdrukking in die
bloed, waarmee ek my persoon, deurmiddel van my handtekening vir
ewig bind.
Ek is niks, my volk is alles.
God met ons.
Die Vierkleur Hoog!"
Einde van aanhaling.
Leibbrandt is in 1943 skuldig bevind aan hoogverraad en ter dood
veroordeel, maar sy vonnis is (nog deur die Smuts-regering)
versag tot lewenslang. Enkele weke nadat die nasionaliste in
1948 aan bewind gekom het is hy vrygelaat.
Swart Simon.
|
|
|
|
Re: Afrikaner-fascisme - alive and well? [boodskap #28190 is 'n antwoord op boodskap #28086] |
Fri, 26 November 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Simon van der Schans wrote:
> Moet tog asseblief nie Leibbrandt en die OB met mekaar gelykstel
> nie. Leibbrandt het Hans van Rensburg, die leier van die OB, as
> 'n "lakei van Smuts" uitgeskel! Dit sal vir jou 'n idee gee van
> waar in die spektrum van regs na links Leibbrandt ingepas het.
>
>
Het sommige mense nie gese dat die Ossebrandwag "geskepis deur Smuts"
om die verregse elemente te isoleer, aan die
kaak te stel en besig te hou, sodat Smuts sy vinger op die pols
van sulke bewegings kon hou nie?
Ons het 'n buurman gehad wat altyd vir my sit en vertel het van
die dae toe hy in die Ossewabrandwag was. Hulle het nie gewere
gehad nie. Maar hulle het bevele gehad om goeie rieme reg te
hou. En elke een het 'n "target" persoon gehad wat hy moes
vasbind en buite aksie stel die dag as die bevel van die hoofkwartiere
van die Ossewabrandwag kom. Oom Jan het vir my vertel hy moes
onder andere my pa vasbind. Nou, my pa het nie aktief aan die
Nasionale Party behoort nie, maar hy was ook nie 'n "Smelter" nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner-fascisme - alive and well? [boodskap #28264 is 'n antwoord op boodskap #28086] |
Thu, 02 December 1999 00:00   |
Samuel Murray
Boodskappe: 66 Geregistreer: September 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
dis waar, dat so'n soektog 'n onbegonne taak is... behalwe, ek het 'n paar
jaar gelede in e-burgh so'n soektog gedoen en ek moes headlines lees en lees
om 'n paar beriggies oor 'n sekere onderwerp te kry. bygeseg... ek het 'n
timeframe van net 3 jaar gehad en ek het net 2 koerante gehad om deur te
werk, en dit het my drie dae (maal 3 ure) geneem... so. hmmmm.
Samuel Murray
Simon van der Schans skryf in boodskap news:8241ti$1k81$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Johannes Kantelberg wrote in message ...
>> Jare gelede, in die 60's, het Leibbrandt 'n lang onderhoud met "Die
>> Landstem" gevoer. Daarin het hy bevestig dat hy gekom het om Smuts te skiet.
>>
>> Kan iemand miskien die kopie van die koerant opspoor en die onderhoud hier
>> plaas?
>>
>> Tussen hakkies, waar kan 'n mens ou uitgawes van Suid Afrikaanse koerante
>> bekom? Is daar 'n argief of soiets?
>
> Die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad het meeste koerante op
> mikrofilm beskikbaar. Trouens, ek dink hulle is deur wet opgedra
> om kopieë van alle Suid-Afrikaanse publikasies aan te hou. Maar
> sonder 'n meer spesifieke datum van publikasie sal dit 'n
> onbegonne taak wees om die artikel waarvan jy praat te probeer
> opspoor. Jy voel seker nie lus om 10 jaar se koerante deur te
> blaai nie
>
> Swart Simon
>
>
--
NB: when I write here I spell and speak the way I please,
but when I translate professionally I speak and write perfectly.
Samuel Murray, translator and proofreader
smurray@yebo.co.zaXYZ, cc leuce@geocities.comXYZ
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
... or try my personal page http://ey.to.hey.to/
|
|
|
|
Re: Afrikaner-fascisme - alive and well? [boodskap #28539 is 'n antwoord op boodskap #28086] |
Mon, 20 December 1999 00:00  |
Colin
Boodskappe: 12 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
>
> Een van die kinders se naam is Robey. Hy reageer soms in die media as
> hy dink daar word te veel snert van sy pa gepraat. Daar is ook 'n
> dogter waarvan ek gehoor het.
Ek was in die leer met een van die Leibrandts in '87. Robey was blykbaar sy
oom. Ek het natuurlik lank terug kontak verloor.
Colin
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:51:51 UTC 2025
|