Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Punt gesels met Prins - agnostiese benadering
Punt gesels met Prins - agnostiese benadering [boodskap #27983] Di, 16 November 1999 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag Punt Radio en Prins drievoudig gelukwens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. :) Hiermee word daar
drievoudig komplimenteer vir die super diens wat U lewer aan al die
Pilare van ons Paradys. :) Hierdie super bydrae maak lewe in die Nuwe
Suid Afrika 'n plesier om in te leef. :) Veral Nuus uitsendings, Punt
gesels met, asook programme oor voedsel voorbereiding. En nog baie
meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

In 'n geselsie onlangs, wil Prins graag weet van die manier hoe hier te
werk gegaan word. Dit is eintlik baie eenvoudig:

God het die hemel en die aarde geskape.
Die mens is na die ewebeeld van God geskape.
Die mens kan dus mede-skepper wees, saam met God.
Na die sondeval is Adam en Eva uit die Paradys gewerp.

Die sondeval het dus veroorsaak dat die aarde ook met sonde besmet is -
dit is debateerbaar.

Voortdurende Goddelike handelinge bewys die bestaan van God:
Die mens kan bewys dat hy / sy na die ewebeeld van God geskape is,
d.m.v. Goddelike handelinge te doen. Deur middel hiervan, kan die mens
die eienskap van mede-skepper bewys.

Verstaan die aarde kan dus, in sy onperfeksie, perfek wees: Om bg.
stelling te kan bewys.

Die lewe bestaan deur die onvervolmaakte te vervolmaak. Die mens
verheerlik die aarde, deur daaroor te heers, en die Paradys wat dit
eers was, te herskep.

Daar word beweer dat 'n meteoriet die aarde jare gelede getref het, in
Australie, en die aarde laat kantel. Daardie tyd was Antartika 'n
paradys. Vandag is dit onder die ys. Kyk gerus na Australie se landskap
- dit lyk asof iets dit platgevee het.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Prins presteer met Passie deur die luisteraars te laat dink oor party
reisigers se punte. :) Partykeer wonder die luisteraars waar Prins sy
Pertinente Program Pitte kry. Die reisiger wonder ook. :)))

'n Tyd gelede het iemand hier geskryf: Hel nee, hierdie ou het nie
feite nie. Hy het nie feite nie! :) Mens kan dit van Prins ook sê.
Dankie Prins. Veral vir bg. program se navorsing. Baie beter as die
internet. :)))

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Re: Punt gesels met Prins - agnostiese benadering [boodskap #27984 is 'n antwoord op boodskap #27983] Di, 16 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

reisiger wrote:

> Prins presteer met Passie deur die luisteraars te laat dink oor party
> reisigers se punte.

Van watter Prins word hier gepraat? Van die kunstenaar watvantevore Prince
genoem word? My mees geliefkoosde
kunstenaar.

Gloudina
Re: Punt gesels met Prins - agnostiese benadering [boodskap #28006 is 'n antwoord op boodskap #27983] Wo, 17 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca wrote:
> reisiger wrote:
>> Prins presteer met Passie deur die luisteraars te laat dink oor party
>> reisigers se punte.
> Van watter Prins word hier gepraat? Van die kunstenaar
> watvantevore Prince
> genoem word? My mees geliefkoosde
> kunstenaar.
> Gloudina

Hallo Gloudina. :) Prins is 'n Afrikaanse, en was die aanbieder van 'n
program Vrydaagaand op Puntradio. 'n Debatsprogram waaraan mense kon
deelneem om hulle opinies te deel. :) Hoop dit help. Miskien moet
Puntradio hulle Vrydae aande debatte, asook uitsending op Webradio sit,
sodat Pilare oor die wereld daarna kan luister. Partykeer word
inligting uit hierdie ng gehaal en bespreek. Nogal interessant om
daarna te luister.

'n Vorige keer was Prins op sy senuwees oor 'n matriekafskeid, en die
opvoeding van die jeug en Prins se kwellinge van wat na die partytjie
gaan gebeur. :) 'n Mens kry toe die idee om "nine months" aan te pas
vir die spel hierso. :) Dankie Prins.

Prins reken die mense is so polities korrek dat Max nou 'n volksheld
geword het. (oor sy program oor Siener). Het eers later uitgevind hy
het die program aangebied. :) Maak dit eintlik saak ?

The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
Vorige onderwerp: New Oxymoron - Afrikaans Culture
Volgende onderwerp: Per kapita inkomste.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 13:10:07 MGT 2024