Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jy en jou...
Jy en jou... [boodskap #27756] |
Fri, 29 October 1999 00:00  |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sit so paar dae terug in London en kuier met my boet en sy
Britse meisie - sy is besig om afrikaans te leer.
Sy vra my toe oor "jy" en "jou" - wanneer die een, wanneer die
ander.
Ek kom toe vorendag met die ooglopende - mens gebruik "jou" vir
die "posessive" - soos in "ons ry met jou kar" ens. ("Jou" =
"Your".) Maar vra sy: hoekom sê mens 'hoe gaan dit met jou'
of as mens iemand wil skel 'jou vark' (of 'apartheidsvark' as jy
wil!).
Daar begin ek toe vasbrand met my St 10 grammatika - ek neem aan
dit het iets te doen met die objektiewe en subjektiewe vorm.
Ek is volgende week weer daar - het iemand vir my 'n beter
verduideliking?
Groete,
Bees
|
|
|
|
|
|
Re: Jy en jou... [boodskap #27807 is 'n antwoord op boodskap #27756] |
Tue, 02 November 1999 00:00  |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Thorsten Mueller wrote:
> Arthur Hagen wrote:
>
> I found similar examples in an Afrikaans grammar book. They were always
> referred to as anglicisms.
>
>
Jy mag reg wees, Thorsten, dat dit invloed van Engels is. Maariets hinder my. Ek
kan nie glo dat die ou Voortrekkers nie
ook "jou donder," "jou swernoot," "jou bliksem" gebruik het
nie, en sou mens dan van Engelse invloed kon praat? Gebruik
die Nederlanders en die Duitsers nie dieselfde konstruksie nie,
en moet dit dan ook as anglisisties gesien word?
Gloudina
|
|
|
Re: Jy en jou... [boodskap #27808 is 'n antwoord op boodskap #27756] |
Tue, 02 November 1999 00:00  |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote:
> Jy mag reg wees, Thorsten, dat dit invloed van Engels is. Maariets hinder my. Ek
> kan nie glo dat die ou Voortrekkers nie
> ook "jou donder," "jou swernoot," "jou bliksem" gebruik het
> nie, en sou mens dan van Engelse invloed kon praat?
Ek weet natuurlik nie of die Voortrekkers dit so of anders gesê het nie, maar
miskien het hulle so 'n honderd jaar gelede nog "jy donder", "jy swernoot" ens.
gesê? Ek onhou nog een voorbeeld wat ek eens in 'n boek oor die ontwikkeling van
Afrikaans gevind het. Dit was glo uit die protokol van 'n sitting van die geregshof
in Kaapstad (in die 18de of vroeë 19de eeu). Die spreker was 'n Maleier, en dit het
meer of minder so geklink:
"Ghij siecken hond, ghij die brood tecken!" (die vertaling was glo "you sick dog,
you took the bread")
Wat baie interessant is, is die gebruik van "tecken" as "neem" (weer 'n
anglisisme?), en die gebruik van die subjektiewe vorm "ghij" in die begin van die
sin. Dus kon ek voorstel dat die gebruik van "jou" in hierdie geval eers later
oorneem is.
> Gebruik
> die Nederlanders en die Duitsers nie dieselfde konstruksie nie,
> en moet dit dan ook as anglisisties gesien word?
In Duits sê ons "du Depp", "du Schwerenöter" ens. (ek dink "swernoot" is een van
die [min] woorde wat direk van Duits na Afrikaans oorneem is, vandag klink dit
egter nogal ouderwets in Duits). "Du" is dieselfde as "jy", "jou" is "dich", "dir"
of "dein/e". Vir my as 'n Duitssprekende is dit dus nie logies om "jou swernoot" te
sê nie, as ek hierdie konstruksies nie al geken het nie sou ek "jy..." gesê het.
Groete,
Thorsten
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:51:51 UTC 2025
|