Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27658] |
Mon, 25 October 1999 00:00  |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Francois de Wet wrote:
>> Reserve System is "Apartheid Lite".
>> North Americans consider "multiculturalism" to be a liberal term.
>> The bantustan project crashed and burned, as it deserved to, but I think
>> the National Party's racist cynicism exemplified the true implications
>> of multicul-turalism a lot more accurately than does the sentimentalism
>> of fuzzy minded North Americans who embrace the term
> Multiculturalism >is "apartheid lite."
Die skrywer van die stuk het besluit, onbewus uit onkunde of met opset,dat
"multikulturalisme" in Kanada iets te doen het met die bestaan van
First Nations, hulle ambisies en hulle probleme. Multikulturalisme is
'n beleid wat dit moontlik maak vir die baie verskillende etniese groepe
wat uit ander dele van die wereld gekom het, om hulle etniese karakter
te bewaar, met behulp van regeringsbeleide. Die grootste kampioene
van multikulturalisme is dan ook gewoonlik mense wie se voorvaders
uit die Indiese subkontinent gekom het asook mense van uit die
eilande van die Karribiese.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27659 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Mon, 25 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
>> Reserve System is "Apartheid Lite".
>>
>> By CHARLES MOORE
>> Special to the WCR
>
>> Which further begs the question of why is it considered liberal and
>> commendable to have a majority of Canada's First Nations peoples living
>> in an archipelago of scattered, nominally self-governing, government
>> subsidized, racially segregated reservations, when South Africa's
>> similar system was reviled as being quintessentially evil?
Die verskil is natuurlik dat in SA, waar hierdie toestand voor 1948ook
bestaan het, 'n skielike besluit geneem is om alle nie-blankes
wat stemreg gehad het, dit te ontneem en 'n rasseskeiding daadwerklik
toe te pas, of die nie-blankes nou daarvan gehou het of nie. Dis die
verskil. Jy kan die twee nie in dieselfde lig sien nie.
>> There are of course significant differences between the two sets of
>> circumstances, major ones being that native people have the right to
>> vote in general elections and enjoy constitutional rights of full
>> citizenship - on or off the reserve.
Gloudina
>
>
>
>
> u
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27660 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Mon, 25 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
>
>
>> Reserve System is "Apartheid Lite".
>> On the other hand, Time reported in the same paragraph that the
>> "doctrine of assimilation," which I and many other non-liberals consider
>> to be the no-brainer long-term solution for the manifold problems
>> afflicting native peoples, has been consigned "to the ash heap" by
>> Stewart's own agenda.
>>
>> The question has to be, do First Nations people want to "really be a
>> part of Canada?" They can't have it both ways.
Die aksent in bostaande is natuurlik dat ons uiteindelik hoor dat dieskrywer
'n "non-liberal" is, en die verklaring "They can't have it both
ways." Verbaas dit my dat hierdie geskrif kom uit Alberta, met sy
baie sterk "non-liberale" whitey population.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27678 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Tue, 26 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Wat _my_ weer interesseer is dat die assimilasiebeleid waaraan hierdie "baie
> sterk non-liberale whitey" voorkeur gee die beleid in Kanada was tot baie
> onlangs. Die beleid om die klein oorblywende minderheid van die oervolke op
> te neem in die "hoofstroom"-kultuur van die wit settelaars, sodat hulle
> mettertyd sou verdwyn met taal, kultuur, geskiedenis, godsdiens, genepoel en
> al.
>
Jy praat deur jou neus, Leendert. En wat in Kanada aangaan het baie min
te doen met die "beleid" van Kanadese regerings. Dit het te doen met die
uiteindelike ering van ou ooreenkomste tussen die Kroon en die Eerste
Nasies. Dit het te doen met die terugwen van First Nations van grond wat
van hulle gesteel is deur die immigrante van Europa. Dis dus nie 'n "beleid"
van apartheid nie. Dis 'n herwinningsoorlog van eie land van die koloniserende
setlaars. Wat die proses vervinnig is die uitsprake van die Kanadese Supreme
Court en die groter eerlikheid van die kinders van die koloniste.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27680 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Tue, 26 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Aggesjym! 'n Skielike besluit van 1948?
>
> Wat dan van Van Riebeeck se wilde-amandellaning? Die paswette wat die VOC en
> die Britse Empire toegepas het, Shepstone se tuislandbeleid in Natal,
> "civilised labour" - beleid van die Transvaalse koloniale owerheid van 1907,
> die Naturellegrond-wet van 1913 en die opvolger in 1936?
Aggesjym. Dis nou die latest onder die apologete van die apartheidsvark-regime:
om te bewys dat dit soomloos aansluit by die geskiedenis voor
1948, dat die apartheidsvarke die geestelike nageslag is van die VOC, Shepstone
ens. Sic transit Gloria Mundi.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27682 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Tue, 26 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Na 1948 is die stemreg stapsgewys uitgebrei na _alle_ volwassenes in SA.
> Lank voor 1994 was daar nie _een_ volwassene wat nie reeds die stemreg op
> ten minste die vlak van selfregerende gemeenskappe gehad het nie. (Die term
> "first time voter" wat in daardie verkiesing sinomniem geword het met
> "swartmens" was, natuurlik, politieke oëverblindery.)
Leendert, leendert. Leer om eerlik met jouself te wees en kry rus vir jou siel.
Die Ruiter in die Nag
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27683 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Tue, 26 October 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Aggesjym! 'n Skielike besluit van 1948?
>>
>> Wat dan van Van Riebeeck se wilde-amandellaning? Die paswette wat die VOC en
>> die Britse Empire toegepas het, Shepstone se tuislandbeleid in Natal,
>> "civilised labour" - beleid van die Transvaalse koloniale owerheid van 1907,
>> die Naturellegrond-wet van 1913 en die opvolger in 1936?
>
> Aggesjym. Dis nou die latest onder die apologete van die apartheidsvark-regime:
> om te bewys dat dit soomloos aansluit by die geskiedenis voor
> 1948, dat die apartheidsvarke die geestelike nageslag is van die VOC, Shepstone
> ens. .
Aggesjym. Inteendeel. Daar is 'n kwantumverskil tussen wat jy so graag
"apartheidsvarke" noem, en die "kaffer"-haters van die Empire. Die
"apartheidsvarke" het 'n standpunt teenoor die swartmense ingeneem wat
veertig jaar later eers mode geword het in Kanada (Sic transit Mundi,
inderdaad, maar ex Africa semper aliquid nova est.)
Jy, van alle mense behoort dit te besef.
Jy wat uit Verwoerd se SA gevlug het na 'n Kanada wat Smuts en Helen Suzman
se beleid toegepas het. Dieselfde beleid wat tans in Kanada deur die
rightwing whiteys verkondig word. (Dink jy die Kanadese het doerietyd die
oervolke gevra or hulle ge-assimileer wil word?)
En jy vind dit elke dag moeiliker om te verduidelik hoe julle liberale
beleid verskil van Verwoerd s'n. (Dalk is dit hoekom jy so baie leuens moet
uitdink oor Verwoerd - dat mense nie moet besef julle is besig om sy beleid
toe te pas nie!)
Maar hou net uit. Jy sal jou nog daarmee versoen (onthou: Duum spiro spero).
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27684 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Tue, 26 October 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
> Die verskil is natuurlik dat in SA, waar hierdie toestand voor 1948ook
> bestaan het, 'n skielike besluit geneem is om alle nie-blankes
> wat stemreg gehad het, dit te ontneem...
Halwe waarheid, nie waar nie? Doelbewuste halwe waarheid, wat verkoop word
vir die volle waarheid, juis met die doel om die volle waarheid te verdoesel
(hoekom is dit altyd nodig om Rhodes en die Empire se standpunt met leuens
en halwe waarhede te verdedig, Gloudina?)
Die sogenaamde stemreg wat swartmense gehade het is "ontneem" met die doel
om dit daadwerklik uit te brei op alle vlakke. 'n Klein getal "civilised" (=
verwesterde) swartes het voor 1948 'n uiters beperkte vorm van stemreg
gehad - hulle kon stem vir 'n witmens om hulle in die SA parlement te
verteenwoordig! (Margaret Ballinger het lank hierdie setel beklee).
Na 1948 is die stemreg stapsgewys uitgebrei na _alle_ volwassenes in SA.
Lank voor 1994 was daar nie _een_ volwassene wat nie reeds die stemreg op
ten minste die vlak van selfregerende gemeenskappe gehad het nie. (Die term
"first time voter" wat in daardie verkiesing sinomniem geword het met
"swartmens" was, natuurlik, politieke oëverblindery.)
|
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27686 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Tue, 26 October 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
>
>
>>
>>
>>> Reserve System is "Apartheid Lite".
>
>>> On the other hand, Time reported in the same paragraph that the
>>> "doctrine of assimilation," which I and many other non-liberals consider
>>> to be the no-brainer long-term solution for the manifold problems
>>> afflicting native peoples, has been consigned "to the ash heap" by
>>> Stewart's own agenda.
>>>
>>> The question has to be, do First Nations people want to "really be a
>>> part of Canada?" They can't have it both ways.
>
> Die aksent in bostaande is natuurlik dat ons uiteindelik hoor dat dieskrywer
> 'n "non-liberal" is, en die verklaring "They can't have it both
> ways." Verbaas dit my dat hierdie geskrif kom uit Alberta, met sy
> baie sterk "non-liberale" whitey population.
Wat _my_ weer interesseer is dat die assimilasiebeleid waaraan hierdie "baie
sterk non-liberale whitey" voorkeur gee die beleid in Kanada was tot baie
onlangs. Die beleid om die klein oorblywende minderheid van die oervolke op
te neem in die "hoofstroom"-kultuur van die wit settelaars, sodat hulle
mettertyd sou verdwyn met taal, kultuur, geskiedenis, godsdiens, genepoel en
al.
Dit was die beleid toe Kanada die voortou geneem het om SA uit die Britse
gemenebes te skop. Dit was die beleid toe Kanada, in die naam van die
"struggle", sanksies ondersteun het sodat hy SA se markte kon inpalm.
Dit was, inderdaad, die beleid in Kanada toe die onderwys vir swartmense in
SA (ook deur medium van hul eie taal, in die konteks van hul eie kultuur en
geskiedenis) fenomenaal uitgebrei het.
Dit was die beleid wat die Kaapse owerheid in Rhodes en Merriman se dae
ingestel het vir die minderheid Kleurlingkiesers wat stemreg gehad het, en
vir die enkele "civilized" swartes in die Kaap wat die stemreg "verdien" het
deur 'n goedgekeurde vlak van Westerse akkulturasie te bereik. Die beleid
wat Gloudina vir SA verkies het.
Dit was die beleid in Kanada toe Gloudina en haar man van sogenaamde
apartheid "gevlug" en in Kanada gaan woon het.
|
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27711 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Wed, 27 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Jy moet jou maar regmaak daarvoor, Gloudina: Jy gaan dit algaande al
> moeiliker vind om te verduidelik wat die verskil is tussen apartheid en die
> toppunt van politieke korrektheid.
So, jy maak jou reg om vir jouself te oortuig dat apartheid die toppuntwas van
politieke korrektheid, net soos wat vandag "in Kanada aangaan."
Dieselfde as wat Griet ons wou probeer oortuig dat die 1948 regime
se dade soomloos aangesluit het by die van die geskiedenis van SA voor
1948. Is dit nou wat mens neo-fascisme noem?
Gloudina
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27712 is 'n antwoord op boodskap #27658] |
Wed, 27 October 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
Leendert van Oostrum wrote:
> Na 1948 is die stemreg stapsgewys uitgebrei na _alle_ volwassenes in SA.
> Lank voor 1994 was daar nie _een_ volwassene wat nie reeds die stemreg op
> ten minste die vlak van selfregerende gemeenskappe gehad het nie. (Die term
> "first time voter" wat in daardie verkiesing sinomniem geword het met
> "swartmens" was, natuurlik, politieke oëverblindery.)
Leendert, leendert. Leer om eerlik met jouself te wees en kry rus vir jou
siel.
Die Ruiter in die Nag
*************************
Ja, Ruiter, ek weet dis nag vir jou - as al jou verskoninkies so onder jou
wegkalwe.
Want jy kan net maar nóg grondelose bewerings en beskuldigings die wêreld
instuur, maar jy kan nie wys waar ek nie eerlik is nie, kan jy?
Nou sit jy op jou oudag met onomkeerbare besluite wat jy veertig jaar gelede
geneem het.
Jy't gedink die Empire gaan die situasie in stand hou waar die ou paar
"certified civilised" swartetjies mag stem vir 'n witvrou om hulle in die
parlement te verteenwoordig.
Teen die sestigerjare, toe die "scramble from Africa" in volle swang was,
toe word dit duidelik die Empire gaan nie wit oorheersing in die kolonies in
stand hou nie.
Toe vlug jy maar Kanada toe, waar die baasskapbeleid nog ongeskonde was (en
klaarblyklik volhoubaar).
En nou dwing julle Supreme Court julle om te doen wat Verwoerd destyds al
probeer het.
Jy moet jou maar regmaak daarvoor, Gloudina: Jy gaan dit algaande al
moeiliker vind om te verduidelik wat die verskil is tussen apartheid en die
toppunt van politieke korrektheid.
|
|
|
|
|
|
Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite [boodskap #27778 is 'n antwoord op boodskap #27710] |
Mon, 01 November 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Bees" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> news:7v668a$kgf$1@kendy.up.ac.za...
>
>> (Weet jy, na hierdie gesprekke met jou voel ek minder as ooit beswaard oor
>> "apartheid". Jy demonstreer net aanmekaar hoe hol die aanklagte was en
>> hoeveel leuens dit geverg het om die persepsies te skep wat jy so krampagtig
>> probeer aan die lewe hou deur skeltaal en inhoudlose veroordeling.)
>>
>
> Leendert
>
> Interresantheidsonthalwe, watter aanklagte teen apartheid was
> hol?
>
> Groete
> Bees
Miskien is jy _nou_ gereed om te vertel van die "derderangse" onderwys
wat swart kinders in Suid-Afrika gekry het?
Of was dit ook maar 'n hol aanklag?
Vriendelike groete, Leendert
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:01 UTC 2025
|