Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » die doringboom - was hy werklik geknak?
die doringboom - was hy werklik geknak? [boodskap #27639] Sa, 23 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

In later jare was daar die neiging om die Tweede
Vryheidsoorlog soos 'n insek in amber te bewaar,
asof die ossewa die boompie permanent vertrap
het. Maar ag jaar na die einde van die oorlog was
daar, met die koms van die Unie van Suid-Afrika,
al tekens dat die generaals wat vroeer in die oorlog
geveg het, aan die helm van sake was. Inderdaad,
die eerste deel van die twintigste eeu was in baie
opsigte die tyd van Smuts en van die visie wat hy
vir Suid-Afrika gehad het. Toe my pa sestien was
het Smuts, in Namakwaland op 'n werwingsveld-
tog, vir die jong seuns gevra hoekom hulle nie veg
in Transvaal nie. Maar hoekom moes hulle ? My
pa se voorouers het nie weggetrek uit die Kaapland
nie. In baie opsigte was die mense in die Transvaal en
Oranje Vrystaat vir hom meer vreemd as die mense
in die Boland. Kaapstad was die kern van sy bestaan,
nie Pretoria nie. Wanneer mense so kla omdat die
sogenaamde Afrikaners so 'n klomp dwarstrekkers
is en nie almal dieselfde heer en meester wil dien
nie, dan moet mens onthou dat die Afrikaners ‘n
diverse ontwikkeling deurgemaak het. Iemand wie
se voorvaders byvoorbeeld in die Klein Karoo gesetel
het, kan heelwaarskynlik hom min identifiseer met
die nageslagte van die mense wat die Groot Trek mee-
gemaak het. Pogings om die Tweede Vryheidsoorlog
te verikoniseer as bagasie vir alle Afrikaners, slaan die
bal totaal mis. Dis goed dat daar nou, 'n honderd jaar
later, weer daarna gekyk word. Dit was 'n manjifieke
stryd van 'n klein groepie mense teen die dominasie van
‘n groot staat. En in die annale van die geskiedenis word
daar nog altyd met respek daarvan gepraat. Maar dit het
nie die Afrikaners soveel geknak as wat uitgemaak word
nie. Daardie boompie het weer mettertyd opgestaan.

Gloudina
Re: die doringboom - was hy werklik geknak? [boodskap #27669 is 'n antwoord op boodskap #27639] Ma, 25 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
> Om my van "Empire-sentimente" te beskuldig, is weer deel van jouaanhoudende
> metode om almal wat nie met jou enge standpunte saam-
> stem nie, af te rakel as iets slegs.

S^e Gloudina - sonder om te blik of te bloos ...
Re: die doringboom - was hy werklik geknak? [boodskap #27670 is 'n antwoord op boodskap #27639] Ma, 25 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>>
>> Gloudina, jou ou Empire-sentimente is nie so algemeen as wat jy dalk mag
>> dink nie! Ek reken _jy_ slaan die bal mis!
>
> Om my van "Empire-sentimente" te beskuldig, is weer deel van jouaanhoudende
> metode om almal wat nie met jou enge standpunte saam-
> stem nie, af te rakel as iets slegs. Dit pas in by die neerbuigende
> manier waarmee jy van mense uit ander dele van die land praat.
> Net omdat jy uit 'n sosiale sfeer kom wat bevolk is met Nederlanders
> wat in die ou republieke hulle nes wou kom skop het, en heelwaar-
> skynlik ander families wat afstammelinge van die Voortrekkers
> was en dus militant teenoor die swart bevolking van die oostelike
> dele van die land was, en teen die "uitlanders," maak nog nie dat
> ander mense in dieselfde atmosfeer van antipatie grootgeword het
> as wat jy blykbaar voel dis jou roeping in die lewe om te verkondig
> nie.
>
> Gloudina

Hmmmm.........

Hierdie stukkie van jou hierbo, Gloudina - is dit 'n poging om 'n rasionele
standpunt uiteen te sit, of is dit bloot "meaningless abuse"?

In elk geval. Dit lyk asof jy nie vrede in jou gemoed het oor jou verouderde
Empire-gesinde standpunte nie?
Re: die doringboom - was hy werklik geknak? [boodskap #27703 is 'n antwoord op boodskap #27639] Di, 26 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> In later jare was daar die neiging om die Tweede
> Vryheidsoorlog soos 'n insek in amber te bewaar,
> asof die ossewa die boompie permanent vertrap
> het. Maar ag jaar na die einde van die oorlog was
> daar, met die koms van die Unie van Suid-Afrika,
> al tekens dat die generaals wat vroeer in die oorlog
> geveg het, aan die helm van sake was. Inderdaad,
> die eerste deel van die twintigste eeu was in baie
> opsigte die tyd van Smuts en van die visie wat hy
> vir Suid-Afrika gehad het. Toe my pa sestien was
> het Smuts, in Namakwaland op 'n werwingsveld-
> tog, vir die jong seuns gevra hoekom hulle nie veg
> in Transvaal nie. Maar hoekom moes hulle ? My
> pa se voorouers het nie weggetrek uit die Kaapland
> nie. In baie opsigte was die mense in die Transvaal en
> Oranje Vrystaat vir hom meer vreemd as die mense
> in die Boland. Kaapstad was die kern van sy bestaan,
> nie Pretoria nie.

En hy het in Namakwaland gebly - hoe ver dis dit van Kaapstad af?

> Wanneer mense so kla omdat die
> sogenaamde Afrikaners so 'n klomp dwarstrekkers
> is en nie almal dieselfde heer en meester wil dien
> nie, dan moet mens onthou dat die Afrikaners ‘n
> diverse ontwikkeling deurgemaak het. Iemand wie
> se voorvaders byvoorbeeld in die Klein Karoo gesetel
> het, kan heelwaarskynlik hom min identifiseer met
> die nageslagte van die mense wat die Groot Trek mee-
> gemaak het.

BS Gloudina. Hoveel mense het heen en weer getrek?

> Pogings om die Tweede Vryheidsoorlog
> te verikoniseer as bagasie vir alle Afrikaners, slaan die
> bal totaal mis. Dis goed dat daar nou, 'n honderd jaar
> later, weer daarna gekyk word. Dit was 'n manjifieke
> stryd van 'n klein groepie mense teen die dominasie van
> 'n groot staat. En in die annale van die geskiedenis word
> daar nog altyd met respek daarvan gepraat. Maar dit het
> nie die Afrikaners soveel geknak as wat uitgemaak word
> nie. Daardie boompie het weer mettertyd opgestaan.
>

TROLLLLLLLLLLLLLLLL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Vorige onderwerp: Helio-kodes
Volgende onderwerp: Leuens as rhetoriese tegniek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 15:50:52 MGT 2024