| die doringboom - was hy werklik geknak? [boodskap #27639] |
Sa., 23 Oktober 1999 00:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
In later jare was daar die neiging om die Tweede
Vryheidsoorlog soos 'n insek in amber te bewaar,
asof die ossewa die boompie permanent vertrap
het. Maar ag jaar na die einde van die oorlog was
daar, met die koms van die Unie van Suid-Afrika,
al tekens dat die generaals wat vroeer in die oorlog
geveg het, aan die helm van sake was. Inderdaad,
die eerste deel van die twintigste eeu was in baie
opsigte die tyd van Smuts en van die visie wat hy
vir Suid-Afrika gehad het. Toe my pa sestien was
het Smuts, in Namakwaland op 'n werwingsveld-
tog, vir die jong seuns gevra hoekom hulle nie veg
in Transvaal nie. Maar hoekom moes hulle ? My
pa se voorouers het nie weggetrek uit die Kaapland
nie. In baie opsigte was die mense in die Transvaal en
Oranje Vrystaat vir hom meer vreemd as die mense
in die Boland. Kaapstad was die kern van sy bestaan,
nie Pretoria nie. Wanneer mense so kla omdat die
sogenaamde Afrikaners so 'n klomp dwarstrekkers
is en nie almal dieselfde heer en meester wil dien
nie, dan moet mens onthou dat die Afrikaners n
diverse ontwikkeling deurgemaak het. Iemand wie
se voorvaders byvoorbeeld in die Klein Karoo gesetel
het, kan heelwaarskynlik hom min identifiseer met
die nageslagte van die mense wat die Groot Trek mee-
gemaak het. Pogings om die Tweede Vryheidsoorlog
te verikoniseer as bagasie vir alle Afrikaners, slaan die
bal totaal mis. Dis goed dat daar nou, 'n honderd jaar
later, weer daarna gekyk word. Dit was 'n manjifieke
stryd van 'n klein groepie mense teen die dominasie van
n groot staat. En in die annale van die geskiedenis word
daar nog altyd met respek daarvan gepraat. Maar dit het
nie die Afrikaners soveel geknak as wat uitgemaak word
nie. Daardie boompie het weer mettertyd opgestaan.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: die doringboom - was hy werklik geknak? [boodskap #27703 is 'n antwoord op boodskap #27639] |
Di., 26 Oktober 1999 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote:
>
> In later jare was daar die neiging om die Tweede
> Vryheidsoorlog soos 'n insek in amber te bewaar,
> asof die ossewa die boompie permanent vertrap
> het. Maar ag jaar na die einde van die oorlog was
> daar, met die koms van die Unie van Suid-Afrika,
> al tekens dat die generaals wat vroeer in die oorlog
> geveg het, aan die helm van sake was. Inderdaad,
> die eerste deel van die twintigste eeu was in baie
> opsigte die tyd van Smuts en van die visie wat hy
> vir Suid-Afrika gehad het. Toe my pa sestien was
> het Smuts, in Namakwaland op 'n werwingsveld-
> tog, vir die jong seuns gevra hoekom hulle nie veg
> in Transvaal nie. Maar hoekom moes hulle ? My
> pa se voorouers het nie weggetrek uit die Kaapland
> nie. In baie opsigte was die mense in die Transvaal en
> Oranje Vrystaat vir hom meer vreemd as die mense
> in die Boland. Kaapstad was die kern van sy bestaan,
> nie Pretoria nie.
En hy het in Namakwaland gebly - hoe ver dis dit van Kaapstad af?
> Wanneer mense so kla omdat die
> sogenaamde Afrikaners so 'n klomp dwarstrekkers
> is en nie almal dieselfde heer en meester wil dien
> nie, dan moet mens onthou dat die Afrikaners Ân
> diverse ontwikkeling deurgemaak het. Iemand wie
> se voorvaders byvoorbeeld in die Klein Karoo gesetel
> het, kan heelwaarskynlik hom min identifiseer met
> die nageslagte van die mense wat die Groot Trek mee-
> gemaak het.
BS Gloudina. Hoveel mense het heen en weer getrek?
> Pogings om die Tweede Vryheidsoorlog
> te verikoniseer as bagasie vir alle Afrikaners, slaan die
> bal totaal mis. Dis goed dat daar nou, 'n honderd jaar
> later, weer daarna gekyk word. Dit was 'n manjifieke
> stryd van 'n klein groepie mense teen die dominasie van
> 'n groot staat. En in die annale van die geskiedenis word
> daar nog altyd met respek daarvan gepraat. Maar dit het
> nie die Afrikaners soveel geknak as wat uitgemaak word
> nie. Daardie boompie het weer mettertyd opgestaan.
>
TROLLLLLLLLLLLLLLLL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
|
|
|
|