Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Swart geskoolde werk
Swart geskoolde werk [boodskap #27584] Vr, 22 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
'n Ruk gelede het Bees hier verkondig dat Verwoerd (en, by implikasie, sy
kiesers) ten doel gehad het dat daar geen werk sou wees vir geskoolde swart
werkers nie. (John Webb het dieselfde bewering gemaak in sy professorale
intreerede.)

Barrie vertel egter 'n heel interessante storie van swart onderwys wat
benadeel is deurdat mense met onderwysbeurse geleer het, en dan deur die
privaatsektor gekaap is.

Dit lyk dus asof Verwoerd se beleid - as dit was om swartes ongeskool te
hou, of om te verseker dat hulle geen geskoolde werk kon kry nie, nie
suksesvol was nie.

Ek het egter reeds daarop gewys dat so 'n beleid nie wou strook met die
skepping van universiteite spesifiek vir swarmtense, kompleet met
wetenskapfakulteite nie. Dit strook ook nie met die duidelike bewyse dat
swart onderwys beide in kwantiteit en in kwaliteit 'n fenomenale groei
getoon het onder Verwoerd se bewind en daarna nie - soos blyk uit die
sensussyfers van die volwasse swart bevolking in die tagtigerjare. Nou moet
mens jou afvra wat Verwoerd se beleid dan inderdaad was.

In die Senaatsverklaring van 7 Junie 1954 motiveer Verwoerd die verskil in
besoldiging van swart en wit onderwysers. In vandag se klimaat van politieke
korrektheid is dit amper ondenkbaar om so 'n verskil te probeer regverdig.
Ek dink egter dat sy argumente lig werp op 'n paar aspekte van sy denke - en
die van sy ondersteuners:

"Die blanke onderwyser is in diens van die blanke gemeenskap en sy salaris
word bepaal op grond van vergelyking met die inkomste van die gemiddelde
ouer vir wie se kinders hy skoolhou. Die salarisse van onderwysers word in
die blanke maatskappy geensins as baie aantreklik beskou nie.

"Presies op dieselfde wyse is die Bantoe-onderwyser in diens van die
Bantoe-gemeenskap en sy salaris moet bepaal word ooreenkomstig daarmee. In
teenstelling met wat ek hierbo gesê het van die blanke, is
onderwysbetrekkings onder die naturelle baie gesog. Daar is hoegenaamd geen
tekort aan persone wat aansoek doen om vakante betrekkings nie, en dit is
dus duidelik dat die Bantoe-onderwyser binne sy gemeenskap reeds 'n baie
gunstige finansiële posisie beklee.....

"...Dit alles hang baie nou saam met die draagkrag van die Bantoegemeenskap
en die feit dat die ideaal eerder moet wees om aan nog meer kinders met die
beskikbare geld onderwys te gee as om nog groter relatiewe voorspoed aan die
onderwysers te gee. Die opgeleides van meer wil verdien moet, soos in die
blanke gemeenskap, hulle kanse soek in die mededinging in ander beroepe, wat
ons probeer oopmaak binne die Bantoegemeenskap......

"...In die naturellegebiede waar die dienste van geskoolde Bantoe uiters
nodig is, kan Bante-onderwys sy volle kringloop voltooi, waardeur die kind
uit die gemeenskap in die skool opgeneem word, tot sy optimumpeil volgens sy
aanleg en vermoë ontwikkel en daarna teruggegee word aan die gemeenskap om
hom te bedien en te bevrug."

Aldus Verwoerd.

Wat my nogal opgeval het is die stelling: "Die opgeleides wat meer wil
verdien moet, soos in die blanke gemeenskap, hulle kanse soek in die
mededinging in ander beroepe..." Dit lyk dus asof Verwoerd voorsien het
dat - soos in die wit onderwys - daar 'n oorlopery van gekwalifiseerdes na
ander sektore sal wees.

Dit lyk ook asof die groei in geskooldheid onder swartmense in
ooreenstemming met Verwoerd se beleid was [in elk geval soos hy dit in die
openbaar aan sy kiesers verkondig het], en nie ten spyte daarvan nie.
Re: Swart geskoolde werk [boodskap #27624 is 'n antwoord op boodskap #27584] Sa, 23 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Jy het beweringe gemaak oor Verwoerd se motiewe met die soort
> werk wat vir
>> swartes beskikbaar sou wees. Ek het jou uitgedaag om jou
> beweringe te staaf.
>> Jy het dit nie gedoen nie. Daarop het ek inligting gegee wat jou
> beweringe
>> weerspreek.
>
> Vergeef my dat ek uit my beurt praat.
>
> Die strekking van Verwoerd se 1954 toespraak in die Senaat is
> duidelik: Daar moet oral apartheid wees. Ook in die onderwys.
> Of die "bantoe"-onderwysers dit nou wil hê of nie.

Heeltemal korrek.

Sy argument was dat die "Bantoe"-onderwysers hulleself verhewe beskou bo die
ouers van die kinders in hul skole, en dat dit 'n ongesonde effek op die
ontwikkeling van swart gemeenskappe gehad het. Daarom het Verwoerd die
salarisse van swart onderwysers _verlaag_! Verwoerd was van oordeel dat die
ontwikkeling van swart gemeenskappe nooit verder sou kom sonder dat die
swart onderwyser _self_ daardie gemeenskap begin dien nie. (In plaas
daarvan om hom as verhewe bo en buite die gemeenskap te sien.)

Ek merk op dat Kader Asmal onlangs ook daarna verwys het dat die lede van
SADTU hulself nie sien as in diens van die gesinne in die gemeenskap nie.
Dit was in sy (ongewilde) toespraak voor SADTU. Ek verneem van swart
kollegas dat Asmal nou in daardie kringe allerweë uitgekryt word as 'n
rassis.

>
> Luister maar wat Verwoerd in die toespraak sê:
>

Die deel wat ek tevore aangehaal het volg direk op die deel wat jy
vervolgens aangehaal het - in daardie deel motiveer V dan die argument soos
bo.
Re: Swart geskoolde werk [boodskap #27625 is 'n antwoord op boodskap #27584] Sa, 23 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
>
> Leendert van Oostrum wrote in message
> news:7upg7i$qeg$1@kendy.up.ac.za...
>> 'n Ruk gelede het Bees hier verkondig dat Verwoerd (en, by
> implikasie, sy
>> kiesers) ten doel gehad het dat daar geen werk sou wees vir
> geskoolde swart
>> werkers nie. (John Webb het dieselfde bewering gemaak in sy
> professorale
>> intreerede.)
>
> knip, knip, nogge knip...
>
> Genade Leendert
>
> Wat is jou punt?

Jy het beweringe gemaak oor Verwoerd se motiewe met die soort werk wat vir
swartes beskikbaar sou wees. Ek het jou uitgedaag om jou beweringe te staaf.
Jy het dit nie gedoen nie. Daarop het ek inligting gegee wat jou beweringe
weerspreek.

Die punt, dus: Tot tyd en wyl jy jou beweringe kan staaf, moet ek aanneem
dat jy deur jou nek gepraat het oor Verwoerd se "aannames".
Re: Swart geskoolde werk [boodskap #27647 is 'n antwoord op boodskap #27584] So, 24 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Jy het beweringe gemaak oor Verwoerd se motiewe met die soort werk wat vir
> swartes beskikbaar sou wees. Ek het jou uitgedaag om jou beweringe te staaf.
> Jy het dit nie gedoen nie. Daarop het ek inligting gegee wat jou beweringe
> weerspreek.

Vergeef my dat ek uit my beurt praat.

Die strekking van Verwoerd se 1954 toespraak in die Senaat is
duidelik: Daar moet oral apartheid wees. Ook in die onderwys.
Of die "bantoe"-onderwysers dit nou wil hê of nie.

Luister maar wat Verwoerd in die toespraak sê:

"Ek meen dat dit bekend is dat die onderwysers, by wyse van
besluite deur hulle verenigings aangeneem, hulle sterk
uitgespreek het teen die bevindings en aanbevelings van die
Onderwyskommissie en later weer teen die Wet op Bantoe-onderwys,
en dat hulle hulself ten gunste verklaar het van gelyke onderwys
vir almal, waarmee hulle blykbaar bedoel identiese
onderwyspraktyk. Dat dit alleen moontlik is wanneer daar 'n
differensiasie van onderwysbeginsels is (???), word óf nie begryp
óf verswyg. Dit volg nog glad nie dat die meerderheid van die
sowat 23,000 diensdoende onderwysers hierdie sienswyse aanvaar
nie. Ek noem dit egter om aan te toon dat die hervorming wat
beoog word vermoedelik heelwat bemoeilik sal word deur
onderwysers wat nie sal hou van die nuwe rol wat aan hulle sal
gegee word nie, 'n rol waarin hulle in diens sal wees van en
verantwoording verskuldig sal wees aan die Bantoe-gemeenskap.
Dit bring my dadelik tot die punt waarin die
naturelle-onderwysersorganisasies nog altyd die grootste belang
gestel het, naamlik die basiese beginsels ten opsigte van hulle
besoldiging. Die slagspreuk taamlik algemeen deur hulle aanvaar,
is "gelyke betaling vir gelyke werk", waarmee bedoel word gelyke
betaling met die blanke en verder "betaling volgens kwalifikasies
sonder inagneming van ras of kleur". Ek wil dit derhalwe baie
duidelik hier uitspreek dat hulle uitgangspunt, waar hulle
hierdie eise stel, totaal verkeerd is. Die lone wat blanke
onderwysers verdien is glad nie 'n bruikbare of toelaatbare
kriterium vir die Bantoe-onderwysers nie."

-end van aanhaling.

Swart Simon
Vorige onderwerp: Tweede Vryheidsoorlog
Volgende onderwerp: Doringboompie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 15:23:41 MGT 2024