Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die maat waarmee jy meet
Die maat waarmee jy meet [boodskap #27618] Vr, 22 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Elders het ek genoem dat ek reken dat dit heeltemal regverdigbaar is om die
ANC-regime te meet met dieselfde maat waarmee hulle die vorige regime gemeet
het.

Ek het weer daaroor gedink, en ek dink nou ek was verkeerd.

Want dit sou beteken dat mens oor die ANC net soveel leuens en
wanvoorstellings moet verkondig as wat hulle en ander oor die vorige regime
verkondig het (en wat mense soos Gloudina so krampagtig aan die lewe wil
hou.)

Dit was die een opsig waarin ek reg aan die begin gedink het dat daar
miskien hoop kon wees vir die sogenaamde "waarheidskommissie". Dat hulle die
leuens en wanvoorstellings aan _alle_ kante sou ontbloot, en dit daardeur
vir ons moontlik maak om 'n suiwerder meetsnoer te gebruik vir die volgende
poging.

Nodeloos om te sê, het die liegkommissie die teenoorgestelde gedoen.

Die punt is dit: Afrikaners sal nooit 'n suiwer meetsnoer vir die ANC kan
h�, tensy hulle ook die ander leuens oor hul eie geskiedenis ontbloot het
nie, en veral die leuens, halwe waarhede en wanvoorstellings wat die ANC en
sy meelopers daargestel het.

Dit is waarom dit my erg bekommer as Afrikaners klakkeloos al die snert
opvreet wat in "standard histories" soos Harris se "White Tribe" en Yudelman
se goed verkondig word. Om nie eens te praat van die doelbewuste haatspraak
wat Gloudina by voorkeur beoefen nie (maar Gloudina is natuurlik onder
opdrag van haar man om nie haatstellings oor Afrikaners te bevraagteken
nie - dalk moet mens begrip hê en verstaan wat sy teen ou wit omies het).

Wat my nog meer bekommer, is dat feitlik elke deel van die Afrikaanse pers
nou oorgeneem is deur 'n faksie wat oënskynlik as hul doel sien om dieselfde
soort snert en haatspraak te bevestig as die ortodokse "geskiedenis van die
Afrikaner". Wat dit oënskynlik sien as teenstrydig met hul patriotiese taak
om die Empire en die ANC se propaganda van die afgelope dekades oor
Afrikaners krities te ondersoek en aan die kaak te stel.

(Hulle handhaaf wel 'n soort kritiese skeptisme oor alles en nog wat - "Ons
bevraagteken alles" - vertel Beeld. Maar ek het nog nie gesien dat hulle
_enigiets_ bevraagteken voordat dit sulke bevraagtekening nie reeds deur die
ANC-gesinde media - bv Mail&Guardian - geseën is as iets waaroor mens maar
mag praat nie. Dit maak mens kots.)

Ek dink: As die Afrikaanse pers die Afrikaners die afgelope dekades 'n
ondiens bewys het deur onkrities te wees oor dinge wat hy moes ondersoek
het, het hy daardie gewoonte nog nie afgesweer nie. Hy weet nog steeds baie
goed waar die brood van mag gebotter word. (Dit geld die regse blaadjies net
so veel as die hoofstroommedia.)

Ek wonder of daar moontlikhede is in 'n Afrikaanse internetkoerant wat
goedkoper versprei kan word as 'n gedrukte een - 'n koerant wat dit kan
bekostig om getrou te bly aan grondige kritiek.
Re: Die maat waarmee jy meet [boodskap #27750 is 'n antwoord op boodskap #27618] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> (Hulle handhaaf wel 'n soort kritiese skeptisme oor alles en nog wat - "Ons
> bevraagteken alles" - vertel Beeld. Maar ek het nog nie gesien dat hulle
> _enigiets_ bevraagteken voordat dit sulke bevraagtekening nie reeds deur die
> ANC-gesinde media - bv Mail&Guardian - geseën is as iets waaroor mens maar
> mag praat nie. Dit maak mens kots.)
>

Mail & Guardian was 'n ruk gelede baie ingestel op wêreldwye nuus en baie
interessant. Dit het nou soveel verander dat ek by tye wonder of ek nie die
Sowetan in my hande het nie. Ek voel die beriggewing is ook nie meer so
objektief as voorheen nie.
Vorige onderwerp: Re: ANC se magslus
Volgende onderwerp: Gloudina, die ou bat slaat aftraande!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 17:32:55 MGT 2024