Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wit en swart onderwysers
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27533 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Miskien probeer sy haar self beskryf, sy was tog ook in die "Swart"
onderwys.

> *******************************
>
> Jy bedoel, die soort mens wat in swart onderwys aangestel is, was die soort
> mens wat Verwoerd met sy eie kinders vertrou het?
>
> Jou kwaadwillige skinderstories oor "tweederangse" mense in swart onderwys
> raak elke dag meer bizar, weet jy, Gloudina. Ek vind dit met elke bydrae
> minder geloofwaardig.
>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27534 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Byter  is tans af-lyn  Byter
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
My liewe antie,

Ek het reeds lankal vergeet van die onderwerp en nou onlangs eers weer hierop
afgekom - die gholf raak naweke 'n bietjie baie.

Dis nou reeds die tweede keer dat jy my beskuldig dat ek iemand anders sou wees.
Ek raak nou moeg hiervoor. Los nou jou neurotiese "Aha nou het ek jou met met
forensiese analise!" nonsens. My naam is nie Lou nie, en ek is ook nie van plan
om my naam binnekort na Lou toe te vernader nie.

My punt is bloot dat jy skynbaar effens meer as tagtig jaar gelede die land
verlaat het (net na die Boere Oorlog) en op grond van jou jong meisie of
oujongnooi ervaring jouself nou nog uitgee as kenner oor Suid-Afrika (en ook
skynbaar sommer Kanada). Prokereurseuntjie en al! Die Suid-Afrika wat jy in
jou prille jeug geken het, het slegs in jou prille jeug bestaan. Dis lankal
anders. Selfs die Kapenaars aanvaar deesedae dat daar ander provinsies in die
land is.

Rakende die gebruik van "Meders en Perse": Jy het reg, dit is Mede en Perse.
Ek het nou maar in my jong dae verkeerdelik leer praat van Meders en Perse.
Vergewe my.

Rakende die gebruik van "kanaalaap": Ek het gesien jy gebruik dit en by my
vriende wat van Upington af gekom seker gemaak oor die gebruik daarvan.

Rakende die gebruik van "sa": sien my naam Byter en die vorm van aanhitsing.
Heel voor die hand liggend.

Rakende die gebruik van "antie": antie dui op sarkasme. Iets wat skynbaar op
jou vermors is. Op Engels sou ek vir jou sê "In a battle of wits, I don't
fight unarmed people."

Vanwaar die onverklaarbare bitterheid teenoor TRANSVALERS? As jy bevooroordeeld
is teenoor iemand bloot omdat hy van die voormalige Transvaalgebied kom, is dit
net so goed jy is bevooroordeeld teenoor iemand net omdat hy 'n swart vel het,
of bloot net omdat sy ge-vamoush het Kanada toe? Blerrie sinneloos. Ek dink:
"Aha, ek het jou my antie. En dit op grond van my gevorderde laser gedrewe,
kernkrag-vriendelike, kwantumfisika gebaseerde forensiese tegnieke!"

Met agting,

Byter

In article , @sympatico.ca says...
>
> Byter wrote:
>
>> Weereens stel Gloudina haar persoonlike belewenis van gebeure by Adam's Mission
>> (net een skool) as die wet van Meders en Perse.
>
>> En watse hatigheid is dit met die Transvalertjies, he? Hulle is mos nou nie
>> beter of slegter as kanaalape nie, of hoe?
>>
>> Sa, manne! Vat die antie vas!!
>>
>
> Aha, Lou, nou het ek jou gevang. Met my forensiese analises.
> Een van die beste tekens: jou half-sleg kennis van die Bybel.
> Dis nie Meders nie maar "die wet van die Mede en Perse."
> Ook jou gebruik van die woord "kanaalaap" en "sa" en
> "antie."
>
> Gloudina
>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27569 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...
> @sympatico.ca wrote in message
> ...
>
>> afsku met swartmense omgegaan. Toe sy Chief Luthuli in haar huis
> moes
>> ontvang vir een of ander vergadering waarop beide Luthuli en
> haar man
>> gesit het, het sy (het ek al vantevore vertel) ander koppies
> gaan koop om
>> vir hulle te bedien.
>
> Dit sou interessant wees om te weet waarheen Luthuli gegaan het
> toe die nood hoog loop en hy 'n draai moes gaan maak.
>
> Swart Simon

Hmmmm...... Mens weet nooit wat Gloudina met "koppies" bedoel nie! (Ek
meen.... porselein is porselein, nie waar nie :-)

Maar miskien is die hele storie net nog 'n "grapevine"- storie. Natal het
nogal in daardie jare gespesialiseer in sulke stories.

Soos die Britse joernalis wat 'n onderhoud met die Verwoerds gepubliseer het
in 'n Natalse koerant. Lesers was glo verstom om te verneem dat sy die
onderhoud in Engels gedoen het.
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27570 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
Leendert van Oostrum wrote:

> Dis moontlik dat hulle Afrikaans moes doen as hulle universiteitsvrystelling
> in SA universiteite wou hê.
>

Dit was dan seker die rede vir die Afrikaans wat hulle as verplig by Adams
College vir die studente gemaak het: om Universiteitsvrystelling te kry. Ek
onthou dat dit nie verpligtend by St. Anne's was nie.

Gloudina

Hmmmmm.........

Ek kan my dit nie voorstel dat baie van St Anne's se alumni universiteit toe
wou gaan nie. Onder die ryk Ingelse was (is?) dit vreeslik infra dig om te
gaan leer. Dis net vir die middelklas.

(Amper alle Ingelse in Natal sou in Ingeland natuurlik middelklas wees, maar
ek dink nie hulle besef dit nie.)

Buitendien: g'n Ingelsman sal toelaat dat die kerk hom voorsê wat hy moet
leer nie - 'n kerkskool nog minder.
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27571 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
afro...  is tans af-lyn  afro...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
Byter wrote:
> My liewe antie,
>
> ....... Rakende die gebruik van "sa": sien my naam Byter en die vorm van aanhitsing.
> Heel voor die hand liggend.......

Bitch?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27572 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Soos die Britse joernalis wat 'n onderhoud met die Verwoerds gepubliseer het
> in 'n Natalse koerant. Lesers was glo verstom om te verneem dat sy die
> onderhoud in Engels gedoen het.

Ja, as Nederlander van geboorte het Verwoerd miskienEngels verkies.

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27573 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Soos die Britse joernalis wat 'n onderhoud met die Verwoerds gepubliseer het
>> in 'n Natalse koerant. Lesers was glo verstom om te verneem dat sy die
>> onderhoud in Engels gedoen het.
>
> Ja, as Nederlander van geboorte het Verwoerd miskienEngels verkies.

'Ollanners van die eeuwending era het nie so baie Engels geleer as vandag
nie. Frans en Duits was belangriker, en dan eers Ingels, soos ek dit
verstaan.

Hulle het in elk geval nie, soos vandag se 'Ollanners, Engels verkies bo
Nederlands nie. (Miskien is dit omdat hulle dit deesdae Nederlands noem, en
nie meer Hollands nie.)

Maar Verwoerd hêt sy matriek in Buluwayo gedoen (Cambridge, natuurlik).

Die storie in Natal was dat die Verwoerds weier om Engels te praat.

"Ikone", jy weet. Daar was baie. En baie van hulle word nog lewendig gehou
deur "geskiedkundiges" wat dit inskryf in hul "standard histories".
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27574 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Hmmm..... Cambridge het nog nooit Afrikaans vereis nie. Cambridge vereis nie
> eens 'n tweede taal nie, so ver ek weet. In elk geval nie sedert Grieks en
> Latyn as toelatingsvereistes tot Cambridge universiteit laat vaar is nie.
> Dis moontlik dat hulle Afrikaans moes doen as hulle universiteitsvrystelling
> in SA universiteite wou hê.
>

Dit was dan seker die rede vir die Afrikaans wat hulle as verplig by Adams
College vir die studente gemaak het: om Universiteitsvrystelling te kry. Ek
onthou dat dit nie verpligtend by St. Anne's was nie.

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27575 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> En wanneer is jou Afrikaanspos by hierdie skool geskep?
>
> Daar was altyd 'n Afrikaanse onderwyser nodig by Adams College.

Hoe lank is "altyd"? Ek is, byvoorbeeld, redelik seker dat daar nie in 1890
'n Afrikaanspos by Adams College bestaan het nie. Ek stel belang om te weet
wanneer daardie pos geskep is.

> Hulle het, moet
> jy onthou, die Cambridge Matriek-eksamen moes
> deurkom.
> Moes Engels op A vlak deurkom (sowel as hulle eie
> moedertaal) en Afrikaans as tweede taal.

Hmmm..... Cambridge het nog nooit Afrikaans vereis nie. Cambridge vereis nie
eens 'n tweede taal nie, so ver ek weet. In elk geval nie sedert Grieks en
Latyn as toelatingsvereistes tot Cambridge universiteit laat vaar is nie.
Dis moontlik dat hulle Afrikaans moes doen as hulle universiteitsvrystelling
in SA universiteite wou hê.

Ek sou ook verbaas wees om te verneem dat Cambridge _of_ die GMR nog _ooit_
vereis het dat studente hul moedertaal aanbied vir die eksamen of vir
vrystelling. Ek vermoed hierdie beleid kom van elders.

Wat was Adams College se standpunt en praktyk (tydens en voor die dienstyd
van Mnr Mtshali) oor onderwys deur medium van die moedertaal vir swart
leerlinge? Wat was dit daarna?
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27576 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Ek kan my dit nie voorstel dat baie van St Anne's se alumni universiteit toe
> wou gaan nie. Onder die ryk Ingelse was (is?) dit vreeslik infra dig om te
> gaan leer. Dis net vir die middelklas.

Ja, dit was baie frustrerend om te sien hoe baie meisies by St. Anne's
niebeplan het om universiteit toe te gaan nie, veral as mens kom uit 'n
Afrikaner-tradisie wat groot aksent plaas op akademiese opleiding. Hulle
planne was meestal om na skool na 'n finishing school in Europa te gaan.
En gewoonlik, so hier teen standerd agt in daardie dae, is hulle vir 'n
kwartaal uit die skool gehaal om in Europa te gaan toer. Maar daar was
natuurlik ook baie uitsonderings.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Re: Die Nuwe Suid-Afrikaanse Taalbeleid
Volgende onderwerp: Swart en wit pedagogiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:34:21 MGT 2024