Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 100 jaar se pyn
100 jaar se pyn [boodskap #27421] Ma, 18 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek kry toe weer vanoggend geleentheid om by die nuusgroep in te loer. Weer
eens was dit sommer net lekker om die intellektuele gekibble/ dispute/
vooroordele/ egoisme te beleef en te geniet.

Die man wat die "Kennedy laptop" geplaas het, het my verbaas laat gil van
die lag, en toe gawe Lou uitkom met sy Papino Ursinus wat die berg
uitvoeter, die politieke korrektheid binne, was my dag rerig gemaak.

Tussen die pedagogiese, pedantiese, en wysgerige, dogmatiese storms op die
ng deur, dink ek die hele tyd daaraan dat daar miskien iemand op hierdie
nuusgroep tog soos ek voel vanoggend.

So 'n bietjie bedonnerd, en baie ontstem deur die Anglo-Boere oorlog
vieringe. Op kerkplein langs oom Paul is daar geen kranse gelê vir ons
familie lede wat dood is nie. Ek luister elke dag RSG, kyk trou na die
TV-uitsendings oor die herdenkings, en elke keer kreun ek vol pyn: waar is
die blomme dan?! Wie gaan die kransies lê?

Vader van Genade, het ons dan so vinnig gespeen van Afrikanerskap, uit
noodweer, dat ons nie met trane in die oë by hierdie herdenking betrap wil
word nie?! Soos een van die deelnemers tereg opmerk, dat niemand met
Apartheid vereenselwig was nie, en dat die meer liberale partye eintlik
moes geregeer het as na die "historiese politieke konnotasies" van
Suid-Afrikaners gekyk word in die verlede - die skynheiligheid so duidelik
op hierdie nuusgroep ook.

Nou sê ek vir julle vandag: ek gee nie om hoe baie grade ek agter my naam
skryf nie, ek gee nie om hoe intellektueel ek mag beskou word; of hoe
liberaal; of hoe "wat" nie.

Ek eien myself die reg toe om te huil oor die tragedie wat deur Briste
gierigheid veroorsaak was. Ek huldig die Boere wat 'n Koloniale moontheid
se rug gebreek en hulle sommer nou prontuit goed op hulle moer gespeel het
met die Boere se vindingryke oorlosgtaktieke en hulle godsdienstige
oortuiginge. Ek huldig die Afrikaner wat weer opgestaan en weer voor begin
het. Ek huldig die Afrikaners wat nog steeds 'n bydrae tot hierdie
wonderlike land se toekoms gemaak en nog staads maak.

Ironies genoeg, en dit is waar die bedonnerdgeit vandaan kom, mag Turkye
huil oor die duisende mense wat omkom in die aardbewings - ons TV is in
vloed gewees daaroor.

Die harsteer en pyn van Bosnié word op elke nuusprogram gedra.

Ja, die Jode mag 40 jaar na die Holocaust nog miljoene tv-programme en
films oor die leiding en verwoesting maak. Hulle mag ook oorlogsmisdadigers
van ander lande laat uitlewer en in Europa en Israel tot verantwoording
laat roep in howe.

Maar wee die Afrikaner wat huil oor die hel en barbaarsheid van die
filantrope se konsentrasiekampe vir onskuldige vroue en kinders.
Ons mag die herdenking vanuit Brittanje, via die BBC beleef, maar ons mag
niks sê nie. Ons mag nie die vele Boere-oorwinnings herdenk nie.

Nee, intellektueel oortuig ons onself, omdat politieke korrektheid dit
vereis, dat ons nie mag huil nie. Afrikaners mag nie dieselfde doen as die
Turke, die Bosniërs , die Kroate, die Jode nie.

Ons mag nie met afgryse en woede kyk na die skokkende beeldmateriaal van
uitgeteerde kinderlyke wat op oop ossewaens in kampe vervoer word nie. Ons
mag nie huil oor die geraamtes wat met spook-oë probeer vasklou aan die
lewe in die konsentrasiekampe nie. Die Here, en die Afrikaners wat nog
openlik voel, kan die verwese, verlate, verlore uitdrukkings op die
gesiggies sien. Die afgebande plaashuise, die duisende beeste, skape en
ander vee wat doelloos net doodgemaak en verrot op die uitgestrekte
landskap laat lê is. Ons mag die "Verskroeide Aarde"beleid van Kitchener
nie betreur en verag nie. Ons mag dit nie "oorlogsmisdade" noem nie; nog
minder 'n gewetenlose oorlog teen vroue en kinders deur lafaards nie.

Nee, dit was nie 'n "misdaad teen die mensdom" nie. Nee, julle sien,
intellektueel kan selfs die "ingeligte"Afrikaner nou selfs daarmee
saamstem. Dit was nie die barbaarse, donkernag- kant van Kolonialisme nie.
Dit was nie die eindresultaat van koloniale gierigheid nie. Nee! nee! nee!
- die Afrikaner het mos daarvoor gesoek!

Die Britte se omkoop-beloftes aan die Swartmense ( dat hulle met grond
vergoed sal word as hulle teen die Boere veg, en waarvan niks gekom het
nie); die instelling van wetgewing in 1910 wat eers later in 1948 as
Apartheidswetgewing bekend sou staan, die vernedering van Afrikaners in die
openbaar en op alle vlakke van die sosiale orde NA die oorlog (gruwelike
onmenslike vernedering), was nie nog 'n aanloop tot die verbittering van
die Afrikaner waarmee die Britte se eie wetgewing in 1948 verfyn is om
terug te slaan nie. O nee, die Afrikaner is mos die vark in die verhaal -
die wereld verwag van ons om so te dink.....

Dit is ook nie die aanloop tot die huidige neo-kolonialisme waarmee
Suid-Afrika uit London bestuur word nie. Almal wat op hierdie nuusgroep
deelneem, wat daagliks die media beleef, weet goed waarvan ek praat.
Lees die ekonomiese nuus as julle nog wonder.

Dis die Anglo-Boere oorlog en Brittanje se dade wat Apartheid 'n
werklikheid gemaak het. Apartheid is uit bitterheid gebore.

Brittanje kan nie die gesteelde goed uit die Anglo-Boere oorlog teruggee
nie. Daar sal doodeenvoudig nie meer 'n Brittanje oor wees nie. Hulle
rykdom is met gruwels van Kolonialisme verdien.

Is die vernedering verby? Is die taalvervolging verby? Wie maak seker
dat die Afrikaner nie tv-tyd kry om hulle EIE herdenking van hierdie
bloedbad te herdenk nie?

'n 100 se pyn?! Here, vergewe ons as vergifnis nie wil kom nie. 'n 100 is
veels te kort. As die Jode die Duitsers die Holocaust vergewe, Here, kan
ons maar weer gesels................

En ja, ek gee nie om wie nou briekmerke waar in hulle klere maak oor my
volgende stelling nie: Gly daar in, versmoor daarin, maak net wat julle
wil.

Ek is 'n - Wit - Afrikaner - Christen - Vrou; lief vir my land; lief
vir etniese verbintenis; lief vir my taal; en tot die dood toe getrou aan
Suid-Afrika.

Ek kan swart tale praat, ek het meer swart en Engelse vriende as wittes, en
leef 'n bogemiddelde goeie lewe. Ek het voordeel getrek uit Apartheid; ek
het gestem vir 'n party waarvan die geskiedenis nou eers herskryf word. Ek
het geleef as Afrikaner, en sal sterf as een.

Maar 'n skynheilige, skaam, tweegesig Afrikaner is ek nie. Vir politieke
korrektheid, of aanvaarding in intellektuele liberale kringe, of vir niks
en niemand sal ek bereid wees om my kop in skaamte te laat sak omdat ek 'n
Afrikaner of 'n Christen is nie. En lieg sal ek ook nie. En my kinders weet
hulle sal met Afrikaners trou en Afrikaans as huistaal gebruik - daar sal
geen kompromiee hieroor wees nie.

En ja, Nkosi Sikele Afrika sing ek reeds van die 70-er jare af, en eer dit
met oorgawe as my nuwe Volkslied want dit sê alles wat ek wil sê oor
hierdie wonderlike kontinent en sy mense: "God seën Afrika."

Lekker dag vir almal.
________________________________________________________
Re: 100 jaar se pyn [boodskap #27452 is 'n antwoord op boodskap #27421] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek reken ons moet Victoria se standbeelde laat verwyder om die pyn te
verminder. Gaan laai hulle almal af voor anglo American se kantoor.

>>
> Maar wee die Afrikaner wat huil oor die hel en barbaarsheid van die
> filantrope se konsentrasiekampe vir onskuldige vroue en kinders.
> Ons mag die herdenking vanuit Brittanje, via die BBC beleef, maar ons mag
> niks sê nie. Ons mag nie die vele Boere-oorwinnings herdenk nie.
>
> Nee, intellektueel oortuig ons onself, omdat politieke korrektheid dit
> vereis, dat ons nie mag huil nie. Afrikaners mag nie dieselfde doen as die
> Turke, die Bosniërs , die Kroate, die Jode nie.
>
> Ons mag nie met afgryse en woede kyk na die skokkende beeldmateriaal van
> uitgeteerde kinderlyke wat op oop ossewaens in kampe vervoer word nie. Ons
> mag nie huil oor die geraamtes wat met spook-oë probeer vasklou aan die
> lewe in die konsentrasiekampe nie. Die Here, en die Afrikaners wat nog
> openlik voel, kan die verwese, verlate, verlore uitdrukkings op die
> gesiggies sien. Die afgebande plaashuise, die duisende beeste, skape en
> ander vee wat doelloos net doodgemaak en verrot op die uitgestrekte
> landskap laat lê is. Ons mag die "Verskroeide Aarde"beleid van Kitchener
> nie betreur en verag nie. Ons mag dit nie "oorlogsmisdade" noem nie; nog
> minder 'n gewetenlose oorlog teen vroue en kinders deur lafaards nie.
>
> Nee, dit was nie 'n "misdaad teen die mensdom" nie. Nee, julle sien,
> intellektueel kan selfs die "ingeligte"Afrikaner nou selfs daarmee
> saamstem. Dit was nie die barbaarse, donkernag- kant van Kolonialisme nie.
> Dit was nie die eindresultaat van koloniale gierigheid nie. Nee! nee! nee!
> - die Afrikaner het mos daarvoor gesoek!
>
> Die Britte se omkoop-beloftes aan die Swartmense ( dat hulle met grond
> vergoed sal word as hulle teen die Boere veg, en waarvan niks gekom het
> nie); die instelling van wetgewing in 1910 wat eers later in 1948 as
> Apartheidswetgewing bekend sou staan, die vernedering van Afrikaners in die
> openbaar en op alle vlakke van die sosiale orde NA die oorlog (gruwelike
> onmenslike vernedering), was nie nog 'n aanloop tot die verbittering van
> die Afrikaner waarmee die Britte se eie wetgewing in 1948 verfyn is om
> terug te slaan nie. O nee, die Afrikaner is mos die vark in die verhaal -
> die wereld verwag van ons om so te dink.....
>
> Dit is ook nie die aanloop tot die huidige neo-kolonialisme waarmee
> Suid-Afrika uit London bestuur word nie. Almal wat op hierdie nuusgroep
> deelneem, wat daagliks die media beleef, weet goed waarvan ek praat.
> Lees die ekonomiese nuus as julle nog wonder.
>
> Dis die Anglo-Boere oorlog en Brittanje se dade wat Apartheid 'n
> werklikheid gemaak het. Apartheid is uit bitterheid gebore.
>
> Brittanje kan nie die gesteelde goed uit die Anglo-Boere oorlog teruggee
> nie. Daar sal doodeenvoudig nie meer 'n Brittanje oor wees nie. Hulle
> rykdom is met gruwels van Kolonialisme verdien.
>
> Is die vernedering verby? Is die taalvervolging verby? Wie maak seker
> dat die Afrikaner nie tv-tyd kry om hulle EIE herdenking van hierdie
> bloedbad te herdenk nie?
>
> 'n 100 se pyn?! Here, vergewe ons as vergifnis nie wil kom nie. 'n 100 is
> veels te kort. As die Jode die Duitsers die Holocaust vergewe, Here, kan
> ons maar weer gesels................
>
> En ja, ek gee nie om wie nou briekmerke waar in hulle klere maak oor my
> volgende stelling nie: Gly daar in, versmoor daarin, maak net wat julle
> wil.
>
> Ek is 'n - Wit - Afrikaner - Christen - Vrou; lief vir my land; lief
> vir etniese verbintenis; lief vir my taal; en tot die dood toe getrou aan
> Suid-Afrika.
>
> Ek kan swart tale praat, ek het meer swart en Engelse vriende as wittes, en
> leef 'n bogemiddelde goeie lewe. Ek het voordeel getrek uit Apartheid; ek
> het gestem vir 'n party waarvan die geskiedenis nou eers herskryf word. Ek
> het geleef as Afrikaner, en sal sterf as een.
>
> Maar 'n skynheilige, skaam, tweegesig Afrikaner is ek nie. Vir politieke
> korrektheid, of aanvaarding in intellektuele liberale kringe, of vir niks
> en niemand sal ek bereid wees om my kop in skaamte te laat sak omdat ek 'n
> Afrikaner of 'n Christen is nie. En lieg sal ek ook nie. En my kinders weet
> hulle sal met Afrikaners trou en Afrikaans as huistaal gebruik - daar sal
> geen kompromiee hieroor wees nie.
>
> En ja, Nkosi Sikele Afrika sing ek reeds van die 70-er jare af, en eer dit
> met oorgawe as my nuwe Volkslied want dit sê alles wat ek wil sê oor
> hierdie wonderlike kontinent en sy mense: "God seën Afrika."
>
> Lekker dag vir almal.
> ________________________________________________________
>
Re: 100 jaar se pyn [boodskap #27453 is 'n antwoord op boodskap #27421] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Baie mooi......

Francois

Griet wrote in message ...
> Ek kry toe weer vanoggend geleentheid om by die nuusgroep in te loer. Weer
> eens was dit sommer net lekker om die intellektuele gekibble/ dispute/
> vooroordele/ egoisme te beleef en te geniet.
>
> Die man wat die "Kennedy laptop" geplaas het, het my verbaas laat gil van
> die lag, en toe gawe Lou uitkom met sy Papino Ursinus wat die berg
> uitvoeter, die politieke korrektheid binne, was my dag rerig gemaak.
>
> Tussen die pedagogiese, pedantiese, en wysgerige, dogmatiese storms op die
> ng deur, dink ek die hele tyd daaraan dat daar miskien iemand op hierdie
> nuusgroep tog soos ek voel vanoggend.
>
Vorige onderwerp: 'n WAT ? foefiebrakkie ?
Volgende onderwerp: Re: nieuw boek van Lettie Viljoen?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 12:47:12 MGT 2024