Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Proliferasie
Re: Proliferasie [boodskap #27351] Do, 14 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message ...

Leendert van Oostrum wrote:

Interessante stukkie syfers opgetel aangaande die "proliferasie van dinge"
soos Gloudina dit stel. Sien aangehegte html-blad.

Mense met koppe vir syfers kan my afleidings gerus kritiseer.

Groete, Leendert

My liewe Leendert, niemand twyfel dat daar 'n geweldige aanwas in die
getalle van studente wat in die sestigs en daarna in die skoolsisteem ingebring
is nie. Dit was deels normale ontwikkelling, deels die doel van die apartheids-
filosofie om aparte ONTWIKKELING te bring.
Aitsa! Daar was dus "ontwikkeling" ter sprake! Né, hé!
Aanvanklik was die
begin van Bantoe Onderwys selfs verwelkom deur sekere instansies. Dit
het byvoorbeeld moontlik geword om eenvormige salarisskale daar te
stel en te dink aan pensioen-skemas vir die onderwysers in staatsskole.
Die eerste hoof van Bantoe-Onderwys was Frank de Villiers, 'n gerespekteerde
opvoedkundige wat hoofinspekteur vir swart onderwys was in Kaapland (en
die pa van een van my universiteitsvriendinne met wie ek nou nog kontak hou.)
Dis eers na 'n ruk dat die rot begin inkom het. Dat die mense wat werklik daar
was vir die liefde van die werk begin sien het hoe die klomp carpetbaggers
(gewoonlik van Transvaal) ingekom het en dinge oorgeneem het. Ek dink in
die sewentiger en tagtigerjare het 'n nuwe soort mens die apartheidsregime begin
oorneem. Geharde gewetenlose mense, wat vir geen duiwel gestuit het nie. Dis
die dat daar na 'n ruk 'n reaksie teen die regime gekom het van mense binne die
Nasionale Party. The rest is history.
Ah! Ek dag dis die _eerste_ geslag wat vir ons almal vertel hoe boos Verwoerd se beleid was. Nou sê jy dit was hunkey Dorey, dis eintlik BJ en PW se se era wat so boos was!

Make up your mind, woman!
Re: Proliferasie [boodskap #27352 is 'n antwoord op boodskap #27351] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Interessante stukkie syfers opgetel aangaande die "proliferasie van dinge"
> soos Gloudina dit stel. Sien aangehegte html-blad.
>
> Mense met koppe vir syfers kan my afleidings gerus kritiseer.
>
> Groete, Leendert
>
>
My liewe Leendert, niemand twyfel dat daar 'n geweldige aanwas in die
getalle van studente wat in die sestigs en daarna in die skoolsisteem
ingebring
is nie. Dit was deels normale ontwikkelling, deels die doel van die
apartheids-
filosofie om aparte ONTWIKKELING te bring. Aanvanklik was die
begin van Bantoe Onderwys selfs verwelkom deur sekere instansies. Dit
het byvoorbeeld moontlik geword om eenvormige salarisskale daar te
stel en te dink aan pensioen-skemas vir die onderwysers in staatsskole.
Die eerste hoof van Bantoe-Onderwys was Frank de Villiers, 'n
gerespekteerde
opvoedkundige wat hoofinspekteur vir swart onderwys was in Kaapland (en
die pa van een van my universiteitsvriendinne met wie ek nou nog kontak
hou.)
Dis eers na 'n ruk dat die rot begin inkom het. Dat die mense wat
werklik daar
was vir die liefde van die werk begin sien het hoe die klomp
carpetbaggers
(gewoonlik van Transvaal) ingekom het en dinge oorgeneem het. Ek dink in

die sewentiger en tagtigerjare het 'n nuwe soort mens die
apartheidsregime begin
oorneem. Geharde gewetenlose mense, wat vir geen duiwel gestuit het nie.
Dis
die dat daar na 'n ruk 'n reaksie teen die regime gekom het van mense
binne die
Nasionale Party. The rest is history.

Gloudina
Re: Proliferasie [boodskap #27418 is 'n antwoord op boodskap #27351] Ma, 18 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

Leendert van Oostrum wrote:

Interessante stukkie syfers opgetel aangaande die "proliferasie van dinge"
soos Gloudina dit stel. Sien aangehegte html-blad.

Mense met koppe vir syfers kan my afleidings gerus kritiseer.

Groete, Leendert

Gloudina reageer:
********************************

My liewe Leendert, niemand twyfel dat daar 'n geweldige aanwas in die
getalle van studente wat in die sestigs en daarna in die skoolsisteem
ingebring
is nie. Dit was deels normale ontwikkelling, deels die doel van die
apartheids-
filosofie om aparte ONTWIKKELING te bring.
[......]
Dis eers na 'n ruk dat die rot begin inkom het. Dat die mense wat
werklik daar
was vir die liefde van die werk begin sien het hoe die klomp
carpetbaggers
(gewoonlik van Transvaal) ingekom het en dinge oorgeneem het. Ek dink in
die sewentiger en tagtigerjare het 'n nuwe soort mens die
apartheidsregime begin
oorneem. Geharde gewetenlose mense, wat vir geen duiwel gestuit het nie.
Dis
die dat daar na 'n ruk 'n reaksie teen die regime gekom het van mense
binne die
Nasionale Party.

Weer Leendert:
***************************************
Ek sien. So Verwoerd se apartheid (tot in die sestigerjare) was
"ONTWIKKELING"?

En dit het "'n geweldige aanwas van studente" in die skoolsisteem ingebring?
En 'n groot toeloop van onderwysers om hulle te kom leer - onderwysers wat
ook aanstellings in wit onderwys kon bekom!

En jy sê daar _was_ "reaksie teen die regime".............."van mense binne
die Nasionale Party"? (Dis nou sedert die sestigs!)

Merkwaardig! Ek sal jou beslis aanhaal hieroor, hoor!

(Moenie dat jou man hoor wat jy alles van swart onderwys sê nie, hoor, hy
verander dalk weer van huistaal - dalk praat vir die res van sy dae net
Japannees!)

> The rest is history.
> Gloudina

Dis nou "history" soos in amper twintig persent daling in ongeletterdheid,
en 'n vermeerdering van die aantal gematrikuleerdes in die volwasse swart
gemeenskap van 1/60 tot 1/12.

Oor 'n tydperk van elf jaar?

Nou waar sou mense soos Bees en David dan die idee kry van "derderangse
onderwys" vir swartmense? Dink hulle weet dalk iets wat ek en jy nie weet
nie?

Maar jy skryf ook:

***************************

Dis eers na 'n ruk dat die rot begin inkom het. Dat die mense wat
werklik daar
was vir die liefde van die werk begin sien het hoe die klomp
carpetbaggers
(gewoonlik van Transvaal) ingekom het en dinge oorgeneem het. Ek dink in
die sewentiger en tagtigerjare het 'n nuwe soort mens die
apartheidsregime begin
oorneem.

*******************************

Ek sien: dis nou hierdie "rotte" se werk wat tussen 1983 en 1990 die
matriekslaagsyfers in swart onderwys voortdurend laat styg het(omtrent
viervoudig)? Nadat slaagsyfers van 1980 en 1982 met die helfte verminder het
weens die ANC se oorname van die skole in '76?

Sulke smeerlappe!

Miskien sal Zambië 'n paar sulke smeerlappe wil hê. Ek sien verlede week dat
Zambië volgende jaar 700 000 kinders sal hê wat nooit enige onderwys sal
ontvang nie - daar's nie onderwysers nie.

Maar ek dink nie die smeerlappe wat slaagsyfers so laat styg sal wil gaan
nie. 'n Onderwyser se salarais in Zambië is so $260 per jaar. In SA verdien
'n mynwerker dieselfde in omtrent twee maande.

As ek 'n Zambiese onderwyser was, sou ek miskien ook in SA se myne wou werk!

(Ek lees iewers dat die jaarlikse salaris van 'n Nigeriese professor net-net
die prys van 'n yskas sal betaal. Wonder of dit waar is? Maar as dit waar
is, kan ek verstaan hoekom al die profs by Wits en Ikeys enige plek behalwe
na Afrika gaan - VSA Britanje, selfs Nederland baat glo by hulle verlies.
Tukkies het verlede jaar die voorste navorsingsuniversiteit in die land
geword - want die tradisionele voorlopers, Wits en Ikeys, het hul
navorsers - dis nou voortreflike intellektuele reuse soos ons poslys se eie
historikus, David - aan emigrasie verloor. Dit lyk of die liberals minder
laaik van die Nuwe SA as wat hulle gelaaik het van die bose
"apartheidsregime"! Mens wonder hoekom?)
Vorige onderwerp: Re: Proliferasie en aanverwante begrippe
Volgende onderwerp: Nieuw in deze nieuwsgroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:51:05 MGT 2024