Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wit en swart onderwysers
Wit en swart onderwysers [boodskap #27285] Di, 12 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

****************************
Ek wonder watter pot heuning ek kon gemaak het in die apartheidsjaredeur in
swart skole skool te hou. Dit was wel waar dat wit onderwysers
in dieselfde skole meer geld gekry het as hulle swart kollegas wat dieselfde
of somtyds beter werk as hulle gedoen het. In die laaste skool waar ek was,
was daar baie wittes met minimale onderwys-opleiding (vrouens van wit
onderwysers, ou ooms wat werk gesoek het nadat hulle afgepensioneer is) en
hulle het meer gekry as swart onderwysers met een of meer grade en 'n
onderwysdiploma.

*****************************

Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
gekwalisfiseerde wit onderwysers. Ek onthou dat ek (in wit skole) onderwys
gekry het van verskeie mense wat geen onderwyserkwalifikasies gehad het nie.
(My ma, 'n mediese dokter, het byvoorbeeld op 'n tyd onderwys gegee in 'n
Engelse laerskool.) Enkele van my onderwysers het, om die waarheid te sê,
geen voltooide naskoolse kwalifikasies gehad nie. Ek neem aan die
gekwalifiseerdes het almal afgesit na swart onderwys toe.

Benewens die baie wittes "met minimale onderwyseropleiding" waarvan Gloudina
praat, en wat in swart onderwys aangewend is, was daar nog boonop nie genoeg
swartmense met die nodige kwalifikasies nie. Volgens die 1954-toespraak van
Verwoerd, wat Simon aangehaal het, kon die "voor-apartheid" onderwys vir
swartmense nie te wonderlik gewees het nie. Slegs 40% van swart kinders het
onderwys ontvang. Amper die helfte van die swart kinders in skole was in Sub
A of Sub B. 10% het Standerd 2 bereik, 3.5% het Standerd 6 bereik, 0.5%
Standerd 8 en "'n baie klein getal" Standerd 10.

Die bestaande onderwys vir swartmense het klaarblyklik nie genoeg mense
gelewer wat onderwysers kon word nie, en duisende swartmense is toe na
standerd ses of agt 'n tweejaaronderwyseropleiding gegee (amper soos wat in
die na-oorlogse jare ook in Nederland en elders op die vasteland met
onderwyseropleiding gedoen is), en is daarna in swart skole aangewend (met
groot sukses, volgens wat ek verneem). Baie van hulle is nog in die stelsel,
maar oor die jare is die kwalifikasievereistes vir swart onderwysers met
verdrag verhoog tot M+4 soos vir wittes.

As ek nou hierna kyk, lyk dit vir my asof daar in die vyftigs/sestigs 'n
geweldige behoefte ontstaan het aan onderwysers vir swart gemeenskappe. Ek
meen - al daardie ondergekwalifiseerde mense, en mense wat met vet salarisse
van wit na swart onderwys gelok is. Nou wonder mens hoekom dit sou wees. Kan
dit wees dat daar skielik _meer_ onderwys aan swart kinders verskaf is?

In die eerste vyf jaar na 1994, het die teenoorgestelde gebeur:
honderdduisende onderwysers is in die pad gesteek - die meerderheid van
hulle swartmense en, uit die aard van die saak, uit swart skole, dus.
Tientalle onderwyskolleges is gesluit - amper almal van hulle voormalige
"swart" kolleges.

Nou hoekom sou dit dan wees dat daar skielik - na die einde van
"apartheid" - nie meer 'n behoefte aan onderwysers - ook swart onderwysers
is nie?

Curiouser and curiouser............... Sou daar skielik minder kinders wees?
Of was daar te veel onderwys tydens "apartheid"?
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27317 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum heeft geschreven in bericht
...
>
>
> Robbert Zijlstra wrote in message
> ...
>
>>>
>> Zuid-Afrika werd in de economische literatuur voor de jaren negentig wel
>> aangeduid
>> als "the most undermanaged economy" (in de wereld). Dit duidt op snelle
>> economische
>> ontwikkeling en een onderwijsstelsel dat die economische ontwikkeling niet
>> kan bijhouden.
>
>
> Nee. Die tydperk waarna ek verwys is van circa 1954 tot circa 1994.
>
Hoezo nee? Ik had het over de periode tussen 1945 en 1989. Daar is genoeg
overlap. Ik had wat preciezer kunnen zijn in mijn aanduiding. Waarom nee?
>>
>
>> In Thailand en Indonesië zag je begin jaren negentig hetzelfde. Iedereen
> die
>> Engels sprak
>> kon daar aan kolleges en zelfs aan universiteiten leraar worden.
> Voornaamste
>> kwalificatie:
>> een blanke huid. Nu, na de crisis, zijn de eisen aan leraren hoger
> geworden.
>> Dit verklaart
>> misschien ook de uittocht uit het "zwarte onderwijs" na het aantreden van
> de
>> Nieuwe Orde
>> in Zuid-Afrika. De (economische) vooruitzichten waren minder geworden.
>
>
> Nee. Daar was geen "uittog" van onderwysers nie, en veral nie weens
> ekonomiese oorwegings nie. In SA word die negentigerjare gekenmerk deur
> grootskaalse werkloosheid.

Zuid Afrika werd altijd al gekenmerkt door een forse werkeloosheid.
Het is alleen erger geworden.

Die onderwysers is in groot getalle deur die
> owerheid afgedank, met skeidingspakette. (As ek reg onthou, is die
> skeidingspakette tot goot hoogte befonds deur skenkings van die Europese
> Unie, wat die doel gehad het om onderwys in SA te bevorder!)
>
Waarom heeft de overheid (na 1994 als ik je goed begrijp) grote aantallen
onderwijzers afgedankt. Ik kan er geen chocolade van maken, van welke
kant ik het ook bekijk. Worden die schenkingen trouwens niet geëvalueerd
door de EU? Daar gaan onze belastingcenten, verdorie!

> Ons nuwe minister van onderwys het al herhaaldelik verwys na die "krisis"
> waarin die onderwysstelsel hom bevind.
>
Wat is zijn analyse?
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27318 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Daar moes darem 'n ongelooflike groei in onderwysvoorsiening gewees het as
> skoolhoofposte vir sulke mense beskikbaar was?
>

Ja-nee ou Leendert, daar was 'n proliferasie van allerhande dinge
in die apartheids-dae. Universiteite vir swartes, tuislande vir swartes.
Maar baie van hierdie wit onderwysers het skoolhoofde geword by
skole wat voorheen swart hoofde gehad het. Dit het ook onwettig
geword vir wit onderwysers om swart skoolhoofde te he. Dus enige
skool met wit onderwysers moes 'n wit skoolhoof kry. Soos ons s'n
by Adams College (waar my prinsipaal Mr. Mtshali was) wat toe
verdoop is na Amanzimtoti High School en 'n absolute liggewig
man gekry het as prinsipaal. (Natuurlik uit Transvaal.)

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27319 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jimmie  is tans af-lyn  Jimmie
Boodskappe: 21
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek is seker Freud sou gesê het jou hormone pla jou. jy's gedurig besig met
sekserigge gediggies en om mans te vang en netsoos iemand vir jou wys jy is 'n
vroumens, dan is dit duidelik 'n seerpunt wat aangeraak word. En jy het 'n obsessie
met ou wit omies en hou nie van vaal ou Transvalertjies nie.

Jy sê jy is in Kanada omdat suidafrika nie meer gemaklik vir jou sal wees om in te
bly nie - Kanada is lekker wit né. Jy is die meeste rassisties van almal hier op die
ng. Jy weet jy kan op 'n afstand sit en alles se wat polities korrek klink en dit
sal so mooi soetsappig wees, maar dis net 'n hol geblaf na wind, jy kan dit nie met
aksies staaf nie. Ons almal weet jy gaan nie terug sa toe nie, want hy het te veel
probleme, selfs nou na die 1994, en nou sit jy die land en ophemel net om jou eie
rassisme teenoor die swartes weg te steek.

Wit en swart wat deel was van die struggle het dadelik teruggekom sa toe toe dinge
omgeswaai het, maar jy het daar bly sit en vinnig verskonings begin uitdink om nie
hoef terug te gaan nie. Jy was nie deel van die struggle nie. Julle was bang om
seer te kry in 'n moontlike bloedbad na die 1976 riots, né! Dis hoekom julle land
uit is.

@sympatico.ca wrote:

>
> Aha, Lou, nou het ek jou gevang.
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27320 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra wrote in message
...

>>
> Zuid-Afrika werd in de economische literatuur voor de jaren negentig wel
> aangeduid
> als "the most undermanaged economy" (in de wereld). Dit duidt op snelle
> economische
> ontwikkeling en een onderwijsstelsel dat die economische ontwikkeling niet
> kan bijhouden.

Nee. Die tydperk waarna ek verwys is van circa 1954 tot circa 1994.

>

> In Thailand en Indonesië zag je begin jaren negentig hetzelfde. Iedereen die
> Engels sprak
> kon daar aan kolleges en zelfs aan universiteiten leraar worden. Voornaamste
> kwalificatie:
> een blanke huid. Nu, na de crisis, zijn de eisen aan leraren hoger geworden.
> Dit verklaart
> misschien ook de uittocht uit het "zwarte onderwijs" na het aantreden van de
> Nieuwe Orde
> in Zuid-Afrika. De (economische) vooruitzichten waren minder geworden.

Nee. Daar was geen "uittog" van onderwysers nie, en veral nie weens
ekonomiese oorwegings nie. In SA word die negentigerjare gekenmerk deur
grootskaalse werkloosheid. Die onderwysers is in groot getalle deur die
owerheid afgedank, met skeidingspakette. (As ek reg onthou, is die
skeidingspakette tot goot hoogte befonds deur skenkings van die Europese
Unie, wat die doel gehad het om onderwys in SA te bevorder!)

Ons nuwe minister van onderwys het al herhaaldelik verwys na die "krisis"
waarin die onderwysstelsel hom bevind.
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27321 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Byter wrote:

> Weereens stel Gloudina haar persoonlike belewenis van gebeure by Adam's Mission
> (net een skool) as die wet van Meders en Perse.

> En watse hatigheid is dit met die Transvalertjies, he? Hulle is mos nou nie
> beter of slegter as kanaalape nie, of hoe?
>
> Sa, manne! Vat die antie vas!!
>

Aha, Lou, nou het ek jou gevang. Met my forensiese analises.
Een van die beste tekens: jou half-sleg kennis van die Bybel.
Dis nie Meders nie maar "die wet van die Mede en Perse."
Ook jou gebruik van die woord "kanaalaap" en "sa" en
"antie."

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27322 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Byter  is tans af-lyn  Byter
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Weereens stel Gloudina haar persoonlike belewenis van gebeure by Adam's Mission
(net een skool) as die wet van Meders en Perse. Ander mense belewe dieselfde
gebeure anders en dis hulle weergawe van realiteit.

En watse hatigheid is dit met die Transvalertjies, he? Hulle is mos nou nie
beter of slegter as kanaalape nie, of hoe?

Sa, manne! Vat die antie vas!!

In article , @sympatico.ca says...
>
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
>> gekwalisfiseerde wit onderwysers.
>
> Nee, ongelukkig Leendert, was die wit onderwysers (gewoonlik Transvalers)wat
> afgesit het na swart onderwys toe Bantoe-Onderwys begin posvat het,
> meestal tweederangse mense wat ambisie gehad het om skoolhoofde te word.
> (Daar is niks meer naar as onderwysers wat met die leer wil opklim nie. Dis
> gewoonlik mense wat nie daarvan hou om met studente om te gaan nie en dan
> in 'n kantoor wil sit, gewoonlik met meer geld.)
>
>> Gloudina
>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27324 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
>> gekwalisfiseerde wit onderwysers.
>
> Nee, ongelukkig Leendert, was die wit onderwysers (gewoonlik Transvalers)wat
> afgesit het na swart onderwys toe Bantoe-Onderwys begin posvat het,
> meestal tweederangse mense wat ambisie gehad het om skoolhoofde te word.
> (Daar is niks meer naar as onderwysers wat met die leer wil opklim nie. Dis
> gewoonlik mense wat nie daarvan hou om met studente om te gaan nie en dan
> in 'n kantoor wil sit, gewoonlik met meer geld.)
>
>> Gloudina
>

So dit is waarom jy opgehou het om te onderrig. Sit seker in 'n kantoor

Krokkie
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27325 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
>> gekwalisfiseerde wit onderwysers.
>
> Nee, ongelukkig Leendert, was die wit onderwysers (gewoonlik Transvalers)wat
> afgesit het na swart onderwys toe Bantoe-Onderwys begin posvat het,
> meestal tweederangse mense wat ambisie gehad het om skoolhoofde te word.
> (Daar is niks meer naar as onderwysers wat met die leer wil opklim nie. Dis
> gewoonlik mense wat nie daarvan hou om met studente om te gaan nie en dan
> in 'n kantoor wil sit, gewoonlik met meer geld.)

Hmmm....... In jou woorde, dus: "wittes met minimale onderwys-opleiding
(vrouens van wit onderwysers, ou ooms wat werk gesoek het nadat hulle
afgepensioneer is)" en "tweederangse mense" het skoolhoofde geword in swart
onderwys.

Daar moes darem 'n ongelooflike groei in onderwysvoorsiening gewees het as
skoolhoofposte vir sulke mense beskikbaar was?

Of was jy nie bewus van 'n groei in onderwysvoorsiening vir swartmense vir
wie daar tevore geen onderwysgeleentheid was nie, Gloudina? Seker nie......
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27326 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Jimmie wrote:

> Hoes jy so onnosel om vir almal te vertel jys te sleg om by 'n swart skool hoof
> te word,

Vir jou informasie, ek is eenkeer as 'n vise-skoolhoof aangestel sonder om
daarvooraansoek te doen (toe ek vir 'n jaar na Europa was, en daarvandaan aansoek
gedoen
het vir 'n pos.) Ek het die aanbod nie aangeneem nie.

Gloudina

>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27327 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra wrote in message
...
>
> Leendert van Oostrum heeft geschreven in bericht
> ...
>>
>>
>> Robbert Zijlstra wrote in message
>> ...
>>
>>>>
>>> Zuid-Afrika werd in de economische literatuur voor de jaren negentig wel
>>> aangeduid
>>> als "the most undermanaged economy" (in de wereld). Dit duidt op snelle
>>> economische
>>> ontwikkeling en een onderwijsstelsel dat die economische ontwikkeling niet
>>> kan bijhouden.
>>
>>
>> Nee. Die tydperk waarna ek verwys is van circa 1954 tot circa 1994.
>>
> Hoezo nee? Ik had het over de periode tussen 1945 en 1989. Daar is genoeg
> overlap. Ik had wat preciezer kunnen zijn in mijn aanduiding. Waarom nee?

Skuus. Ek sien nou jy sê _"voor"_ die jare negentig. Ek het gelees "van"
die jare negentig.

>>
>>
>> Nee. Daar was geen "uittog" van onderwysers nie, en veral nie weens
>> ekonomiese oorwegings nie. In SA word die negentigerjare gekenmerk deur
>> grootskaalse werkloosheid.
>
> Zuid Afrika werd altijd al gekenmerkt door een forse werkeloosheid.
> Het is alleen erger geworden.

_Veel_ erger.

>
>
> Die onderwysers is in groot getalle deur die
>> owerheid afgedank, met skeidingspakette. (As ek reg onthou, is die
>> skeidingspakette tot goot hoogte befonds deur skenkings van die Europese
>> Unie, wat die doel gehad het om onderwys in SA te bevorder!)
>>
> Waarom heeft de overheid (na 1994 als ik je goed begrijp) grote aantallen
> onderwijzers afgedankt. Ik kan er geen chocolade van maken, van welke
> kant ik het ook bekijk.

Ek het 'n teorie daaroor. Maar ek het bitter min steun vir die geldigheid
van my teorie, behalwe 'n referaat van Harold Wolpe in 1990 (die enigste
referaat op daardie konferensie wat nie opgeneem is in die referaatbundel
nie) saam met interessante politieke bande van sleutelamptenare in onderwys
en enkele uitlatings deur Kader Asmal. Dis te skamper om in die openbaar te
bespreek.

> Worden die schenkingen trouwens niet geëvalueerd
> door de EU? Daar gaan onze belastingcenten, verdorie!

Soos ek onthou, was die skenkers heeltemal bewus van die doel waarvoor die
skenking gebruik sou word en gebruik is.

>
>> Ons nuwe minister van onderwys het al herhaaldelik verwys na die "krisis"
>> waarin die onderwysstelsel hom bevind.
>>
> Wat is zijn analyse?

Dit kom maar drupsgewys deur.

Een ding wat hy sê, is dat swart onderwysers hulle verhewe beskou bo die
ouers van hul leerlinge. Hulle moet besef dat hulle die gesinne van die
gemeenskap dien.

Verwoerd het dieselfde gesê, en dit gebruik as rede om die salarisse van
swart onderwysers te _verlaag_. (Sy argument was: Wit onderwysers se
salarisse is nie erg aantreklik in die wit gemeenskap nie - wit onderwysers
geniet dus nie besondere status in hul eie gemeenskap nie. Swart onderwysers
daarenteen, verdien salarisse wat in die swart gemeenskap besonder
aantreklik is. Swart onderwysers, op grond daarvan, beskou hulself verhewe
en erken nie die regmatige inspraak van ouers in die onderwys nie.)

Ek dink nie Kader Asmal wil so ver gaan as om salarisse te verlaag nie, maar
daar was reeds _baie_ harde woorde tussen hom en die swart onderwysersunie.
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27366 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Jimmie wrote:

> Jy was nie deel van die struggle nie.
>
> @sympatico.ca wrote:
>
>>
>> Aha, Lou, nou het ek jou gevang.

Ek was nooit deel van DIE Struggle nie.Ek is net maar deel van die struggle met Lou.

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27367 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
>>
> Ek was nooit deel van DIE Struggle nie.Ek is net maar deel van die struggle met Lou.
>
> Gloudina
>
- Ek was nooit deel van DIE Struggle nie. Ek is net deel van die struggle
met jou...

Francois
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27368 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> Byter wrote:
>
>> Weereens stel Gloudina haar persoonlike belewenis van gebeure by Adam's Mission
>> (net een skool) as die wet van Meders en Perse.
>
>> En watse hatigheid is dit met die Transvalertjies, he? Hulle is mos nou nie
>> beter of slegter as kanaalape nie, of hoe?
>>
>> Sa, manne! Vat die antie vas!!
>>
>
> Aha, Lou, nou het ek jou gevang. Met my forensiese analises.
> Een van die beste tekens: jou half-sleg kennis van die Bybel.
> Dis nie Meders nie maar "die wet van die Mede en Perse."
> Ook jou gebruik van die woord "kanaalaap" en "sa" en
> "antie."
>
> Gloudina

Nee antie Kanaalaap jy maak jou naam weereens Poepol. Sjym. Kyk na die
volle header van Byter se pos - en dan kyk jy na die volle header van my
mail. En dan skud jy jou kop laat jou ore jou kan wakker klap. Lee vat
maak toe jou kraan dan sien hulle jou dalk vir 'n volle aan. Moet jou
nie uitgee as 'n kenner nie ...

My half sleg kennis van die Bybel? Dit is nou die persoon wat nie die
deel aangaande die Saduseers en die opstanding van die vlees geken het
niegeken het nie? Wat Christene aanraai om die Ou testament te ignoreer?
Lieg al weer ne :)

Terloops ek wag nog op jou antwoord aangaande die opstanding van die
dooies.

Lekker jou naam idioot gemaak of wat se ek alles Ha Ha Ha (Met apologie
aan Gloudina)
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27369 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Ek sien. Was jou swart kollegas met hul grade bereid om in die bundu te gaan
> dien?

Jy vergeet natuurlik, ou Leendert, dat ek en my swart kollegas almal selfin die
bundu gesit het. Jy kan nou maar praat tot jy pers in die gesig is,
en vir Verwoerd aanhaal totdat jou gesig pers met wit kolletjies is,
maar die stroom wit mans wat in Bantoe-Onderwys ingestroom het,
was onnatuurlik en hoogs suspisieus. Een oomblik sit ek met 'n goeie
swart prinsipaal. Die volgende jaar toe is die swart prinsipaal weg,
het ek 'n wit prinsipaal, en ons staan by die oggendgodsdiens wit
aan een kant van die saal en swart aan die anderkant. Die vorige
jaar het ons vrouens aan een kant van die saal gestaan, en mans aan
die ander. (Dit was natuurlik ook 'n soort seksistiese apartheid, maar
mens kon dit nog verstaan.) Hierdie arrangement is ingevoer deur 'n
ou wat glo vir Verwoerd se kinders gebabysit het, wat ouderling was
in die NG Kerk in Amanzimtoti, wat nie baie lank daar gebly het nie
voordat hy 'n pos aan 'n wit universiteit aanvaar het, en wie se vrou
nuwe koppies gaan koop het omdat sy nie vir Chief Luthuli in haar
koppies wou laat drink nie. Ek is so bly hulle lewe nog albei, sodat
hulle die nuwe SA kan "ervaar."

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27371 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

> Dit het ook onwettig
> geword vir wit onderwysers om swart skoolhoofde te he.

Watter wet was dit, Gloudina? En wat was die bepalings daarvan?

> Dus enige
> skool met wit onderwysers moes 'n wit skoolhoof kry. Soos ons s'n
> by Adams College (waar my prinsipaal Mr. Mtshali was) wat toe
> verdoop is na Amanzimtoti High School en 'n absolute liggewig
> man gekry het as prinsipaal. (Natuurlik uit Transvaal.)

Watter taalmedium is by Adams College gebruik om junior primôre leerlinge te
onderrig terwyl Mnr Mtshali die hoof was, Gloudina?

Wat was Mnr Mtshali se standpunt oor moedertaalonderrig vir swart kinders?

En dié van die swaargewigte wat jy graag in sy pos sou wou sien?

En verder:

Wanneer is die pos vir Afrikaansonderwyser aan Adams College geskep, wie was
jou voorganger en opvolger in die pos, en wie beklee dit nou?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27373 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Daar moes darem 'n ongelooflike groei in onderwysvoorsiening gewees het as
>> skoolhoofposte vir sulke mense beskikbaar was?
>>
>
> Ja-nee ou Leendert, daar was 'n proliferasie van allerhande dinge
> in die apartheids-dae. Universiteite vir swartes, tuislande vir swartes.

En sê my, Gloudina? Was hierdie proliferasie van fasiliteite en dienste
dinge wat tevore vir die gemeenskap (swart _of_ wit) beskikbaar was, of was
daar nou mense wat skool- en tersiêre onderwys (en huise, ens.) gekry het
wat tevore bloot nie daar was nie?

En sê my, was daar in die swart gemeenskap voldoende mense met die nodige
kwalifikasies om die proliferasie van poste te beman, en/of genoeg mense met
die agtergrond/belangstelling om die nodige kwalifikasies gou te verwerf, of
was dit nodig om die poste aanvanklik met ander mense te vul?
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27374 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> Jimmie wrote:
>
>> Jy was nie deel van die struggle nie.
>>
>> @sympatico.ca wrote:
>>
>>>
>>> Aha, Lou, nou het ek jou gevang.
>
> Ek was nooit deel van DIE Struggle nie.Ek is net maar deel van die struggle met Lou.
>
> Gloudina

Nee wat Gloudina - as ek moet lieg soos jy net om reaksie te kry dan los
ek ook eerder soos Thys die nuusgroep. Hoekom ons nie leer om alles wat
jy sê met 'n knippie sout te vat nie kan ek nog nie mooi verstaan nie?

Al ooit daaraan gedink om 'n swendelaar te word?
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27375 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
Leendert van Oostrum wrote:

> En sê my, was daar in die swart gemeenskap voldoende mense met die nodige
> kwalifikasies om die proliferasie van poste te beman, en/of genoeg mense met
> die agtergrond/belangstelling om die nodige kwalifikasies gou te verwerf, of
> was dit nodig om die poste aanvanklik met ander mense te vul?

Wel, ou Leendert, dit was snaaks dat al die begaafde swart kollegas
(metgrade)
waarmee ek saamgewerk het, nooit die prinsipaalskappe gekry het
nie, maar elke nou en dan het een van my wit kollegas verdwyn om prinsipaal
te word daar in die bundu. Dan, na 'n rukkie, hoor ons hy is daar weg na 'n
wit skool toe. So die swart skool was maar net 'n stepping stone.

*******************

Ek sien. Was jou swart kollegas met hul grade bereid om in die bundu te gaan
dien? (_Vrek_ algemene probleem met die deftige gegraueerdes. Hulle wil nie
" in die bundu" werk nie. Verwoerd het dit al uitgeken as 'n wesenlike
probleem!)
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27376 is 'n antwoord op boodskap #27285] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> En sê my, was daar in die swart gemeenskap voldoende mense met die nodige
> kwalifikasies om die proliferasie van poste te beman, en/of genoeg mense met
> die agtergrond/belangstelling om die nodige kwalifikasies gou te verwerf, of
> was dit nodig om die poste aanvanklik met ander mense te vul?

Wel, ou Leendert, dit was snaaks dat al die begaafde swart kollegas (metgrade)
waarmee ek saamgewerk het, nooit die prinsipaalskappe gekry het
nie, maar elke nou en dan het een van my wit kollegas verdwyn om prinsipaal
te word daar in die bundu. Dan, na 'n rukkie, hoor ons hy is daar weg na 'n
wit skool toe. So die swart skool was maar net 'n stepping stone.

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27396 is 'n antwoord op boodskap #27285] Vr, 15 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Terloops ek wag nog op jou antwoord aangaande die opstanding van die
> dooies.
>

Nee, ou Lou. Dis jy wat moet verduidelik hoekom jy glo in die opstanding
van die vlees. Dis jy wat daaraan glo. Om net die stuk tussen Jesus en die
Sadduseers te quote is nie genoeg nie. Verduidelik vir my wat gaan gebeur,
met vers en kapittel. Jy behoort te weet. Leendert het aangedui dat jy dit
elke keer bely as jy in die kerk kom. Ek wag.

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27400 is 'n antwoord op boodskap #27285] Vr, 15 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
> Een oomblik sit ek met 'n goeie
> swart prinsipaal. Die volgende jaar toe is die swart prinsipaal weg,
> het ek 'n wit prinsipaal, en ons staan by die oggendgodsdiens wit
> aan een kant van die saal en swart aan die anderkant. Die vorige
> jaar het ons vrouens aan een kant van die saal gestaan, en mans aan
> die ander. (Dit was natuurlik ook 'n soort seksistiese apartheid, maar
> mens kon dit nog verstaan.)

Nou van waar nou gehasie? So mens mag op grond van geslag diskrimineer
maar nie op kleur nie? Nou het ek alles gehoor!
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27422 is 'n antwoord op boodskap #27285] Ma, 18 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Nou moet jy my vergewe as ek uit die bostaande afgelei het dat "die bundu"
> iewers is waar jy nie was nie. (Ek meen..... die gewone betekenis van
> Afrikaanse byname van plek soos "daar" [in die bundu]. En so aan.)
>
> En dan: Amanzimtoti en omstreke is "die bundu"???? Selfs in die
> veertigerjare sou ek reken jy bedoel eerder "urban jungle".
>

Was jy al ooit daar, of praat jy nou net weer deur jou neus. My liewe
Leendert, net 'n paar kilometers na die binneland toe agter Amanzimtoti
was daar 'n "reservaat" wat uiteindelik toe deel van die tuisland Kwazulu
geword het. Jy weet daardie breinkind van Verwoerd en sy ilk. Die
bundu was nooit ver weg van Durban nie. Ek twyfel of Adams Mission
Station nou ook deel is van die "urban sprawl" van Amanzimtoti.

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27423 is 'n antwoord op boodskap #27285] Ma, 18 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Ek sien. Was jou swart kollegas met hul grade bereid om in die bundu te gaan
>> dien?
>
> Jy vergeet natuurlik, ou Leendert, dat ek en my swart kollegas almal selfin die
> bundu gesit het.

Dis nou vreemd....... Want jy het my tevore ingelig dat:

*********************************

Wel, ou Leendert, dit was snaaks dat al die begaafde swart kollegas
(metgrade)
waarmee ek saamgewerk het, nooit die prinsipaalskappe gekry het
nie, maar elke nou en dan het een van my wit kollegas verdwyn om prinsipaal
te word daar in die bundu. Dan, na 'n rukkie, hoor ons hy is daar weg na 'n
wit skool toe. So die swart skool was maar net 'n stepping stone.

********************************

Nou moet jy my vergewe as ek uit die bostaande afgelei het dat "die bundu"
iewers is waar jy nie was nie. (Ek meen..... die gewone betekenis van
Afrikaanse byname van plek soos "daar" [in die bundu]. En so aan.)

En dan: Amanzimtoti en omstreke is "die bundu"???? Selfs in die
veertigerjare sou ek reken jy bedoel eerder "urban jungle".

> Jy kan nou maar praat tot jy pers in die gesig is,
> en vir Verwoerd aanhaal totdat jou gesig pers met wit kolletjies is,
> maar die stroom wit mans wat in Bantoe-Onderwys ingestroom het,
> was onnatuurlik en hoogs suspisieus.

Nee wat. Tot ek pers is interesseer my nie. Ek wag wel met belangstelling om
te sien wanneer jy ophou ronspring soos 'n kat op 'n warm stoof om
kontroleerbare bewyse te lewer vir al die beweringe wat jy maak.

Want wat my ook interesseer is hierdie stelling:

**********************************

Dan, na 'n rukkie, hoor ons hy is daar weg na 'n
wit skool toe. So die swart skool was maar net 'n stepping stone.

**********************************

Jy meen, ervaring in "derderangse" (volgens Bees) swart onderwys was 'n
aanbeveling vir aanstellings in wit skole?

Mens kon jou kanse vir 'n goeie pos in wit skole verbeter deur ervaring op
te doen in swart onderwys "which can hardly be called education" (aldus
David) ?

Jy sê dat die skoolkommitees van wit skole het gedink dat mense wat in swart
skole gewerk het, het kundighede en vaardighede gehad wat hulle graag wou
benut?

Nou moet jy my vergewe, Gloudina, as ek begin wonder: As die swart onderwys
dan so swak was, hoe swak moes _wit_ onderwys nie gewees het as hulle graag
onderwysers uit swart onderwys wou aanstel nie? (Hier sou ek begrip voor
hê. Volgens my ervaring as leerder in wit onderwys was dit power. Dis hoekom
ek nie my kinders na skole stuur nie - "wittes" óf "swartes".)

Of miskien. Net miskien......

........Nee wat. Ek los die ander moontlikhede vir jou om self te ontdek!

> Een oomblik sit ek met 'n goeie
> swart prinsipaal. Die volgende jaar toe is die swart prinsipaal weg,
> het ek 'n wit prinsipaal,

Wat was die swart prinsipaal se standpunt oor moedertaalonderwys vir swart
kinders?

Wanneer het jou Afrikaanspos by daardie skool ontstaan? Wie was jou
voorganger en opvolger in die pos?

en ons staan by die oggendgodsdiens wit
> aan een kant van die saal en swart aan die anderkant. Die vorige
> jaar het ons vrouens aan een kant van die saal gestaan, en mans aan
> die ander. (Dit was natuurlik ook 'n soort seksistiese apartheid, maar
> mens kon dit nog verstaan.) Hierdie arrangement is ingevoer deur 'n
> ou wat glo vir Verwoerd se kinders gebabysit het, wat ouderling was
> in die NG Kerk in Amanzimtoti, wat nie baie lank daar gebly het nie
> voordat hy 'n pos aan 'n wit universiteit aanvaar het,

Jy sê, hierdie ou (wit) ouderling was prinsipaal by 'n swart (="derderangse"
volgens Bees) skool (en nie eers vir lank nie), en dan kry hy sito-sito 'n
pos waar hy _wit_ studente by 'n _universiteit_ moet onderrig?

Maar as die wit onderwysers in swart onderwys so "tweederangs" was as wat jy
voorgee, moes die wit dosente in wit universiteite darem regtig baie, baie,
power gewees het, nie waar nie?

Ek meen -as "tweederangse" onderwysers uit swart onderwys sulke poste kon
losslaan?

> en wie se vrou
> nuwe koppies gaan koop het omdat sy nie vir Chief Luthuli in haar
> koppies wou laat drink nie. Ek is so bly hulle lewe nog albei, sodat
> hulle die nuwe SA kan "ervaar."

Ek ook. As mens kyk na die moontlike/waarskynlike alternatiewe vir die "ou"
SA wat ons wel gehad het, sou hulle heel moontlik nie meer gelewe het nie.

Maar jy, wat Gloudina is, kan dit nie ervaar nie, kan jy?
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27424 is 'n antwoord op boodskap #27285] Ma, 18 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Nou moet jy my vergewe as ek uit die bostaande afgelei het dat "die bundu"
>> iewers is waar jy nie was nie. (Ek meen..... die gewone betekenis van
>> Afrikaanse byname van plek soos "daar" [in die bundu]. En so aan.)
>>
>> En dan: Amanzimtoti en omstreke is "die bundu"???? Selfs in die
>> veertigerjare sou ek reken jy bedoel eerder "urban jungle".
>>
>
> Was jy al ooit daar, of praat jy nou net weer deur jou neus. My liewe
> Leendert, net 'n paar kilometers na die binneland toe agter Amanzimtoti
> was daar 'n "reservaat" wat uiteindelik toe deel van die tuisland Kwazulu
> geword het. Jy weet daardie breinkind van Verwoerd en sy ilk. Die
> bundu was nooit ver weg van Durban nie. Ek twyfel of Adams Mission
> Station nou ook deel is van die "urban sprawl" van Amanzimtoti.

Ek sien.

Die "bundu" waarna jy verwys is eintlik net 'n paar kilometer van die
grootstad?
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27426 is 'n antwoord op boodskap #27285] Ma, 18 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Jy sê, hierdie ou (wit) ouderling was prinsipaal by 'n swart (="derderangse"
> volgens Bees) skool (en nie eers vir lank nie), en dan kry hy sito-sito 'n
> pos waar hy _wit_ studente by 'n _universiteit_ moet onderrig?
>
> Maar as die wit onderwysers in swart onderwys so "tweederangs" was as wat jy
> voorgee, moes die wit dosente in wit universiteite darem regtig baie, baie,
> power gewees het, nie waar nie?

Ag Leendert, jy praat rot. Op daardie stadium, net voor Bantoe-Onderwys
oorgeneem het, was die hoof van Adams College 'n elite pos, wat gevul is
deur baie gerespekteerde geleerdes. Toe kom Mr. Van Heerden daar
aan, aangestel, volgens die grape vine van die Transvaalse Afrikaners self,
dat hy en sy vrou vir die Verwoerd kinders in hulle jongdae gebabysit het.
Mr. van Heerden was besig met 'n Ph.D. in Afrikaans Nederlands. Toe hy
nou sy graad kry, is hy weg na 'n universiteit toe (ek dink Bloemfontein.)
So hy was nou nie daar op Adams College vir die liefde van die saak nie,
seker maar die taamlike vet salaris en dies meer. Na hom, toe word Jaap
Strydom, sy opvolger. Op 28 jaar. Volgens die Transvaalse Afrikaner-
grape vine, omdat sy vrou die dogter is van iemand hoerop in die departement.
En dan kla mense nou op hierdie nuusgroep oor baantjies vir boeties!

Gloudina

>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27456 is 'n antwoord op boodskap #27285] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Gloudina,
>
> Die verlede is presies dit - iets wat verby is.

Nee, Francois-die-altyd-beterwetende, die geskiedenisis altyd met ons.
As jy terugkom Kanada toe, sal jy sien.
Daar is nou moeilikheid in die Maritimes omdat daar
ooreenkomste met die Micmac en die Maliseet gemaak
is aan die einde van die 18 de, wat nou gehou of gebreek
gaan word. Die verlede is altyd met ons.

Gloudina

>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27458 is 'n antwoord op boodskap #27285] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Ek wil nie hou wat my pas nie. Ek se alle geskiedenis is goed en dit moet
bly, my punt is was dit nou regtigwaar nodig om al die goed te verander.
Mens verander nie geskiedenis terwille van versoening nie.

As SA i.e. sy vierkleur moes opgee terwille van versoening, hoekom kan die
PAC nie sy hammer en sekel laat gaan nie.

A change is as good as a holiday , maar nie as dit kom by geskiedenis nie.

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> Selfs die Voortrekker Monument staan nie meer in Voortrekker hoogte nie. En
>> al die ou groot krokkedille en messteek gevalle se borsbeelde het verdwyn.
>>
>> En jy se die geskiedenis is altyd met ons.
>>
>> Geskiedenis is goed , maar dan moet jy alles behou en nie selektief wees
>> nie.
>>
>
> Die moeilikheid is dat jy selektief net wil hou wat vir jou pas
> Al die dinge uit die verlede wat jou idee van jouself en jou groep
> staaf. Maar daar is ook ander met 'n geskiedenis, en daar
> moet kompromiste aangegaan word. Ek verwonder my nog
> altyd oor die feit dat die naam "Vrystaat" behou is, en ook die
> naam Bloemfontein. Toe ons die vorige High Commissioner
> hier uitvra oor die dinge (hy kom van Mangaung af, die
> swart area om Bloemfontein) toe lag hy en sê dat meeste
> mense Bloemfontein al klaar Mangaung genoem het.
> Terloops, ons het nou 'n SA High Commissioner met 'n
> Franse naam.
>
> Gloudina
>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27459 is 'n antwoord op boodskap #27285] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Selfs die Voortrekker Monument staan nie meer in Voortrekker hoogte nie. En
> al die ou groot krokkedille en messteek gevalle se borsbeelde het verdwyn.
>
> En jy se die geskiedenis is altyd met ons.
>
> Geskiedenis is goed , maar dan moet jy alles behou en nie selektief wees
> nie.
>

Die moeilikheid is dat jy selektief net wil hou wat vir jou pas
Al die dinge uit die verlede wat jou idee van jouself en jou groep
staaf. Maar daar is ook ander met 'n geskiedenis, en daar
moet kompromiste aangegaan word. Ek verwonder my nog
altyd oor die feit dat die naam "Vrystaat" behou is, en ook die
naam Bloemfontein. Toe ons die vorige High Commissioner
hier uitvra oor die dinge (hy kom van Mangaung af, die
swart area om Bloemfontein) toe lag hy en sê dat meeste
mense Bloemfontein al klaar Mangaung genoem het.
Terloops, ons het nou 'n SA High Commissioner met 'n
Franse naam.

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27460 is 'n antwoord op boodskap #27285] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Jy bedoel, die soort mens wat in swart onderwys aangestel is, was die soort
> mens wat Verwoerd met sy eie kinders vertrou het?
>
> Jou kwaadwillige skinderstories oor "tweederangse" mense in swart onderwys
> raak elke dag meer bizar, weet jy, Gloudina. Ek vind dit met elke bydrae
> minder geloofwaardig.

Ja, Leendert, dit was bisar, om die minste te sê. Adams College, soos jymiskien
weet, was die eerste westerse skool wat in Natal opgerig is. In
die middel van die neentiende eeu. Die datum waarop dit gestig is, het
die begindatum van die destydse Natalse Onderwysdepartement aangedui.
Dit het ook vir oor 'n eeu 'n belangrike en beroemde reputasie in Suid-Afrika
gehad as een van die voorste onderwysinrigtings vir nie-blankes. Met
baie vooraanstaande prinsipale. Nouja, toe kom Bantoe-Onderwys nou
oorneem, en hier kom so 'n vaal mannetjie met nie baie karakter aan, en met
duidelik geen belangstelling in die ontwikkeling van die skool nie. Sover
ek weet, is al wat hy gedoen het, om wit onderwysers van swart onderwysers
te skei waar hulle in die saal vir oggendgodsdiens bymekaar gekom het. Toe
is hy weer weg na 'n wit pos toe. Ek twyfel nie dat die pos by Adams College
en die een by die Afrikaanse universiteit albei gedryf is deur die feit dat hy
'n
lid van die Broederbond was nie. Bisar, as dit nie so treurig was nie. En ek
dink nie eers hy en sy vrou was gelukkig op Adams College nie (of soos dit
verdoop is Amanzimtoti Zulu Training School.) Sy vrou het duidelik met
afsku met swartmense omgegaan. Toe sy Chief Luthuli in haar huis moes
ontvang vir een of ander vergadering waarop beide Luthuli en haar man
gesit het, het sy (het ek al vantevore vertel) ander koppies gaan koop om
vir hulle te bedien.

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27462 is 'n antwoord op boodskap #27285] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Jy sê, hierdie ou (wit) ouderling was prinsipaal by 'n swart (="derderangse"
>> volgens Bees) skool (en nie eers vir lank nie), en dan kry hy sito-sito 'n
>> pos waar hy _wit_ studente by 'n _universiteit_ moet onderrig?
>>
>> Maar as die wit onderwysers in swart onderwys so "tweederangs" was as wat jy
>> voorgee, moes die wit dosente in wit universiteite darem regtig baie, baie,
>> power gewees het, nie waar nie?
>
> Ag Leendert, jy praat rot. Op daardie stadium, net voor Bantoe-Onderwys
> oorgeneem het, was die hoof van Adams College 'n elite pos, wat gevul is
> deur baie gerespekteerde geleerdes. Toe kom Mr. Van Heerden daar
> aan, aangestel, volgens die grape vine van die Transvaalse Afrikaners self,
> dat hy en sy vrou vir die Verwoerd kinders in hulle jongdae gebabysit het.
> Mr. van Heerden was besig met 'n Ph.D. in Afrikaans Nederlands. Toe hy
> nou sy graad kry, is hy weg na 'n universiteit toe (ek dink Bloemfontein.)
> So hy was nou nie daar op Adams College vir die liefde van die saak nie,
> seker maar die taamlike vet salaris en dies meer. Na hom, toe word Jaap
> Strydom, sy opvolger. Op 28 jaar. Volgens die Transvaalse Afrikaner-
> grape vine, omdat sy vrou die dogter is van iemand hoerop in die departement.
> En dan kla mense nou op hierdie nuusgroep oor baantjies vir boeties!
>

Gloudina ek stel dit aan jou dat jy al weer lieg.

'Volgens die Transvaalse Afrikaner-grape vine' - huh? As die Adams
College nou volgens jou wel so in die Bundu was hoekom sou enigiemand
daar aangestel wou wees? Jy weet jy weerspreek jou self!
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27463 is 'n antwoord op boodskap #27285] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

So wat in die verlede gebeur het maak dat die huidige stand van sake
oogklappe moet kry.

Die verlede is presies dit - iets wat verby is.

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
Leendert van Oostrum wrote:

. Na hom, toe word Jaap
Strydom, sy opvolger. Op 28 jaar. Volgens die Transvaalse Afrikaner-
grape vine, omdat sy vrou die dogter is van iemand hoerop in die
departement.
En dan kla mense nou op hierdie nuusgroep oor baantjies vir boeties!

Gloudina
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27464 is 'n antwoord op boodskap #27285] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> Selfs die Voortrekker Monument staan nie meer in Voortrekker hoogte nie. En
>> al die ou groot krokkedille en messteek gevalle se borsbeelde het verdwyn.
>>
>> En jy se die geskiedenis is altyd met ons.
>>
>> Geskiedenis is goed , maar dan moet jy alles behou en nie selektief wees
>> nie.
>>
>
> Die moeilikheid is dat jy selektief net wil hou wat vir jou pas
> Al die dinge uit die verlede wat jou idee van jouself en jou groep
> staaf. Maar daar is ook ander met 'n geskiedenis, en daar
> moet kompromiste aangegaan word. Ek verwonder my nog
> altyd oor die feit dat die naam "Vrystaat" behou is, en ook die
> naam Bloemfontein. Toe ons die vorige High Commissioner
> hier uitvra oor die dinge (hy kom van Mangaung af, die
> swart area om Bloemfontein) toe lag hy en sê dat meeste
> mense Bloemfontein al klaar Mangaung genoem het.
> Terloops, ons het nou 'n SA High Commissioner met 'n

======

ons, jy is nie deel van die land se "ons" nie, jy is 'n uitlander

Krokkie

> Franse naam.
>
> Gloudina
>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27466 is 'n antwoord op boodskap #27285] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
Leendert van Oostrum wrote:

> Jy sê, hierdie ou (wit) ouderling was prinsipaal by 'n swart (="derderangse"
> volgens Bees) skool (en nie eers vir lank nie), en dan kry hy sito-sito 'n
> pos waar hy _wit_ studente by 'n _universiteit_ moet onderrig?
>
> Maar as die wit onderwysers in swart onderwys so "tweederangs" was as wat jy
> voorgee, moes die wit dosente in wit universiteite darem regtig baie, baie,
> power gewees het, nie waar nie?

En toe skryf Gloudina:

********************************

Ag Leendert, jy praat rot. Op daardie stadium, net voor Bantoe-Onderwys
oorgeneem het, was die hoof van Adams College 'n elite pos, wat gevul is
deur baie gerespekteerde geleerdes. Toe kom Mr. Van Heerden daar
aan, aangestel, volgens die grape vine van die Transvaalse Afrikaners self,
dat hy en sy vrou vir die Verwoerd kinders in hulle jongdae gebabysit het.

*******************************

Jy bedoel, die soort mens wat in swart onderwys aangestel is, was die soort
mens wat Verwoerd met sy eie kinders vertrou het?

Jou kwaadwillige skinderstories oor "tweederangse" mense in swart onderwys
raak elke dag meer bizar, weet jy, Gloudina. Ek vind dit met elke bydrae
minder geloofwaardig.
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27469 is 'n antwoord op boodskap #27285] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Onthou net as jy weer kom kuier mag jy nie vra dat iemand jou by Jan Smuts
kom oplaai nie, want die ANC het die geskiedenis verander. As jy
voedselvergiftiging kry by Kentucky, moenie dat hulle jou na HF Verwoerd
hospitaal toe neem nie , want daar wil jy nie siek wees nie.

Of as jy nog Aventura tyd deel het by 'n sekere dam sal jy saker verby ry,
want jy sal nie die nuwe naam herken op die bordjie nie.

Selfs die Voortrekker Monument staan nie meer in Voortrekker hoogte nie. En
al die ou groot krokkedille en messteek gevalle se borsbeelde het verdwyn.

En jy se die geskiedenis is altyd met ons.

As ons die ANC se voorbeeld gevolg het dan was daar nie enkele teken van die
koloniale tye oor nie, dus gooi vir Victoria in die see en herdoop die V&A
Waterfront.

Geskiedenis is goed , maar dan moet jy alles behou en nie selektief wees
nie.

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> Gloudina,
>>
>> Die verlede is presies dit - iets wat verby is.
>
> Nee, Francois-die-altyd-beterwetende, die geskiedenisis altyd met ons.
> As jy terugkom Kanada toe, sal jy sien.
> Daar is nou moeilikheid in die Maritimes omdat daar
> ooreenkomste met die Micmac en die Maliseet gemaak
> is aan die einde van die 18 de, wat nou gehou of gebreek
> gaan word. Die verlede is altyd met ons.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27528 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Jy bedoel, die soort mens wat in swart onderwys aangestel is, was die soort
>> mens wat Verwoerd met sy eie kinders vertrou het?
>>
>> Jou kwaadwillige skinderstories oor "tweederangse" mense in swart onderwys
>> raak elke dag meer bizar, weet jy, Gloudina. Ek vind dit met elke bydrae
>> minder geloofwaardig.
>
> Ja, Leendert, dit was bisar, om die minste te sê. Adams College, soos jymiskien
> weet, was die eerste westerse skool wat in Natal opgerig is. In
> die middel van die neentiende eeu. Die datum waarop dit gestig is, het
> die begindatum van die destydse Natalse Onderwysdepartement aangedui.
> Dit het ook vir oor 'n eeu 'n belangrike en beroemde reputasie in Suid-Afrika
> gehad as een van die voorste onderwysinrigtings vir nie-blankes. Met
> baie vooraanstaande prinsipale. Nouja, toe kom Bantoe-Onderwys nou
> oorneem,

Watter persentasie van hierdie voortreflike skool se befondsing is deur die
staat gedra _voordat_ Bantoe-onderwys "oorgeneem" het, Gloudina.

En wat was hulle standpunt oor moedertaalonderwys vir swart kinders?

En wanneer is jou Afrikaanspos by hierdie skool geskep?

> en hier kom so 'n vaal mannetjie met nie baie karakter aan, en met
> duidelik geen belangstelling in die ontwikkeling van die skool nie. Sover
> ek weet, is al wat hy gedoen het, om wit onderwysers van swart onderwysers
> te skei waar hulle in die saal vir oggendgodsdiens bymekaar gekom het. Toe
> is hy weer weg na 'n wit pos toe. Ek twyfel nie dat die pos by Adams College
> en die een by die Afrikaanse universiteit albei gedryf is deur die feit dat hy
> 'n
> lid van die Broederbond was nie.

Die Broederbond moes darem 'n swak organisasie gewees het in daardie dae nie
waar nie? As dit bestaan het uit sulke "tweederangse mense". Hulle kon
sekerlik niks bereik met sulke lede nie, nie waar nie?

En jy sê Verwoerd het hom vertrou met sy eie kinders voordat hy hom na swart
onderwys gestuur het?

> Bisar, as dit nie so treurig was nie. En ek
> dink nie eers hy en sy vrou was gelukkig op Adams College nie (of soos dit
> verdoop is Amanzimtoti Zulu Training School.) Sy vrou het duidelik met
> afsku met swartmense omgegaan. Toe sy Chief Luthuli in haar huis moes
> ontvang vir een of ander vergadering waarop beide Luthuli en haar man
> gesit het, het sy (het ek al vantevore vertel) ander koppies gaan koop om
> vir hulle te bedien.

Wel, ons het so pas weer gesien hoe jou brein in spasmas gaan van jaloesie
sodra 'n ander vrou op die horison verskyn. Ek kan dus nie te veel waarde
heg aan jou oordeel van mev skoolhoof, haar sosiale voorkeure, of haar smaak
in breekware nie.
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27529 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

> afsku met swartmense omgegaan. Toe sy Chief Luthuli in haar huis moes
> ontvang vir een of ander vergadering waarop beide Luthuli en haar man
> gesit het, het sy (het ek al vantevore vertel) ander koppies gaan koop om
> vir hulle te bedien.

Dit sou interessant wees om te weet waarheen Luthuli gegaan het
toe die nood hoog loop en hy 'n draai moes gaan maak.

Swart Simon
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27530 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Byter wrote:
>
> My liewe antie,
>
> Dis nou reeds die tweede keer dat jy my beskuldig dat ek iemand anders sou wees.
> Ek raak nou moeg hiervoor. Los nou jou neurotiese "Aha nou het ek jou met met
> forensiese analise!" nonsens. My naam is nie Lou nie, en ek is ook nie van plan
> om my naam binnekort na Lou toe te vernader nie.
>

Jy mors jou tyd - sy lei aan selektiewe Alzheimers.
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27531 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> En wanneer is jou Afrikaanspos by hierdie skool geskep?

Daar was altyd 'n Afrikaanse onderwyser nodig by Adams College.Hulle het, moet
jy onthou, die Cambridge Matriek-eksamen moes
deurkom. Moes Engels op A vlak deurkom (sowel as hulle eie
moedertaal) en Afrikaans as tweede taal. Dit is wel waar dat hulle
die jaar voordat ek daarheen gegaan het, nie 'n Afrikaanse onderwyser
kon bekom nie. Hulle het toe na die Stellenbosse kweekskool geskryf
vir hulp, en een van die professore daar het aanbeveel dat ek genkontak
moes word (ek het op daardie stadium by St. Anne's College - die
susterskool van Michaelhouse - skoolgehou.

Gloudina

>
Re: Wit en swart onderwysers [boodskap #27532 is 'n antwoord op boodskap #27285] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Mens kan seker nie elke dag uit die Noritake koppies uit tee drink nie ?

@sympatico.ca wrote in message

Toe sy Chief Luthuli in haar huis moes
> ontvang vir een of ander vergadering waarop beide Luthuli en haar man
> gesit het, het sy (het ek al vantevore vertel) ander koppies gaan koop om
> vir hulle te bedien.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: Die Nuwe Suid-Afrikaanse Taalbeleid
Volgende onderwerp: Swart en wit pedagogiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:09:54 MGT 2024