Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Disingenuous [was Dr. Death se kollega in Kanada?]
Re: Disingenuous [was Dr. Death se kollega in Kanada?] [boodskap #27172] |
Fri, 08 October 1999 00:00  |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Adam wrote in message
> You're being disingenuous about Canada's problems. You know Ferdi's right.
> If you compare fishermen posturing and scuffling in Canada to what is
> happening every day in SA, I fear you're sadly out of touch with both
> countries, or guilty of trying to hide your own feelings of
guilt.
Goed gestel. Baie dieselfde as wat ek sê in "Daar is probleme en
Probleme".
Kom, doudie. In wese stem ek saam met sommige van jou
uitlatings - maar mens kry die indruk jy sukkel om sekere feite
te erken. Byvoorbeeld - dit is nie teenstellend om te sê:
"Apartheid was en is 'n skande. Die verwydering daarvan het egter
nie al SA se gewigtige probleme opgelos nie. Inteendeel, die nuwe
regering sukkel om die mas op te kom." Jy vind dit maklik om die
eerste gedeelte te sê, en ek stem daarmee saam. Die tweede
gedeelte is ongelukkig ook waar. (Nie noodwendig iemand se skuld
nie, maar ook waar.)
Groete
Bees
Ps. Hoekom bly jy in Kanada?
|
|
|
|
Re: Disingenuous [was Dr. Death se kollega in Kanada?] [boodskap #27259 is 'n antwoord op boodskap #27172] |
Tue, 12 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Bees wrote:
> Lees weer
> Adam/David se pos waarin hy jou die "wellbred meisie" noem;
Jy weet natuurlik Bees, dat as 'n Afrikanervrou 'n "wellbred
meisie"genoem word, dit 'n seksistiese en rassistiese konnotasie het.
Dis
totaal neerbuigend, alleen snaaks vir die Engels georienteerde
witmens uit SA wat patroniserend teenoor die Afrikaner wil wees.
Dit sit die Afrikaner, ongeveer, op sy plek. In die British scheme
of things. Gelukkig het die British scheme of things op sy gesig geval
in die laaste deel van die twintigste eeu in SA. En die huilbalies van
die Afrikaners hoef ook nie meer te kla oor die British scheme of
things en die onregte wat hulle aan die Afrikaner gedoen het nie.
Die Afrikaner-huilbalies kla nou oor "die nuwe SA."
Gloudina
|
|
|
|
Re: Disingenuous [was Dr. Death se kollega in Kanada?] [boodskap #27263 is 'n antwoord op boodskap #27172] |
Tue, 12 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Bees wrote:
> Kom, doudie. In wese stem ek saam met sommige van jou
> uitlatings - maar mens kry die indruk jy sukkel om sekere feite
> te erken. Byvoorbeeld - dit is nie teenstellend om te sê:
> "Apartheid was en is 'n skande. Die verwydering daarvan het egter
> nie al SA se gewigtige probleme opgelos nie. Inteendeel, die nuwe
> regering sukkel om die mas op te kom." Jy vind dit maklik om die
> eerste gedeelte te sê, en ek stem daarmee saam. Die tweede
> gedeelte is ongelukkig ook waar. (Nie noodwendig iemand se skuld
> nie, maar ook waar.)
So, selfs jy dink dat wat met die huidige regering "verkeerd" is, net
isdat dit sukkel om die mas op te kom. Natuurlik sukkel dit om die mas
op te kom. Watter regering sal nie sukkel om die mas op te kom as
hulle sulke enorme probleme het nie. Maar om dit 'n "massive tragedy"
te noem, is om dinge so te verwring dat mens moet wonder waarom sulke
dinge gese word.
> Ps. Hoekom bly jy in Kanada?
Ek bly in Kanada omdat ek al meer van my lewe in Kanada deurgebringhet
as in Suid-Afrika. Omdat ek 'n Kanadese burger in woord en daad
is. Omdat ek trots is op Kanada, wat alhoemeer multi-etnies word. Ons
goewerneur-generaal is van Chinese oorsprong, ons Minister of Fisheries
kom etnies uit die Indiese subkontinent.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Disingenuous [was Dr. Death se kollega in Kanada?] [boodskap #27303 is 'n antwoord op boodskap #27172] |
Wed, 13 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Bees wrote:
> Jy weet natuurlik Doudie, dat ek net Adam / David se pos uniek
> probeer identifiseer het. Soveel vir die rookskerm. Ek wil graag
> hoor wat jy te sê het oor my vrae.
Ek dag ek het jou vrae beantwoord. Jy het gevra hoekom ek dit somoeilik
vind om te erken dat die huidige SA regering so moeilik die
mas opkom. Ek het jou daarop geantwoord. Ek wil ook vir jou se
dat SA in die algemeen 'n groot suksesstorie is - die oorgaan na
byvoorbeeld geintegreerde skole in SA het byna sonder enige skoot
verloop in SA. In die VSA was daar absoluut rasseoorlog. In die
strate van Boston veral, meer nog as in die Suide.
Jy het gevra hoekom ons in Kanada aanbly. Omdat ons familie hier
is. Twee van ons kinders is hier gebore, twee is klein-klein Kanadese
geword. Hulle het lojaliteite teenoor vriende, almal maters, ens. ens.
En ons het so gewoond geraak aan die gang van die Noord-Amerikaanse
seisoene, dat ons dit sal mis as ons in SA is. En ons sit naas die groot
geografiese Amerika, waar daar stukke veld is wat net lyk soos die
veld om Marchand. Hoekom sal ons nou trek? Maar dit maak nie vir
my blind vir die dinge wat in SA aangaan nie. En wat ek sien in SA is
die groei van 'n civil society, gebaseer op prinsiepes waarvoor Kanada
ook probeer staan. Instede van die regime wat Dr. Death en Derby-Lewis
moontlik gemaak het.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Disingenuous [was Dr. Death se kollega in Kanada?] [boodskap #27336 is 'n antwoord op boodskap #27172] |
Thu, 14 October 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
Bees wrote:
> Jy weet natuurlik Doudie, dat ek net Adam / David se pos uniek
> probeer identifiseer het. Soveel vir die rookskerm. Ek wil graag
> hoor wat jy te sê het oor my vrae.
Ek dag ek het jou vrae beantwoord. Jy het gevra hoekom ek dit somoeilik
vind om te erken dat die huidige SA regering so moeilik die
mas opkom. Ek het jou daarop geantwoord. Ek wil ook vir jou se
dat SA in die algemeen 'n groot suksesstorie is - die oorgaan na
byvoorbeeld geintegreerde skole in SA het byna sonder enige skoot
verloop in SA. In die VSA was daar absoluut rasseoorlog. In die
strate van Boston veral, meer nog as in die Suide.
***************************
Hoe geintegreerd is die skole in SA, Gloudina?
|
|
|
Re: Disingenuous [was Dr. Death se kollega in Kanada?] [boodskap #27344 is 'n antwoord op boodskap #27172] |
Thu, 14 October 1999 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum wrote:
>
> @sympatico.ca wrote in message
> ...
> Bees wrote:
>
>> Jy weet natuurlik Doudie, dat ek net Adam / David se pos uniek
>> probeer identifiseer het. Soveel vir die rookskerm. Ek wil graag
>> hoor wat jy te sê het oor my vrae.
>
> Ek dag ek het jou vrae beantwoord. Jy het gevra hoekom ek dit somoeilik
> vind om te erken dat die huidige SA regering so moeilik die
> mas opkom. Ek het jou daarop geantwoord. Ek wil ook vir jou se
> dat SA in die algemeen 'n groot suksesstorie is - die oorgaan na
> byvoorbeeld geintegreerde skole in SA het byna sonder enige skoot
> verloop in SA. In die VSA was daar absoluut rasseoorlog. In die
> strate van Boston veral, meer nog as in die Suide.
>
> ***************************
>
> Hoe geintegreerd is die skole in SA, Gloudina?
Trrrrrrrrrrrrrrrr DISH!!! En die antwoord bly weg ...
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:01 UTC 2025
|