Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig
Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig [boodskap #27223] |
Mon, 11 October 1999 00:00  |
Cyber Sakkie
Boodskappe: 20 Geregistreer: September 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Volgens die Engelse was die 1880-81 gebeure mos nie 'n oorlog nie en praat mens
dus van die Anglo-Boere Oorlog pleks van die Tweede Anglo-Boere Oorlog waarmee
ons groot geword het. Hoe kan 'n mens 'n oorlog wen wat nooit plaasgevind het
nie?
Nietemin, vandag is dit 100 jaar nadat die ZAR se ultimatum vestryk het en daar
oorlog verklaar is teen die Empire. Ek sluit die Engelse in onder my "naaste"
vir wie ek lief het, maar nogtans voel ek vandag besonder kriewelrig as ek dink
aan die gebeure een eeu gelede en gekwel oor wat die Engelse gedoen het met die
verbrande aarde beleid en die konsentrasie kampe. Ek sal nie omgee as Lord
Kitchener na al die jare as "oorlogsmisdadiger" verklaar word nie.
Is daar ander wat ook vandag effens anders voel oor die gebeure 'n eeu gelede?
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig [boodskap #27287 is 'n antwoord op boodskap #27223] |
Wed, 13 October 1999 00:00  |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , Hamb...@spam.net
(Raka) wrote:
> On 11 Oct 1999 03:25:57 -0700, Cyber Sakkie
>
> wrote:
>>
>> Nietemin, vandag is dit 100 jaar nadat die ZAR se ultimatum
> vestryk het en daar
>> oorlog verklaar is teen die Empire. Ek sluit die Engelse in
> onder my "naaste"
>> vir wie ek lief het, maar nogtans voel ek vandag besonder
> kriewelrig as ek dink
>> aan die gebeure een eeu gelede en gekwel oor wat die Engelse
> gedoen het met die
>> verbrande aarde beleid en die konsentrasie kampe. Ek sal nie
> omgee as Lord
>> Kitchener na al die jare as "oorlogsmisdadiger" verklaar word nie.
>>
>> Is daar ander wat ook vandag effens anders voel oor die gebeure
> 'n eeu gelede?
>>
> Janee, ek voel ons oorblywendes is seker geregtig op 'n bietjie
> restitusie soos die oorlewendes van die "holocaust". Etniese
> suiwering bly immers etniese suiwering, of wat. (En moenie
> vergeet nie, ou Siener van Rensburg het nog ellende vir die
> engelse vrouens en kinders voorspel ook.)
Jan Smuts het die boek "Een eeu van onreg" geskryf. Nadat hy terug
gekom het van Engeland, het hy ontken hy het dit geskryf. Klink dit
bekend? :)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:38 UTC 2025
|