Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ten slotte
Ten slotte [boodskap #27015] |
Tue, 05 October 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , @sympatico.ca wrote:
> Ferdi Greyling wrote:
>> Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
>> wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
>> Wouter Basson se verhoor?
>>
>> Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
>> Basson se dade.
> Ek het toe gisteraand na die CBC se spesiale
> verslag
> gekyk oor Dr. Jack Bothma van North Battleford in
> Saskatchewan. Dis =91n klein dorpie op die prairies
> waar Dr. Bothma die laaste vier en =91n half jaar
> =91n
> ortopediese spesialis is. Blykbaar mag hy nog net tot
> Januarie daar bly. Hy was glo vyf jaar gegee om die
> eksamens deur te kom wat hom =91n permanente lisensie
> sou gee om as dokter te praktiseer, en hy het dit
> gedruip.
> Hulle het ook bevestig dat hy blykbaar as staatsgetuie
> gaan optree in die hofsaak teen Wouter Basson.
> Ek lees gister toe ook in Beeld van =91n ander
> man wat
> ook staatsgetuie teen Wouter Basson gaan wees. Hy is
> Dr. Frederik Botha, voormalige mediese ko=F6rdineerder
> van die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), waar hy
> glo onder die aliasse =93Koos=94 en =93Frans=94
> opgetree het. Hy
> het glo die middel digoksien aan mr. Slang van Zyl
> gegee
> om Dullah Omar te vermoor. By =91n ander geleentheid
> het
> hy ook =91n aapfetus, wat deur Dr. Stiaan Wandrag in
> =91n
> keisersnee verwyder is, in ontvangs geneem. Hierdie
> fetus is toe aan =91n boom by Desmond Tutu se huis
> opgehang,
> blykbaar deur BSB lede.
> Wat vir my spesiaal interessant is, is dat
> Frederick Botha
> die seun is van Elize en J.P. Botha. Ek en my man was
> albei
> op Stellenbosch toe hulle nog studente daar was. Sy
> was toe
> bekend as Elize Lindes. Sy is vandag kanselier van die
> Universiteit van Stellenbosch. Sy het haar
> doktorsgraad in
> Nederland behaal met =91n proefskrif oor Opperman se
> =93Die
> Sprokie van die Spikkelkoei.=94 Hier volg die woorde
> van die
> Sprokie van die Spikkelkoei.
> Uit holtes van =91n boom
> het kuddes vee gekom,
> toe kies my broer
> die spikkelkoei vir hom.
> Ek stoot hom oor =91n krans,
> Hy val in =91n mik,
> toe het =91n kraai
> op die spikkelkoei gaan sit.
> Smeer vet aan =91n klip,
> korrel fyn, moenie kwes,
> toe sak =91n duisend vere
> noord, suid, oos, wes -
> sak =91n duisend kraaie
> oor die bloed, oor die klip=85
> O waar sal ek skuil
> teen die stippels wat pik.
> Elize Botha het glo eenkeer vir Opperman uitgevra na
> die herkoms van die sprokie, en Opperman het vir haar
> vertel dat dit haar werk is om uit te vind. Min het sy
> seker geweet hoe profeties hierdie sprokie vir die gang
> van haar eie familie-gebeure sou word.
> Gloudina Bouwer
Ag, nou ja:
Iemand word gedaag om voor 'n hof te getuig - smerige saak.
Geen getuienis is nog gelewer nie - en geen uitspraak nog gemaak nie.
Maar, soos enige ou aasvreterkraai by middagtee (tog niemand uitnooi wat
dalk 'n oggendborspeld sal dra nie, asseblief!) in Brooklyn of Lynwood
vertel Gloudina, uit veertig jaar gelede, ons alles (en niks) van die man se
ma!
Daar is, Gloudina (redder van die Afrikanereer), ten slotte toe regtig niks
wat jy kan bied wat edel is nie, nie waar nie?
Ek is baie jammer vir jou, weet jy?
|
|
|
Re: Ten slotte [boodskap #27042 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 06 October 1999 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 5 Oct 1999 20:41:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
<oos...@geocities.net> wrote:
<<>Iemand word gedaag om voor 'n hof te getuig - smerige saak.
>
> Geen getuienis is nog gelewer nie - en geen uitspraak nog gemaak nie.
>
> Maar, soos enige ou aasvreterkraai by middagtee (tog niemand uitnooi wat
> dalk 'n oggendborspeld sal dra nie, asseblief!) in Brooklyn of Lynwood
> vertel Gloudina, uit veertig jaar gelede, ons alles (en niks) van die man se
> ma!
>
> Daar is, Gloudina (redder van die Afrikanereer), ten slotte toe regtig niks
> wat jy kan bied wat edel is nie, nie waar nie?
>
> Ek is baie jammer vir jou, weet jy?>>
Oppas dat jy nie die boodskapper probeer doodmaak omdat jy nie van die
boodskap hou nie, Leendert.
|
|
|
Re: Ten slotte [boodskap #27043 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 06 October 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Tue, 5 Oct 1999 20:41:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > vertel Gloudina, uit veertig jaar gelede, ons alles (en niks) van
die man se
>> ma!
>>
>> Daar is, Gloudina (redder van die Afrikanereer), ten slotte toe regtig niks
>> wat jy kan bied wat edel is nie, nie waar nie?
>>
>> Ek is baie jammer vir jou, weet jy?>>
>
> Oppas dat jy nie die boodskapper probeer doodmaak omdat jy nie van die
> boodskap hou nie, Leendert.
Haai Ferdi,
Nee, ek stem saam.
Maar gegee dieselfde stel feite, dink jy daar is 'n verskil tussen 'n
boodskap van billike kommentaar en 'n booskap van kwaadwillige skindery?
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Ten slotte [boodskap #27044 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 06 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Barrie wrote:
> Die "genocide"
> van die Afrikaner
> is 'n veel groter tragedie. Ons sit werkoos. Ons "eletist education" word
> versmaai. Ons kinders ly honger omdat Pa met al sy "useless" grade nie eers
> 'n spoorweg hek kry om op te pas nie.
Jammer om te hoor dat jy werkloos sit met "al jou grade." Jy is die eerste
een"met grade" wat ek hoor wat permanent werkloos is. Ek kry die gevoel dat
die meeste mense wat sogenaamd werkloos geword het in die nuwe SA, met
goue handskudde en vet pakkette sit, en baie gou weer hulle kennis op 'n
ander manier op die mark plaas.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Ten slotte [boodskap #27045 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 06 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Barrie wrote:
> Ek kom nie mooi agter wie die spreker in hierdie inset is nie - Gloudina, of
> die ongetekende
> kommentaar wat op die "Sprokie" volg nie.
Die spreker van die "ongetekende kommentaar" is natuurlik Leendert.Die arme man
struikel ook soms, en het hierdie keer nie sy gewone
smalende "vriendelike groete" bygevoeg nie.
Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Ten slotte [boodskap #27047 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 06 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Barrie wrote:
> Aangaande die sprokie die
> volgende: Die verskyning van die spikkelkoei uit die "boomstam" dui op
> Boesman-mitologie aangaande die skeppingsproses. Literatuurwetenskaplikes
> sou dus "ab ovo" (reg van die begin af) die hele storie slegs as mite sien.
Ja, en dis natuurlik wat Elize Botha moes gedoen het, en dis waaromOpperman haar
ewe snedig geantwoord het toe sy hom probeer uitvra
na die oorsprong van die sprokie. Mens moet egter ook byvoeg dat hy
op daardie stadium 'n vete met N.P. van Wyk Louw gehad het, en Elize
Botha het die verhandeling onder leiding van NP geskryf, dus was Opperman
seker ook maar kil as gevolg daarvan.
Gloudina
|
|
|
Re: Ten slotte [boodskap #27048 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 06 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Maar gegee dieselfde stel feite, dink jy daar is 'n verskil tussen 'n
> boodskap van billike kommentaar en 'n booskap van kwaadwillige skindery?
>
Ek sou dit nou nie "kwaadwillige" skindery noem nie, maar ek stem saam dat
dit nou seker nie "billike kommentaar" was nie. Dit was nie bedoel om te
wees
nie. Dit was bedoel om uit te wys tot waar in ons Afrikanerdom die
verrotting
gestrek het. Frederik Botha se pa is glo broer van Pik Botha. Dit maak mens
treurig om te sien hoe die volgende geslag ontwikkel het. Net soos
Jaap Strydom se seun uiteindelik nog deur die ou regime voor die hof
gesleep
is omdat hy geld ontvang het vir dienste wat nie gelewer is aan die
departement
van Bantoe-Onderwys nie. Dis die wat ek so bitter is. Die ouers het die
keuses
gemaak en die 30 silwerlinge aangeneem, en die kinders het in die hof beland
omdat daar nie duidelike morele en politieke keuses deur die ouer geslag
gemaak
is nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Ten slotte [boodskap #27052 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 06 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Barrie wrote:
> Daardie persone wat
> hulle werk gedoen het, toe hulle daartoe aangesê was, is nie kriminele nie.
> Ek glo in elk geval hulle navorsing was eerder voorkomend as antagonisties.
>
>
So jy praat vir Basson goed. Sy navorsing was "voorkomend"?
En Frederik Botha het maar net gedoen wat vir hom beveel is? Ek dink
hy behoort ook voor die hof gedaag te word. Hy kom te maklik daarvan
af.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Ten slotte [boodskap #27054 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 06 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Barrie wrote:
> Indien die "gevolge" van hierdie sprokie as katastrofe gesien word,
> is die "katastrofe" niks meer as verwysing na die selfmoord van die Xhosas
> (1856) nie.
>
>
Nou maak jy natuurlik dieselfde fout wat Lindes sou maak as sy na die
oorsprongvan die sprokie soek. Hoe weet jy dat dit oor die "selfmoord van die
Xhosas"
gaan?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ten slotte [boodskap #27189 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Sat, 09 October 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 07 Oct 1999 11:53:43 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:
>
>
> En die saak sluit natuurlik nie die moontlikheid van vergiffenis
> in
>>> nie, ne.
>>
>> Nie? Swot bietjie op oor die regstelsel, hoor!>>
>
> Ek het lank gelede al.
Dan het jy miskien bietjie gevergeet, soos Liewe Heksie.
> Die hof kan hom onskuldig bevind - wat basies beteken die aanklagte is
> nie bo enige redelike twyfel bewys nie - of kan hom skuldig bevind, en
> bevind daar is versagtende omstandighede.
> Dis nie vergeef nie. Dis net se die ou het die gedoen maar daar was
> omstandighede wat dit nie bloot 'n koue berelkende daad maak nie.
>
> Daar is nie vergiffenis in die howe nie.
Korrek. Maar jou aanvaklike stelling was: "...die saak sluit natuurlik nie
die moontlikheid van vergiffenis in nie...."
>
> Daar is egter vergiffenis in die WVK. Dis wanneer hulle se, ja jy het
> dit gedoen. Dankie dat jy alles vertel het. Kom ons los dit nou. Ons
> gaan jou nie straf nie, al het jy dit gedoen.
Dis reg.
>
> Dis twee visse van verskillende vere.
Nie heeltemal nie.
Gaan lees biejie die geskiedenis van Mandela - wat vier dekades gelede ter
dood veroordeel is, maar nog springlewendig met ons verkeer. Of Raubie
Leibrand, wat verskeie kinders verwek het in die dekade nadat _hy_ ter dood
veroordeel is. Nie een van hulle was voor die WVK nie. Albei van hulle is
deur die gewone regsproses.
Jy sien, die regsproses sluit meer spelers in as net die howe.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: Ten Slotte [boodskap #27227 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Mon, 11 October 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> Visioener? Nee Leendert.
>
> Simon, ek het 'n groter probleem met Verwoerd se aannames as sy
> afleidings:
Miskien het Simon die toespraak gelees, en weet hy 'n paar dinge oor
Verwoerd se aannames wat jy nie weet nie?
> Kom ons kyk sommer net na die stuk toespraak wat jy
> hier aangehaal het.
Nee Bees, jy is hier besig om aannames te maak oor die inhoud van Verwoerd
se toespraak:
>
> "Die ekonomiese struktuur van ons land [Aannames : Dit is
> onveranderbaar? Dit is gewens?]
_Jy_ neem hier aan dat V hierdie aannames gemaak het. Kan jy _jou_ aannames
(oor V se aannames) verantwoord?
> bring dit natuurlik [???] mee
> dat die naturelle in groot getalle hulle lewensonderhoud as
> werknemers in diens van blankes moet verdien. [Aaname -
> Noodwendig? Vir altyd?]
Hier maak jy nog 'n aanname aangaande Verwoerd se aannames. Het jy gronde om
te glo dat Verwoerd hierdie aannames gemaak het?
> Daarom is dit noodsaaklik dat
> Bantoeleerlinge van die begin af onderwys in die amptelike tale
> ontvang sodat hulle reeds in die laer primôre skool 'n spreek- en
> verstaan-vaardigheid daarin opbou." [Wel, as jy die eerste sin se
> verreikende aannames blindelings aanvaar, volg hierdie stelling
> seker.]
>
> En dit is die verskil tussen iemand met visie en 'n ander wat net
> eenvoudig nie wou of kon glo dat daar 'n ander pad moontlik is
> nie. As V in sy aannames korrek was, was baie van sy uitlatings
> verstaanbaar. Ongelukkig, glo ek, was dit verkeerd -
> intellektueel en moreel.
Nou ja Bees, gestel 'n mens sou vind dat - volgens sy uitsprake -Verwoerd
_nie_ die aannames gemaak het wat jy hierbo aan hom toedig nie.
Gestel ons sou, by nadere inspeksie, vind dat hy in werklikheid die
teenoorgestelde aannames verkondig het?
Sou dit (in die lig van die twee opsies wat jy hierbo as moontlik beskou)
beteken dat hy "iemand met visie" was?
|
|
|
|
Re: Ten Slotte [boodskap #27229 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Mon, 11 October 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Simon van der Schans wrote in message
...
Haai Simon,
>>
>> Terwyl jy nou in elk geval deur daardie bokse van jou gaan, kry
>> sommer bietjie vir ons die verwysing na die "waarom wiskunde?" toespraak.
>>
>> Swart Simon
>>
>> *******************************************
>>
>> Hoekom sou ek?
>
> Omdat jy beweer het dat jy 'n vooraanstaande kenner op die gebied
> is
Nie heeltemal wat ek beweer het nie, maar dankie vir die erkenning :-)
> (en veral van die "waarom wiskunde" toespraak waaroor jy Bees
> so heftig aangeval het).
Haai, Dink jy ek het hom heftig aangeval? Soos ek onthou was die heftige
aanval van die ander kant.
En nee. Ek nie die '53 toespraak aangehaal as bron nie - ek het bloot genoem
dat ek dit iewers het. Ek het wel 'n sekondêre bron aangehaal om Bees se
sekondêre bron aan te vul.
>
> Jy wil tog nie hê mense moet tot die gevolgtrekking kom dat jy 'n
> "fake" is nie?
Weet jy, ek het agtergekom dat kwaadwillige mense hulle nie laat beinvloed
deur wat ek doen of laat nie - hul "gevolgtrekkings" is gewoonlik heeltemal
onafhanklik van enigiets behalwe wat hulle graag wil glo. (Ons doen dit
natuurlik almal in 'n mate, maar nie almal doen dit doelbewus om hul
kwaadwillige begeertes te bevredig nie.)
>
> Dit lyk my dat jy, in die manier waarop jy die een afleiding na
> die ander maak, baie van Verwoerd geleer het. Vat maar die
> afleidings wat die groot V maak in die volgende voorbeeld: "Die
> ekonomiese struktuur van ons land bring dit natuurlik mee dat die
> naturelle in groot getalle hulle lewensonderhoud as werknemers in
> diens van blankes moet verdien. Daarom is dit noodsaaklik dat
> Bantoeleerlinge van die begin af onderwys in die amptelike tale
> ontvang sodat hulle reeds in die laer primôre skool 'n spreek- en
> verstaan-vaardigheid daarin opbou." Dis nou wat 'n mens 'n "non
> sequitur" noem. Die laaste sin kon netsowel gelees het: "Daarom
> is dit noodsaaklik dat blanke leerlinge van die begin af onderwys
> in die naturelle-tale ontvang....."
Hmmm... Ek dink Bees se kommentaar is meer interessant (gedagtig daaraan dat
hy vermoedelik nie die hele toespraak gelees het nie). Maar kom ons kyk na
die konteks van wat jou hier pla:
a) Die amptelike tale waarna verwys word, tel twee. Die "naturelletale"
tel (ongeveer) nege. Een implikasie sou wees dat "blanke" leerlinge elf tale
sou moes leer. Gesien die idee dat kennis van tale 'n ekonomiese bate is
(vra maar die Hollanders) sou dit ook die swart leerlenige benadeel, dink jy
nie?
b) Benewens die "amptelikheid" daarvan, is die bruikbaarheid van
Afrikaans en Engels vir ekonomiese doeleindes toe reeds algemeen erken.
Vroeër in dieselfde toespraak meld V dat verteenwoordigende strukture van die
Bantoegemeenskap reeds dikwels gekla het dat Afrikaans nie in alle skole
aangebied word nie. (Baie sendingskole - raai watter - het bloot geweier om
Afrikaans aan te bied.) Ek herinner my ook die volgende, wat kan dien tot
ondersteuning van die argument as mens dit kan glo: Ek onthou dat Transkei,
byvoorbeeld, na onafhanklikheid, Afrikaans as verpligte vak afgeskaf het -
en na etlike jare weer ingestel, toe hulle vind dat hul burgers minder
kompeterend is in die arbeidsmark. Ek herinner my ook berigte, dat, selfs
vandag nog, meer as 90% van swart leerlinge beide Afrikaans en Engels as
matriekvakke aanbied.
c) Dit is ook so dat baie "blanke" leerlinge wel swart tale op skool geleer
het - in die 70-80erjare het dit selfs, so ver ek weet, verpligtend geword
om ten minste een swart taal vir etlike jare te neem.
d) Die huidige regering se beleid is vir my interessant: Kinders moet twee
(_enige_ twee) van die elf ampstale leer, sowel as 'n derde taal wat nie 'n
ampstaal hoef te wees nie. Ek kan my kind, byvoorbeeld, Afrikaans, Tsonga en
Mandaryns leer.
e) Die huidige regering het iets anders gedoen, wat ek dink uiters dom is.
Hulle het die moontlikheid afgeskaf om 'n Afrikataal op derdetaalvlak vir
matriek aan te bied. Dit kan nou slegs op eerste- of tweedetaalvlak gedoen
word.
f)'n Direkte gevolg van die huidige beleid oor afrikatale, vertel dosente in
Afrikatale my, is dat die getal wit leerders wat Afrikatale neem drasties
gedaal het, beide op skool- en op universiteitsvlak.
g) Dit is miskien ook veelseggend dat, in dieselfde toespraak, V sy beleid
verdedig dat (vir die eerste keer) skole verplig sal word om kinders in hul
eerste vier skooljare in en deur medium van hul moedertale te onderrig. Dit
was in 'n tyd toe lande soos die VSA en Kanada skole en ouers _verbied_ het
om inboorlingkinders deur medium van hul moedertale te onderrig. In
Australië is inboorlingkinders van hul ouers verwyder en in koshuise
grootgemaak om hul inboorlingkultuur af te leer. (In die VSA was daar tot
die dertigerjare state waar skole verbied is om enige ander taal as Engels
te leer, en is daar nog steeds state waar slegs Engels as onderrigtaal
toegelaat word.)
Nee, wat. Ek dink, as mens V se toespraak volledig lees, dat sy probleem in
belangrike mate gegaan het oor (klaarblyklik Engelse) sendingskole wat
geweier het om kinders deur die medium van hul moedertaal te onderrig, of om
Afrikaans as vak aan te bied, en dat dit dus nie vir leerders toeganklik was
nie. (Volgens my ervaring is baie Engelse nogal van oordeel dat dit nie
nodig - of wenslik - is om enige ander taal behalwe Engels te leer nie.)
Engelse imperialiste, wat van oordeel was dat almal as Engelsmannetjies
opgevoed moet word, was natuurlik nie gediend met so 'n beleid nie, en het
dit heftig, veral in die pers, aangeval en allerlei motiewe gesoek buiten
die motiewe wat V self vir sy beleid gegee het. (Dit was die tyd toe die
Natalse pers nog gepraat het van "the English race".)
As jy sou sê dat Verwoerd se taalbeleid vir swart leerlinge nie voldoen aan
al vandag se standaarde van politieke korrektheid nie, sou ek met jou
saamstem. Ek dink egter, eenersyds, dat die betrokke aspek van sy beleid sy
eie tyd nogal ver vooruit was. Andersyds is ek nie oortuig dat alle aspekte
van vandag se politieke korrektheid wel in die beste belang van die kind is
nie.
|
|
|
|
|
|
Re: Ten Slotte [boodskap #27306 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 13 October 1999 00:00  |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum wrote in message
...
> Ek lei af dat jy my bespreking van Verwoerd se taalbeleid
effektief vind?
Nee. Maar wel dat jou rookskerms 'n bietjie deursigtig begin
word vir my.
> Dis nie "die meester" wat die aanhaling gemaak het nie. Dit was Bees. Waarom
> vra jy _hom_ nie? Of, beter nog, gaan lees net Bees se oorspronklike bydrae
> oor die wiskundekwessie. Hy gee nie net die sekondêre bron aan wat hy
> geraadpleeg het nie, maar noem ook die oorspronklike bron - en die verwysing
> na die oorspronklike bron is korrek, so ver ek weet.
Ek dink jy is in die war. Niemand hier het nog die bronverwysing
gegee nie.
> En ja, Simon: "die meester" sal graag vir jou sê wat hy weet. Jy moet net
> leer om mooi te vra as jy sy samewerking wil hê. Dis maar soos met enige
> ander mens, weet jy?
Ja my baas. Askies my baas. Ek vra groot asseblief my baas.
Swart Simon
|
|
|
Re: Ten Slotte [boodskap #27307 is 'n antwoord op boodskap #27015] |
Wed, 13 October 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Simon van der Schans wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Ek lei af dat jy my bespreking van Verwoerd se taalbeleid
> effektief vind?
>
> Nee. Maar wel dat jou rookskerms 'n bietjie deursigtig begin
> word vir my.
Dan kan jy ons seker vertel wat jy agter die "rookskerms" sien?
>
>> Dis nie "die meester" wat die aanhaling gemaak het nie. Dit was Bees. Waarom
>> vra jy _hom_ nie? Of, beter nog, gaan lees net Bees se oorspronklike bydrae
>> oor die wiskundekwessie. Hy gee nie net die sekondêre bron aan wat hy
>> geraadpleeg het nie, maar noem ook die oorspronklike bron - en die verwysing
>> na die oorspronklike bron is korrek, so ver ek weet.
>
> Ek dink jy is in die war. Niemand hier het nog die bronverwysing
> gegee nie.
Op 7 September skryf Bees:
*****************************************
Nou ja Leendert :
"What is the use of teaching a bantu child mathematics?" Verwoerd, in 'n
toespraak in die Senaat, Junie 1954. (Bespreek in "The White Tribe of
Africa" deur Harrison, p. 190 en verder.) QED.
******************************************
Pas dit jou nie as bronverwysing nie?
(Nou dat ek dit weer sien: ek dink Harrison se verwysing na die primôre bron
is verkeerd. Webb gebruik 'n ander een :-)
>
>> En ja, Simon: "die meester" sal graag vir jou sê wat hy weet. Jy moet net
>> leer om mooi te vra as jy sy samewerking wil hê. Dis maar soos met enige
>> ander mens, weet jy?
>
> Ja my baas. Askies my baas. Ek vra groot asseblief my baas.
OK, probeer Verwoerd se toespraak in die tweede lesingsdebat oor die
Wetsontwerp op Bantoe-onderwys voor die _Volksraad_ (nie die Senaat nie) op
17 September in 1953 (nie 1954 nie)
Vriendelike groete, Baas.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:01 UTC 2025
|