| Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #26988] |
Ma., 04 Oktober 1999 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
|
Senior Lid |
|
|
Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
Wouter Basson se verhoor?
Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
Basson se dade.
|
|
|
|
| Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #26991 is 'n antwoord op boodskap #26988] |
Ma., 04 Oktober 1999 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Ferdi Greyling wrote:
> Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
> wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
> Wouter Basson se verhoor?
>
> Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
> Basson se dade.
Nee, het nog niks hiervan onlangs gesien in die Globe and Mail nie.Wat
was die ou se naam nou weer?
Lees gister oor Wouter Basson: dat hy iets wou toets wat blykbaar
die vel sleg sou affekteer. Toe toets hulle dit uit op drie mense van
Kwazulu-Natal. (Raai van watter etniese oorsprong daardie drie
was.) Die middel wat hulle toets werk toe nie - geen ongemak by
die drie proefkonyne nie. Toe vat hulle maar die drie en drop hulle
uit 'n vliegtuig in die see.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27019 is 'n antwoord op boodskap #26988] |
Di., 05 Oktober 1999 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Ferdi Greyling wrote:
> Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
> wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
> Wouter Basson se verhoor?
>
> Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
> Basson se dade.
Ek het toe gisteraand na die CBC se spesiale verslag
gekyk oor Dr. Jack Bothma van North Battleford in
Saskatchewan. Dis 'n klein dorpie op die prairies
waar Dr. Bothma die laaste vier en 'n half jaar n
ortopediese spesialis is. Blykbaar mag hy nog net tot
Januarie daar bly. Hy was glo vyf jaar gegee om die
eksamens deur te kom wat hom 'n permanente lisensie
sou gee om as dokter te praktiseer, en hy het dit gedruip.
Hulle het ook bevestig dat hy blykbaar as staatsgetuie
gaan optree in die hofsaak teen Wouter Basson.
Ek lees gister toe ook in Beeld van 'n ander man wat
ook staatsgetuie teen Wouter Basson gaan wees. Hy is
Dr. Frederik Botha, voormalige mediese koördineerder
van die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), waar hy
glo onder die aliasse Koos en Frans opgetree het. Hy
het glo die middel digoksien aan mr. Slang van Zyl gegee
om Dullah Omar te vermoor. By 'n ander geleentheid het
hy ook 'n aapfetus, wat deur Dr. Stiaan Wandrag in n
keisersnee verwyder is, in ontvangs geneem. Hierdie
fetus is toe aan 'n boom by Desmond Tutu se huis opgehang,
blykbaar deur BSB lede.
Wat vir my spesiaal interessant is, is dat Frederick Botha
die seun is van Elize en J.P. Botha. Ek en my man was albei
op Stellenbosch toe hulle nog studente daar was. Sy was toe
bekend as Elize Lindes. Sy is vandag kanselier van die
Universiteit van Stellenbosch. Sy het haar doktorsgraad in
Nederland behaal met 'n proefskrif oor Opperman se Die
Sprokie van die Spikkelkoei. Hier volg die woorde van die
Sprokie van die Spikkelkoei.
Uit holtes van 'n boom
het kuddes vee gekom,
toe kies my broer
die spikkelkoei vir hom.
Ek stoot hom oor 'n krans,
Hy val in 'n mik,
toe het 'n kraai
op die spikkelkoei gaan sit.
Smeer vet aan 'n klip,
korrel fyn, moenie kwes,
toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes -
sak 'n duisend kraaie
oor die bloed, oor die klip
O waar sal ek skuil
teen die stippels wat pik.
Elize Botha het glo eenkeer vir Opperman uitgevra na
die herkoms van die sprokie, en Opperman het vir haar
vertel dat dit haar werk is om uit te vind. Min het sy
seker geweet hoe profeties hierdie sprokie vir die gang
van haar eie familie-gebeure sou word.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
| Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27075 is 'n antwoord op boodskap #26988] |
Wo., 06 Oktober 1999 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Francois de Wet wrote:
> dit is seker "payback" vir die ander vliegtuigie wat ons laat val het.
So jy neem aan dat dit die apartheidsregime was wat verantwoordelikwas vir die
vliegtuigongeluk waarin Samora Machel gesterf het?
Interessant.
> Ek dink egter nie Kanada het soortgelyke probleme as SA nie.
>
>
Wat weet jy van Kanada se probleme? Weet jy dat daar mense iswat op mekaar skiet
in die Maritimes op die oomblik?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27078 is 'n antwoord op boodskap #26988] |
Wo., 06 Oktober 1999 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Francois de Wet wrote:
> Gloudina,
>
> Jy het seker lekker na Nelson se toesprake geluister daar in Ottawa. Ek het
> dit na die tyd gelees en nie veel daarvan gedink, veral nie die sogenaamde
> samewerking tussen SA en Kanada....
Ek was, liewe Francois, by die huis van die Goewerneur Generaal toe Nelsonen
Graca ewe spoggerig met 'n kar en vier perde gearriveer het.
Ek dink jy sal jou verbaas hoe nou SA en Kanada saamwerk. Ek dink die
huidige SA regime sien Kanada as 'n staat met soortgelyke probleme en
'n omtrent dieselfde getal bevolking. Ek dink hulle vra baie raad by
Kanada. Die provinsie van New Brunswick is ook met die Noord Kaap
"getwin."
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27111 is 'n antwoord op boodskap #26988] |
Do., 07 Oktober 1999 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Francois de Wet wrote:
> Kanada het nie veel probleme nie, 'n paar dronk inboorlinge, 'n provinsie
> vol ongeskikte Franse, Cretien die cretin en te baie onwettige immigrante.
>
>
Sies, Francois. Ek hoop nie hulle laat jou weer in Kanada in nie.Jou ongeskikte
ding. Vandag is 'n nuwe Goewerneur-Generaal
ingesweer - van Chinese oorsprong, 'n vlugteling immigrant as kind
van Hong Kong af. Hier is nie meer plek vir whiteys soos jy nie.
As jy my land en sy inwoners so beledig, dink ek dat ek jou by
Immigrasie moet gaan aankla.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27171 is 'n antwoord op boodskap #26988] |
Vr., 08 Oktober 1999 00:00  |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
Ghwahahahah, Gloudina beskryf haarself as 'n "shrinking violet"! What
next?
@sympatico.ca wrote in article ...
> Adam, I have already packed your telephone number, and was going to phoneyou,
> while posing as a shrinking violet on this newsgroup. But please, tell
us
> Gloudina
|
|
|
|