| taalmonument 'meer toeganklik'??? [boodskap #26900] |
Wo., 29 September 1999 00:00  |
Jaco Strauss
Boodskappe: 1 Geregistreer: September 1999
|
Junior Lid |
|
|
Alles wat Afrikaans is moet in die slag bly om sg "multi-lingualism" te
bevorder. Die afskaling van Afrikaans en die beweeg in die rigting van 'n
enkel-taal kultuur in SA is egter al wat behaal word.
Niemand wil bv die 1820 setlaarsmonument verander nie. Niemand kla oor UCT
wat net eng is nie, maar dat Sbosch net Afr is, is blykbaar 'n probleem. Die
ou geykte 11 taal storie is net 'n manier om Afrikaans te 'nail'
Antwoord net dit: Is SA nou (de facto) meer veeltalig sedert ons 11
amptelike tale het as toe ons 2 gehad het?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: taalmonument 'meer toeganklik'??? [boodskap #27206 is 'n antwoord op boodskap #26900] |
So., 10 Oktober 1999 00:00  |
Samuel Murray
Boodskappe: 66 Geregistreer: September 1999
|
Volle Lid |
|
|
Skellembos is meer afferkaans as wat jy dink. Ek't onlang 'n webwerf
ontwerp vir 'n society daar en hulle was die horries in oor die vermenging
van die engels en afferkaans. Ek weet ook, want ek proeflees en vertaal
soms dinge vir die uni, lat as 'n mens vir *hulle* werk doen of werk doen
wat *hulle* dalk gaan lees, 'n mens maar mooi moet let op akademieafferkaans
en verkrampte (ek meen die woord nie in sy negatiewe sin nie) tradisionele
dingetjies. Wel, eentlik gee ek nie om nie... 'n mens doen mos maar net
jou werk :)))
Darryl E. Jacobs skryf in boodskap news:7t873o$e47$1@news.is.co.za...
> Stellenbosch Afrikaans? Waar kom jy daaraan... Die oorgrote meerderheid van
> die handboeke vir bv. die Natuurwetenskappe is in Engels. Baie klasse word
> in Engels aangebied. Gaste sprekers wat kom lesings aanbied is meer dikwels
> as nie Engels sprekend. Uitruil studente ens.
Jilll
--
NB : when I write here, I spell the way I speak,
but when I translate professionally, I write well.
Samuel Murray (translator and proofreader)
smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
or try my personal page http://ey.to.hey.to/
|
|
|
|