| "My Vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #26940] |
Vr., 01 Oktober 1999 00:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
MY VROU
Breyten Breytenbach
my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou
- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)
om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou
|
|
|
|
|
|
| Re: "My vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #38501 is 'n antwoord op boodskap #26940] |
Ma., 22 Januarie 2001 01:39  |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Gloudina.
Een van sy bestes.
Ek "cringe" nou nog as ek dink destyds, toe die regering
geweier het dat hy sy fyn, intellegente, beeldskone Vietnamese
vrou die land in kon bring. Nee, sy moes geklassifeer word as n "nie blanke"
Watter arrogansie. Watter bedreiging was daar. Mens kan net wonder . . . .
pop
skryf in boodskap news:3A6B88DD.19A5E25C@home.com...
MY VROU
Breyten Breytenbach
my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou
- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)
om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou
|
|
|
|