Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval
Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval [boodskap #26774] Do, 23 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek neem ons nuusgroep al so 'n rukkie waar. Volgens my
waarnemings, neem dit ongeveer 4 tot 6 poste voordat die eerste
persoonlike aanval geloods word, ongeag die onderwerp. (Sommige
gedigte, advertensies, ens. uitgesluit.)

Hier is 'n voorbeeld: So 'n wyle terug het ek en Leendert 'n
woordewisseling gehad oor Verwoerd en sy bydrae tot swart
onderwys. Leendert reken Verwoerd het eintlik die antwoorde gehad
vir die probleem, en ek glo Verwoerd was grotendeels die
probleem.

Toe Leendert niks meer kon opdis wat min of meer slim klink nie,
wend hy hom tot die ou staatmaker... die persoonlike aanval.

Hy sê toe van my: "Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry
van 'n tipiese Foreign Service Brat wat in Engelse Grammar
Schools of in 'n American School in een of ander hoofstad
skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in Affies of Paul
Roos om die agtergrond bietjie in te kleur."

Hier word iemand ge-stereotipeer net omdat hy die vermetelheid
het om nie met 'n self-aangestelde kuber-guru saam te stem nie.

Ek verag dit.

En jy het geen idee hoe verkeerd en arrogant jy is nie Leendert.

Bees.
Re: Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval [boodskap #26812 is 'n antwoord op boodskap #26774] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Ek neem ons nuusgroep al so 'n rukkie waar. Volgens my
> waarnemings, neem dit ongeveer 4 tot 6 poste voordat die eerste
> persoonlike aanval geloods word, ongeag die onderwerp. (Sommige
> gedigte, advertensies, ens. uitgesluit.)

Bees, Baby, dis eintlik skreeusnaaks!

Die gesprek waarop jy hier kommentaar lewer, het gegaan oor "Leendert,
Verwoerd, en Bronne" - 'n titel wat jy begin het.

Die vierde pos in die string is deur jou gemaak. In die betrokke bydrae
verskyn die volgende juweeltjie:

***********************

Aag, komaan Leendert. Asseblief. As jy regtig die aanhaling
(volledig of nie) so goed geken het, sou jy dit herken het, en
nie jou ou
wysneus-proffie-vir-die-eerstejaars-vinger-in-die-lug-snotty
opmerking gemaak het: "As jy wil beweer dat 'n vooranstaande wit leier
in _enige_ posisie so iets oor 'n swart kind gevra het, wil ek graag
die bronverwysing hê. (En ek is redelik bekend met
Verwoerd se uitsprake oor die onderwerp, hoor!)"

***********************

Maar dan squeel jy soos iets met horries, en skreeu "PERSOONLIKE
AANVAL" as ek die volgende plaas (_baie_ bydraes later):

> "Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry
> van 'n tipiese Foreign Service Brat wat in Engelse Grammar
> Schools of in 'n American School in een of ander hoofstad
> skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in Affies of Paul
> Roos om die agtergrond bietjie in te kleur."

Weet jy Bees, my oorle ouma sou nou gesê het: Moenie 'n Toet van
jouself maak nie!

Ek stem saam. Bees, Baby, moenie 'n Toet van jouself maak nie!

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval [boodskap #26813 is 'n antwoord op boodskap #26774] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" skryf:
> Ek neem ons nuusgroep al so 'n rukkie waar. Volgens my
> waarnemings, neem dit ongeveer 4 tot 6 poste voordat die eerste
> persoonlike aanval geloods word, ongeag die onderwerp. (Sommige
> gedigte, advertensies, ens. uitgesluit.)

Dan is daar natuurlik ook nog dié onder ons wat verskriklik
dankbaar is as hulle iets waarneem wat hulle (ten regte of
ten onregte) as 'n persoonlike aanval kan voorhou - sodat
hulle die aandag kan aflei van 'n argument waar hulle die
onderspit delf.

> Hier is 'n voorbeeld: So 'n wyle terug het ek en Leendert 'n
> woordewisseling gehad oor Verwoerd en sy bydrae tot swart
> onderwys. Leendert reken Verwoerd het eintlik die antwoorde gehad
> vir die probleem, en ek glo Verwoerd was grotendeels die
> probleem.

Dis nie duidelik of jy werklik nie geweet het waarvan jy
praat nie, Bees, en of jy doelbewus 'n false weergawe gee
van wat gebeur het nie, maar:

Ek het hoegenaamd nie daarby uitgekom om die resultaat van
Verwoerd se beleid te evalueer nie. Ek het my ook nie
daaroor uitgespreek nie.

Ek was nog bloot besig om te bepaal wat die feite was met
betrekking tot Verwoerd se beleid en die uitvoering daarvan.

Maar dit lyk asof jy verkies om tot gevolgtrekkings te kom
sonder om jou van die feite te vergewis?

> Toe Leendert niks meer kon opdis wat min of meer slim klink nie,
> wend hy hom tot die ou staatmaker... die persoonlike aanval.
> Hy sê toe van my: "Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry
> van 'n tipiese Foreign Service Brat wat in Engelse Grammar
> Schools of in 'n American School in een of ander hoofstad
> skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in Affies of Paul
> Roos om die agtergrond bietjie in te kleur."
> Hier word iemand ge-stereotipeer net omdat hy die vermetelheid
> het om nie met 'n self-aangestelde kuber-guru saam te stem nie.

Geensins nie. _Jy_ het die kwessie te berde gebring: Jy wou
weet of ek en jy in dieselfde plek gewoon het. Ek het bloot
verklaar waar ek gewoon het (in SA, met die uitsondering
van twee jaar) en my indruk gegee van waar jy moes gewoon
het om die stel vooroordele te ontwikkel waaronder jy ly.

En verder: Ek het geen beweringe oor jou gemaak in die
aangehaalde stuk nie. Ek het baie duidelik my subjektiewe
indrukke van jou optrede beskryf: "Waar dit jou aangaan,
het ek die indruk gekry..."

As my indruk verkeerd is, is jy welkom om my te korrigeer!

> Ek verag dit.

Jou sterk reaksie op my subjektiewe indrukke suggereer
natuurlik dat hulle miskien nie so ver van die werklikheid
is as wat jy wil voorgee nie, né!

> En jy het geen idee hoe verkeerd en arrogant jy is nie
> Leendert.

Jy is reg. Ek weet nie hoe verkeerd ek is nie. As jy my
voorsien van feite (oor Verwoerd se onderwysbeleid of oor
jou woonplekke) waarvan ek nie bewus is nie, kan ek uitvind
hoe verkeerd ek is.

Maar jy is nie net reg nie - jy is ook verkeerd:

Ek weet hoe arrogant ek is. Ek raak meesal arrogant teenoor
wysneuse wat feite verdoesel sodat hulle hul vooroordele
ongeskonde kan bewaar.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval [boodskap #26830 is 'n antwoord op boodskap #26774] Sa, 25 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7sglhf$kh1$1@nnrp1.deja.com...
>
> Die vierde pos in die string is deur jou gemaak. In die betrokke bydrae
> verskyn die volgende juweeltjie:

knip

Ja, Leendert. Jy sal ook onthou dat ek gereageer het op 'n
opmerking vanuit jou pen. Ek het dit "offensief" genoem.

Groete

Bees

>
> ***********************
>
> Aag, komaan Leendert. Asseblief. As jy regtig die aanhaling
> (volledig of nie) so goed geken het, sou jy dit herken het, en
> nie jou ou
> wysneus-proffie-vir-die-eerstejaars-vinger-in-die-lug-snotty
> opmerking gemaak het: "As jy wil beweer dat 'n vooranstaande wit leier
> in _enige_ posisie so iets oor 'n swart kind gevra het, wil ek graag
> die bronverwysing hê. (En ek is redelik bekend met
> Verwoerd se uitsprake oor die onderwerp, hoor!)"
>
> ***********************
>
> Maar dan squeel jy soos iets met horries, en skreeu "PERSOONLIKE
> AANVAL" as ek die volgende plaas (_baie_ bydraes later):
>
>> "Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry
>> van 'n tipiese Foreign Service Brat wat in Engelse Grammar
>> Schools of in 'n American School in een of ander hoofstad
>> skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in Affies of Paul
>> Roos om die agtergrond bietjie in te kleur."
>
> Weet jy Bees, my oorle ouma sou nou gesê het: Moenie 'n Toet van
> jouself maak nie!
>
> Ek stem saam. Bees, Baby, moenie 'n Toet van jouself maak nie!
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
Re: Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval [boodskap #26831 is 'n antwoord op boodskap #26774] Sa, 25 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> news:15d84bec.84189091@usw-
>
>> As my indruk verkeerd is, is jy welkom om my te korrigeer!
>
> En jy verwag ek gaan my persoonlike details op die net bespreek?
> Komaan.

Anders as jy, verskaf ek 'n geldige epos-adres by al my bydraes.

>
>> Jou sterk reaksie op my subjektiewe indrukke suggereer
>> natuurlik dat hulle miskien nie so ver van die werklikheid
>> is as wat jy wil voorgee nie, né!
>
> Nee Leendert, ek het dit eintlik teen jou stereotipering. En - in
> elk geval - daar is nie eers 'n element van waarheid in jou jou
> ou stukkie vrot aas nie. Weereens, ek gaan nie persoonlike
> details korrigeer nie. Hemel, jy onderskat mense. En oorskat
> jouself, vermoed ek.

Dis OK. Die indruk wat ek gekry het bestaan steeds. En 'n paar ander
ook :-)

>
>> Vriendelike groete, Leendert
>
> Is daar 'n ander soort groete?

O ja! Om die waarheid te sê, daar is verskillende soorte "vriendelike
groete" :-)

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval [boodskap #26832 is 'n antwoord op boodskap #26774] Sa, 25 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
news:15d84bec.84189091@usw-

> As my indruk verkeerd is, is jy welkom om my te korrigeer!

En jy verwag ek gaan my persoonlike details op die net bespreek?
Komaan.

> Jou sterk reaksie op my subjektiewe indrukke suggereer
> natuurlik dat hulle miskien nie so ver van die werklikheid
> is as wat jy wil voorgee nie, né!

Nee Leendert, ek het dit eintlik teen jou stereotipering. En - in
elk geval - daar is nie eers 'n element van waarheid in jou jou
ou stukkie vrot aas nie. Weereens, ek gaan nie persoonlike
details korrigeer nie. Hemel, jy onderskat mense. En oorskat
jouself, vermoed ek.

> Vriendelike groete, Leendert

Is daar 'n ander soort groete?

Groete
Bees
Re: Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval [boodskap #26833 is 'n antwoord op boodskap #26774] Sa, 25 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
>
> Leendert van Oostrum wrote in message
> news:7sglhf$kh1$1@nnrp1.deja.com...
>>
>> Die vierde pos in die string is deur jou gemaak. In die
> betrokke bydrae
>> verskyn die volgende juweeltjie:
>
> knip
>
> Ja, Leendert. Jy sal ook onthou dat ek gereageer het op 'n
> opmerking vanuit jou pen. Ek het dit "offensief" genoem.

Dis waar. Dit was my opmerking dat ek redelik bekend is met aanhalings
van Verwoerd. Ek vind dit moeilik om te begryp hoe jy die opmerking as
aanstootlik kan beskou - veral aangesien ek direk daarna gedomonstreer
het dat ek die betrokke aanhaling nie net uit jou gegewe bron nie, maar
uit 'n ander, minder bekende bron kon bespreek.

In elk geval - hoe aanstoorlik jy die betrokke opmerking gevind het,
dink ek beswaarlik dat jy iemand sal kan oortuig dat dit 'n persoonlike
aanval daarstel - en persoonlike aanvalle is die onderwerp van jou
huidige gekerm.

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval [boodskap #26838 is 'n antwoord op boodskap #26774] So, 26 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> news:15d84bec.84189091@usw-
>
>> As my indruk verkeerd is, is jy welkom om my te korrigeer!
>
> En jy verwag ek gaan my persoonlike details op die net bespreek?
> Komaan.
>

Nee, nee, Bees Baby!

_Jy_ het jou woonplek aangevoer as die bron van jou gesag oor die
gehalte van die destydse Bantoe-onderwys.

Maar nou is jy so skugter soos 'n maagd oor waar hierdie woonplek dan
sou wees!

Tut......tut......tut........

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Vorige onderwerp: 'Pyn' - S J Pretorius
Volgende onderwerp: Hoekom is Gloudina altyd so bitter?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:33:03 MGT 2024