Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir my vriend Ferdi - UDM en FA se "samesmelting"
Vir my vriend Ferdi - UDM en FA se "samesmelting" [boodskap #26651] Wo, 22 September 1999 00:00 na volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi

Hoe lyk dit my jy lees self nie die Beeld nie? Ek't toe eintlik
uitgewerk hoe Naspers se oekmasjien werk en kry toe die aangehegte
berig.

Onthou jy die gesprekkie:
>> LOU> Saamgesmelt - o saamgesmelt soos in Inkatha en die ANC se resep?

> FERDI> Nee Lou.
> FERDI> Die ANC en Inkatha het nie saamgesmelt nie. Hulle het bloot sekere
> FERDI> samewerkingsooreenkomste.
> FERDI> Die UDM en Luyt se party het egter wel saamgesmelt.

UDM an FA saamgesmelt?? Waar sien jy dit? Haal jy nou Gloudina se
streke hier uit?

Cheers
Lou

____________________________________________________________ ______

UDM en FA werk saam Ander partye `nie uitgesluit by opposisieplan'
Vrydag 13 Augustus 1999 Johannesburg Finaal Bladsy 2

– Nick Bezuidenhout en Pieter Malan –
Kaapstad. Die UDM van mnr. Bantu Holomisa en die Federale Alliansie (FA)
van dr. Louis Luyt gaan in die parlement saamwerk met die oog op die
herskikking van die politieke toneel in Suid-Afrika, wat volgens hulle
kan uitloop op die stigting van 'n nuwe politieke party kort voor die
2004-verkiesing.
Ander opposisiepartye het die ooreenkoms verwelkom, maar het nie so ver
gegaan om 'n herskikking te onderskryf nie.

Holomisa en Luyt het op 'n gesamentlike nuuskonferensie aangekondig hul
partye gaan 'n ``werksverhouding'' in die parlement op die been bring,
wat 'n gesamentlike benadering tot parlementêre kwessies insluit asook
gesamentlike koukusvergaderings ``waar nodig''.

Te midde van baie gepraat rondom opposisiesamewerking vóór en ná die
verkiesing van 2 Junie, is dié aankondiging veral oor die beoogde
gesamentlike koukusvergaderings tot dusver een van die mees konkrete
stappe in dié rigting.

Veral Holomisa het gister sterk klem gelê op die nodigheid vir 'n
``herskikking van Suid-Afrika se politieke landskap'' 'n term wat verwys
na die afbreek van rasgebaseerde stempatrone.

Hy het in antwoord op 'n vraag gesê die UDM het die FA eerste genader
omdat Luyt dié herskikking ook voorstaan.

Hy het gesê die UDM het nog geen ander politieke partye genader nie,
maar is buigbaar in dié verband en stel nie voorwaardes oor met wie hy
wil praat nie. In 'n gesamentlike verklaring sê die leiers hulle is van
plan om verder te praat met politieke partye, politici en nie-politieke
groeperinge ``om momentum te gee aan die herskikking van politiek in
Suid-Afrika''.

Beeld verneem egter dat gesprekke reeds gevoer word met sekere ander
partye en individuele politici.

Oor die feit dat samesmelting tussen partye bemoeilik word deurdat
partye wat ontbind word hul setels in die parlement verloor, het
Holomisa gesê 'n konvensie kan dalk later gehou word waar partye
ooreenkom om saam te werk en dan ontbind te word net vóór die volgende
verkiesing.

Hy het gesê samewerking moet nie net gaan oor ``die blote saamgroepering
van opposisiepartye teen die ANC nie'', maar om op die ou end 'n
``alternatiewe regering'' te kan wees.

Die UDM en FA het nog nie besonderhede bespreek rondom die moontlike
verdeling van komiteewerk en spreekbeurte in die parlement en hoe
volgende jaar se munisipale verkiesing benader gaan word nie.

``Die samewerking raak nie die onafhanklikheid van die twee partye in
terme van beleid en organisering op nasionale en provinsiale vlak nie,''
lui die gesamentlike verklaring.

Die UDM het sestien parlementslede en die FA twee.

Die DP het gesê hy is verbind tot samewerking tussen opposisiepartye.
``Ons is in die proses om private samesprekings tussen leiers te reël om
vas te stel watter verdere vordering moontlik is en of ander
opposisiepartye wil saamwerk.''

Die NNP het gesê hy verwelkom alle pogings wat stukrag sal gee aan
opposisiesamewerking wat gegrond is op gedeelde waardes en beleid.

Die PAC het gesê hy is nie oor samewerking genader nie, maar sal dit na
sy ondersteuners neem vir oorweging. ``As ons oor samewerking of eenheid
gesels, moet dit 'n beginselbasis hê en 'n doel dien.''
Re: Vir my vriend Ferdi - UDM en FA se "samesmelting" [boodskap #26798 is 'n antwoord op boodskap #26651] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 10:23:59 +0200, lou  wrote:

Nou wat het dan nou geword van jou storie dat Luyt en die ANC hand om
die blaas is Lou??

Nie mooi geweet wat jy se nie, ne?

En voorts, lees jy nou weer 'n slag die berig wat jy hier geplaas het.
In politieke taal Lou, is dit: "Ons gaan saamsmelt maar ons kan dit
nog nie nou al se nie want n paar goed moet nog uitgewerk word...."

Maar lyk my nie daar gaan veel van die UDM oor wees om saam te smelt
nie. Hulle hardloop almal weg vir Luyt.

<<Hoe lyk dit my jy lees self nie die Beeld nie? Ek't toe eintlik
>uitgewerk hoe Naspers se oekmasjien werk en kry toe die aangehegte
>berig.

>UDM en FA werk saam Ander partye `nie uitgesluit by opposisieplan'

>Vrydag 13 Augustus 1999 Johannesburg Finaal Bladsy 2
>
> – Nick Bezuidenhout en Pieter Malan –
> Kaapstad. Die UDM van mnr. Bantu Holomisa en die Federale Alliansie (FA)
> van dr. Louis Luyt gaan in die parlement saamwerk met die oog op die
> herskikking van die politieke toneel in Suid-Afrika, wat volgens hulle
> kan uitloop op die stigting van 'n nuwe politieke party kort voor die
> 2004-verkiesing.
> Ander opposisiepartye het die ooreenkoms verwelkom, maar het nie so ver
> gegaan om 'n herskikking te onderskryf nie.
>
> Holomisa en Luyt het op 'n gesamentlike nuuskonferensie aangekondig hul
> partye gaan 'n ``werksverhouding'' in die parlement op die been bring,
> wat 'n gesamentlike benadering tot parlementêre kwessies insluit asook
> gesamentlike koukusvergaderings ``waar nodig''.
>
> Te midde van baie gepraat rondom opposisiesamewerking vóór en ná die
> verkiesing van 2 Junie, is dié aankondiging veral oor die beoogde
> gesamentlike koukusvergaderings tot dusver een van die mees konkrete
> stappe in dié rigting.
>
> Veral Holomisa het gister sterk klem gelê op die nodigheid vir 'n
> ``herskikking van Suid-Afrika se politieke landskap'' 'n term wat verwys
> na die afbreek van rasgebaseerde stempatrone.
>
> Hy het in antwoord op 'n vraag gesê die UDM het die FA eerste genader
> omdat Luyt dié herskikking ook voorstaan.
>
> Hy het gesê die UDM het nog geen ander politieke partye genader nie,
> maar is buigbaar in dié verband en stel nie voorwaardes oor met wie hy
> wil praat nie. In 'n gesamentlike verklaring sê die leiers hulle is van
> plan om verder te praat met politieke partye, politici en nie-politieke
> groeperinge ``om momentum te gee aan die herskikking van politiek in
> Suid-Afrika''.
>
> Beeld verneem egter dat gesprekke reeds gevoer word met sekere ander
> partye en individuele politici.
>
> Oor die feit dat samesmelting tussen partye bemoeilik word deurdat
> partye wat ontbind word hul setels in die parlement verloor, het
> Holomisa gesê 'n konvensie kan dalk later gehou word waar partye
> ooreenkom om saam te werk en dan ontbind te word net vóór die volgende
> verkiesing.
>
> Hy het gesê samewerking moet nie net gaan oor ``die blote saamgroepering
> van opposisiepartye teen die ANC nie'', maar om op die ou end 'n
> ``alternatiewe regering te kan wees.
>
> Die UDM en FA het nog nie besonderhede bespreek rondom die moontlike
> verdeling van komiteewerk en spreekbeurte in die parlement en hoe
> volgende jaar se munisipale verkiesing benader gaan word nie.
>
> ``Die samewerking raak nie die onafhanklikheid van die twee partye in
> terme van beleid en organisering op nasionale en provinsiale vlak nie,

> lui die gesamentlike verklaring.
>
> Die UDM het sestien parlementslede en die FA twee.
>
> Die DP het gesê hy is verbind tot samewerking tussen opposisiepartye.
> ``Ons is in die proses om private samesprekings tussen leiers te reël om
> vas te stel watter verdere vordering moontlik is en of ander
> opposisiepartye wil saamwerk.''
>
> Die NNP het gesê hy verwelkom alle pogings wat stukrag sal gee aan
> opposisiesamewerking wat gegrond is op gedeelde waardes en beleid.
>
> Die PAC het gesê hy is nie oor samewerking genader nie, maar sal dit na
> sy ondersteuners neem vir oorweging. ``As ons oor samewerking of eenheid
> gesels, moet dit 'n beginselbasis hê en 'n doel dien.''
Re: Vir my vriend Ferdi - UDM en FA se "samesmelting" [boodskap #26849 is 'n antwoord op boodskap #26651] Ma, 27 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , ferd...@icon.co.za
(Ferdi Greyling) wrote:
>  On Wed, 22 Sep 1999 10:23:59 +0200, lou
>  
>  wrote:
>  Nou wat het dan nou geword van jou storie dat Luyt en
>  die ANC hand om
>  die blaas is Lou??

My liewe Ferdi - ek het mos al hierop geantwoord maar ingeval jy die pos
gemis het 'n paar sleutel woorde - Douglas Gibson, Staande Komitee op
regsake, Luyt inplaas van Gibson. Dit was mos voorgestel en deurgedruk
deur die ANC wat nie juis hoë dunk van Luyt se regs vermoëns het nie.
Moet ek weer verduidelik of onthou jy nou?

>  Nie mooi geweet wat jy se nie, ne?

Sjym Ferdi - lees tog 'n slag 'n koerant!

>  En voorts, lees jy nou weer 'n slag die berig wat jy
>  hier geplaas het.
>  In politieke taal Lou, is dit: "Ons gaan saamsmelt
>  maar ons kan dit
>  nog nie nou al se nie want n paar goed moet nog
>  uitgewerk word...."

Oeps Ferdi-voet-in-die-mond (ALWEER)- kom ek verwys jou na jou woorde
van so 'n paar poste gelede:

Lou> Saamgesmelt - o saamgesmelt soos in Inkatha en die ANC se resep? >>

Ferdi >Nee Lou. Die ANC en Inkatha het nie saamgesmelt nie.
Ferdi> Hulle het bloot sekere samewerkingsooreenkomste.
Ferdi> Die UDM en Luyt se party het egter wel saamgesmelt.

Hoe proe daai tekkie? So die ANC en Inkatha het ook nog net "'n paar
goed wat moet uitgewerk word"? Of sien jy dit selektief anders? Hulle
het dus NOG NIE SAAMGESMELT nie - en jy ou maatjie - het vir ons
ge-gloudina!!!

> <<Hoe lyk dit my jy lees self nie die Beeld nie?

Is dit net ek of is hier 'n eggo hier rond.
Re: Vir my vriend Ferdi - UDM en FA se "samesmelting" [boodskap #26986 is 'n antwoord op boodskap #26651] Ma, 04 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote:
>
> In article , ferd...@icon.co.za
> (Ferdi Greyling) wrote:
>> On Wed, 22 Sep 1999 10:23:59 +0200, lou
>>
>> wrote:
>> Nou wat het dan nou geword van jou storie dat Luyt en
>> die ANC hand om
>> die blaas is Lou??
>
>> En voorts, lees jy nou weer 'n slag die berig wat jy
>> hier geplaas het.
>> In politieke taal Lou, is dit: "Ons gaan saamsmelt
>> maar ons kan dit
>> nog nie nou al se nie want n paar goed moet nog
>> uitgewerk word...."
>
> Oeps Ferdi-voet-in-die-mond (ALWEER)- kom ek verwys jou na jou woorde
> van so 'n paar poste gelede:
>
> Lou> Saamgesmelt - o saamgesmelt soos in Inkatha en die ANC se resep? >>
>
> Ferdi >Nee Lou. Die ANC en Inkatha het nie saamgesmelt nie.
> Ferdi> Hulle het bloot sekere samewerkingsooreenkomste.
> Ferdi> Die UDM en Luyt se party het egter wel saamgesmelt.
>
> Hoe proe daai tekkie? So die ANC en Inkatha het ook nog net "'n paar
> goed wat moet uitgewerk word"? Of sien jy dit selektief anders? Hulle
> het dus NOG NIE SAAMGESMELT nie - en jy ou maatjie - het vir ons
> ge-gloudina!!!
>
>
>> Is dit net ek of is hier 'n eggo hier rond.

Halooooooo!!! Ferdi??????
Vorige onderwerp: Persverklaring: Palet Roadshow
Volgende onderwerp: Hulp oor oud presidente
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 01:30:47 MGT 2024