Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor die howe,politici en dinge.
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26752 is 'n antwoord op boodskap #26421] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert,

Ek is seker die ouens van die SAMP projek sal dit op hulle website plaas.
Die moeilikste deel is om iemand te kry om dit oor te tik , want OCR werk
nie so lekker nie. Daar is wel baie dokumente beskikbaar, krap maar 'n
bietjie rond.....

Kyk hier http://www.law.wits.ac.za/

of http://www.queensu.ca/samp/

alles en nog wat http://wwwdti.pwv.gov.za/dtiwww/SALinks.htm

Sal jou se as dit iewers beskikbaar is.

Francois

Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Francois de Wet wrote in message ...
>
>>>
>> Klink my jy het 'n aap van jou eie beet. Sal laat weet as daar iets is wat
>> van toepassing is.
>
>
> Kan jy 'n elektroniese weergawe van julle uitspraak kry?
>
> Dit klink na 'n nuttige dokument, en so ver ek kan vasstel is die Kaapse
> Hoërhof se uitsprake nog nie op die web nie.
>
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26753 is 'n antwoord op boodskap #26421] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Want sy wassie hie ommit te sien te hoo 'ie!
(In defense van Gloudsie, maar sy sal moet bykom...)

Wat van die Rustenburg kerkeberaad waar daar nie net vanaf die NG kerk se
kant belydenis gedoen is van sonde van die verlede nie, maar ook vanaf die
kant van die Anglikaanse en ander kerke om wedersyds mekaar te vergewe vir
die sondes van die verlede?

Die NG kerk het hom weliswaar die argwaan van 'n hele klomp mense op die
hals gehaal deur sy waagmoed om dit te doen. Daarop het die ander
kerkgroepe se leiers gereageer (respond) dat hulle ook skuldig is aan
dieselfde sonde, maar dat hulle onvergewensgesind was teenoor die Afrikaanse
kerke vir hulle kondonering van die ooglopende sonde wat gepleeg is. So
albei kante van die polonie is raakgesien, en het bymekaar uitgekom in
liefde, en kon daarvandaan weggaan met 'n vernieude belydenis van wat die
ligaam van Christus in wese veronderstel is om te wees. So who's perfect?.

Ons kan tot in der ewigheid toe aanhou met verskoning vra, om vergiffenis
pleit, en wat ookal mense wil dink om te doen. DIT KAN ONGELUKKIG NIE DIE
DADE/AKSIES VAN DIE VERLEDE OMKEER NIE.
Dit is egter 'n beginpunt om te kan sê: "ek is jammer" maar dan lê die
uitdaging by die mense self om te om te draai en vorentoe te kyk en te
onthou uit die lesse van die verlede, en saam te bou aan 'n samelewing
waarin die foute van die verlede nie weer herhaal kan of sal word nie. Is
nie altyd so lekker nie, maar sal ons kinders se kinders eendag kan sê dat
die besluite wat ouma se geslag geneem het goeie belsuite was vir ons?
Watter samelewing sal ek en jy aan ons kinders se kinders nalaat?

Die volgende illustrasie:
Twee kleuters/kinders mors in 'n modderbad. Ma bad hulle en was die modder
af, trek vir hulle skoon klere aan en verbie hulle by die modderbad. As die
modderbad nie 'ontmodder' word nie, hoe lankj dink jy gaan die twee skoon
bly voor hulle weer daarin gaan speel?

Lekker om te bly moddergooi as jy nog modder het om te gooi. Onthou net
modder word droog, en as dit droog is, is dit maar net grond wat droog is.

Johan wrote in message ...
> On Wed, 22 Sep 1999 17:46:22 GMT, @sympatico.ca wrote:
>
> |Watter apartheidsvark het al om verskoning gevra?
> |
> Die TRC het volgesit - sien, jy is nie so goed ingelig as wat jy dink
nie...
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26754 is 'n antwoord op boodskap #26421] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek laaik die modder illustrasie - Ek het het 'n ou tante wat eendag gese het
sy laaik net om vuil kinders te was, want dan kan jy sien waar dit vuil was.

> Die volgende illustrasie:
> Twee kleuters/kinders mors in 'n modderbad. Ma bad hulle en was die modder
> af, trek vir hulle skoon klere aan en verbie hulle by die modderbad. As die
> modderbad nie 'ontmodder' word nie, hoe lankj dink jy gaan die twee skoon
> bly voor hulle weer daarin gaan speel?
>
Eendag sal SA moet leer om met sy geskiedenis te leer leef. Amper soos die
standbeeld van Vicky in Kaapstad wat nogsteeds staan, selfs na nie
konsentrasie kampe. Die ANC regering gaan nie om leef en laat leef nie ; en
sal ook nie kan vergeef en vergeet nie.

> Lekker om te bly moddergooi as jy nog modder het om te gooi. Onthou net
> modder word droog, en as dit droog is, is dit maar net grond wat droog is.
>
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26755 is 'n antwoord op boodskap #26421] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wie sal jy aanbeveel ? Ek het nie baie vriende in die Media nie.

Weet nie mooi waar om te begin nie. Iets soos 'n "letter to the Editor" of
meer drasties ?

My vriende in die Kaap het laas in die wind en weer betoog en net E-TV het
opgedaag.

Ek dink ek is te vurig.....

Francois de Wet

Samuel Murray wrote in message ...
>
> Jy moet die meerderheid laat dink dat *jy* in die meerderheid is. En jy kan
> dit doen deur die media.
>
> Francois de Wet wrote in message
> news:7s7s2r$g7v$1@news.is.co.za...
>
>> Jy het so mooi verduidelik. Dankie. My probleem is nog steeds dieselfde -
>> hoe verander 'n mense wetgewing as jy in die minderheid is ?
>
>
> Jilll
>
> --
> NB : when I write here, I spell the way I speak,
> but when I translate professionally, I write well.
>
> Samuel Murray (translator and proofreader)
> smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
> http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
> or try my personal page http://ey.to.hey.to/
>
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26756 is 'n antwoord op boodskap #26421] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Francois de Wet wrote in message ...

>
> Ek kon nog nie iemand in die palement oorreed nie, NP en DP het al belowe,
> maar het nog niks gedoen nie......."wait till after the elections" ens.

Moenie te veel hoop sit op die NP nie. Selfs voor die verkiesing, toe hulle
nog baie LP's en personeel gehad het, was hulle "werklading te hoog".

Nou is hulle meer bedeesd, maar hulle het nog steeds nie geleer om te werk
nie, soos dit my lyk.

>
>
> Ek het selfs die ANC gevra vir hulp ; daar het niks daarvan gekom nie.
>

Moenie die ANC weggooi nie. Die triek met die ANC is om die regte mense daar
te kry - hulle verskil onderling baie wat hul standpunte betref. Jy soek
mense wat simpatie het met jou saak, maar wat ook die oortuigingsvermoë (bv
magsposisie, welsprekendheid of ander invloed) het om hul kollegas te
oortuig. ANC's met witvelle kan jy in die algemeen maar vergeet. Hulle het
geen invloed nie.

>>
> Eerste keer dat iemand van hierdie NG my 'n patriotiese burger noem.
> Laas wou Ferdi my nog die land uitgooi...
>

Hou so aan - dalk verander selfs Ferdi sy standpunt :-)
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26757 is 'n antwoord op boodskap #26421] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Francois de Wet wrote in message ...

>>
> Klink my jy het 'n aap van jou eie beet. Sal laat weet as daar iets is wat
> van toepassing is.

Kan jy 'n elektroniese weergawe van julle uitspraak kry?

Dit klink na 'n nuttige dokument, en so ver ek kan vasstel is die Kaapse
Hoërhof se uitsprake nog nie op die web nie.
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26808 is 'n antwoord op boodskap #26421] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Daar is nog baie meer , ek sal in my "favourites " moet gaan krap vir jou.

Francois

Leendert van Oostrum wrote in message
...
> In article , "Francois de Wet"
> wrote:
>> Leendert,
>> Ek is seker die ouens van die SAMP projek sal dit op
>> hulle website plaas.
>> Die moeilikste deel is om iemand te kry om dit oor te
>> tik , want OCR werk
>> nie so lekker nie. Daar is wel baie dokumente
>> beskikbaar, krap maar 'n
>> bietjie rond.....
>> Kyk hier http://www.law.wits.ac.za/
>> of http://www.queensu.ca/samp/
>> alles en nog wat
>> http://wwwdti.pwv.gov.za/dtiwww/SALinks.htm
>> Sal jou se as dit iewers beskikbaar is.
>> Francois
>
> Dankie.
>
> Ek ken die Wits webblad, maar het nog nie die ander een
> probeer nie.
>
> Leendert
>
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network
*
> The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
>
Vorige onderwerp: Louis Luyt. Die finale uitspraak.
Volgende onderwerp: Ferdi - oor taalgebruik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:42:00 MGT 2024