|
|
| Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26753 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Do., 23 September 1999 00:00   |
Thys de Wet
Boodskappe: 211 Geregistreer: Desember 2002
|
Senior Lid |
|
|
Want sy wassie hie ommit te sien te hoo 'ie!
(In defense van Gloudsie, maar sy sal moet bykom...)
Wat van die Rustenburg kerkeberaad waar daar nie net vanaf die NG kerk se
kant belydenis gedoen is van sonde van die verlede nie, maar ook vanaf die
kant van die Anglikaanse en ander kerke om wedersyds mekaar te vergewe vir
die sondes van die verlede?
Die NG kerk het hom weliswaar die argwaan van 'n hele klomp mense op die
hals gehaal deur sy waagmoed om dit te doen. Daarop het die ander
kerkgroepe se leiers gereageer (respond) dat hulle ook skuldig is aan
dieselfde sonde, maar dat hulle onvergewensgesind was teenoor die Afrikaanse
kerke vir hulle kondonering van die ooglopende sonde wat gepleeg is. So
albei kante van die polonie is raakgesien, en het bymekaar uitgekom in
liefde, en kon daarvandaan weggaan met 'n vernieude belydenis van wat die
ligaam van Christus in wese veronderstel is om te wees. So who's perfect?.
Ons kan tot in der ewigheid toe aanhou met verskoning vra, om vergiffenis
pleit, en wat ookal mense wil dink om te doen. DIT KAN ONGELUKKIG NIE DIE
DADE/AKSIES VAN DIE VERLEDE OMKEER NIE.
Dit is egter 'n beginpunt om te kan sê: "ek is jammer" maar dan lê die
uitdaging by die mense self om te om te draai en vorentoe te kyk en te
onthou uit die lesse van die verlede, en saam te bou aan 'n samelewing
waarin die foute van die verlede nie weer herhaal kan of sal word nie. Is
nie altyd so lekker nie, maar sal ons kinders se kinders eendag kan sê dat
die besluite wat ouma se geslag geneem het goeie belsuite was vir ons?
Watter samelewing sal ek en jy aan ons kinders se kinders nalaat?
Die volgende illustrasie:
Twee kleuters/kinders mors in 'n modderbad. Ma bad hulle en was die modder
af, trek vir hulle skoon klere aan en verbie hulle by die modderbad. As die
modderbad nie 'ontmodder' word nie, hoe lankj dink jy gaan die twee skoon
bly voor hulle weer daarin gaan speel?
Lekker om te bly moddergooi as jy nog modder het om te gooi. Onthou net
modder word droog, en as dit droog is, is dit maar net grond wat droog is.
Johan wrote in message ...
> On Wed, 22 Sep 1999 17:46:22 GMT, @sympatico.ca wrote:
>
> |Watter apartheidsvark het al om verskoning gevra?
> |
> Die TRC het volgesit - sien, jy is nie so goed ingelig as wat jy dink
nie...
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26756 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Do., 23 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Francois de Wet wrote in message ...
>
> Ek kon nog nie iemand in die palement oorreed nie, NP en DP het al belowe,
> maar het nog niks gedoen nie......."wait till after the elections" ens.
Moenie te veel hoop sit op die NP nie. Selfs voor die verkiesing, toe hulle
nog baie LP's en personeel gehad het, was hulle "werklading te hoog".
Nou is hulle meer bedeesd, maar hulle het nog steeds nie geleer om te werk
nie, soos dit my lyk.
>
>
> Ek het selfs die ANC gevra vir hulp ; daar het niks daarvan gekom nie.
>
Moenie die ANC weggooi nie. Die triek met die ANC is om die regte mense daar
te kry - hulle verskil onderling baie wat hul standpunte betref. Jy soek
mense wat simpatie het met jou saak, maar wat ook die oortuigingsvermoë (bv
magsposisie, welsprekendheid of ander invloed) het om hul kollegas te
oortuig. ANC's met witvelle kan jy in die algemeen maar vergeet. Hulle het
geen invloed nie.
>>
> Eerste keer dat iemand van hierdie NG my 'n patriotiese burger noem.
> Laas wou Ferdi my nog die land uitgooi...
>
Hou so aan - dalk verander selfs Ferdi sy standpunt :-)
|
|
|
|
|
|
| Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26808 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Vr., 24 September 1999 00:00  |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: Augustus 1999
|
Senior Lid |
|
|
Daar is nog baie meer , ek sal in my "favourites " moet gaan krap vir jou.
Francois
Leendert van Oostrum wrote in message
...
> In article , "Francois de Wet"
> wrote:
>> Leendert,
>> Ek is seker die ouens van die SAMP projek sal dit op
>> hulle website plaas.
>> Die moeilikste deel is om iemand te kry om dit oor te
>> tik , want OCR werk
>> nie so lekker nie. Daar is wel baie dokumente
>> beskikbaar, krap maar 'n
>> bietjie rond.....
>> Kyk hier http://www.law.wits.ac.za/
>> of http://www.queensu.ca/samp/
>> alles en nog wat
>> http://wwwdti.pwv.gov.za/dtiwww/SALinks.htm
>> Sal jou se as dit iewers beskikbaar is.
>> Francois
>
> Dankie.
>
> Ek ken die Wits webblad, maar het nog nie die ander een
> probeer nie.
>
> Leendert
>
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network
*
> The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
>
|
|
|
|