Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor die howe,politici en dinge.
Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26421] |
Fri, 17 September 1999 00:00  |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sorry vir die spelfoute, maar ek skryf foneties......
Niemand kan regtigwaar se dat hulle tevrede is met die toestand van die howe
of die kwaliteit van die uitsprake wat gelewer word nie.
Ek vind myself gebonde deur besluite van regters en politici wat voel hulle
weet beter wat goed is vir my gebaseer op die feit dat hulle die meerderheid
is. Kan nie meer skrywer se naam onthou nie, maar die ou het geskryf dat in
die 21ste eeu is daar nie meer plek vir "representative government " nie.
Almal het toegang tot dieselfde inligting om besluite vir hulself te neem.
Die idee is dood oor die hele wereld ons is besig om meer "tribal" te word.
Almal groepeer losweg of gestruktureerd in groepe: Te veel voorbeelde om te
noem - Internet (newsgroupes & sites), geloof , bevolkings groep, land van
herkoms, sport , werk ens.
Dink self oor met wie jy assosieer of eenheid voel. Is dit die mense met wie
jy saamwerk of is dit dalk jou geloof is is dit dalk eerder kultuur genote
met wie jy een voel en sal onder steun. Niemand sal dieselfde antwoord
nie.
Die UN het nou meer lidlande as ooit te vore, wat se dit. Al die oorloe
rondom die wereld gaan oor die feit dat ons meer "tribal" is as landsburgers
van 'n spesifieke land. Ierland, Bosnie, Rusland,Suid Afrika,Rwanda, Angola
etc. almal baklei omdat niemand kan saam leef nie. End of storie. Almal
soek "selfdetermination"; ek dink dit is in die mens ingebou om so te
reageer. Soos die storie van die skerpioen en die padda.
Sidney moet voorsiening maak vir nog 'n paar ekstra lande wat gaan ontpop
voor die volgende Olimpiese spele.
My punt is dus die volgende : Het ons regtigwaar 'n klomp onbekwame politici
nodig om geld te mors en besluite vir ons te neem.
Ek het meer respek vir hoerre as politici, laasgenoemde is uit en uit 'n
evolusionere parasiet. Sorry, ek weet dit is kras, maar dit is hoe ek voel.
Ek is seker party dink hulle doen goeie werk op hulle harte sit op die
regte plek, dit is egter die konsep van "politici" wat bankrot is.
Francois
|
|
|
|
|
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26533 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Mon, 20 September 1999 00:00   |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het moeilikheid verwag ; maar nie dat Ferdie weer die punt sal mis en
aandring op 'n verduideliking van alles wat ek skryf nie. Hy het nie verby
die eerste sin gelees nie.
Attention span of a ........
Francois
Francois de Wet wrote in message ...
> Sorry vir die spelfoute, maar ek skryf foneties......
>
> Niemand kan regtigwaar se dat hulle tevrede is met die toestand van die howe
> of die kwaliteit van die uitsprake wat gelewer word nie.
>
> Ek vind myself gebonde deur besluite van regters en politici wat voel hulle
> weet beter wat goed is vir my gebaseer op die feit dat hulle die meerderheid
> is. Kan nie meer skrywer se naam onthou nie, maar die ou het geskryf dat in
> die 21ste eeu is daar nie meer plek vir "representative government " nie.
> Almal het toegang tot dieselfde inligting om besluite vir hulself te neem.
> Die idee is dood oor die hele wereld ons is besig om meer "tribal" te word.
> Almal groepeer losweg of gestruktureerd in groepe: Te veel voorbeelde om te
> noem - Internet (newsgroupes & sites), geloof , bevolkings groep, land van
> herkoms, sport , werk ens.
>
> Dink self oor met wie jy assosieer of eenheid voel. Is dit die mense met wie
> jy saamwerk of is dit dalk jou geloof is is dit dalk eerder kultuur genote
> met wie jy een voel en sal onder steun. Niemand sal dieselfde antwoord
> nie.
>
> Die UN het nou meer lidlande as ooit te vore, wat se dit. Al die oorloe
> rondom die wereld gaan oor die feit dat ons meer "tribal" is as landsburgers
> van 'n spesifieke land. Ierland, Bosnie, Rusland,Suid Afrika,Rwanda, Angola
> etc. almal baklei omdat niemand kan saam leef nie. End of storie. Almal
> soek "selfdetermination"; ek dink dit is in die mens ingebou om so te
> reageer. Soos die storie van die skerpioen en die padda.
>
> Sidney moet voorsiening maak vir nog 'n paar ekstra lande wat gaan ontpop
> voor die volgende Olimpiese spele.
>
> My punt is dus die volgende : Het ons regtigwaar 'n klomp onbekwame politici
> nodig om geld te mors en besluite vir ons te neem.
>
> Ek het meer respek vir hoerre as politici, laasgenoemde is uit en uit 'n
> evolusionere parasiet. Sorry, ek weet dit is kras, maar dit is hoe ek voel.
> Ek is seker party dink hulle doen goeie werk op hulle harte sit op die
> regte plek, dit is egter die konsep van "politici" wat bankrot is.
>
> Francois
>
|
|
|
|
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26535 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Mon, 20 September 1999 00:00   |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdie,
Jammer voorbeelde is nie my afdeling nie, ek los dit vir die mense wat elke
dag Beeld lees.
Kyk maar net na al die moordenaars en diewe wat weer op straat is danksy
die TRC en verskeie amnesties. Banke wat die reg behou om soveel rente te
vra as wat hulle wil. Die hele SARFU gemors. Alan Boesak, Abe Williams,
Albert Mokoena en al die ander diewe wat die land 'n slegte naam gee.
Politici wat se lieg is OK !
Jy gaan seker vir my se dat helfte van wat ek genoem het, nie in die howe
gebeur het nie. Ek se, hoekom nie !
Bring die doodstraf terug dit sal wonders doen vir die meerderheid van SA se
bevolking se veiligheid.
SA se regstelsel is ontoeganklik vir die man op die straat.
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Fri, 17 Sep 1999 12:20:14 +0200, "Francois de Wet"
> wrote:
>
> >
>> Niemand kan regtigwaar se dat hulle tevrede is met die toestand van die howe
>> of die kwaliteit van die uitsprake wat gelewer word nie.>>
>
> Gee n paar voorbeelde.
> En natuurlik jou argumente ook hoekom die uitsprake swak is.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26597 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Tue, 21 September 1999 00:00   |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan,
Om jou vraag te beantwoord - Jy baklei dat die spoeg spat en somtyds toets
jy jou argumente op NG's om te sien of mense met jou jou saamstem. En
somtyds ignoreer jy wat ander vir jou se, want in jou hart weet jy dis reg.
Ek is hard aan die probeer, ons groepie het vandag die saak teen Dept.
Binnlandse Sake gewen.
Die judge het glo baie gebabbel sodat net die regslui verstaan,maar sy het
darem 'n boek van 108 bladsye geskryf ter ondersteuning van haar besluit.
Snaaks genoeg kos die ding ook R 108.00
Volgende stap is die Konstitutionele Hof.
Hou maar die nuus dop, iets sal uitdop hieroor....
Johan wrote in message ...
> On Tue, 21 Sep 1999 14:05:09 +0200, "Francois de Wet"
> wrote:
>
> |Ferdi,
> |
> |Jy het so mooi verduidelik. Dankie. My probleem is nog steeds dieselfde -
> |hoe verander 'n mense wetgewing as jy in die minderheid is ?
> |
> Ek glo nie jy kan in 'n een-party demokrasie soos SA nie....
> ...so met my tong in die kies - dan kan die ou suurpruime nie so baie moan nie!
>
> =|:^)
>
> Johan
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26604 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Tue, 21 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Francois de Wet wrote:
> JSoos ek reeds iewers anders in die "string" geskryf het ; ek en 'n paar
> ander het Binnelandse Sake vandag in die Kaapse Hogeregshof uitgestof.
> Ongelukkig is dit 'n dowwe oorwinning aangesien die volgende stap na die
> konstititionele hof is om die Aliens Control Act te laat verander. Dit gaan
> 'n lang en duur storie wees. Gelukkig gee ons mekaar ondersteuning......
Nou is jy nou nie bly jy is nou in 'n land wat 'n konstitusionele demokrasieis
nie, en met 'n konstitusionele hof wat uitsprake kan lewer om die persoon
te beskerm (instede van die ou regime, waar hulle alleen die wittes op
allerhande wyses bevoorreg het, maar wette gemaak het wat die nie-blanke
families uitmekaar geskeur het. Onthou jy nog vir "Poppie Nogwena" waar
die wit ministers sit en krokodiltrane huil het oor die lot van die arme
swartes.)
Gloudina
> ..
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26675 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Wed, 22 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Hmmmm....... Australië, Swede, Kanada en daardie plekke het nog nie eens
> daarby uitgekom om 'n Poppie Nongena te produseer nie.
>
> Hulle prys hulself nog omdat hulle nie soos die Bose Boere van hul
> verbeelding is nie. En weet jy wat, Gloudina? Jy help hulle in hul
> selfbedrog.
>
> Miskien sal jy nie kan leef sonder jou eie selfbedrog oor die Bose Boere van
> jou verbeelding nie?
Nee, Leendert, hier in Kanada is daar al om verskoning gevra vir die onregtewat
die Eerste Nasies aangedoen is. Lankal deur die Kerke. Nou onlangs
deur 'n Federale Minister.
En hulle het al verskoning (en vergoeding) aangebied vir die Kanadese Japannese
wat in die Tweede Wereldoorlog in gevangeniskampe gegooi is.)
Watter apartheidsvark het al om verskoning gevra?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26677 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Wed, 22 September 1999 00:00   |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lyk vir my soos 'n NG TRC.....
> (instede van die ou regime, waar hulle alleen die wittes op
>> allerhande wyses bevoorreg het, maar wette gemaak het wat die nie-blanke
>> families uitmekaar geskeur het.
>
> Ek is die laaste een wat wette wil verantwoord wat gesinne van mekaar skei,
> dus: vertel, bietjie, Gloudina, hoe sien jy praktyke wat kontempor�r was aan
> die tyd van Verwoerd, soos :
>
> Verwydering van Australiese inboorlingkinders om 'n koshuise opgevoed to
> word volgens die kultuur van hul heremeesters?
>
> Amper soortgelyke praktyke in die VSA en Kanada?
>
> Sterilisering (in Swede en elders in Europa) van individue met "ongewenste"
> gelaatstrekke - soos dié van sigeuners - ten einde te verhoed dat hulle
> gesinne sal grootmaak?
>
> Gegee die norme van daardie tyd, hoe takseer jy die etiek van beleid in SA
> relatief tot sulke praktyke?
>
>> Onthou jy nog vir "Poppie Nogwena" waar
>> die wit ministers sit en krokodiltrane huil het oor die lot van die arme
>> swartes.)
>
>
> Hmmmm....... Australië, Swede, Kanada en daardie plekke het nog nie eens
> daarby uitgekom om 'n Poppie Nongena te produseer nie.
>
> Hulle prys hulself nog omdat hulle nie soos die Bose Boere van hul
> verbeelding is nie. En weet jy wat, Gloudina? Jy help hulle in hul
> selfbedrog.
>
> Miskien sal jy nie kan leef sonder jou eie selfbedrog oor die Bose Boere van
> jou verbeelding nie?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26684 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Wed, 22 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Mon, 20 Sep 1999 17:08:23 +0200, "Francois de Wet"
> wrote:
>
>
> ingevolge die wet toegedeel moet word - setel NET by die howe.
Nee. Daar is baie administratiewe prosesse (miskien selfs meer as in die
howe) waar die uitvoerende gesag wette moet vertolk om hulle toe te pas,
getuienis moet inwin, dit op die situasie toepas, en ook bepaal of 'n wet
oortree is en selfs "straf" uitdeel deur sanksies toe te pas.
>
> Die howe kan nie wette maak nie en die parlement kan nie hofuitsprake
> maak nie.
>
> Die skeiding kom basies (as ek reg onthou) van die Franse revolusie
> af.
>
> As 'n wet dus se as jy pienk klere dra moet jy tronk toe gaan, kan die
> howe in beginsel NIKS daaraan doen nie. Hulle moet net vasstel of jy
> inderdaad pienk klere gedra het en stuur jou dan tronk toe.
Ja, maar: Die hof moet dikwels bepaal of die kleur wat jy dra inderdaad
pienk is, en of dit nie miskien 'n ander kleur is nie. Of jy dit wel "gedra"
het en of jy dit nie miskien (byvoorbeeld) vervoer het nie. In die finale
instansie moet die hof ook bepaal of jy 'n bedoeling gehad het om die wet te
breek.
>
> Dit was die geval in die apartheidsjare - nie die pinek klere nie (wel
> nie heeltemal nie) maar die howe wat eenvoudig wette moet toepas.
> In
>
> Vandag het ons 'n derde komoponent bygekry: Die handves van menseregte
> en die konstititionele hof. Die hof moet al die parlement se wette
> oordeel aan die handves van menseregte en as dit bots daarmee, stuur
> hy die wetgewing terug parlement toe. Alle wetgewing moet dus rym met
> die handves van menseregte.
>
> En omdat die handves eie keuse verskans wanneer dit kom by dinge soos
> klere wat jy dra, sal enige wet (in die silly voorbeeld wat ek
> gebruik) wat die dra van pienk klere onwettig maak, ongrondwetlike
> wees en geen krag he nie. Dit sal teruggestuur word parlement toe.
Daar kan wel situasies wees waar dit _redelik_ is om die dra van pienk klere
te verbied - of te gebied. In sulke gevalle sal die wet deur die hof
gehandhaaf word.
Die groot werk is om te bepaal wat redelik is en wat nie.
>
> Maar die howe moet steeds net wette interpreteer. Hulle kan nie wette
> maak nie.
> En alle wette word steeds net deur die parlement gemaak wat niemand
> kan verhoor en tronk toe stuur nie.
>
> Maar - soos gese - deesdae moet al ons wette aan die handves van
> menseregte beantwoord.
a) Nie net aan die handves van menseregtenie, maar die grondwet as geheel.
b) Die hof (nie net die grondwetlike hof nie) moet ook bepaal wat die inhoud
van die regte is wat in die handves van menseregte verskans word. En hierdie
vertolkings verander oor die jare.
>
> En as jy met die handves van menseregte verskil is dit eintlik maar
> tawwe poefies want jy sal n politieke party met so 3/4 van die steun
> in 'n verkiesing agter jou gat moet he om dit te verander.
Die meeste botsings in nie met die handves van menseregte nie, maar met die
vertolkings wat die wetgewende, uitvoerende, en regsprekende gesag daaraan
heg.
Baie dikwels het die uitvoerende gesag (byvoorbeeld) 'n belang daarby om die
handves van menseregte op 'n bepaalde manier te vertolk, wat te beperk of te
breed mag wees.
|
|
|
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26685 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Wed, 22 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
(instede van die ou regime, waar hulle alleen die wittes op
> allerhande wyses bevoorreg het, maar wette gemaak het wat die nie-blanke
> families uitmekaar geskeur het.
Ek is die laaste een wat wette wil verantwoord wat gesinne van mekaar skei,
dus: vertel, bietjie, Gloudina, hoe sien jy praktyke wat kontempor�r was aan
die tyd van Verwoerd, soos :
Verwydering van Australiese inboorlingkinders om 'n koshuise opgevoed to
word volgens die kultuur van hul heremeesters?
Amper soortgelyke praktyke in die VSA en Kanada?
Sterilisering (in Swede en elders in Europa) van individue met "ongewenste"
gelaatstrekke - soos dié van sigeuners - ten einde te verhoed dat hulle
gesinne sal grootmaak?
Gegee die norme van daardie tyd, hoe takseer jy die etiek van beleid in SA
relatief tot sulke praktyke?
> Onthou jy nog vir "Poppie Nogwena" waar
> die wit ministers sit en krokodiltrane huil het oor die lot van die arme
> swartes.)
Hmmmm....... Australië, Swede, Kanada en daardie plekke het nog nie eens
daarby uitgekom om 'n Poppie Nongena te produseer nie.
Hulle prys hulself nog omdat hulle nie soos die Bose Boere van hul
verbeelding is nie. En weet jy wat, Gloudina? Jy help hulle in hul
selfbedrog.
Miskien sal jy nie kan leef sonder jou eie selfbedrog oor die Bose Boere van
jou verbeelding nie?
|
|
|
|
Re: Oor die howe,politici en dinge. [boodskap #26749 is 'n antwoord op boodskap #26421] |
Thu, 23 September 1999 00:00   |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert,
Met die DP gaan dit weer te goed deesdae, hulle wil nie meer die mense ken
wat hulle ondersteun het nie (tong in die kies)- want dit is wat ek vir
almal se wie ek benader.
Tony Leon se sy telefoon nommer is in die gids, maar ek het al my malle moer
af gesoek na dit.
Sy onderlinge rig nie veel uit nie.
Het nou die dag daar in JHB by die Provincial Legislature by hulle gaan
kuier ; dit is 'n Babelse verwarring daar. Ek moes saam met hom en 15 ander
mense in die kantoor sit - dit was sy staf en adviseurs. Ek was die enigste
een met 'n das aan. Dog ek sal respek betoon vir die man se posisie. Ek nou
eerlikwaar se dat hy 'n poepol is. Sal eerder nie name noem nie......
Francois
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
>
> Moenie te veel hoop sit op die NP nie. Selfs voor die verkiesing, toe hulle
> nog baie LP's en personeel gehad het, was hulle "werklading te hoog".
>
> Nou is hulle meer bedeesd, maar hulle het nog steeds nie geleer om te werk
> nie, soos dit my lyk.
>
>>
>>
>> Ek het selfs die ANC gevra vir hulp ; daar het niks daarvan gekom nie.
>
> Moenie die ANC weggooi nie. Die triek met die ANC is om die regte mense daar
> te kry - hulle verskil onderling baie wat hul standpunte betref. Jy soek
> mense wat simpatie het met jou saak, maar wat ook die oortuigingsvermoë (bv
> magsposisie, welsprekendheid of ander invloed) het om hul kollegas te
> oortuig. ANC's met witvelle kan jy in die algemeen maar vergeet. Hulle het
> geen invloed nie.
>
>>>
>> Eerste keer dat iemand van hierdie NG my 'n patriotiese burger noem.
>> Laas wou Ferdi my nog die land uitgooi...
>>
>
>
> Hou so aan - dalk verander selfs Ferdi sy standpunt :-)
>
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:02 UTC 2025
|