Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op
Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op [boodskap #26657] Wo, 22 September 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> | my aapkliersous en daar haak ou Lloyd af: "Jussss, hulle
> weet mos nie hier van sous maak nie...!" Ons het so lekker gelag!
> Dit sou in geen ander taal dieselfde geklink het nie of dieselfde
> komiese trefkrag gehad het nie!)
>
>

En met daardie opmerking van ou Lloyd weet ek dat hy aan'n kultuur behoort wat
anders was as die kultuur waaraan ek
behoort het toe ek nog in SA was. Ek wonder of mense buite
die pap en sous area van SA besef hoe "vreemd" hulle is vir
die mense wat grootgeword het sonder pap en sous.

Gloudina
Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op [boodskap #26659 is 'n antwoord op boodskap #26657] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 13:42:55 +0200, "Omie" wrote:

| Was hierdie "kultuur" ding nie ook maar bietjie te styf
|gepomp nie ?????
|
|
Van styf pomp weet ek nou nie, maar hierdie storie is pragtig! Dis nou die
ontstaan, vertel en geniet van so 'n storie wat vir my my kultuur lewendig hou.

En dan het jy my nou ook lus gemaak: ek dink vanaand moet ons die jaffel pan en
die primus uithaal en jaffels maak, sommer bietjie meer as wat ons wil eet sodat
ek more kan werk toe vat ook.
Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op [boodskap #26660 is 'n antwoord op boodskap #26657] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
he he he Lekker gelag oor hierdie PG storie:

Kan nou al sien hoe die ou seker 'n klipdriffie of watookal kon 'gebruike'
het voor die pompery!

Sal moet gaan opsoek waar al my stories uit ons kontrei gebêre is...

Sallie rie te styf pompie. netou bars hy en watda?

thys hieso saainieng of!

Johan wrote in message ...
> On Wed, 22 Sep 1999 13:42:55 +0200, "Omie"
> wrote:
>
> | Was hierdie "kultuur" ding nie ook maar bietjie te styf
> |gepomp nie ?????
> |
> |
> Van styf pomp weet ek nou nie, maar hierdie storie is pragtig! Dis nou die
> ontstaan, vertel en geniet van so 'n storie wat vir my my kultuur lewendig hou.
>
> En dan het jy my nou ook lus gemaak: ek dink vanaand moet ons die jaffel pan en
> die primus uithaal en jaffels maak, sommer bietjie meer as wat ons wil eet sodat
> ek more kan werk toe vat ook.
Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op [boodskap #26662 is 'n antwoord op boodskap #26657] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 02:54:20 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
|1) Wat is jou kultuur?

Ek dink dit is al die dinge wat ek doen en uitleef wat my my unieke
identiteit gee, maar terselfdertyd wat my ook identifiseer as deel van
'n sekere groep mense. Dis my lewenswaardes (my waardestelsel) en my
lewenshouding teenoor my omgewing. Ek dink taal, skool, kerk, klubs
en sulke goed is net simbole van jou kultuur en geleenthede waar jy
jou kultuur kan uitleef - ek dink nie dit is jou kultuur self nie.
|
|2) Deel jy jou kultuur met 'n groep mense?

Ja, soos ek hierbo sê, maar die "groep" is nog maar self vir my 'n vae
gedefinieerde entiteit. Help!
|
|3) Kan jou kultuur verander?

Ja, TIDK: "Anders het ons almal in Kanada in 'n 1960's waas geleef" .
Ek spot sommer, Gloudina, is net jou Afrikaans wat nou en dan effense
ouderdom wys en jou kennis van die laaste drie dekades in SA wat
effens dof is.

Ek dink tog 'n mens se kultuur gaan verander soos jou omgewing om jou
verander, want ek dink 'n belangrike deel van jou kultuur is jou
reaksie teenoor jou omgewing.
|
|4) Wat beinvloed jou kultuur?

Die veranderende wereld om jou. Jou kinders se ouderdomme,
byvoorbeeld. Of jy getroud is of nie. Wel, seker alles om jou
waarteenoor jy kan reageer. Sjoe, dis alles waarmee jy in kontak kom!
Sommige goed sal seker jou kultuur versterk en ander kan dit weer laat
verander.

Soos die feit dat ek nog boerewors maak, eet en dit so noem, moet 'n
invloed hê om my kultuur wat boerewors betref, te versterk.
Die feit dat ek twee jaar terug in 'n ander kerkverband ingestap het
wat vir my baie vreemd was, het die godsdiensbeoefening komponent van
my kultuur heeltemaal verander. (Sal julle glo dat ek nou hande klap
elke keer as 'n koor of sangers in die kerk opgetree het, en dat ek
tot in my kleintoontjie lekker kry as die dominee sy jazz band
saambring kerk toe?!?!?)
|
|5) Kan jy aan meer as een kultuur behoort?

As kultuur jou identifiseer met 'n groep, dan moet jou kultuur seker
ook skuif na gelang van die groep met wie jy identifiseer. Of
oorkoepel jou kultuur al die groepe waaraan jy behoort? Ek moet sê,
die vraag vind ek moeilik - ek dink 'n mens het net een kultuur.
|
|6) Kan jy 'n ander kultuur aanneem?

Ja, soos jou omgewing en omstandighede verander, verander jou kultuur
en ek dink dis maar net 'n ander manier van sê dat jy nou 'n ander
kultuur aangeneem het. Partykeer dink ek dit verander net klein
bietjie oornag sodat niemand dit agterkom nie en ander tye verander
dit baie drasties soos waanneer jy gevange geneem word of 'n ledemaat
verloor of so iets met jou gebeur.
|
|7) Het almal wat Afrikaans praat dieselfde kultuur?

Nee, ek dink nie taal is die enigste faktor wat jou kultuur bepaal
nie. Daar is baie ander faktore. En miskien het kultuur sulke vae
buitelyne dat ons dit moeilik gaan vaspen. Ek het byvoorbeeld
kultureel gesproke meer in gemeen met 'n Suid Afrikaanse kleurling wat
Afrikaans praat, as met 'n wit ou wat net Grieks praat. (Ek vertel
Sondag van my aapkliersous en daar haak ou Lloyd af: "Jussss, hulle
weet mos nie hier van sous maak nie...!" Ons het so lekker gelag!
Dit sou in geen ander taal dieselfde geklink het nie of dieselfde
komiese trefkrag gehad het nie!)

Was dit PG duPlessis wat gesê het: "Daar is net een taal, Afrikaans,
waarin jy kan sê, Die Magistraat se moer!"?
|

...so met my tong in die kies - dan kan die ou suurpruime nie so baie moan nie!

=|:^)

Johan
Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op [boodskap #26663 is 'n antwoord op boodskap #26657] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan )

> |1) Wat is jou kultuur?
>

Kultuur is beide konkreet en abstrak. Taal, argitektuur, kerk, kos en daardie
dinge wat jy as "set simbole" afmaak IS ook kultuur - en 'n integrale deel.
Maar dan is waardes, norme, verwagte rolle en ander sodanige "abstrakte" dinge
óók kultuur. Die sogenaamde subjektiewe en fisiese kultuur, as jy wil.

> |2) Deel jy jou kultuur met 'n groep mense?

Dit is uiteraard waaroor dit gaan. Insoverre kultuur 'n lewensrigtingwyser is,
is daar 'n essensiele aanname dat ander die kaart kan lees - daar is 'n
gedeelde eiening van daardie kultuurgoed wat vir die groep sin maak.

> |3) Kan jou kultuur verander?

Uiteraard. Kultuur is nie staties nie. Tegnologie, oorlog, sosiale
verandering, akkulturasie daag kultuur uit om te reageer.

> |4) Wat beinvloed jou kultuur?

Soos hierbo - tegnologiese uitvinding, akkulturasie in die samekoms van
verskillende kulture, wetgewing, veranderende omgewingsrealiteite.

> |5) Kan jy aan meer as een kultuur behoort?

Jy bring hier etnisiteit in gedrang. Mens kan wel met verskillende etniese
groepe identifiseer ('n meer bewuste en daadwerklike proses). En in sommige
gevalle is etnisiteit wel vereenselwigbaar met kultuur, maar in plurale
samelewings is dit tog so dat 'n hoofstroom, hoofletter K, Kultuur bestaan, en
dat ander groepe in etniese verband daartoe staan.

> |6) Kan jy 'n ander kultuur aanneem?

Weer eens, soos hierbo. Jy kan wel 'n ander etnisiteit aanneem (en ek weet dit
strook nie met die allemansbegrip nie, maar is tog hoe die wetenskaplike
literatuur dit beskou), en kan deur akkulturasie nader beweeg aan 'n ander
kultuur, maar jy kan nie jou "oorspronklike" kultuur "vergeet" of heeltemal
"verdryf" nie.

> |7) Het almal wat Afrikaans praat dieselfde kultuur?

weer eens verskil ek van jou. Ek dink dit is te eng om Afrikaans as
kultuurenjin te beskryf. Die konteks waarin Afrikaans ontspring het en uiting
vind (geografies en sosio-histories) is so nou verbind aan die taal self dat
dit hoogs kunsmatig is om Afrikaans bloot as semantiese en fonetiese
uitdrukking met kultuur te vereenselwig. In hierdie breër konteks, dan, dink
ek meer mense wat Afrikaans praat deel dieselfde kultuur (kom ons noem dit 'n
Suid-Afrikaanse kultuur), maar dat verskillende ETNIESE groepe (kom ons sê
afrikaners en "kleurlinge") afrikaans praat.
Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op [boodskap #26665 is 'n antwoord op boodskap #26657] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan wrote in message ...
>
> Was dit PG duPlessis wat gesê het: "Daar is net een taal, Afrikaans,
> waarin jy kan sê, Die Magistraat se moer!"?
> |

Wat PG wel gesê het (inTsumeb op 'n kultuuraand ) :

Kultuur (vir elke individu) is "bloot wat JY IS - hoe jy eet, leef, slaap,
vry........"

en hy het voorgegaan om te verduidelik hoe mense geneig is om die "kultuur"
ding te kaap vir wat ook al. Hy het afgesluit met 'n storietjie wat hy op
TV ook te vertelle gehad het :

In die jare toet - toe mens nog die watererwe (in Potch) gekry het, was daar
'n straat met die rykes aan een kant en die ander mense aan die duskant. So
het die sersant dan aan die beter kant van die straat gebly. Kom die aand
van 5 November en die sersant vier (soos die Engelse) Guy Fawkes. Hulle
skiet klappers dat hoor en sien vergaan en dit gaan net te jollie.
Laaste kom die "screaming meamy" aan die beurt. Die "screaming meamy" was
'n vuurpyl wat besonders hoog opgegaan het, dan ontplof met een allemagtige
slag en honderde kleiner klappers uitstrooi wat dan elk ontplof met
sterretjies wat die wêreld vol trek. Dit fluit en skiet. Vreeslik
indrukwekkend. En so kom die screaming meamy toe aan die beurt. Hulle
plaas die Coke bottel skuins, die screaming meamy gaan in, die sersant
steek aan die brand en almal staan 'n veilige afstand terug.

En op nommer 99 val die bottel om. En daar gaan die vuurpyl.
Ssssssjjjjjjjjjjjjjjjjjjiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiii iiiigggggggggggg
ggggggggggggttttttttt.
Al met die tuinpaadjie af. Deur die oop tuinhekkie. Oor die straat - en
by die oop voordeur in van die ou huisie wat so vreedsaam daar staan.

En hy gaan af. Die lawaai is oorverdowend en die rook borrel by die ou
huisie se vensters uit. Hier duskant kan die sersant en die kinders maar
net onmagtig die skouspel gadeslaan. Na die laaste skote van die
screaming meamy weggesterf het, kom 'n ou deur die rook by die voordeur
uitgestrompel - die sersant hardloop nader. "Ou maat - het jy seergekry ???
Is jy orraait ????"

"Ja - ek's orraait. Maar ek dink ek het die primus bietjie te styf
gepomp..."

Aldus PG. Was hierdie "kultuur" ding nie ook maar bietjie te styf
gepomp nie ?????

Soos altyd - vriendelik uit Walvis.
Omie
Vorige onderwerp: Tempe Moorde - die berig spreek vanself
Volgende onderwerp: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:28:48 MGT 2024