Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Apartheid in Australië
Apartheid in Australië [boodskap #26510] |
Mon, 20 September 1999 00:00  |
Fanjan
Boodskappe: 2 Geregistreer: September 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die woord apartheid het weer hard en duidelik deur die Australiese
parlement gebeier met Senator Brian Greig se toetrede tot die senaat.
Hier volg 'n uittreksel van sy intrede toespraak soos gelewer in die
Senaat op 1 September '99.
"As a nation, Australia maintains appalling laws against gay and
lesbian people. We live under a regime of apartheid. It is apartheid
not based on the colour of our skin, but on the colour of our
sexuality. Homophobia is nothing less than sexual racism.
... Discrimination against gay and lesbian people is as morally
repugnant as racism or anti-Semitism. As a nation we have fallen
behind comparable jurisdictions, such as New Zealand, Canada and South
Africa in terms of protecting the human rights of homosexual people.
For as long as governments condone this apartheid, they are creating
the social and political environment that leads to harassment and
violence towards gay and lesbian people.."
A la Senator Greig.
Alwyn - uit Perth
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Apartheid in Australië [boodskap #26574 is 'n antwoord op boodskap #26510] |
Tue, 21 September 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 21 Sep 1999 11:16:16 +0200, "Thys de Wet" wrote:
|Ek ken ook gay mense, en ja hulle is 'liewe' mense, en ek veroodeel nie die
|mens nie. Wat ek as gelowige nie mee kan saampraat nie, is die sonde wat in
|stryd met die Woord van God is.
Thys, ek is bly jy veroordeel hulle nie. Ek neem aan dat as jy dan daarna sonde
noem, jy van gay seks praat.
Dis iets wat my kop nogal laat draai - die Bybel is baie duidelik teen sodomie
en geen hoeveelheid voetwerk gaan daarom gedans kry nie.
Maar, ek het op 'n stadium 'n kollega gehad wat gay was en homself as Christen
beskou het en al die regte dinge bely het, en wat deur sy eie kerk verwerp is.
Na ek daardie ou se stryd gesien het, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat
gay wees nie 'n keuse is nie (hierdie ou was in elk geval van kleins af anders,
volgens sy broer), en verder dat geen mens sal kies om so 'n geweldige stryd in
sy lewe deur te maak as hy anders kan nie.
Vir my was dit net bitter moeilik om te dink God sal hierdie ou verwerp. Dit is
vir my of mens vanuit ons perspektief 'n beperking op God se liefde wil sit en
sê Hy mag nie gays liefhê en Sy genade vir hulle ook gee nie.
|Hoe sal ons gay mense, hoere en pedofiele en die soort mense (wat in die
|oordeel van God sondaars is net soos ons) in ons plaaslike gemeente ontvang?
Met groot liefde en verdraagsaamheid. Ek dink die staat sorg vir regspleging en
die kerk kan dan hier "compasion"aanbied (wat is die afrikaans daarvoor?)
|Is ons gereed om daardie paradigma skuif te maak? Moenie eers vinnig
|antwoord nie! Gaan en dink daaroor na. Dink en vra jouself af: Hoe sou
|Jesus opgetree het? Wat moet ek doen om soos Jesus op te tree teenoor
|"hoere en tollenaars"?
|
Ek dink daardie paradigma skuif, soos jy dit noem, is baie makliker as die
voorafgaande debat en wik en weeg daaroor.
Ek was in daardie opsig gelukkig - ek het hier in Amerika in 'n kerk ingestap
waar dit reeds gedoen is en war daar op gemeentevlak totale aanvaarding is.
(Die metodiste hier berus hulle kerklewe veral op gemeenskapbetrokkenheid en dan
"compassion, devotion, justice en Worship")
Nou die dag sit daar 'n meisie voor my in die kerk met 'n WWJD T-shirt aan en
metdat ek dit raaksien, sien ek ook een van die gay ouens raak. En toe vra ek
myself af: As Jesus nou by ons in die kerk was, wat sou Hy gedoen het.
Net daar opgestaan en die ou uitgejaag het? Ek glo nie.
Net daar met die kerkraad gereel het dat die ou uitgeskop word? Ek glo nie.
Met die ou gaan praat en sê hy moenie meer gay wees nie al is hy so gebore? Ek
twyfel.
Met die ou gaan praat oor sy siel, of hy sy sonde bely, of hy reg is om sy
Skepper te ontmoet - Ja, Ek dink dis wat Hy sou gedoen het!
|
|
|
Re: Apartheid in Australië [boodskap #26575 is 'n antwoord op boodskap #26510] |
Tue, 21 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Fanjan wrote in message ...
> Die woord apartheid het weer hard en duidelik deur die Australiese
> parlement gebeier met Senator Brian Greig se toetrede tot die senaat.
> Hier volg 'n uittreksel van sy intrede toespraak soos gelewer in die
> Senaat op 1 September '99.
>
> "As a nation, Australia maintains appalling laws against gay and
> lesbian people. We live under a regime of apartheid. It is apartheid
> not based on the colour of our skin, but on the colour of our
> sexuality. Homophobia is nothing less than sexual racism.
Hmmmm.....
Dis nou dié Australië:
Klompie jare terug, toe Verwoerd die woord gedoen het vir 'n Afrosentriese
onderwys vir Afrikakinders (en die daad van sosiale ingenieurswese by die
politieke woord gevoeg het), was Australië se sosiale ingenieurs besig om
inboorlingkinders met geweld van hul ouers te verwyder om hulle in
staatskoshuise aan 'n "Westerse" opvoeding te onderwerp.
Ander vorme van sosiale ingenieurswese wat in die middel vyftigerjare aan
die gang of ontwikkel was:
"Seperate but equal" was nog die algemeen aanvaarde beleid in die
Amerikaanse Suide - en het dit gebly tot die laat sestigs.
Dag Hammerskjöld - Kofi Anan se oervoorganger - volgens 'n berig wat ek
iewers gelees het, het (in die gees van "seperate but equal", blykbaar)
verklaar dat tuislande 'n goeie beleid kan wees, mits hulle
ekonomies selfstandig kan word. Ekonomiese selfstandigheid is deesdae
natuurlik 'n outydse begrip.
In Swede en ander Europese lande is mens nog gesteriliseer as jy
sigeunergelaatstrekke het. Dit het glo aangehou tot tien jaar na Verwoerd se
dood.
In Heilige Moeder Indië kon (en kan) 'n Onaanraakbare ('n Pariah - 'n term
wat op SA toegepas is!!!) jou besoedel as hy binne 64 voet van jou af kom.
Daar is vir hom geen "vergiffenis" in hierdie lewe nie. Dis nou die
Hindoe-konsep van "erfsonde".
En in Amerika en Kanada, verneem ek, was dit vir inboorlingkinders nie juis
makliker om volgens hul taal en kultuur opgevoed te word as in Australië
nie.
(Ek kan my beswaarlik voorstel hoe die woord "apartheid" moet klink as dit -
met 'n Straajan uitspraak - gebeier word :-)
|
|
|
|
Re: Apartheid in Australië [boodskap #26577 is 'n antwoord op boodskap #26510] |
Tue, 21 September 1999 00:00   |
Thys de Wet
Boodskappe: 211 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dank die vader dat ons nie meer uitgelewer is aan die Rhodes' en Barnato's
nie!
Ek ken ook gay mense, en ja hulle is 'liewe' mense, en ek veroodeel nie die
mens nie. Wat ek as gelowige nie mee kan saampraat nie, is die sonde wat in
stryd met die Woord van God is. En hieroor kan en sal ons altyd verskil,
want die wat buite 'n verhouding met God staan sal altyd sê dat mens nie
alles in die Bybel moet glo nie, en die wat in 'n verhouding deur Jesus
Christus met God staan, weer sal sê dat die hele Bybel waar is en waarde het
as 'n riglyn en maatstaf hoe God se wens is dat ons ons lewe moet rig en
hanteer.
Nog iets vir die regskenners:
Wat van die absolute miskenning van die regte van ouers in die nuwe
grondwet:
Die hele konsep van die familie as basis vir 'n gelukkige gemeenskap is
totaal by die deur uit.
Dink bietjie aan die volgende:
'n Dogter van 14 jaar kan self besluit dat sy 'n aborsie mag ondergaan, al
is sy regtens nog minderjarig. Sy kan haar ouers se raad en besluite totaal
ignoreer, en sou die ouers haar verhoed of te�gaan in haar besluit om die
aborsie te ondergaan, kan hulle van 'n kriminele oortreding aangekla word.
My vraag (en uitdaging) aan die kerk, en daarmee aan gelowiges in die kerk,
is dit:
Hoe sal ons gay mense, hoere en pedofiele en die soort mense (wat in die
oordeel van God sondaars is net soos ons) in ons plaaslike gemeente ontvang?
Is ons gereed om daardie paradigma skuif te maak? Moenie eers vinnig
antwoord nie! Gaan en dink daaroor na. Dink en vra jouself af: Hoe sou
Jesus opgetree het? Wat moet ek doen om soos Jesus op te tree teenoor
"hoere en tollenaars"?
Thys oppie Bos
>>>> Reisiger was erens heen op reis met sy woorde:
> Stem nie saam nie. Gays is pragtige mense, as jy hulle goed
> ken. Hulle is groot Christene. Het hulle eie kerk êrens in
> SA. Wil nie skryf waar nie. Indien jy hulle sielkunde ken,
> sal jy verstaan, en nie vinger na hulle wys nie. Gays wat
> met jy net vriende wil wees, sal jou altyd respekteer
> daarvoor. Dan weet hulle 'n mens is nie 'n bedreiging vir
> hulle vriendskappe nie. Hulle is die mees skreeusnaakste
> mense wat ek ken. Was dit nie vir een van hulle nie, sou SA
> anders gewees het vandag. Besef dit. Kliphard.
>
|
|
|
Re: Apartheid in Australië [boodskap #26578 is 'n antwoord op boodskap #26510] |
Tue, 21 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Arthur Hagen wrote:
> Leendert van Oostrum schreef...
>>
>> Ek kan nie die besonderhede onthou nie - dis op die hof se
>> webblad beskikbaar. Maar dit gaan onder andere ook oor die
>> _moontlikheid_ van kinders.
>>
>> Interessante uitspraak, in elk geval.
>>
>> (Maar hoekom sou jy dit as onregverdig beskou as 'n
>> kinderlose vrou geen pensioen kry nie, maar jy noem nie dat
>> jy dit as onregverdig beskou as 'n kinderlose man - gay al
>> dan nie - geen pensioen kry nie? :-)
>>
>
> Dat laatste vind ik even onrechtvaardig. Binnen een homohuwelijk hoor je
> dezelfde plichten en rechten te hebben als binnen een conventioneel
> huwelijk. Kinderen hebben daar absoluut niets mee te maken. En zelfs dan,
> ook binnen een homohuwelijk zijn kinderen mogelijk.
>
> Ik ben wel erg nieuwsgierig naar die uitspraak van dat hooggerechtshof. Heb
> je misschien hun webadres beschikbaar (scheelt weer zoektijd :)
>
Praat julle nog altyd oor die Kanadese situasie?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Apartheid in Australië [boodskap #26649 is 'n antwoord op boodskap #26510] |
Wed, 22 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Thys de Wet wrote in message ...
>
> Wat van die absolute miskenning van die regte van ouers in die nuwe
> grondwet:
> Die hele konsep van die familie as basis vir 'n gelukkige gemeenskap is
> totaal by die deur uit.
Dis nie korrek nie.
Intendeel, SA is seker die enigste land in die wêreld wat eksplisiet die reg
van kinders beskerm om deur hul ouers of familie versorg te word, en wat 'n
verpligting op die staat plaas om geskikte alternatiewe versorging te
voorsien vir kinders wat nie deur hul ouers of familie versorg kan word nie.
Nou is dit so dat baie amptenare aanneem dat hulle die eksperts is wat sal
bepaal wat die beste "sorg" vir die kind is, en dat ouers dan volgens hul
opdragte sal moet optree. Ek dink egter dat dit in die lang duur moontlik
sal wees om te toon dat ouers in die beste posisie is, nie net om die nodige
sorg te verskaf nie, maar ook om te besluit wat die beste sorg vir die kind
behels. (Die Kanadese Hooggeregshof het al verskeie waardevolle uitsprake in
hierdie verband gemaak.)
> Dink bietjie aan die volgende:
> 'n Dogter van 14 jaar kan self besluit dat sy 'n aborsie mag ondergaan, al
> is sy regtens nog minderjarig. Sy kan haar ouers se raad en besluite totaal
> ignoreer, en sou die ouers haar verhoed of te�gaan in haar besluit om die
> aborsie te ondergaan, kan hulle van 'n kriminele oortreding aangekla word.
Ek dink dat hierdie beleid besonder kortsigtig is.
Wat die bepaling natuurlik doen, is om dit vir ouers en families onmoontlik
te maak om die sorg te verskaf waarop die kind grondwetlik geregtig is.
Op die lang duur kan dit nie in die belang van kinders wees nie, en ek is
daarvan oortuig dat dit - op die lang duur, wanneer baie voorbeelde
beskikbaar is, en baie hofsake daaroor aangehoor is - moontlik sal wees om
die howe daarvan te oortuig.
Intussen, natuurlik, sal baie kinders erg daaronder ly. Dis maar die koste
van oordrewe politieke korrektheid.
Die belangrike punt is egter dit: Geen kind word verplig om van hierdie
wetsbepalings gebruik te maak nie. Dit verhoed hulle nie om hierdie sake met
hul ouers te bespreek nie.
Ek reken dat, waar 'n kind van hierdie wetsbepalings gebruik maak, daar
waarskynlik probleme is in haar verhouding met haar ouers.
Mens moet egter ook nie nou gaan aanneem dat sulke probleme noodwendig die
skuld van die ouers is nie. Baie daarvan ontstaan ongetwyfeld in die
skoolstelsel, met die patalogiese portuurafhanklikheid wat hy dikwels kweek.
|
|
|
|
|
|
Re: Apartheid in Australië [boodskap #26735 is 'n antwoord op boodskap #26510] |
Thu, 23 September 1999 00:00   |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Waarvan praat ons nou ; pomp-aksie haelgewere ?
Die gays het my baie name geleer, as daar 'n regte Queen op hierdie NG was
dan sou hy/sy nie so gebitch het nie , maar eerder met nog snaakse name
vorendag gekon het.
Francois
Samuel Murray wrote in message ...
>
> en wat sal 'n niegay dan wees. 'n voorlaaier? en kom agteros dan ook in
> die kraal? Genade, julle is darem 'n klomp rugstekers, ne?
>
> (kommentaar seblief... die NG gaan dood...)
>
> Krokkie wrote in message
> news:7sa49g$q74$1@news.is.co.za...
>
>> Kwarantyn wrote in message
> ...
>
>>> "Krokkie" wrote:
>
>>>> Hy is seker 'n boudkapper.
>
>> Geen idee nie, maar net 'n algemene woord wat die goed beskryf
>
>
> Jilll
>
> --
> NB : when I write here, I spell the way I speak,
> but when I translate professionally, I write well.
>
> Samuel Murray (translator and proofreader)
> smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
> http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
> or try my personal page http://ey.to.hey.to/
>
|
|
|
Re: Apartheid in Australië [boodskap #26797 is 'n antwoord op boodskap #26510] |
Fri, 24 September 1999 00:00  |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Chutney Pirates !
Krokkie wrote in message ...
>
> Samuel Murray wrote in message ...
>>
>> en wat sal 'n niegay dan wees. 'n voorlaaier? en kom agteros dan ook in
>> die kraal? Genade, julle is darem 'n klomp rugstekers, ne?
>>
>> (kommentaar seblief... die NG gaan dood...)
>
>
> Ja , anders noem die goed dan "kop-kykers" of "rug-ridders"
>
> Krokkie
>
>
>
>>
>> Krokkie wrote in message
>> news:7sa49g$q74$1@news.is.co.za...
>>
>>> Kwarantyn wrote in message
>> ...
>>
>>>> "Krokkie" wrote:
>>
>>>> > Hy is seker 'n boudkapper.
>>
>>> Geen idee nie, maar net 'n algemene woord wat die goed beskryf
>>
>>
>> Jilll
>>
>> --
>> NB : when I write here, I spell the way I speak,
>> but when I translate professionally, I write well.
>>
>> Samuel Murray (translator and proofreader)
>> smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
>> http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
>> or try my personal page http://ey.to.hey.to/
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:51:07 UTC 2025
|