Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ?
| Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ? [boodskap #26518] |
Ma., 20 September 1999 00:00  |
Cyber Sakkie
Boodskappe: 20 Geregistreer: September 1999
|
Junior Lid |
|
|
Die afgelope ruk het daar by twee aparte geleenthede op openbare forum
bespreking plaasgevind waarna die gevolgtrekking gemaak is dat Afrikaners en
korporatiewes die Afrikaanse teater moet ondersteun (beide of MNet betaal
TV-kanaal en op Radio Sonder Mense se Monitor aktualiteitsprogram).
By beide gleenthede is daar bloot net met akteurs en ander teaterwerkers gesels
en myns insiens 'n skewe beeld geskep. Op Monitor het Liz Meiring (seker ook
bekend as Elisabet Meiring) die stelling gemaak dat die korporatiewes (sies dis
darem 'n lelike woord) Afrikaanse teater moet ondersteun - m.a.w. besighede moet
geld gee sodat akteurs teater kan doen. So bv. het 'n korporatiewe wat bekend
staan as "Die Broederbond doen Besigheid" (dis nou Sanlam) skynbaar R200 000
beskikbaar gemaak sodat Gen. Mannetjies Mentz by die Aardklopkunsfees eersdaags
in Potchefstroom op die planke gebring kan word. Dis wonderlik.
Waar Meiring egter die kluts kweit raak is deur te vra dat korporatiewes borg
dan sport, hoekom nie teater nie? Ek dink omdat sy in die teaterwereld leef
sien sy die hele ding dalk skeef. Sport maak geld en teater nie. Sportstadions
het ruimte vir 60 000 mense en teater slegs miskien vir 200 - 300 mense. Sport
is multi-kultureel en trek alle kulture in. Dit is 'n verenigende faktor in die
Suid-Afrikaanse samelewing. Ons almal ondersteun tog ons nasionale spanne (hoe
goed of hoe sleg hulle dan nou ook doen - ja, selfs die blerrie Springrokkies
onder Niks Mallet).
Aan die ander kant sluit Afrikaanse teater ander kulture uit is dit nie
dieselfde verenigende faktor as sport nie. Dis tog nog die taal en kultuur van
die onderdrukker. Dit is bloot net gefokus op Afrikaanssprekendes, wit en
bruin, en teiken nie die bree" Suid-Afrikaanse samelweing nie. Miskien het die
Afrikaanse kultuur weg begin beweeg van Meiring en kie se teaterkultuur na 'n
meer mensgesentreerde kultuur. Liz, soos die liedjie dit stel: "Moenie moan
nie, eet jou kaas en jou polonie!"
Wat van al die ander kulture, moet die korporatiewes hulle nie dalk ook 'n
bietjie borg nie, Lizzie? Dis 'n wonder dat die korporatiewes dan nog kans kry
om korporatiewes te wees en geld te maak.
Boonop sorg die markmeganisme dat diegene wat sterk genoeg is om dit te maak
sonder hulp, dit in elk geval maak. Kyk nou maar na David Kramer en Taliep
Peterson met hulle musikale stuk in London. Dit maak dat 'n mens se hart warm
klop om elke keer verby daardie teater in London te gestap het.
Ek dink Mering se noodroep is gegrond op die feit dat daar a.g.v. die ou
provinsiale kultuurrade soos Truk en Kruik, 'n ooraanbod middelmatige akteurs
ontwikkel het wat nou hulp soek sodat hulle middelmatige stukke op die planke
kan bring. Goeie akteurs en goeie stukke het nie hulp nodig nie, hulle sal in
elk geval suksesvol wees.
Afrikaans is lewendig en dit gaan goed. Die Nasionale Party van ouds het by 'n
byeenkoms in Venda gesê " Viva Pik Botha, viva!" Nou sê ek: "VIVA AFRIKAANS,
VIVA!"
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ? [boodskap #26521 is 'n antwoord op boodskap #26518] |
Ma., 20 September 1999 00:00   |
Wat maak Oom Kallie daar?
Boodskappe: 5 Geregistreer: September 1999
|
Junior Lid |
|
|
On Mon, 20 Sep 1999 14:31:59 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:
> On Mon, 20 Sep 1999 12:35:19 GMT, skoer...@spam.net (Wat maak Oom Kallie
> daar?) wrote:
>
> |
> |Ek kry so 'n groot kak as die woord HUIDIGLIK sien, dat ek nie
> |anders kan as om my gifpen uit te haal nie. Die woord is eerder
> |TANS, Oom Taalbul, dan nie?
> |
> Sies!
>
> Elke ou kan seker maar die taal gebruik wat hy die meeste mee gemaklik voel,
> maar om so te vloek terwyl jy iemand anders oor 'n gering taal variasie
> aanspreek, lyk meer na 'n geval van "ek-soek-aandag".
Stront!
"Huidiglik" is 'n abominasie wat ruik na die Akademie.
Wat (de moer) is verkeerd met, bv. "nou"?
|
|
|
|
| Re: Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ? [boodskap #26522 is 'n antwoord op boodskap #26518] |
Ma., 20 September 1999 00:00   |
Wat maak Oom Kallie daar?
Boodskappe: 5 Geregistreer: September 1999
|
Junior Lid |
|
|
On Mon, 20 Sep 1999 11:32:23 -0700, Kwarantyn
wrote:
> In article ,
> skoer...@spam.net (Wat maak Oom Kallie daar?) wrote:
>>> |Ek kry so 'n groot kak ....
>> Stront! ....
>> Wat (de moer) ....
>
> Waar die hart van vol is, loop die mond (of dalk die pen?)
> van oor....
>
> Dalk is dit ook maar net weer 'n geval van 'n
> onderontwikkelde woordeskat? Dis mos half soos kinders ook
> maak: kan jouself nie behoorlik uitdruk nie, en gryp dan na
> die eerste die beste kragwoord om jou punt te maak. So asof
> jy nie behoorlik beheer het oor jou taal nie - laat staan
> nog oor jouself.
Dalk so. Wat vir my die mooiste van afrikaans is, is die
bondige manier van uitdrukking, is dit nie? En ag, tog, ois
ons nie al groot genoeg (en geleerd genoeg, van kakofonie,
kaktusse, kakistokrasieë en so meer nie?). Wat my pla
van die pos is die stotterende hoogdrawende taal (wat
met minstens die helfte minder woorde gesê kan word,
bv., en ook die niksseggende inhoud, maar elk maar na
sy smaak. )
> Ek het ook al gesien dis dikwels 'n poging om ander te
> intimideer of te imponeer; 'n poging om oppervlakkige denke
> te verbloem...
>
> 'n Mens kan maar net hoop diesulkes word eendag mooi groot,
> en leer ook sommer op die koop toe maniere. Tot dan moet 'n
> mens hulle maar ignoreer, soos lastige kinders en brommers.
Groot van jou. Kry vir jou 'n koekie!
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ? [boodskap #26582 is 'n antwoord op boodskap #26518] |
Di., 21 September 1999 00:00   |
Cyber Sakkie
Boodskappe: 20 Geregistreer: September 1999
|
Junior Lid |
|
|
Aan Skoert.hier / Wat maak Oom Kallie daar?
Buiten jou sonderlinge bydrae (beperk tot "kak" en "stront" en "moer") tot die
onderwerp en die feit dat jy manies is oor woorde soos "huidiglik," het jy 'n
mening oor die saak wat enigsins die moeite werd is om na te luister?
Jy gebruik woorde wat na ekskretum verwys buitengewoon baie. Miskien 'n teken
van latente enkoprese!
Cyber Sakkie
In article , skoer...@spam.net says...
>
> On Mon, 20 Sep 1999 14:31:59 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:
>
>> On Mon, 20 Sep 1999 12:35:19 GMT, skoer...@spam.net (Wat maak Oom Kallie
>> daar?) wrote:
>>
>> |
>> |Ek kry so 'n groot kak as die woord HUIDIGLIK sien, dat ek nie
>> |anders kan as om my gifpen uit te haal nie. Die woord is eerder
>> |TANS, Oom Taalbul, dan nie?
>> |
>> Sies!
>>
>> Elke ou kan seker maar die taal gebruik wat hy die meeste mee gemaklik voel,
>> maar om so te vloek terwyl jy iemand anders oor 'n gering taal variasie
>> aanspreek, lyk meer na 'n geval van "ek-soek-aandag".
>
> Stront!
>
> "Huidiglik" is 'n abominasie wat ruik na die Akademie.
>
> Wat (de moer) is verkeerd met, bv. "nou"?
|
|
|
|
| Re: Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ? [boodskap #26583 is 'n antwoord op boodskap #26518] |
Di., 21 September 1999 00:00   |
Cyber Sakkie
Boodskappe: 20 Geregistreer: September 1999
|
Junior Lid |
|
|
Ag Skoert Mannetjie,
Sie seunie, maar iemand moes in jou pap gepieps het vanoggend. Jy's vir die
hele wereld kwaad. Dink nou maar die die onskuldige gebruik van 'n enkele woord
hierdie tirade van jou uitlok. As jy so reageer klink dit vir my nie net of jy
'n skroef los het nie, maar of die skroefie sommer lankal verloor het. Kalmeer
seun, niemand is kwaad vir jou nie! Diep asem, diep asem en rustig wees!
Cyber Sakkie (die oorspronklike)
In article , skoer...@spam.net says...
>
> On 21 Sep 1999 01:30:35 -0700, Cyber Sakkie
> wrote:
>
>> Aan Skoert.hier / Wat maak Oom Kallie daar?
>>
>> Buiten jou sonderlinge bydrae (beperk tot "kak" en "stront" en "moer") tot die
>> onderwerp en die feit dat jy manies is oor woorde soos "huidiglik," het jy 'n
>> mening oor die saak wat enigsins die moeite werd is om na te luister?
>
> Aag, Jeera.
>
> As jy so min van Afrikaans weet dat jy nie weet dat daar geen woord
> soos "huidiglik" is nie, sal ek maar net verder vir jou jammer voel.
>
> As jy, Ou Kubersakkie, jou nie so blind gestaar het teen die paar
> (baie algeen in Afrikaans) gebruikstaalterme het nie (en, o, so
> effektief uitgelig het nie) en eerder gekonsentreer het om jou
> oorspronklike punt beter te gemaak het, sou jou artikel
> dalk meer diepsinnige kommentaar werd gewees het.
>
> Dit is nie. Sorrie, ou bul, maar jou artikel suig.
>
>> Jy gebruik woorde wat na ekskretum verwys buitengewoon baie. Miskien 'n teken
>> van latente enkoprese!
>>
>> Cyber Sakkie
>>
>
> En nul uit tien vir jou "oorspronklike" bynaam. Ploeg met jou eie
> kallers!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ? [boodskap #26589 is 'n antwoord op boodskap #26518] |
Di., 21 September 1999 00:00   |
Wat maak Oom Kallie daar?
Boodskappe: 5 Geregistreer: September 1999
|
Junior Lid |
|
|
On 21 Sep 1999 01:30:35 -0700, Cyber Sakkie wrote:
> Aan Skoert.hier / Wat maak Oom Kallie daar?
>
> Buiten jou sonderlinge bydrae (beperk tot "kak" en "stront" en "moer") tot die
> onderwerp en die feit dat jy manies is oor woorde soos "huidiglik," het jy 'n
> mening oor die saak wat enigsins die moeite werd is om na te luister?
Aag, Jeera.
As jy so min van Afrikaans weet dat jy nie weet dat daar geen woord
soos "huidiglik" is nie, sal ek maar net verder vir jou jammer voel.
As jy, Ou Kubersakkie, jou nie so blind gestaar het teen die paar
(baie algeen in Afrikaans) gebruikstaalterme het nie (en, o, so
effektief uitgelig het nie) en eerder gekonsentreer het om jou
oorspronklike punt beter te gemaak het, sou jou artikel
dalk meer diepsinnige kommentaar werd gewees het.
Dit is nie. Sorrie, ou bul, maar jou artikel suig.
> Jy gebruik woorde wat na ekskretum verwys buitengewoon baie. Miskien 'n teken
> van latente enkoprese!
>
> Cyber Sakkie
>
En nul uit tien vir jou "oorspronklike" bynaam. Ploeg met jou eie
kallers!
|
|
|
|
| Re: Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ? [boodskap #26742 is 'n antwoord op boodskap #26518] |
Do., 23 September 1999 00:00  |
Samuel Murray
Boodskappe: 66 Geregistreer: September 1999
|
Volle Lid |
|
|
Re: die woorde huidig of huidiglik.
Die woord huidig is die "korrekte" ene, en huidiglik is die "verkeerde" ene.
In die plek van huidiglik kan jy netsowel "tans" gebruik -- dis korter en
dra dieselfde toon- en registeraard.
Maar... as jy 'n moedertaalspreker is, en "huidiglik" klink vir jou korrek,
by all means gebruik dit.
Johan skryf in boodskap news:37e779d3.1548589555@Choice010...
> On Tue, 21 Sep 1999 10:44:17 +0200, "Thys de Wet" wrote:
>> Huidglik is die situasie tans dat op hierdie tydstip in tyd daar geen...
> Nou weet ek daar is ander mooier woorde as huidig of huidiglik, maar ek is baie
> nuuskierig: wat is die kritiek teen hierdie woorde?
Jilll
--
NB : when I write here, I spell the way I speak,
but when I translate professionally, I write well.
Samuel Murray (translator and proofreader)
smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
or try my personal page http://ey.to.hey.to/
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 07:18:34 UTC 2026
|