Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kwarantyn - oor swak beriggewing
Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26299] Wo, 15 September 1999 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Rakende die verkeerslig-bespreking en jy wat daarna verwys het na swak
beriggewing in koerante as bron van wanopvattings oor SA.
Ek het nou gou teruggegaan op die verkeerslig-bespreking en lyk my die
bron van die verkeerde inligting was "familie wat in Johannesburg
woon".

JY het aanvanklik die volgende geskryf:

Nou wonder ek hoekom praat ons nie daaroor nie?
Ek meen dit lyk my jy het nou uit verskeie bronne (wat nie altyd
saamstem oor SA nie) gehoor dat die verkeerslig-posisie:
1. Nie n probleem is nie.
2. Nie erger as in die verldede is nie.

Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in die
buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring? Iets aan hulle se
wat so verkeerd is dat dit waarskynlik aan n leun grens?
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26300 is 'n antwoord op boodskap #26299] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry  is tans af-lyn  Henry
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
(Ferdi Greyling) wrote:
> Rakende die verkeerslig-bespreking en jy wat daarna
verwys het na swak beriggewing in koerante as bron van
wanopvattings oor SA.
> Ek het nou gou teruggegaan op die verkeerslig-bespreking
en lyk my die bron van die verkeerde inligting was "familie
wat in Johannesburg woon".

Goeie idee gewees. Toe sien jy my motiewe is nie so verdag
as wat sommiges aanvanklik gedink het dit is nie.

> Ek meen dit lyk my jy het nou uit verskeie bronne (wat
nie altyd saamstem oor SA nie) gehoor dat die verkeerslig-
posisie:
> 1. Nie n probleem is nie.
> 2. Nie erger as in die verldede is nie.

Terwyl jy nou so teruggaan en gaan kyk wat ek vantevore
geskryf het: gaan kyk ook sommer na my kort samevatting van
'n seleksie van die reaksies op my vraag - ja, dis reg: ek
het ook 'n vraag gestel in my aanvanklike plasing. Daarin
gee ek toe dat wat jy hierbo stel, ook my indruk was. En ek
gee sommer op die koop toe ook my gevoel van optimisme oor
wat in die land aan die gang is.

> Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in
die buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring?
Iets aan hulle se wat so verkeerd is dat dit waarskynlik
aan n leun grens?

Nee wat, Ferdi, dis nou nie my bedoeling om ander mense se
motiewe te ontleed of te probeer "second guess" nie. Daar
is genoeg ander mense op die ng wat hulle hieraan skuldig
maak. Ek het bloot (soos in enige ander alledaagse gesprek)
vermeld wat ek by ander gehoor het, en gevra of dit regtig
so is. En ek het my reaksie gekry. Party ouens het heftig
met 'n "knee-jerk" gereageer, ander was meer besadig en
gebalanseerd, maar dis elken se eie saak hoe hy of sy
reageer. As ons nou moet negin ontleed hoekom (soos jy dit
stel) "mense wat hier woon mense in die buiteland onder 'n
verkeerde indruk bring", moet ons ook spekuleer hoekom
party deelnemers aan hierdie ng heftig en persoonlik, soms
bitsig en giftig, reageer, en ander dit nie doen nie.
Gloudina (en ander) het my persoonlik in die verlede al
hier ontleed en tot heel verkeerde gevolgtrekkings oor my
gekom. Dit gaan ek nie aan ander doen nie.

'n Stelling soos joune (hierbo in aanhalingstekens" berus
op die premisse dat daar kwaadwilligheid by betrokke is. En
daarmee stem ek nie saam nie.

Dankie vir jou uitnodiging om met jou in gesprek te tree,
maar nee dankie. Ek is egter seker ander sal wil.

Gegroet uit nat Newtown in Pennsylvania, waar ons die
effekte van orkaan Dennis voel: dit reën reeds, en ons
verwag kwaai wind en baie harde reën môre. Dit gee 'n mens
'n gevoel van die grootte van die storm as jy besef ons is
tussen 600 en 800 MYL (nie kilometer nie) van die
middelpunt van die storm af, en ons beleef hier die
uitwerking daarvan.

Henry

Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26301 is 'n antwoord op boodskap #26299] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan

Ag toggie - die ouderdom tog! Natuurlik is dit Floyd! Nie Dennis nie - laas
het ek na Dennis verwys een keer, en nou bly dit in my kop. Skuus dat ek jou
deurmekaar gemaak het!
>
> Henry,
>
> Nou het jy my sleg deurmekaar - ek was onderdie indruk dis Floyd wat nou teen
> die kus lê?!?
>
> Was Dennis nie agter Floyd gewees op 'n stadium nie? Ek kry nou nerens
> verwysing na Dennis nie...
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26360 is 'n antwoord op boodskap #26299] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Ek glo vir geen oomblik die
> mens wat dit aanvanklik gesê het was kwaadwillik of onkundig nie.

Apartheid was in stand gehou deur normale, gewone, ordentlike mense wat nie
noodwendig "kwaadwillig" was nie - so ook Nazi Duitsland, Serbië en soveel
ander plekke.

> "Hoekom is die koffie nooit warm as
> ek hier kom nie?" Dan vergeet hy vir die moment dat sy koffie elke dag
> lekker warm is; per ongeluk was dit twee keer nie warm nie. Nou word een
> ervaring sommer gelykgestel aan alle ervarings. 'n Mens noem dit oordrywing.

Dis ook hoe stereotipe onstaan.

>> Want sien, daar is n diepgesetelde persepsie dat swartmense onbevoeg is en
> nadat Suid-Afrika onder hoofsaaklik swart bestuur gekom het, MOET alles
> noodwendig verkeerd loop

> Miskien bestaan daar so 'n persepsie, miskien nie. Ek weet nie.

Ek vind hierdie kwasi-kinderlike onskuld te dik vir 'n daalder.Ek dink jy weet
al te goed, kwarantyn, dat sodanige persepsie maar al te common is.

>> Die persepsie is n harde werklikheid onder baie mense in SA en baie mense
> wat SA verlaat het.
> Hoe dan nou? Persepsie kan mos nie werklikheid wees nie?

Daar is 'n fyn lyn, soms selfs onopvallend, tussen persepsie en gedrag (wat dan
werklikheid is) - amper soos vooroordeel en diskriminasie. Baie fyn.

> Maar dink jy nie dis 'n bietjie paranoïes
> om te praat van "die verspreiding van inligting soos die
> verkeerslig-insident " nie?

Ek weet jy spreek Ferdi aan, maar my antwoord is Nee.

Laastens, Henry - ek geniet gewoonlik jou plasings. Dit reflekteer gewoonlik
'n benydenswaardige volwassenheid, beredeneerdheid, en menswaardigheid. In
hierdie geval, ook, betwyfel ek nie jou intensies nie, maar ek wonder tog hoe
eerlik jy is met jouself waar dit moontlike diepliggende stereotipe en
vooroordeel aangaan - veral van die aard wat Ferdi uitwys, naamlik dat dinge
noodwendig agteruit moet gaan noudat 'n hoofsaaklik swart kaptein en bemanning
(bepersoning? :-)) die skip stuur.

leswin
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26361 is 'n antwoord op boodskap #26299] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan, die orkane kom in alfabetiese volgordes, een jaar is dit
mansname,
die volgende jaar vrouens. Lyk of die manne kwaaier is, ek was
ten midde in
Orkaan Hugo (10 jaar gelede), en dit was iets kwaais.

Pat

Kwarantyn wrote in article
...
>
> Johan
>
> Ag toggie - die ouderdom tog! Natuurlik is dit Floyd! Nie Dennis nie - laas
> het ek na Dennis verwys een keer, en nou bly dit in my kop. Skuus dat ek jou
> deurmekaar gemaak het!
>>
>> Henry,
>>
>> Nou het jy my sleg deurmekaar - ek was onderdie indruk dis
Floyd wat nou
> teen
>> die kus lê?!?
>>
>> Was Dennis nie agter Floyd gewees op 'n stadium nie? Ek kry nou nerens
>> verwysing na Dennis nie...
>
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26362 is 'n antwoord op boodskap #26299] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 09:48:29 -0700, Henry wrote:

geskryf het: gaan kyk ook sommer na my kort samevatting van[/color]
> 'n seleksie van die reaksies op my vraag - ja, dis reg: ek
> het ook 'n vraag gestel in my aanvanklike plasing. Daarin
> gee ek toe dat wat jy hierbo stel, ook my indruk was. En ek
> gee sommer op die koop toe ook my gevoel van optimisme oor
> wat in die land aan die gang is.>>

Die hart van die saak hier is (onware) dinge wat gese word oor SA wat
dan vrugbare grond vind en groei tot reuse persepsies.

Wat ek probeer vasstel - en hier is seker n goeie kans want hier kan
iemand die pad van die inligting terugloop - is of dit uit totale
onkunde gebeur en of dit kwaadwillig is.
En of dit iewers tussenin is.

Want sien, daar is n diepgesetelde persepsie dat swartmense onbevoeg
is en nadat Suid-Afrika onder hoofsaaklik swart bestuur gekom het,
MOET alles noodwendig verkeerd loop - volgens hulle voorspellings en
verwagtinge.

Die persepsie is n harde werklikheid onder baie mense in SA en baie
mense wat SA verlaat het.

Ek probeer werklik agterkom watter rol dit in die verspreiding van
inligting soos die verkeerslig-insident speel.
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26363 is 'n antwoord op boodskap #26299] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Sep 1999 12:23:38 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|>|
|>Ek dink elke persoon se ervaring is uniek en baie persoonlik - ek kan
|>byvoorbeeld dink dat een ou naby 'n straathoek bly met swak elektriese
|>verbindings wat sorg dat sy verkeerslig elke week een maal buite werking is - >>
|
|
|Mar om dan te se dis 'n "Johannesburg-probleem"?
|
Blote realisme, Ferdi, onthou ons praat hier van die persoon se persepsie, of
dit nou klinies objektioef akkuraat is of nie, ek sê nie hy is reg wanneer hy
dit sê nie - ek sê hy is reg om dit te sê, want dit is sy persepsie van sake.

Elkeen van ons doen dit - ons sê wat ons eie persepsie van sake is - een ou se
objektiwiteit is 'n ander ou se subjektiwiteit. As teenargument kan 'n mens
meer feite op die tafel gooi soos wat wel in hierdie gesprek gebeur het, en
daarmee sal 'n mens altyd nader beweeg aan 'n vorm van groter objektiwiteit.
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26364 is 'n antwoord op boodskap #26299] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 13:44:13 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

|Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in die[/color]
> |buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring? Iets aan hulle se
> |wat so verkeerd is dat dit waarskynlik aan n leun grens?
> |
> Ek dink elke persoon se ervaring is uniek en baie persoonlik - ek kan
> byvoorbeeld dink dat een ou naby 'n straathoek bly met swak elektriese
> verbindings wat sorg dat sy verkeerslig elke week een maal buite werking is - >>

Mar om dan te se dis 'n "Johannesburg-probleem"?
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26365 is 'n antwoord op boodskap #26299] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry  is tans af-lyn  Henry
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:37e8e1ef.15142205@news.is.co.za...
> On Wed, 15 Sep 1999 09:48:29 -0700, Henry
> wrote:

> Die hart van die saak hier is (onware) dinge wat gese word oor SA wat dan
vrugbare grond vind en groei tot reuse persepsies.
Hier het ons nou weer te doen met een van jou persepsies. Dis juis omdat ek
dit as 'n persepsie beskou het dat ek die waarheid probeer agterkom het -
daarom het ek oorspronklik die vraag gevra: "Vertel bietjie - objektief,
asseblief - hoe dit regtig daar gaan."

> Wat ek probeer vasstel - en hier is seker n goeie kans want hier kan
iemand die pad van die inligting terugloop - is of dit uit totale onkunde
gebeur en of dit kwaadwillig is. En of dit iewers tussenin is.
Dit was (en is) glad nie 'n "big deal" nie - Ek glo vir geen oomblik die
mens wat dit aanvanklik gesê het was kwaadwillik of onkundig nie. Dis soos
wanneer iemand geïrriteerd is, en hy (of sy) kry 'n koppie lou koffie by
ontbyt. Dalk was dit gisteroggend ook lou, maar omdat die mens reeds
geïrriteerd is, bars hy sommer los met "Hoekom is die koffie nooit warm as
ek hier kom nie?" Dan vergeet hy vir die moment dat sy koffie elke dag
lekker warm is; per ongeluk was dit twee keer nie warm nie. Nou word een
ervaring sommer gelykgestel aan alle ervarings. 'n Mens noem dit oordrywing.
Almal wat daar is, weet dis nie altyd so dat die koffie lou is nie. Niemand
neem dit ernstig op daar aan tafel nie - word dalk kwaad oor die oordrywing,
ja.

Nou: veronderstel ek was nog nooit in daardie huis nie. Nou hoor ek een van
die gesinslede vertel vir iemand: "Weet jy, my pa het vanoggend gesê die
koffie is nooit warm as hy aan tafel is nie." As buitestaander weet ek nie
in watter konteks die hele gesprek verloop het nie. Nou vra ek mos wat is
die werklikheid. Dit behoort nie 'n inkwisisie te ontketen nie. 'n
Deurdagte, koel en beredeneerde antwoord sou die ding gedoen het.

> Want sien, daar is n diepgesetelde persepsie dat swartmense onbevoeg is en
nadat Suid-Afrika onder hoofsaaklik swart bestuur gekom het, MOET alles
noodwendig verkeerd loop - volgens hulle voorspellings en verwagtinge.
Miskien bestaan daar so 'n persepsie, miskien nie. Ek weet nie. Dis in elk
geval nie my persepsie dat velkleur en bevoegdheid om 'n land te bestuur met
mekaar gekoppel is nie.
>
> Die persepsie is n harde werklikheid onder baie mense in SA en baie mense
wat SA verlaat het.
Hoe dan nou? Persepsie kan mos nie werklikheid wees nie? Maar miskien het
baie mense binne en buite Suid-Afrika wel so 'n persepsie - ek weet nie.
>
> Ek probeer werklik agterkom watter rol dit in die verspreiding van
inligting soos die verkeerslig-insident speel.
Goed: ek aanvaar jou bona fides. Maar dink jy nie dis 'n bietjie paranoïes
om te praat van "die verspreiding van inligting soos die
verkeerslig-insident " nie? Daar was nie 'n insident nie, en daar was nie
inligting wat versprei is nie. Ek het hoorsê aangehaal oor verkeersligte in
die algemeen wat glo nie werk nie. My plasing het dit sterk beklemtoon dat
ek dit met meer as net 'n knippie sout neem. Maar omdat dit gekom het van
iemand wat daar woon, en omdat ek reeds meer as 'n jaar en nege maande laas
daar was, wou ek agter die kap van die byl kom. Toe verhaal ek die relevante
deel van die gesprek om die konteks te gee, en ek vra of dit waar is. Dis
al. En baie het my daarop gewys dis nie so nie, en ek aanvaar hulle is reg.
Dit het ek toe ook erken.

Gegroet uit sopnat Newtown. Dit reën erg en daar is baie oorstromings in die
omgewing. Skole en universiteite, en staatsinstansies is gesluit. Die ergste
kom glo môre, as Floyd nie verswak nie.

Henry
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26440 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Sep 1999 11:56:53 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Nee, Leendert, ek doen dit nie oor "die Afrikaners" nie. Ek het dit teendie
|skorremorrie (en hulle het Engelse, swartmense, Pole, Australiers,
|oud-CIA agente ens. ingesluit) wat die mense van SA meedoenloos
|gemanipuleer het vir hulle eie gewin. En ek stel voor dat jy nog altyd
|jou meedoenlose manipulasie van hierdie groep probeer doen in
|dieselfde tradisie. Ek wonder nog net hoeveel luister na jou ou dun
|stemmetjie wat verklaar "dinge was nie so erg nie," "dinge was nie
|soos julle dink dit gewees het nie." Word nou wakker, ou Leendert,
|en sien dat jy in 'n omgewing leef wat uiteindelik bevry is van 'n juk,
|'n juk wat deur toespraakmakers soos jy soos jukskeie op die nekke
|van Afrikaners gesit is, en waarmee julle die bevolking van SA amper
|die afgrond ingedryf het. Hou nou op met jou ou verdagmakery. Jou
|aksies is passe.
|
Ou tante,
het jy in 'n spieël gekyk toe jy hierdie geskryf het? Links word mos
regs en regs links....
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26441 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
>> Ek glo vir geen oomblik die
>> mens wat dit aanvanklik gesê het was kwaadwillik of onkundig nie.
>
> Apartheid was in stand gehou deur normale, gewone, ordentlike mense wat nie
> noodwendig "kwaadwillig" was nie - so ook Nazi Duitsland, Serbië en soveel
> ander plekke.
>
>> "Hoekom is die koffie nooit warm as
>> ek hier kom nie?" Dan vergeet hy vir die moment dat sy koffie elke dag
>> lekker warm is; per ongeluk was dit twee keer nie warm nie. Nou word een
>> ervaring sommer gelykgestel aan alle ervarings. 'n Mens noem dit
oordrywing.
>
> Dis ook hoe stereotipe onstaan.
>
>>> Want sien, daar is n diepgesetelde persepsie dat swartmense
onbevoeg is en
>> nadat Suid-Afrika onder hoofsaaklik swart bestuur gekom het, MOET alles
>> noodwendig verkeerd loop
>
>> Miskien bestaan daar so 'n persepsie, miskien nie. Ek weet nie.
>
> Ek vind hierdie kwasi-kinderlike onskuld te dik vir 'n daalder.Ek dink jy weet
> al te goed, kwarantyn, dat sodanige persepsie maar al te common is.
>
>>> Die persepsie is n harde werklikheid onder baie mense in SA en
baie mense
>> wat SA verlaat het.
>> Hoe dan nou? Persepsie kan mos nie werklikheid wees nie?
>
> Daar is 'n fyn lyn, soms selfs onopvallend, tussen persepsie en gedrag (wat dan
> werklikheid is) - amper soos vooroordeel en diskriminasie. Baie fyn.
>
>> Maar dink jy nie dis 'n bietjie paranoïes
>> om te praat van "die verspreiding van inligting soos die
>> verkeerslig-insident " nie?
>
> Ek weet jy spreek Ferdi aan, maar my antwoord is Nee.
>
> Laastens, Henry - ek geniet gewoonlik jou plasings. Dit reflekteer gewoonlik
> 'n benydenswaardige volwassenheid, beredeneerdheid, en menswaardigheid. In
> hierdie geval, ook, betwyfel ek nie jou intensies nie, maar ek wonder tog hoe
> eerlik jy is met jouself waar dit moontlike diepliggende stereotipe en
> vooroordeel aangaan - veral van die aard wat Ferdi uitwys, naamlik dat dinge
> noodwendig agteruit moet gaan noudat 'n hoofsaaklik swart kaptein en bemanning
> (bepersoning? :-)) die skip stuur.

Dink maar ook na oor die stereotipering - en vooroordeel - wat spreek
uit jou eie paragraaf hierboo waarin jy "apartheid" kopel met Nazisme,
die oorlogsmisdade van Serbië, "en soveel ander plekke".

Groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26442 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Daar daar is ook mense wat dit uit kwaadwilligheid doen. Wat doelbewus
> onkunde bevorder sodat hulle mense se verwagtinge kan manipuleer. Mense
> soos Fred Rundle doen dit oor swartmense. Gloudina doen dit oor
> Afrikaners.

Nee, Leendert, ek doen dit nie oor "die Afrikaners" nie. Ek het dit teendie
skorremorrie (en hulle het Engelse, swartmense, Pole, Australiers,
oud-CIA agente ens. ingesluit) wat die mense van SA meedoenloos
gemanipuleer het vir hulle eie gewin. En ek stel voor dat jy nog altyd
jou meedoenlose manipulasie van hierdie groep probeer doen in
dieselfde tradisie. Ek wonder nog net hoeveel luister na jou ou dun
stemmetjie wat verklaar "dinge was nie so erg nie," "dinge was nie
soos julle dink dit gewees het nie." Word nou wakker, ou Leendert,
en sien dat jy in 'n omgewing leef wat uiteindelik bevry is van 'n juk,
'n juk wat deur toespraakmakers soos jy soos jukskeie op die nekke
van Afrikaners gesit is, en waarmee julle die bevolking van SA amper
die afgrond ingedryf het. Hou nou op met jou ou verdagmakery. Jou
aksies is passe.

Gloudina

>
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26443 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Henry wrote:

> Gegroet uit sopnat Newtown. Dit reën erg en daar is baie oorstromings in die
> omgewing. Skole en universiteite, en staatsinstansies is gesluit. Die ergste
> kom glo môre, as Floyd nie verswak nie.
>
>

Nouja, Floyd is nou uiteindelik deur Maine in die Kanadese Maritimes in as'n
groot reenstorm en sterk winde, maar darem met min skade. Mens verbaas
jou egter oor die dele van New Jersey selfs wat onder water is. Waar mense
bote opkommandeer sodat hulle op die strate kan ry om mense van huise se
dakke af te kan gaan red. In Noord Carolina het hulle 15 duim reen gekry
in 'n 24 uur periode. Ek was eenkeer (in Natal op Adams Mission) toe dit
10 duim in een dag gereen het. Die oggend toe ek die deur van die balkon
oopmaak, toe vloei die vogtige lug soos water teen my aan in die kamer in.
En enige suiker wat jy op die tafel mors, smelt onmiddellik. Dit was 'n
massa vogtige lug wat van die see af teen die Drakensberge gestuit is,
en toe het al die riviere in suidelike Natal afgekom in vloed. Omtrent 900
mense is dood (mense wat op die kante van die rivierwalle gebly het.)
En al die brue was uitgespoel.

Gloudina
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26444 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , Leendert van
Oostrum wrote:
> In article ,
> @sympatico.ca wrote:
>> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>>> Daar daar is ook mense wat dit uit kwaadwilligheid
> doen. Wat
> doelbewus
>>> onkunde bevorder sodat hulle mense se verwagtinge
> kan manipuleer.
> Mense
>>> soos Fred Rundle doen dit oor swartmense. Gloudina
> doen dit oor
>>> Afrikaners.
>>
>> Nee, Leendert, ek doen dit nie oor "die Afrikaners"
> nie. Ek het dit
> teendie
>> skorremorrie (en hulle het Engelse, swartmense,
> Pole, Australiers,
>> oud-CIA agente ens. ingesluit) wat die mense van SA
> meedoenloos
>> gemanipuleer het vir hulle eie gewin.
> Tut... tut... tut... Dis wat jy altyd sê as jy oor die
> vingers getik
> word. Maar in die proses maak jy die Afrikaanse
> kiesers uit as naiewe
> manipuleerbare mense - "dommerts" het jy hulle genoem.
>> En ek stel voor dat jy nog altyd
>> jou meedoenlose manipulasie van hierdie groep
> probeer doen in
>> dieselfde tradisie.
> Verduidelik bietjie meer van hierdie manipulasie? (Of
> is dit maar net
> 'n skelterm oor jy nie weet wat anders om te sê nie?)
>> Ek wonder nog net hoeveel luister na jou ou dun
>> stemmetjie wat verklaar "dinge was nie so erg nie,"
> "dinge was nie
>> soos julle dink dit gewees het nie."
> Sorrie, ou ding! Ek spreek my nie uit oor "hoe erg
> dinge" was nie.
> Ek weerlê bloot die ergste snert waarmee jy uitkom.
> En vreemd genoeg, is jy tjoepstil wanneer jy gevra
> word om bewyse vir
> jou beweringe te voorsien.
> As mense daaruit aflei dat "dinge was nie so erg nie,"
> "dinge was nie
> soos julle dink dit gewees het nie", dan het jy bloot
> jouself daarvoor
> te blameer.
>> Word nou wakker, ou Leendert,
>> en sien dat jy in 'n omgewing leef wat uiteindelik
> bevry is van 'n
> juk,
>> 'n juk wat deur toespraakmakers soos jy soos
> jukskeie op die nekke
>> van Afrikaners gesit is, en waarmee julle die
> bevolking van SA amper
>> die afgrond ingedryf het. Hou nou op met jou ou
> verdagmakery. Jou
>> aksies is passe.
> Nee, my liewe Gloudina - _jy_ is die een wat jou met
> verdagmakery ophou!
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.

>> Nee, Leendert, ek doen dit nie oor "die Afrikaners"
> nie. Ek het dit
> teendie
>> skorremorrie (en hulle het Engelse, swartmense,
> Pole, Australiers,
>> oud-CIA agente ens. ingesluit) wat die mense van SA
> meedoenloos
>> gemanipuleer het vir hulle eie gewin.

En ook ons gewin op die einde van die dag. Waar sou ons
vandag sonder hulle gewees het? Daar is altyd iets goeds in
enige mens of organisasie.

Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26445 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:
>
> En dan was daar natuurlik ook daardie ou wat voortydige aannames
> gemaak het oor die "ongerehabiliteerde geweldsmisdadiger"

Ek is nie bewus daarvan dat sy skuldigbevinding vir sy sabotasiedade
ens ter syde gestel is nie. Ek is ook nie bewus daarvan dat hy ooit
geweld afgesweer het as metode nie - vra vir Amnesty internasionaal -
dis waarom hulle hom nie tot "prisoner of conscience" verklaar het nie.

> en
> "skelm ou Fingo" wat na bewering so gelieg het in die hof - die
> saak van die "adverse credibility finding". Onthou jy nog? Die
> ou se naam was toevallig ook Leendert.
>
> Pleks dat hy maar liewers gewag het vir die konstitusionele hof
> om uitspraak te lewer.

Nee. Daar is inderdaad 'n "adverse credibility finding" gemaak in die
hoë hof van SA. Die feit dat die grondwetlike hof dit tersyde gestel
het, verander daar niks aan nie.

In die geval van "Angelina" was daar _geen_ hofbevindinge waarop
Gloudina haar laster gegrond het nie.

Jammer vir jou, ou.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26446 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
reisiger wrote:
> In article ,
> @sympatico.ca
> wrote:
>> Leendert van Oostrum wrote:
>>> Daar daar is ook mense wat dit uit kwaadwilligheid
>> doen. Wat doelbewus
>>> onkunde bevorder sodat hulle mense se verwagtinge
>> kan manipuleer. Mense
>>> soos Fred Rundle doen dit oor swartmense. Gloudina
>> doen dit oor
>>> Afrikaners.
>> Nee, Leendert, ek doen dit nie oor "die Afrikaners"
>> nie. Ek het dit teendie
>> skorremorrie (en hulle het Engelse, swartmense,
> Pole,
>> Australiers,
>> oud-CIA agente ens. ingesluit) wat die mense van SA
>> meedoenloos
>> gemanipuleer het vir hulle eie gewin. En ek stel
> voor
>> dat jy nog altyd
>> jou meedoenlose manipulasie van hierdie groep
> probeer
>> doen in
>> dieselfde tradisie. Ek wonder nog net hoeveel
> luister
>> na jou ou dun
>> stemmetjie wat verklaar "dinge was nie so erg nie,"
>> "dinge was nie
>> soos julle dink dit gewees het nie." Word nou
> wakker,
>> ou Leendert,
>> en sien dat jy in 'n omgewing leef wat uiteindelik
>> bevry is van 'n juk,
>> 'n juk wat deur toespraakmakers soos jy soos
> jukskeie
>> op die nekke
>> van Afrikaners gesit is, en waarmee julle die
>> bevolking van SA amper
>> die afgrond ingedryf het. Hou nou op met jou ou
>> verdagmakery. Jou
>> aksies is passe.
>> Gloudina
>>>
>>>
> Moenie worry nie, watch net. Laat 'n mens eers
> regmaak, en
> die son sal weldra oor SA skyn. Help my, en almal van
> julle
> sal 'n geskenk kry wat julle nie gedink moontlik is
> nie. De
> hel met planetêre diktatorskap. Daar is 'n God wat
> leef.
> Sai Baba leef. Sekere mense se dae is getel. Goddank
> vir
> die ANC. Die dae is getel. Planetêre karma sal betaal
> moet
> word, of 'n mens nou daarvan hou of nie. Lees gerus
> John
> Hogue se boek "Millenium Prophesies". Hy hou ook van
> Osho
> (Bhagvan Shree Rashneesh). Suid Afrika sal Oregon se
> Rashneeshpuram wees wat mense nie hierdie keer kan
> stop
> nie, danksy almal van julle op hieride ng. Almal.
> Julle
> speel 'n belangrike rol.
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The
> Internet's Discussion Network *
> The fastest and easiest way to search and participate
> in Usenet - Free!

Vergeet van John Hogue se boek, en enige Millenium
profesieë. Kyk na "The 7 Mischievous Misses".

Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26447 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Daar daar is ook mense wat dit uit kwaadwilligheid doen. Wat doelbewus
>> onkunde bevorder sodat hulle mense se verwagtinge kan manipuleer. Mense
>> soos Fred Rundle doen dit oor swartmense. Gloudina doen dit oor
>> Afrikaners.
>
> Nee, Leendert, ek doen dit nie oor "die Afrikaners" nie. Ek het dit teendie
> skorremorrie (en hulle het Engelse, swartmense, Pole, Australiers,
> oud-CIA agente ens. ingesluit) wat die mense van SA meedoenloos
> gemanipuleer het vir hulle eie gewin.

Tut... tut... tut... Dis wat jy altyd sê as jy oor die vingers getik
word. Maar in die proses maak jy die Afrikaanse kiesers uit as naiewe
manipuleerbare mense - "dommerts" het jy hulle genoem.

> En ek stel voor dat jy nog altyd
> jou meedoenlose manipulasie van hierdie groep probeer doen in
> dieselfde tradisie.

Verduidelik bietjie meer van hierdie manipulasie? (Of is dit maar net
'n skelterm oor jy nie weet wat anders om te sê nie?)

> Ek wonder nog net hoeveel luister na jou ou dun
> stemmetjie wat verklaar "dinge was nie so erg nie," "dinge was nie
> soos julle dink dit gewees het nie."

Sorrie, ou ding! Ek spreek my nie uit oor "hoe erg dinge" was nie.

Ek weerlê bloot die ergste snert waarmee jy uitkom.

En vreemd genoeg, is jy tjoepstil wanneer jy gevra word om bewyse vir
jou beweringe te voorsien.

As mense daaruit aflei dat "dinge was nie so erg nie," "dinge was nie
soos julle dink dit gewees het nie", dan het jy bloot jouself daarvoor
te blameer.

> Word nou wakker, ou Leendert,
> en sien dat jy in 'n omgewing leef wat uiteindelik bevry is van 'n juk,
> 'n juk wat deur toespraakmakers soos jy soos jukskeie op die nekke
> van Afrikaners gesit is, en waarmee julle die bevolking van SA amper
> die afgrond ingedryf het. Hou nou op met jou ou verdagmakery. Jou
> aksies is passe.

Nee, my liewe Gloudina - _jy_ is die een wat jou met verdagmakery ophou!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26448 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Wed, 15 Sep 1999 09:48:29 -0700, Henry
> wrote:
>
> > geskryf het: gaan kyk ook sommer na my kort samevatting van
>> 'n seleksie van die reaksies op my vraag - ja, dis reg: ek
>> het ook 'n vraag gestel in my aanvanklike plasing. Daarin
>> gee ek toe dat wat jy hierbo stel, ook my indruk was. En ek
>> gee sommer op die koop toe ook my gevoel van optimisme oor
>> wat in die land aan die gang is.>>
>
> Die hart van die saak hier is (onware) dinge wat gese word oor SA wat
> dan vrugbare grond vind en groei tot reuse persepsies.

Dalk begin jy iets verstaan van wat gebeur as (onware) dinge gesê word
oor Afrikaners - soos voortydige aannames oor die Angelina-saak - valse
voorstellings oor die behandeling van swartmense op Stellenbosch,
onvolledige aanhalings van Verwoerd; of bloot, soos in Leswin se
reaksie op hierdie selfde plasing, deur onverwante gebeurtenisse in
dieselfde paragraaf te koppel:

- aldus Leswin.

>
> Wat ek probeer vasstel - en hier is seker n goeie kans want hier kan
> iemand die pad van die inligting terugloop - is of dit uit totale
> onkunde gebeur en of dit kwaadwillig is.
> En of dit iewers tussenin is.

Jy vra dieselfde vrae as ek - maar jy vra dit oor 'n ander groep mense.

>
> Want sien, daar is n diepgesetelde persepsie dat swartmense onbevoeg
> is en nadat Suid-Afrika onder hoofsaaklik swart bestuur gekom het,
> MOET alles noodwendig verkeerd loop - volgens hulle voorspellings en
> verwagtinge.

Ditto oor diepgewortelde persepsies oor Afrikaners, veral gedurende die
tydperk van "apartheid"; en dan kan jy byvoeg, diepgesetelde persepsies
van kwaadwilligheid, inhaligheid, onnoselheid, naiewiteit.... (lees
maar Gloudina se gereelde uitlatings oor die onderwerp)

> Die persepsie is n harde werklikheid onder baie mense in SA en baie
> mense wat SA verlaat het.
>
> Ek probeer werklik agterkom watter rol dit in die verspreiding van
> inligting soos die verkeerslig-insident speel.

Die "persepsie" waarvan jy praat is dieselfde ding wat Gloudina "ikone"
noem waneer sy van Afrikaners praat.

Dit gaan eintlik daaroor dat mense (in gebeurtenisse, nuusbrokkies,
verhale, gedigte, musiek, die Bybel.....) waarneem wat hulle verwag om
waar te neem.

As jy "weet" dat Verwoerd swart kinders verhoed het om wiskunde te
leer, is dit wat jy waarneem wanneer jy daaroor lees. Dinge wat
teenstrydig is met jou verwagting registreer eenvoudig nie - as jy wel
daarvan kennis neem, trek jy nie die verband nie (bv. jy laat na om die
vraag te vra: waar moet studente vir Verwoerd se Medunsa - of vir die
wetenskapfakulteite by sy Zululand of Turfloop- vandaan kom as Verwoerd
swart leerlinge verhoed om wiskunde of wetenskap te leer?).

Die "kuns" (wat Gloudina met groot verbetenheid beoefen) is om die
verwagtinge te manipuleer sodat ons later almal verwag om waar te neem
wat sy verkies om waar te neem waar te neem (in elk geval sedert Smuts
sy setel verloor het).

Nou: Om te reageer op jou vraag - is dit uit onkunde, of uit
kwaadwilligheid? In verreweg die meeste gevalle sou dit uit onkunde
wees - maar ondunde wat spruit uit onwilligheid om ons eie aannames te
bevraagteken. Om weer te kyk na die dinge wat ons "weet".

Dit geld ons aannames oor swartmense (Mandela en Mokaba inkluis) sowel
as ons aannames oor Boere (Verwoerd en Beyers Naudé inkluis).

Maar daar is ook mense wat dit uit kwaadwilligheid doen. Wat doelbewus
onkunde bevorder sodat hulle mense se verwagtinge kan manipuleer. Mense
soos Fred Rundle doen dit oor swartmense. Gloudina doen dit oor
Afrikaners.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26449 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Dalk begin jy iets verstaan van wat gebeur as (onware) dinge gesê word
> oor Afrikaners - soos voortydige aannames oor die Angelina-saak - valse
> voorstellings oor die behandeling van swartmense op Stellenbosch,
> onvolledige aanhalings van Verwoerd; of bloot, soos in Leswin se
> reaksie op hierdie selfde plasing, deur onverwante gebeurtenisse in
> dieselfde paragraaf te koppel:

En dan was daar natuurlik ook daardie ou wat voortydige aannames
gemaak het oor die "ongerehabiliteerde geweldsmisdadiger" en
"skelm ou Fingo" wat na bewering so gelieg het in die hof - die
saak van die "adverse credibility finding". Onthou jy nog? Die
ou se naam was toevallig ook Leendert.

Pleks dat hy maar liewers gewag het vir die konstitusionele hof
om uitspraak te lewer.

Swart Simon
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26450 is 'n antwoord op boodskap #26299] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>> Daar daar is ook mense wat dit uit kwaadwilligheid
> doen. Wat doelbewus
>> onkunde bevorder sodat hulle mense se verwagtinge
> kan manipuleer. Mense
>> soos Fred Rundle doen dit oor swartmense. Gloudina
> doen dit oor
>> Afrikaners.
> Nee, Leendert, ek doen dit nie oor "die Afrikaners"
> nie. Ek het dit teendie
> skorremorrie (en hulle het Engelse, swartmense, Pole,
> Australiers,
> oud-CIA agente ens. ingesluit) wat die mense van SA
> meedoenloos
> gemanipuleer het vir hulle eie gewin. En ek stel voor
> dat jy nog altyd
> jou meedoenlose manipulasie van hierdie groep probeer
> doen in
> dieselfde tradisie. Ek wonder nog net hoeveel luister
> na jou ou dun
> stemmetjie wat verklaar "dinge was nie so erg nie,"
> "dinge was nie
> soos julle dink dit gewees het nie." Word nou wakker,
> ou Leendert,
> en sien dat jy in 'n omgewing leef wat uiteindelik
> bevry is van 'n juk,
> 'n juk wat deur toespraakmakers soos jy soos jukskeie
> op die nekke
> van Afrikaners gesit is, en waarmee julle die
> bevolking van SA amper
> die afgrond ingedryf het. Hou nou op met jou ou
> verdagmakery. Jou
> aksies is passe.
> Gloudina
>>
>>

Moenie worry nie, watch net. Laat 'n mens eers regmaak, en
die son sal weldra oor SA skyn. Help my, en almal van julle
sal 'n geskenk kry wat julle nie gedink moontlik is nie. De
hel met planetêre diktatorskap. Daar is 'n God wat leef.
Sai Baba leef. Sekere mense se dae is getel. Goddank vir
die ANC. Die dae is getel. Planetêre karma sal betaal moet
word, of 'n mens nou daarvan hou of nie. Lees gerus John
Hogue se boek "Millenium Prophesies". Hy hou ook van Osho
(Bhagvan Shree Rashneesh). Suid Afrika sal Oregon se
Rashneeshpuram wees wat mense nie hierdie keer kan stop
nie, danksy almal van julle op hieride ng. Almal. Julle
speel 'n belangrike rol.

Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26470 is 'n antwoord op boodskap #26299] So, 19 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Sep 1999 15:34:04 -0400, "Henry" wrote:

vrugbare grond vind en groei tot reuse persepsies.[/color]
> Hier het ons nou weer te doen met een van jou persepsies. Dis juis omdat ek
> dit as 'n persepsie beskou het dat ek die waarheid probeer agterkom het -
> daarom het ek oorspronklik die vraag gevra: "Vertel bietjie - objektief,
> asseblief - hoe dit regtig daar gaan." >>

Jou antwoord is verwarrend. Ek kan nie agterkom wat jy hier se nie.

Wat ek probeer vasstel - en hier is seker n goeie kans want hier
kan
> iemand die pad van die inligting terugloop - is of dit uit totale onkunde
> gebeur en of dit kwaadwillig is. En of dit iewers tussenin is.
> Dit was (en is) glad nie 'n "big deal" nie - Ek glo vir geen oomblik die
> mens wat dit aanvanklik gesê het was kwaadwillik of onkundig nie. Dis soos
> wanneer iemand geïrriteerd is, en hy (of sy) kry 'n koppie lou koffie by
> ontbyt. Dalk was dit gisteroggend ook lou, maar omdat die mens reeds
> geïrriteerd is, bars hy sommer los met "Hoekom is die koffie nooit warm as
> ek hier kom nie?" Dan vergeet hy vir die moment dat sy koffie elke dag
> lekker warm is; per ongeluk was dit twee keer nie warm nie. Nou word een
> ervaring sommer gelykgestel aan alle ervarings. 'n Mens noem dit oordrywing.
> Almal wat daar is, weet dis nie altyd so dat die koffie lou is nie. Niemand
> neem dit ernstig op daar aan tafel nie - word dalk kwaad oor die oordrywing,
> ja.
>
> Nou: veronderstel ek was nog nooit in daardie huis nie. Nou hoor ek een van
> die gesinslede vertel vir iemand: "Weet jy, my pa het vanoggend gesê die
> koffie is nooit warm as hy aan tafel is nie." As buitestaander weet ek nie
> in watter konteks die hele gesprek verloop het nie. Nou vra ek mos wat is
> die werklikheid. Dit behoort nie 'n inkwisisie te ontketen nie. 'n
> Deurdagte, koel en beredeneerde antwoord sou die ding gedoen het.>>

1. Jy bedoel jy doen die moeite om iets te probeer vasstel soos dit?!
Soos dat "die koffie is altyd koud as ek inkom"?
In my ervaring is daar waninformasie wat mens nooit eers uittcheck nie
want dis so duidelik rubbish. Dan is daar ander wat mens uittcheck
omdat jy verwagtinge daaroor het of vrese of so iets.
Ek sal byvoorbeeld nooit enrstig vra of die inkom van iemand in n
vertrek koffie koud laat word nie.
Maar glo my talle mense sal vra oor iets soos die verkeerslig-geval
omdat hulle dit verwag van n SA onder hoofsaaklik swart bestuur.
Gaan kyk in ander nuusgroepe, lees briewe in SA koerante, vra rond oor
mense wat padgegee het uit die land.

Die soort ding wat jy gevra het is die onderwerp van talle
"besprekings" in SA onder mense wat biiter oor die politieke wending
van 1994 is. Dit duik ook op in heelparty agtergrond-berigte in
sommige oorsese koerante.

Lyk my ook nie jy begryp die ding wat ek beredeneer heeltemal nie.
As n stad se verkeersligstelsel ophou werk is dit n moerse ding. Dis
soos water wat ophou vloei vanwee wanbestuur.
As iemand se dit gebeur is hulle of ongelooflik oningelig as hulle in
daardie stad woon of moedswillig.

Want sien, die verkeersligte werk.

En as iemand dit ernstig opneem as hy dit hoor, is daar noodwendig die
vraag hoekom hy dit ernstig opneem.

Hier is nog n voorbeeld vir jou in die soort trant: SA word hoog
aangeslaan in terme van Y2K-gereedheid. Ver bokant lande soos Italie
en Spanje.
In fact, die Amerikaansre Satet Dept, waarsku Amerikaanse sakemanne om
nie oor daardie tyd in Italie gevang te word nie.
Hulle gee SA n goeie rating en se daar sal nie ernstige probleme wees
nie.
Intussen is daar onder die aandele makelaar-gemeenskap wereldwyd n
bewerigheid oor die "ontwikkelende wereld" in terme van Y2K en hulle
ontrek sake uit daardie lande in voorbereiding daarop.
Onder meer ook in Suid-Afrika omdat SA gesien word as "ontwikkelende
wereld".
Oor Europa - waar Italie en Spanje en Portugal (al drie swak voorberei
op Y2K) natuurlik is - het hulle nie probleme nie want dis "eerste
wereld".

Dis die krag van persepsies.

Want sien, daar is n diepgesetelde persepsie dat swartmense
onbevoeg is en
> nadat Suid-Afrika onder hoofsaaklik swart bestuur gekom het, MOET alles
> noodwendig verkeerd loop - volgens hulle voorspellings en verwagtinge.
> Miskien bestaan daar so 'n persepsie, miskien nie. Ek weet nie. Dis in elk
> geval nie my persepsie dat velkleur en bevoegdheid om 'n land te bestuur met
> mekaar gekoppel is nie.
>>
>> Die persepsie is n harde werklikheid onder baie mense in SA en baie mense
> wat SA verlaat het.
> Hoe dan nou? Persepsie kan mos nie werklikheid wees nie? Maar miskien het
> baie mense binne en buite Suid-Afrika wel so 'n persepsie - ek weet nie.>>

Nee. Persepsie in bitter min kere baie korrek in terme van die
werklikheid. En persepsie is nie konkrete werklikheid nie. Persepsie
is gedagte.
Maar die bestaan van n persepsie kan n werklikheid wees - in fact dit
MOET n werklikheid wees om te bestaan!
So wat ek se is: Die persepsie waarvan ek praat, hy bestaan/hy is n
werklikheid. Hy is daar.

Ek probeer werklik agterkom watter rol dit in die verspreiding
van
> inligting soos die verkeerslig-insident speel.
> Goed: ek aanvaar jou bona fides. Maar dink jy nie dis 'n bietjie paranoïes
> om te praat van "die verspreiding van inligting soos die
> verkeerslig-insident " nie? Daar was nie 'n insident nie, en daar was nie
> inligting wat versprei is nie. >>>

1. Insident verwys na die bespreking. Die "thread" op die nuusgroep.
2. Daar was inligting versprei. My here man, ons het mos oor IETS
gepraat!

>[/color]

My hele punt.
En toe se ek: Die verkeersligte werk. Almal op die groep se dit werk.
Hoe is dit dat die mense waar die inligting onstaan het dan se
verkeersligte werk nie terwyl DIT WEL WERK?

daar was, wou ek agter die kap van die byl kom. Toe verhaal ek die relevante[/color]
> deel van die gesprek om die konteks te gee, en ek vra of dit waar is. Dis
> al. En baie het my daarop gewys dis nie so nie, en ek aanvaar hulle is reg.
> Dit het ek toe ook erken.>>
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26497 is 'n antwoord op boodskap #26299] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:
>
> In article ,
> @sympatico.ca wrote:
>
> En vreemd genoeg, is jy tjoepstil wanneer jy gevra word om bewyse vir
> jou beweringe te voorsien.
>

Maar so ken ons mos die ou liegbek ....
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26498 is 'n antwoord op boodskap #26299] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Ek is nie bewus daarvan dat sy skuldigbevinding vir sy sabotasiedade
> ens ter syde gestel is nie. Ek is ook nie bewus daarvan dat hy ooit
> geweld afgesweer het as metode nie

Meeste mense het al lankal tot die besef gekom dat dit eintlik
die maatskappy van destyds was wat rehabilitasie nodig gehad het.

Maar daar sal natuurlik altyd die paar ou die-hards oorbly wat
bly hunker na die cloud-cuckoo-land van die verlede.

Swart Simon
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26499 is 'n antwoord op boodskap #26299] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Sep 1999 22:54:37 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|Apartheid was in stand gehou deur normale, gewone, ordentlike mense wat nie
|noodwendig "kwaadwillig" was nie

Leswin, dink jy nie jy dra ook 'n stereotipe van "daardie mense" rond nie..?
Doen ons dit nie maar almal nie? Wanneer het ons nie meer 'n stereotipe van 'n
groep mense nie?

Johan
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26560 is 'n antwoord op boodskap #26299] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Ek is nie bewus daarvan dat sy skuldigbevinding vir sy
> sabotasiedade
>> ens ter syde gestel is nie. Ek is ook nie bewus daarvan dat hy
> ooit
>> geweld afgesweer het as metode nie
>
> Meeste mense het al lankal tot die besef gekom dat dit eintlik
> die maatskappy van destyds was wat rehabilitasie nodig gehad het.
>
> Maar daar sal natuurlik altyd die paar ou die-hards oorbly wat
> bly hunker na die cloud-cuckoo-land van die verlede.

Hmmmmm.......

"Die-hards" soos Amnesty International? (Wat Mandela tot vandag toe nie as
"prisoner of conscience" beskou nie - weens sy standpunt oor geweld.)

Wow! Mens eindig darem in vreemde geseldkap as jy politiek korrek is, nie
waar nie?
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26632 is 'n antwoord op boodskap #26299] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Hmmmmm.......
>
> "Die-hards" soos Amnesty International? (Wat Mandela tot vandag toe nie as
> "prisoner of conscience" beskou nie - weens sy standpunt oor
geweld.)

Mag ons hiervan aflei dat jy al die besluite van AI as
gesaghebbend beskou? Of is dit net daardie geselekteerde
besluite wat jy, met behulp van 'n bietjie hiperbool, kan gebruik
in jou argumente?

Min mense is daaroor gepla dat AI hom nie as 'n "prisoner of
conscience" beskou het nie. As ek dit nie mis het nie het hy reg
van die begin af self erken dat hy, onder die omstandighede van
destyds, 'n voorstaander van geweld was. En die redes wat hy
aangevoer het maak vir meeste mense deesdae volkome sin.

Swart Simon
Vorige onderwerp: re: "Heere"
Volgende onderwerp: Vir die wat belang stel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 07:40:13 MGT 2024