Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ekonomie op die PERSOONLIKE vlak (was: Johannesburg...)
Ekonomie op die PERSOONLIKE vlak (was: Johannesburg...) [boodskap #26467] Sa, 18 September 1999 00:00
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Julle sal sien dat ek hier 'n boodskap insluit wat Ferdi direk vir my
gestuur het.

Ferdi, ek het jou nie gevra om my direk te kontak nie. Wat jy vir my oor
enige onderwerp in hierdie ng te sê het, kan jy in die ng aan my sê.

Hier is Ferdi se pos, die "you" hier bo-aan die pos is nou ek:
---------------
On Wed, 15 Sep 1999 23:33:55 +0200, you wrote:

persoonlike belasting afgeneem het nie,>>[/color]

Niks so doof soos die wat nie WIL hoor nie?
Gaan kyk na SYFERS (persentasies) wat AANGEKONDIG is. Dit was 'n
AFNAME. MINDER belasting vir laer inkomstegroepe en MINDER belasting
vir maatskappye. Hel, die maatskappye het gereageer daarop. Dit
verwelkom. En minder begin betaal!

En dis mos die hele bleddie punt: Belasting IS VERLAAG.

en na my belastingaanslag te kyk. Iets wat ons nêrens hier genoem het[/color]
nie,
> is dat indirekte belastings toegeneem het. Jy het seker gehoor dat die
> parlement daarna kyk om BTW op gevriesde groente te hef? Nog 'n manier om
> die totale belastinglas op die individu te verhoog. het jy al ooit gaan
> sit en uitwerk wat betaal jy in TOTAAL aan belasting? Persoonlik en al
> hierdie ander heffings/belastings? Jy sal skrik as jy dit doen, maat.>>

Dit ken ek al vir jare al.
Van BTW tot by die padfonds-heffing wat die NP vir goed tien jaar
gebruik het om oorlog te maak in Angola.

Die punt is: Ek het gese belasting is verlaag. En dit is. Vir die
eerste keer in in moerse lang tyd. En daarop het jy gese: Ghrwahahaha
of so iets.

sê is dat ek dit nie kan sien in my daaglikse handel nie. Ek is seker dat[/color]
> daar baie mense is wat dit so ervaar. Net soos die belasting, hoef ek net
> na my maandelikse uitgawes te kyk om te sien hoe raak inflasie my
> persoonlik. En glo my, ek bekyk hulle elke maand baie goed. Byv. hier sit
> ek nou met my munisipale rekening voor my, en die nota aan die onderkant
> van die rekening staan daar dat "riool- en afvaltariewe styg met 6.4% vanaf
> Aug rekening. Elektrisiteit styg met 5.8% en water met 15%" Ek betaal nou
> 'n "metroploitaanse heffing" ook. Daar was ook alreeds 'n baie groot
> aanpassing op die waardasierol (Ek het nie nou die presiese syfer by my
> nie). Wil jy nog meer "wetenskaplike" bewyse hê? Soos ek gesê het, alle
> faktore in ag genome, het my munispale rekening met meer as 30% alreeds
> gestyg. Kospryse en petrol praat ek nie eens van nie.>>

Die punt is: Inflasie daal. Inflasie is die laagste in 30 jaar, En
inflasie is 'n algemene aanduider van ekonomiese stand.
Ek het nie gese iewers in Sunninghill het jy nou meer geld nie. Dis n
kwessie van jou persoonlike omstandighede.
Ek het gese inflasie het gedaal. En inflasie is 'n algemen aanduider
van ekonomiese welstand.
Met ander woorde dit gaan in die algemeen beter met ons ekonomie.
Dit beteken nie ons is nie meer siek nie.
Dit beteken dit gaan beter.

: olieproduksie en het vroeer vanjaar begin om produksie te verminder[/color]
> : sodat die prys kan styg sodat hulle meer geld kan kry. Die prys het
> : toe ook gestyg.
> Die styging in die ru-olieprys beïnvloed in werklikheid 'n baie klein deel
> van die petrolprys (10% of so iets) Die oorgrote deel van die petrolprys
> bestaan uit belastings en heffings wat na die regering gaan. Nou verhoog
> hulle sommer sito-sito die _HELE_ kaboedel, want dis tog so maklik om geld
> op daardie manier te kry. Ek sou nie so baie omgegee het as hulle die geld
> aanwend waarvoor hulle oorspronklik gesê het dit moet wees nie, maar alles
> gaan reguit staatskoffer toe en nie (byv.) na die padboufonds (of wat hulle
> dit ook al noem) nie.>>>

Ek sou weer se die prys van olie het n groot invloed op die prys van
petrol.
Met hoeveel het olie gestyg?
En met hoeveel het petrol gestyg - persentasiegewys?

groente word ook ingevoer) uit die buiteland kom, baiemaal van plekke waar[/color]
> regerings hulle vervaardigers, boere ens geweldig subsidieer,. terwyl alle
> soortgelyke subsidies hier by ons weggevat is.>>

Snaaks ek sien nou weer talle Afrikaanse name op die verpakking van
die vrugte en groente wat ek koop.

maar omtrent al hulle insetkostes word deur die regering beheer, maw dis[/color]
> nie onderworpe aan die vrye mark beginsels nie. Beheerrade was wel
> monopolisties van aard, maar hulle het dit baie makliker vir 'n produsent
> gemaak om sy ware te adverteer en te verkoop. Die bemarkingsaksie het alle
> deelnemers aan daardie bedryf eweveel gebaat. Hierdie bemarkingsaksie moet
> nou deur die boer self of deur 'n groepie boere gedoen word, wat weer
> kostes byvoeg by die produk. Op die langtermyn beskou, gaan die groter
> boere/genootskappe waarskynlik die kleineres uitdruk vanweë "economy of
> scale", hulle kan eenvoudig beter bemark en verkoop vanweë hul grote, nie
> noodwendig omdat hulle 'n beter produk het nie.>>

En op die medium termyn is ons in ons moer in in die globale ekonomie
as ons nie dereguleer nie.

raak. Maar ek hou my nie blind vir die slegte goed nie (skimp, skimp).[/color]
> Hierdie bespreking het byna uitsluitlik oor negatiewe goed gegaan (per slot
> van sake is belasting en inflasie en stukkende verkeersligte en gate in die
> paaie en telefone wat nie werk nie negatief!)>>

Per slot van sake is die verlaging van belasting daar om gesien te
word.
Ditto met inflasie.
En werk die verkeersligte - almal van JHB op die NG stem saam
daaroor..
En is die gate in die pad nie meer as van tevore nie.
---------------
Hier eindig Ferdi se e-pos.

Nou in antwoord op jou pos:
1) Jy is reg, daar is niemand so blind as die wat nie wil sien nie. Jy.
2) Ek erken dat belasting gedaal het, in die geheel gesien. Die punt wat
ek wou maak is dat ek dit nie aan my persoonlike belasting kan sien nie.
3) Ditto die inflasiekoers.
4) Ek het jou nie "uitgekak" (jou woord) oor jou siening nie. Hoekom sê jy
dan ek het dit gedoen? Ek het nog heeltyd gedog ons het 'n redelike
vriendelike bespreking aan die gang?
5) Die werklike petrolprys (maw die deel wat ons betaal wat nie in die
regering se sak land nie) is ongeveer 10% van die pompprys. As slegs die
styging van ru-olie in ag geneem was met die prysbepaling sou ons
petrolprys hierdie maand met omtrent 1.5c gestyg het. Maar die regering
het sommer sy deel ook groter gemaak. BTW, petrol het _MEER_ gestyg in die
afgelope 4 jaar as toe die NP ons oorlog in Angola gemaak het, soos jy dit
stel.
6) Die verwysing na die stukkende paaie en telefone en verkeersligte was
eintlik 'n effens spottende verwysing na die oorspronklike pos wat die
"thread" begin het oor die "baie" stukkende verkeersligte in Johannesburg.
As jy terugblaai in die thread sal jy sien ek was glad nie negatief daaroor
nie; baie soos jy, het ek gesê dit is goed wat kom en gaan, maar dit het
nie noodwendig meer geword nie. Ek vra om verskoning as jy dit verkeerd
opgeneem het ('n mens mis nogal die luukse van "stemtoon" en "houding"op
die Internet).

En voor jy nou weer op jou perdjie spring omdat ek nou die regering sou
bykom, dis my demokratiese reg om te mag kritiseer. Net soos dit joune is
om alles wat hulle doen goedsmoeds te aanvaar, of nie. Ek sê weer, hierdie
ng is daar om gesonde besreking uit te lok, nie om mekaar in die hare te
val nie.

As jy niks verder opbouend tot hierdie bespreking kan bydra nie, beskou ek
die dié "thread"as toe.

Groete,
Dries Venter
Vorige onderwerp: Re: Ekonomie op die PERSOONLIKE vlak (was: Johannesburg...)
Volgende onderwerp: Vis Rivier Canyon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 06:03:30 MGT 2024