Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude
Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26390] Do, 16 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Joan Hambidge oor die bundel “Die Nomadiese
Oomblik” van Charl-Pierre Naudé in die
Tydskrif vir Letterkunde, Febr./Mei 1996.

“Dit is 'n debuut wat 'n mens hoop gee vir die
Afrikaanse digkuns, omdat die digter 'n nuwe
verwysingswereld aktiveer… dit is 'n wereld
wat direk bots met die Calvinistiese/Dietse
wereld so eie aan ons poësie - met Breytenbach
as uitsondering….min jong digters dig so
oortuigend oor die verskillende vlakke van
menswees en syn… Die “Nomadiese Oomblik”
is 'n baie belangrike debuut en een wat die
poëtiese kontoere radikaal verander… Die
intertekste is verhuld, die beeldgebruik is
vars en die sonnetvorm…word weer aange-
wend… Dis 'n bundel vir lank bestudeer,
nadink en weer lees, en een wat my baie
opgewonde gemaak het.”
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26391 is 'n antwoord op boodskap #26390] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> On Thu, 16 Sep 1999 18:12:52 GMT, @sympatico.ca wrote:
> |Nou hoekom, my liewe Johan, maak jy sulke snedige opmerkings oorJoan Hambidge in die
> |besonder
>
> Ek kan nie onthou dat ek so iets gedoen het nie. Snedig? Was dit lank terug?
> Ek kry niks daarvan op die plasings op my nuusleser nie. Jy sal moet uithelp en
> aanhaal asseblief.
>
>

Tweekeer op hierdie selfde thread, Johan.
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26392 is 'n antwoord op boodskap #26390] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> jy lok partykeer die
> lelikste van lelik by my uit.... "You just have that knack..."

Gloudina kan jou niks MAAK doen nie. Hou op om haar te blameer vir JOU gedrag
en neem verantwoordelik vir JOU gedrag. Jy het keuse om "mooi" of "lelik" te
wees, en jy kies telkemale "lelik" - let op, JY kies en dis JOU gedrag. Issie
ekkie, issie duiwel, né.
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26393 is 'n antwoord op boodskap #26390] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> On Thu, 16 Sep 1999 01:19:32 GMT, @sympatico.ca wrote:
>
> |Joan Hambidge
>
> O, OK.
>
> Ek sê maar liewer niks....

Jy sal jy seker nie kan help nie. So vertelmaar wat jy dink.

Gloudina
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26394 is 'n antwoord op boodskap #26390] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Sep 1999 18:12:52 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Nou hoekom, my liewe Johan, maak jy sulke snedige opmerkings oorJoan Hambidge in die
|besonder

Ek kan nie onthou dat ek so iets gedoen het nie. Snedig? Was dit lank terug?
Ek kry niks daarvan op die plasings op my nuusleser nie. Jy sal moet uithelp en
aanhaal asseblief.

| en alles en nog wat in die algemeen.

Ek's nie perfek nie en probeer maar hard, maar jy weet, jy lok partykeer die
lelikste van lelik by my uit.... "You just have that knack..."

|Jou persona op hierdie nuusgroep is een van hooghartige oordele vel
|wat op baie min kennis berus.

Jy mag maar hier pontifikeer, maar so baie keer kritiseer jy ander daaroor. Dit
kan so maklik as tweegesig interpreteer word.
Miskien is ek 'n patatbrein met geen kennis nie, miskien loop ek net nie aldag
en spog met my kennis nie, miskien is ek nie 'n kennis snob nie.

| Jy kom voor as iemand wat baie
|negatief is.

..en jy sit maar baie die pot mis.... Veral telkens as die obsessie jou beetpak
om my te wil definieer en in 'n boksie te sit. Kom ons praat eerder met mekaar
soos vriende wat mekaar se foute aanvaar en nie mekaar om elke hoek en draai
beswadder nie - ek het jou al voorheen gesê: ek sal ophou as jy ophou.

|Dit lyk vir my dat jy selfs die "mooi" "moralistiese" puntjies
|wat jy so periodiek maak, om politieke redes maak

So 'n opmerking is om van te kots -- jy maak my naar. Gun my om te strewe na
iets mooi sonder dat jy dit gedurig met jou modderige gedagtes betakel. Gun
ander om iets te sê sonder om jou vuil daaraan toe te dig.

| - om te wys
|hoe wonderlik jy is en hoe baie jy weet.
|
Daar is so baie lekker antwoorde op hierdie versindsel van jou:
1) hai kyk hou skaamlatdie antie my nou voel - as my ma my net lat leer het was
ek dalk 'n jeenius of 'n provessir. Dink jy rerig ek is wonnerlik? My oom se
ek weetti veel - ek mounie vannie stookiry te veel senie.
2) dis nes jy daar sê: dis mos belangrik dat ek aan almal uitsaai dat my kennis
beter as enige iemand anders s'n is en dat ek net die beste mens op aarde is.
3) dis nie die rede nie.
4) nee, ek doen dit om te bewys hoe welsprekend ek is en hoe verveeld ek is met
jou plasings.
5) oeee, dit gee my so "thrill" dat jy my so bewonder, Gloudina!!!!!! Ek sal
vir jou 'n getekende foto stuur!! In my speedo!!! (Nee, ek gaan nie die speedo
vir jou stuur nie, stouterd! Die foto is geneem met my in my speedo!)

Sien jy hoe lok jy sarkasme by my uit? (Behalwe vir punt 3))

En dan kan ek net sien hoe sit die ou suurgaai daar en trek haar mondhoeke af en
antwoord: "Dink jy dis snaaks? Dit is nie..."

|Dit lyk vir my dat jy selfs die "mooi" "moralistiese" puntjies
|wat jy so periodiek maak, om politieke redes maak - om te wys
|hoe wonderlik jy is en hoe baie jy weet.

Ek dink jy is veiliger as jy nie probeer interpreteer hoekom mense dinge skryf
nie. Jy was nog nooit reg met jou interpretasies nie. Jy doen net kwaad
daarmee.

Ek sal skryf wat ek lekkerkry, en ek skryf sonder bymotiewe - ek het nie tyd om
verskansde agendas uit te dink en op te droom nie. Jy moet my maar net op
"facevalue" vat.
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26415 is 'n antwoord op boodskap #26390] Vr, 17 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> My oer oupa-grootjie het ook so 'n wir perd gehad, sy naam was Fleur....wat
> noem jy joune.
>
>>
>> Tant Hessie se witperd
>

Sy naam is Houhyhynmm

Hessie
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26416 is 'n antwoord op boodskap #26390] Vr, 17 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
My oer oupa-grootjie het ook so 'n wir perd gehad, sy naam was Fleur....wat
noem jy joune.

>
> Tant Hessie se witperd
>
>>
>
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26417 is 'n antwoord op boodskap #26390] Vr, 17 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sy moet eerder weer haar Bybel lees.

… Dis 'n bundel vir lank bestudeer,
nadink en weer lees, en een wat my baie
opgewonde gemaak het."
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26418 is 'n antwoord op boodskap #26390] Vr, 17 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ditsem Johan :

I say what I think ; I don't think what I say....... en basta met die res !

Post vir ons 'n .JPG van jou Speedo .

>
> Ek sal skryf wat ek lekkerkry, en ek skryf sonder bymotiewe - ek het nie tyd om
> verskansde agendas uit te dink en op te droom nie. Jy moet my maar net op
> "facevalue" vat.
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26461 is 'n antwoord op boodskap #26390] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Maakie saakie Francois, die antie glo hy maak die hele wereld reg.

Koljander koljander so deur die bos, my ma en pa kook lekker kos
die kinders verstik aan 'n druiwe tros,
die laaste een se kop word af gekap.

Kiep kiep kiep ....

Alwyn - Down-under.

Francois de Wet skryf in boodskap news:7rt4rs$e86$1@news.is.co.za...
> My oer oupa-grootjie het ook so 'n wir perd gehad, sy naam was Fleur....wat
> noem jy joune.
>
>>
>> Tant Hessie se witperd
>>
>>>
>>
>
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26477 is 'n antwoord op boodskap #26390] So, 19 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Sep 1999 12:25:03 +0200, "Francois de Wet"
wrote:

[/color]
>
> … Dis 'n bundel vir lank bestudeer,
> nadink en weer lees, en een wat my baie
> opgewonde gemaak het.” >>

En jy kan - nadat jy leer spel het - eendag gaan uitvind wat
"literatuur" is.

Daars selfs daarvan in die Bybel......
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26514 is 'n antwoord op boodskap #26390] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Sep 1999 01:19:32 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Joan Hambidge oor die bundel =93Die Nomadiese
|Oomblik=94 van Charl-Pierre Naudé in die
|Tydskrif vir Letterkunde, Febr./Mei 1996.
|
Gaan kyk gerus hoe mooi skryf Joan H. oor die intimiteit van die digkuns.
Amper 'n teenspraak - as jy die gedig so uitmekaar trek, verkrag jy van sy
intimiteit....
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26515 is 'n antwoord op boodskap #26390] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Francois de Wet wrote:
>
> Ditsem Johan :
>
> I say what I think ; I don't think what I say....... en basta met die res !
>
> Post vir ons 'n .JPG van jou Speedo .
>

Include sommer scratchh-and-sniff vir Gloudina!
Re: Joan Hambidge oor Charl-Pierre Naude [boodskap #26516 is 'n antwoord op boodskap #26390] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 20 Sep 1999 20:44:15 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

|On Thu, 16 Sep 1999 01:19:32 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
||Joan Hambidge oor die bundel =93Die Nomadiese
||Oomblik=94 van Charl-Pierre Naudé in die
||Tydskrif vir Letterkunde, Febr./Mei 1996.
||
|Gaan kyk gerus hoe mooi skryf Joan H. oor die intimiteit van die digkuns.
|Amper 'n teenspraak - as jy die gedig so uitmekaar trek, verkrag jy van sy
|intimiteit....

Skuus, amper vergeet ek om te sê waar mens die kan gaan lees:
http://www.upe.ac.za/afned/joankrit.htm#bokritiek
Vorige onderwerp: Voorvaders
Volgende onderwerp: 'n Dag in die lewe van.....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 12:19:13 MGT 2024