Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Banf
Re: Banf [boodskap #26366] Do, 16 September 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

PAT wrote:

> Ek weet nie of hier al iets gesê het oor hierdie topic nie,
> maar iemand seg my dat Banf (spelling?) die mooiste plek
> op aarde is ?!
>
> Ons sou na Alaska gaan volgende somer, maar nou is ek
> tog te nuuskierig oor Banf, en wil weet of iemand my iets
> daarvan
> kan vertel.
>
> Pat

Pat, die spelling is Banff. Ja, dis baie mooi, maar darem nou niemooier
as baie ander plekke in die Rockies wat ook midde in
die berge is nie. En dis nou vreeslik verkommersialiseer en dus
baie duur, die stopplek vir duisende Japannese. As julle opry
na Alaska toe, hoekom ry julle nie daar aan nie. Die hele rit
deur die Rockies is die moeite werd.

Gloudina
Re: Banf [boodskap #26367 is 'n antwoord op boodskap #26366] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Michelle Jerling-Less  is tans af-lyn  Michelle Jerling-Less
Boodskappe: 8
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek was so 3 weke gelede daar gewees en ek was erg beindruk - miskien ook nie
verbasend as 'n mens die vlaktes van Nederland as verwysing ken nie. Ek het
by 'n vriend in Calgary gaan kuier en ons is op die toeriste roete oor Banff
na Lake Louise en lake Morraine gewees. Dis MOOOOOOIIIIII
As ek hier wortels lig gaan ek eers daar 'n draai maak om te geniet van die
natuurskoon, die forelwaters, die spasie en die skihellings

Johann

PAT wrote in message ...
> Ek weet nie of hier al iets gesê het oor hierdie topic nie,
> maar iemand seg my dat Banf (spelling?) die mooiste plek
> op aarde is ?!
>
> Ons sou na Alaska gaan volgende somer, maar nou is ek
> tog te nuuskierig oor Banf, en wil weet of iemand my iets
> daarvan
> kan vertel.
>
> Pat
Vorige onderwerp: Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: Banf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 27 18:19:47 MGT 2024