Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is 'n ....
Wat is 'n .... [boodskap #26341] Wo, 15 September 1999 00:00
Pierre Du Plessis  is tans af-lyn  Pierre Du Plessis
Boodskappe: 7
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
Orkaan, Sikloon en 'n Tifoon. Wat is die verskil tussen almal en wat
veroorsaak dit? Wat is 'n Hurricane in Afrikaans?
Re: Wat is 'n .... [boodskap #26342 is 'n antwoord op boodskap #26341] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Pierre Du Plessis skryf:
|Orkaan, Sikloon en 'n Tifoon. Wat is die verskil tussen almal en wat
|veroorsaak dit? Wat is 'n Hurricane in Afrikaans?
|
Pierre,

Hier waar ek bly en verder af suid in die middel van die VSA, kry ons tornados -
die "funnel clouds" waarna ouens verwys. Hulle is klein en sterk - waar 'n
tornado gaan sit het, lê daar 'n strepie verwoesting 'n halwe kilometer wyd (min
of meer) en 'n paar kilometer lank. Hy werk amper soos 'n "blender" - daar kom
niks heel uit hom uit nie - niks. Ek en my gesin het al 'n paar aande in die
basement deurgebring, maar gelukkig het ons nog nie een gesien nie.
Daar is 'n lekker beskrywing by
http://whyfiles.news.wisc.edu/013tornado/index.html

'n Orkaan is 'n Hurrican en dis die goed wat daar aan die weskus van Afrika
ontstaan, oor beweeg hier na die karribiese see toe en dan die ouens aan die
Amerikaanse suid-oos kus 'n harde tyd gee. Hulle is baie groot (Huidege een is
700myl in deursnee) en het die oog in die middel waar die wind nie waai nie.
Daar is 'n mooi beskrywing by
http://whyfiles.news.wisc.edu/073hurricane/2.html

Brian Farr bespreek 'n sikloon mooi op sy verwysingsblad:
http://www.atms.unca.edu/~farr/atcqrg.html

'n Tifoon is dieselfde as 'n orkaan, maar is die naam wat dit in 'n ander wereld
deel het.
Hier is Brian se opsomming:
"Throughout the world the tropical cyclone is known by different names. The term
hurricane comes from the Spanish word huracan, meaning evil spirit. The Indian
tribes of the Caribbean called the god of stormy weather Hunrakan. Many other
local names were used to describe these wind storms. The Atlantic basin, East
Pacific, and South Indian Ocean use the word hurricane. Typhoon is used in the
West Pacific Ocean as well baguio. Cyclone is used in the North Indian Ocean and
near Australia. Willy-willi is a local term describing a hurricane in Australia"
Vorige onderwerp: Re: Wat is 'n ....
Volgende onderwerp: Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 21:41:38 MGT 2024