Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Swak beriggewing
Swak beriggewing [boodskap #26195] |
Sun, 12 September 1999 00:00  |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: June 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elders het ek verwys na die Internkoerante se swak beriggewing. Hier is 'n
voorbeeld: verlede week verig Beeld en ander dat meer as 600 kinders
vermoedelik voedselvergiftiging gekryhet nadat hulle pap en beesvleisbredie
gehad het om te eet. Pas lees ek dit was veel minder, en dat hulle toe nie
voedselvergiftiging gehad het nie. Dit was waarskynlik die natuurlike suur
in die vrugtesap wat hulle gedrink het, wat die sondebok was: "Wanneer jy
baie rondhardloop en nie deurentyd vloeistof inneem nie, is dit moontlik dat
die suur in die vrugtesap tesame met die inname van kos kan lei tot 'n
chemiese reaksie. Veral wanneer vinnig gedrink en geëet word," het mnr.
Mvuso Mbebe, bemarkingshoof van die Spele en 'n opgeleide apteker,
gistermiddag gesê.
Altesame 2 800 mense wat ook aan die opening deelgeneem en afsonderlik van
die 608 kinders bedien is, het Vrydagmiddag ook pap en beesvleisbredie van
dieselfde spyseniersmaatskappy gekry om te eet en het nie siek geword nie.
Wonder nou net of Glydina en Ferdi Beeld ook van "verskuilde rassisme" gaan
beskuldig oor die aanvanklike verkeerde en negatiewe berig...... :-)
|
|
|
|
|
|
|
Re: Swak beriggewing [boodskap #26351 is 'n antwoord op boodskap #26195] |
Wed, 15 September 1999 00:00  |
Thys de Wet
Boodskappe: 211 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nou kyk, snoder om enigiemand of groep aan te val:
My siening van die hele eet-en-siek-word gebeure is dit:
Ryk kos gekry saam met vrugtesap wat dalk effens warm geword het van die
normale dagtemperatuur (en dalk effens begin fermenteer het) en jy het mos
nou 'n resep vir 'n goeie omgekrapte maag...
Weet van. Het ook al so oorgekom: Veral met hanepoot druiwe en soetmos...
Hier's nou wat ons as jong druiweboere op Villiersdorp gedoen het:
Lorries staan in lang toue en wag by die wynkelder in die lekker warm son.
Hanepootdruiwe, goud van kleur en SOET van smaak lê en warm word in die son.
Besoekers wat tog te graag van die lekker druiwe wil hê word sommer trosse
vol gegee. Dan MOET hulle 'n draai deur die kelder gaan maak om soetmos te
gaan proe. Dit is nou die sap van geparsde druiwe wat so al so 'n ligte
gisting het. So 'n lekker steeksmakie op die tong. Die sap word afgekoel
om die gidtingsproses te beheer. Natuurlik moet die besoekers nou van die
heerlike koel soetmos proe. Hulle drink dan (onder aanmoediging) sommer 'n
lekker bekervol. Hulle drink so lekker want dit smaak so lekker!
Nodeloos om te sê dat dit nou 'n resep is vir 'n spuitmaag. (Een ou tannie
het eenkeer aan die dokter gesê toe sy nou so 'n omgekrapte maag het:
"Dokter, my maag werk nie. Ek het sommer skoon spuitpoep!")
Nouja, genoeg vir nou!
Terug na die rekenaars en gebruikers wat wag...
Johan wrote in message ...
> On Tue, 14 Sep 1999 13:00:07 GMT, jo...@no.more.flippin.spam.icon.co.za (Johan
> Bornman) wrote:
>
> |On Sun, 12 Sep 1999 18:34:35 -0400, "Kwarantyn" wrote:
> |
> |
> |Die suur in die vrugtesap is 'n liegstorie. Ek vra jou nou met trane in my groot
> |blou oe" het jy al ooit van "natuurlike suur" in jou vrugtesap siek geword?
>
> Is maar bietjie "suspect", hierdie een - ek weet nie genoeg daarvan om defnitief
> te sê nie. Iets soos oortollige suur wat kinders siek maak is moontlik, maar
> dan sou ek dink dit sou net 'n paar kinders tref wie se gestel af is tydens die
> betrokke dag - nie 600 kinders nie. Dit klink darem net te veel na 'n "bug" wat
> deur die kinders getrek het.
>
> Dis ook die eerste keer wat so iets gebeur - wat van al die vorige
> sportgeleenthede waar vrugetsappe gedrink is en kinders nie siek geword het nie?
> Dan sou almal al mos teen hierdie tyd geweet het dat atlete moet wegbly van
> vrugtesappe tydens atletiek byeenkomste.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:00:33 UTC 2025
|