Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dankie.....
Dankie..... [boodskap #26188] So, 12 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
'n Seleksie uit die antwoorde wat sover geplaas is:

1. Ernest, wat blykbaar in Johannesburg woon, skryf: "Nee, dit gaan nie so
erg nie. Dit is eintlik erger."
2. Gloudina, uit Kanada, tussen die klappe deur: "My suster sit in Pretoria,
en sy kla niks nie."
3. Pat, in Amerika: "Ek hoor dat dinge regtig agteruit is, maar dat mens nie
moet kla nie, want dit help nie. Ek hoor meesal hoe die lewensstandaard
agteruit is. Maar dan as ek teruggaan vir n besoek dan dink mens niks het
verander nie."
4. Ferdi, in Johannesburg, is voorspelbaar optimisties: "Dit gaan goed. Die
land is armer as wat hy was in 1980, maar dit gaan goed. Inflasie is minder
en daar is baie meer te koop. En die infrastruktuur werk."
5. Byter, ook in Johannesburg: "So dinge gaan nog goed hier aan die suidpunt
van Afrika. So elke nou en dan beweer ons politici dat dit in orde is vir
politici om in die uitvoering van hulle ampte te jok, maar dit gaan nog goed
in Suid-Afrika!!"
6. Dries Venter, in Johannesburg: "Ek dink die berigte is maar mense wat net
altyd die slegte sy van dinge raaksien. Andersins moet 'n mens seker nie uit
die oog verloor dat ons nie 'n sg.eerstewêreld land is nie, ook nie
derdewêreld nie maar iewers tussenin."

Lyk my Dries is seker die naaste aan die kol - minstens na aanleiding van my
selektiewe opsomming hierbo. Dis baie verblydend dat die strekking van die
antwoorde in die algemeen positief is. Dankie vir die reaksies; dit bevestig
vir my 'n onderliggende gevoel wat ek bespeur in die meeste van die berigte
wat ek lees in die Internetkoerante: dit gaan nie sleg nie; trouens, dit
gaan goed. Lyk my misdaad neem nie meer hand oor hand toe nie; inflasie daal
en selfs die politici werk hard. Lg. blyk uit die onlangse toekenning van
die produktiwiteitsinstituut aan die parlement, as die produktiefste
instelling in die land. Gesonde verstand seëvier minstens partykeer nog: die
gewraakte 15(c) klousule van die Medisynewet is terugverwys en mag selfs
geskrap word. Die Afrikaspele se probleme is 'n weerspieëling van Afrika se
probleme, en is nie alleen die skuld van die organiseerders nie. Die
regstaat kom sterk op dreef.

Nou moet die demokrasie nog net goed gevestig word. 'n Algmeen aanvaarde
standaard vir die vestiging van 'n demokratiese stelsel is die oorwinning,
in 'n algemene verkiesing, van die opposisie - minstens twee keer na mekaar.
Anders het jy maar net weer 'n de facto eenpartystaat. In Suid-Afrkia se
guns tel die feit dat hy besig is om 'n regstaat te word, waar 'n
onafhanklike regbank - en met name die Grondwethof - die hoogste gesag in
die land is. Dis iets wat jy nie oral in die wêreld kry nie.

Groetnis uit die Quakerstaat

Henry
Re: Dankie..... [boodskap #26241 is 'n antwoord op boodskap #26188] Ma, 13 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 12 Sep 1999 18:00:08 -0400, "Kwarantyn" wrote:
|'n Seleksie uit die antwoorde wat sover geplaas is:
|
|1. Ernest, wat blykbaar in Johannesburg woon, skryf: "Nee, dit gaan nie so
|erg nie. Dit is eintlik erger."
|2. Gloudina, uit Kanada, tussen die klappe deur: "My suster sit in Pretoria,
|en sy kla niks nie."
|3. Pat, in Amerika: "Ek hoor dat dinge regtig agteruit is, maar dat mens nie
|moet kla nie, want dit help nie. Ek hoor meesal hoe die lewensstandaard
|agteruit is. Maar dan as ek teruggaan vir n besoek dan dink mens niks het
|verander nie."
|4. Ferdi, in Johannesburg, is voorspelbaar optimisties: "Dit gaan goed. Die
|land is armer as wat hy was in 1980, maar dit gaan goed. Inflasie is minder
|en daar is baie meer te koop. En die infrastruktuur werk."
|5. Byter, ook in Johannesburg: "So dinge gaan nog goed hier aan die suidpunt
|van Afrika. So elke nou en dan beweer ons politici dat dit in orde is vir
|politici om in die uitvoering van hulle ampte te jok, maar dit gaan nog goed
|in Suid-Afrika!!"
|6. Dries Venter, in Johannesburg: "Ek dink die berigte is maar mense wat net
|altyd die slegte sy van dinge raaksien. Andersins moet 'n mens seker nie uit
|die oog verloor dat ons nie 'n sg.eerstewêreld land is nie, ook nie
|derdewêreld nie maar iewers tussenin."
|
My grootste bekommernis is SA se misdaad syfer, want dit raak ons
families wat nog daar is.

Nou die dag sien ek 'n berig op die inertnet wat vertel dat Gauteng
oor die afgelope vyf jaar 'n gemiddeld van 500moorde per maand
handhaaf.

Ek sit nou die aand langs die plaaslike polisiehoof en eet en hy
vertel dat hulle laas in Desember 'n "homcide" gehad het...!!!
Die stad waar hy polisie hoof is, is darem net 50000 inwoners sterk en
ek vra hom toe oor die Twin Cities wat sowat 4.7 miljoen mense het in
die metropool.

Oooh, sê hy, In Minneapolis so 35 moorde en in St Paul so om en by 25
moorde en dan dalk nod so 15 in die ander stede van die metropool. Ek
vra of dit per maand is en toe rek die ou se oë groot! NEE! ...Dis
per jaar! sê hy. En dis 90% huismoles of dwelm verwant.

Ek dink almal van ons sal so bly wees as SA se misdaad ook eers begin
afneem.
Vorige onderwerp: Die Noosphere
Volgende onderwerp: Die Louis Luyt saak se uitspraak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 06:29:36 MGT 2024