Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrae aan Breyten
Vrae aan Breyten [boodskap #26032] Wo, 08 September 1999 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Beeld - Afrikaanse dagblad in Jhb - het 'n soort dialoog met Breyten
Breytenbach aangelê.
Mense kan hom enige vrae vra dan word dit aan hom gegee en hy
antwoord.
Die beste vrae kry 'n getekende weergawe van sy jongste bundel.
Is daar iemand wat vra aan hom wil stel?
E-mail die vrae aan my as julle wil en ek sal dit ingee by Beeld se
boeke redakteur.
Re: Vrae aan Breyten [boodskap #26097 is 'n antwoord op boodskap #26032] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Ferdi Greyling wrote:

> Beeld - Afrikaanse dagblad in Jhb - het 'n soort dialoog met Breyten

Dis nie 'n vraag vir Breyten nie. Wil net weet - hoe lank was Breytenin
SA in die tronk en waar was hy in die tronk?

Gloudina

>
Re: Vrae aan Breyten [boodskap #26098 is 'n antwoord op boodskap #26032] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek wil hom graag iets vra, maar dis bietjie persoonlik
en hy sal dit miskien nie wil antwoord nie. Ek is al die jare
nog 'n fan van hom, destyds nog, toe hy in een van sy bundels,
ek vergeet nou watter een, geskryf het, op swart papier "life is
a
shit sandwich"

Maar hier is die vraag. Al die jare wat hy in exile gewoon het
in
Frankryk en elders, hoe het hy sy lewe gemaak. Wat het hy
gedoen om
geld te verdien.

Pat

Ferdi Greyling wrote in article
...
>
> Beeld - Afrikaanse dagblad in Jhb - het 'n soort dialoog met Breyten
> Breytenbach aangelê.
> Mense kan hom enige vrae vra dan word dit aan hom gegee en hy
> antwoord.
> Die beste vrae kry 'n getekende weergawe van sy jongste bundel.
> Is daar iemand wat vra aan hom wil stel?
> E-mail die vrae aan my as julle wil en ek sal dit ingee by Beeld se
> boeke redakteur.
>
Re: Vrae aan Breyten [boodskap #26162 is 'n antwoord op boodskap #26032] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

> Dis nie 'n vraag vir Breyten nie. Wil net weet - hoe lank was Breytenin
> SA in die tronk en waar was hy in die tronk?

Sewe jaar. Pretoria-Sentraal en Pollsmoor.

Hy word in Augustus 1975 gearresteer. Op 25 November 1975 word
hy skuldig bevind aan, onder andere "terroristiese" bedrywighede
en tot nege jaar tronkstraf gevonnis. Nadat hy eers in
Pretoria-Sentraal aangehou is, word hy in Julie 1977 na Pollsmoor
oorgeplaas. Op 2 Desember 1982 (twee jaar vroeg) word hy
vrygelaat.

Die uitspraak van regter Cillié: "In die omstandighede wat
vandag bestaan, die klimaat wat nou heers, is wat u gedoen het 'n
ernstige bedreiging vir die veiligheid van die staat en die
vreedsame naasbestaan van die inwoners van hierdie land. In al
die omstandighede het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die
vonnis wat ek moet oplê, een is van nege jaar."

Dit is nadat die aanklaer (Percy Yutar) 'n pleidooi gelewer dat
slegs die minimum vonnis wat deur die "terrorisme"-wetgewing van
die tyd voorgeskryf is (vyf jaar) opgelê word. Daar was na
bewering 'n ooreenkoms tussen Breytenbach en die staat (minister
Jimmy Kruger - wat hy later ontken het), dat die minimum vonnis
opgelê sou word as Breytenbach sy "misdade" sou erken.

'n Aansoek om appèl is geweier. So ook 'n petisie na die
hoofregter in Bloemfontein.

Hy is in 1977 vir 'n tweede maal verhoor, op aanklagte van, onder
andere, poging om te ontsnap en dat hy, vanuit die gevangenis,
weereens planne sou gesmee het om die staatsveiligheid in gevaar
te bring. Hierdie keer word hy op meeste van die aanklagte
onskuldig bevind.

Doen jouself 'n guns en lees sy: "The True Confessions of an
Albino Terrorist".

Swart Simon
Vorige onderwerp: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver?
Volgende onderwerp: Re: Boplaas het weer toegeval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 17:16:20 MGT 2024