Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leendert, Verwoerd en bronne
Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #25969] Di, 07 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert dring mos altyd aan op bronne.... (Sien "Die Afrikaner-
'n paar vrae" hieronder.)

Bees skryf:
"Stel jou voor: SA se swart president vra vandag in die
parlement: "Wat wil 'n wit kind met wiskunde doen? (Lui dit 'n
klokkie?)"

Leendert antwoord:
"Wil jy beweer dat 'n wit president so iets oor 'n swart kind
gevra het? As jy wil beweer dat 'n vooranstaande wit leier in
_enige_ posisie so iets oor 'n swart kind gevra het, wil ek graag
die bronverwysing hê. (En ek is redelik bekend met Verwoerd se
uitsprake oor die onderwerp, hoor!)"

Nou ja Leendert :

"What is the use of teaching a bantu child mathematics?"
Verwoerd, in 'n toespraak in die Senaat, Junie 1954. (Bespreek in
"The White Tribe of Africa" deur Harrison, p. 190 en verder.)
QED.

Miskien ken jy nie Verwoerd so goed soos jy dink nie. En dalk,
net dalk, is daar ander wat wel iets van hom weet.

Groete
Bees
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26002 is 'n antwoord op boodskap #25969] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7r5e38$6e6$1@nnrp1.deja.com...

> Nie nodig nie - ek het 'n Hansard-afskrif van die betrokke toespraak.
> Om die waarheid te sê, ek het al in hierdie nuusgroep daaruit
aangehaal.

Aag, komaan Leendert. Asseblief. As jy regtig die aanhaling
(volledig of nie) so goed geken het, sou jy dit herken het, en
nie jou ou
wysneus-proffie-vir-die-eerstejaars-vinger-in-die-lug-snotty
opmerking gemaak het: "As jy wil beweer dat 'n vooranstaande wit
leier in _enige_ posisie so iets oor 'n swart kind gevra het, wil
ek graag die bronverwysing hê. (En ek is redelik bekend met
Verwoerd se uitsprake oor die onderwerp, hoor!)"

Jy het dit nie eers herken nie, of nooit geken nie. (BTW, die
laaste sinnetjie is veral offensief.)

> Bees se aanhaling is (hoe moet mens anders verwag?) onvolledig.

Let op - jy sê "so iets" - maw enigiets min of meer in daardie
lyn. Dit vereis dus nie "volledigheid" nie. En in elk geval, geen
konteks kan so 'n stelling beredder nie.

Face dit Leendert - you have hoisted yourself with your own
petard.

Groete
Bees
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26003 is 'n antwoord op boodskap #25969] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 08 Sep 1999 10:34:16 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:
|
|Bees se aanhaling is (hoe moet mens anders verwag?) onvolledig.

Lig bietjie meer toe met 'n vollediger aanhaling.....
|

|
|> Jy mag maar relax en net jouself wees.
|
|Dankie hoor! (Wat laat jou weet ek is nie my eie gemoedelikke self nie?)
|
|
Jy stress so om almal te probeer beindruk met jou vlak van kennis.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26004 is 'n antwoord op boodskap #25969] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com wrote:
> On Wed, 08 Sep 1999 10:34:16 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:
> |
> |Bees se aanhaling is (hoe moet mens anders verwag?) onvolledig.
>
> Lig bietjie meer toe met 'n vollediger aanhaling.....
> |
>
> |
> |> Jy mag maar relax en net jouself wees.
> |
> |Dankie hoor! (Wat laat jou weet ek is nie my eie gemoedelikke self nie?)
> |
> |
> Jy stress so om almal te probeer beindruk met jou vlak van kennis.

Ag Johan,

Iemand vra nou die dag ek moet my "beskeie opinie" gee oor 'n saak.

Voor ek begin het, het ek eers vir hom verduidelik dat my opinie
_nooit_ beskeie is nie. (Ek sê wel, as ek onthou, wanneer ek nie genoeg
weet van 'n onderwerp nie!)

Gaan jou liefies, hoor!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26005 is 'n antwoord op boodskap #25969] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> news:7r5e38$6e6$1@nnrp1.deja.com...
>
>> Nie nodig nie - ek het 'n Hansard-afskrif van die betrokke toespraak.
>> Om die waarheid te sê, ek het al in hierdie nuusgroep daaruit aangehaal.
>
> Aag, komaan Leendert. Asseblief. As jy regtig die aanhaling
> (volledig of nie) so goed geken het, sou jy dit herken het,

Ek het. Hoekom dink jy ek het jou gewaarsku dat ek bekend is met die
"aanhalings" van Verwoerd? (En jy het nie ag geslaan op die waarkuwing
nie.)

> en
> nie jou ou
> wysneus-proffie-vir-die-eerstejaars-vinger-in-die-lug-snotty
> opmerking gemaak het: "As jy wil beweer dat 'n vooranstaande wit
> leier in _enige_ posisie so iets oor 'n swart kind gevra het, wil
> ek graag die bronverwysing hê. (En ek is redelik bekend met
> Verwoerd se uitsprake oor die onderwerp, hoor!)"
>
> Jy het dit nie eers herken nie, of nooit geken nie. (BTW, die
> laaste sinnetjie is veral offensief.)

Jy's reg. Die laaste sinnetjie was bedoel as waarskuwing dat ek weet
waarvan ek praat.

>
>> Bees se aanhaling is (hoe moet mens anders verwag?) onvolledig.
>
> Let op - jy sê "so iets" - maw enigiets min of meer in daardie
> lyn. Dit vereis dus nie "volledigheid" nie. En in elk geval, geen
> konteks kan so 'n stelling beredder nie.
>
> Face dit Leendert - you have hoisted yourself with your own
> petard.

My dear fellow, my petard is quite unencumbered, thank you :-)

Ek kry nie nou die Hansard-afskrif nie (ek weet min of meer in watter
groep bokse dit is) maar ek dink John West se professorale intreerede
by UK (Titel : What's the use of mathematics?) is nog nuttiger:

Hy begin deur te verklaar dat sy titel afgelei is van Verwoerd se
"infamous remark [What is the use of teaching the Bantu child
mathematics?]" en vervolg:

"It is a chilling question, but as quoted is incomplete; what he asked
was: "What is the use of teaching the Bantu child mathematics when it
cannot use it in practice?"
That of course, is a very good question, and is even better if the word
"Bantu" is deleted". [Stem saam. Verwoerd was, natuurlik, in daardie
stadium slegs verantwoordelik vir "Bantu"-aangeleenthede. LvO] What is
the use of teaching any child, or anybody, mathematics if he or she
cannot use it in practice?...

Dr Verwoerd's oft-quoted question was the secon of two. The first was:

"What is the use of teaching a Native child to a curriculum which is in
the first instance traditionally European, in which one learns of the
Kings of England and how much wheat Canada has exported and through
which our children are taught these general facts as a menas of
building up a fount of knowledge?"

Now that's the sort of question often asked today when the buzzword of
"relevance" is raised and our education is criticised as being too
Eurocentric. And if this makes Dr Verwoerd a pioneer in the assault on
Eurocentricity [Webb se effense sarkasme demonstreer sy gebrek aan
begrip vir die Afrikaners se geskiedenis van "assault on
Eurocentricity" LvO], you should read what he says in the same
paragraph about intelligence tests:

"Everybody who has anything to do with intelligence tests knows that
when you apply an intelligence test based on common knowledge of a
certain community, the test can be a complete failure and give entirely
wrong results in respect of children not falling in the same group of
common knowledge."

He was talking about "cultural bias", but that word was not around in
those days. Dr verwoerd was ahead of his time, it seems...

So Dr Verwoerd's rhetorical question on the usefulness of mathematics
is often quoted out of context. But that is an occupational hazard for
a politician.

Webb gaan dan voort met sarkastiese opmerkings wat daarop neer kom dat
Verwoerd wel terdeë gesorg het dat swart kinders nie geleentheid sou
kry om die Wsikunde te be-oefen nie.

Ongelukkig baseer Webb hierdie deel van sy argument nie op Verwoerd se
eie teks nie, en ook nie op feite soos dat Verwoerd drie universiteite,
spesifiek vir die gebruik van "Bantu", tot stand gebring het nie - twee
wat elkeen 'n wetenskapfakulteit het, en een wat toegewy is aan die
mediese en veterinêre wetenskappe. Hy gee ook geen ander bronne or
argumente waarop hy dit grond nie. Mens moet dus aflei dat hierdie
aspek van Webb se argument blote opinie is.

Wat Webb weldeeglik dokumenteer, is:

a) Bees se aanhaling oor Verwoerd is onvolledig.
b) Wat Verwoerd oor Bantu-kinders gesê het (as domein van sy
portefeulje), is geldig vir alle kinders, en vir alle mense.

Verwoerd het natuurlik nog veel meer gesê in daardie toesprake (een
voor die Volksraad en later weer voor die Senaat), wat ook selde of
ooit aangehaal word deur mense wat so selektief aanhaal soos die
outeurs van "The white tribe of africa" - en Bees. Miskien moet iemand
dit eendag inskandeer.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26006 is 'n antwoord op boodskap #25969] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> Toemaar Leendert, jy sal daaroor kom. Vra maar vir 'n platkop soos
> myself - jou selfbeeld hang nie noodwendig af van jou vlak van
> alwetendheid nie. Jy mag maar relax en net jouself wees.
> ..

Ondertussen hou jy jou natuurlik alwetend oor voorvadergeeste enkwaliteite van
ander rasse ad infinitum, totdat jy vasgetrap word,
en dan vir jou uit die hoekie moet praat.

Gloudina
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26007 is 'n antwoord op boodskap #25969] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 7 Sep 1999 21:40:38 -0600, "Bees" wrote:

|Leendert antwoord:
|"Wil jy beweer dat 'n wit president so iets oor 'n swart kind
|gevra het? As jy wil beweer dat 'n vooranstaande wit leier in
|_enige_ posisie so iets oor 'n swart kind gevra het, wil ek graag
|die bronverwysing hê. (En ek is redelik bekend met Verwoerd se
|uitsprake oor die onderwerp, hoor!)"
|
|Nou ja Leendert :
|
|"What is the use of teaching a bantu child mathematics?"
|Verwoerd, in 'n toespraak in die Senaat, Junie 1954. (Bespreek in
|"The White Tribe of Africa" deur Harrison, p. 190 en verder.)
|QED.
|
O gaats, selfs die "alwetendes" onder ons het maar hulle flou
kolle...! Shame....!

Nou moet Leendert weer Verwoerd heel van voor af opswot. Wat 'n job!

Toemaar Leendert, jy sal daaroor kom. Vra maar vir 'n platkop soos
myself - jou selfbeeld hang nie noodwendig af van jou vlak van
alwetendheid nie. Jy mag maar relax en net jouself wees.
...so met my tong in die kies - dan kan die ou suurpruime nie so baie moan nie!

=|:^)

Johan
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26008 is 'n antwoord op boodskap #25969] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com wrote:
> On Tue, 7 Sep 1999 21:40:38 -0600, "Bees" wrote:
>
> |Leendert antwoord:
> |"Wil jy beweer dat 'n wit president so iets oor 'n swart kind
> |gevra het? As jy wil beweer dat 'n vooranstaande wit leier in
> |_enige_ posisie so iets oor 'n swart kind gevra het, wil ek graag
> |die bronverwysing hê. (En ek is redelik bekend met Verwoerd se
> |uitsprake oor die onderwerp, hoor!)"
> |
> |Nou ja Leendert :
> |
> |"What is the use of teaching a bantu child mathematics?"
> |Verwoerd, in 'n toespraak in die Senaat, Junie 1954. (Bespreek in
> |"The White Tribe of Africa" deur Harrison, p. 190 en verder.)
> |QED.
> |
> O gaats, selfs die "alwetendes" onder ons het maar hulle flou
> kolle...! Shame....!
>
> Nou moet Leendert weer Verwoerd heel van voor af opswot. Wat 'n job!

Nie nodig nie - ek het 'n Hansard-afskrif van die betrokke toespraak.
Om die waarheid te sê, ek het al in hierdie nuusgroep daaruit aangehaal.

Bees se aanhaling is (hoe moet mens anders verwag?) onvolledig.

Daar was in 'n onlangse uitgawe van 'n Wiskundetydskrif ook 'n
verwysing (deur 'n Ikey-professor) na hierdie onvolledige aanhaling, en
die snert wat al daaroor gesê en geskryf is.

>
> Toemaar Leendert, jy sal daaroor kom.

Ek weet sodra ek die volledige aanhaling verskaf het :-)

> Vra maar vir 'n platkop soos
> myself - jou selfbeeld hang nie noodwendig af van jou vlak van
> alwetendheid nie.

Dis waar. Maar ek kan jou verseker: alwetendheid (dit sal jy nou nie
weet nie) help baie!

> Jy mag maar relax en net jouself wees.

Dankie hoor! (Wat laat jou weet ek is nie my eie gemoedelikke self nie?)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26009 is 'n antwoord op boodskap #25969] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On Wed, 08 Sep 1999 10:34:16 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:
> |
> |Bees se aanhaling is (hoe moet mens anders verwag?) onvolledig.
>
> Lig bietjie meer toe met 'n vollediger aanhaling.....
> |
>
> |
> |> Jy mag maar relax en net jouself wees.
> |
> |Dankie hoor! (Wat laat jou weet ek is nie my eie gemoedelikke self nie?)
> |
> |
> Jy stress so om almal te probeer beindruk met jou vlak van kennis.

Klink my of Leendert bietjie op ou Bees en sy aanhangers se battery
gepiepie het?
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26010 is 'n antwoord op boodskap #25969] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 08 Sep 1999 11:56:21 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Ondertussen hou jy jou natuurlik alwetend oor voorvadergeeste enkwaliteite van
|ander rasse ad infinitum, totdat jy vasgetrap word,
|en dan vir jou uit die hoekie moet praat.
|
Ek kan nou in sarkasme-overdraaivw gaan en jou vertel dat dit so is en dat ek
voortdurend almal vertel het hoe net ek weet wat ons almal gaan teekom na die
dood - in detail.

Ek kan lelik wees en jou vertel jy is 'n ou sot wat waarskynlik nie meer baie
mooi al jou fakulteite op hok het nie, want jy sukkel om te verstaan wat ander
mense skryf (jy hoef nie eers met aksente of swak gehoor te sukkel nie - dalk
net 'n vuil bril.)

Ek kan vervelig wees en vir die duisendste maal jou toesnou met alles wat almal
op die nuusgroep jou al toegesnou het as jy so trol.

Ek kan in vervelende overdraaivw in gaan en die hele skie weer mooi vir jou
verduidelik, maar as jy nou nog nie verstaan het wat ek geskryf het, is daar nie
veel kans dat dit ooit sal gebeur nie.

Maar ek dink in hierdie geval gaan ek volstaan by my vorige plasings oor die
onderwerp en dit oorlaat aan die ander mense wat dit wel verstaan om met my
daaroor in gesprek te tree, as hulle wil.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26058 is 'n antwoord op boodskap #26005] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7r6gj7$1bp$1@nnrp1.deja.com...

> Ek kry nie nou die Hansard-afskrif nie (ek weet min of meer in watter
> groep bokse dit is)

Neewat, gaan soek dan maar.

> "It is a chilling question, but as quoted is incomplete; what he asked
> was: "What is the use of teaching the Bantu child mathematics when it
> cannot use it in practice?"

Al ooit gewonder hoekom die swart kind dit nie sou kon gebruik
nie? (Vergeleke met die blanke kind wat, veronderstel ek, dit wel
sou kon?) Dink jy Verwoerd en sy makkers se beleide het dalk iets
daarmee te doen gehad?

Ek glo dat Verwoerd hier 'n "probleem" wat hy deels self geskep
het as verskoning gebruik om 'n derde-rangse opvoeiding van swart
kinders te probeer regeverdig.

Neewat ou Leendert, dit is moelik om uit die morele moeras te
probeer redeneer. Tyd vir handoek ingooi, sou ek sê.

Groete
Bees
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26059 is 'n antwoord op boodskap #25969] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On Wed, 08 Sep 1999 11:56:21 GMT, @sympatico.ca wrote:
> |Ondertussen hou jy jou natuurlik alwetend oor voorvadergeeste enkwaliteite van
> |ander rasse ad infinitum, totdat jy vasgetrap word,
> |en dan vir jou uit die hoekie moet praat.
> |
> Ek kan nou in sarkasme-overdraaivw gaan en jou vertel dat dit so is en dat ek
> voortdurend almal vertel het hoe net ek weet wat ons almal gaan teekom na die
> dood - in detail.
>
> Ek kan lelik wees en jou vertel jy is 'n ou sot wat waarskynlik nie meer baie
> mooi al jou fakulteite op hok het nie, want jy sukkel om te verstaan wat ander
> mense skryf (jy hoef nie eers met aksente of swak gehoor te sukkel nie - dalk
> net 'n vuil bril.)
>
> Ek kan vervelig wees en vir die duisendste maal jou toesnou met alles wat almal
> op die nuusgroep jou al toegesnou het as jy so trol.
>
> Ek kan in vervelende overdraaivw in gaan en die hele skie weer mooi vir jou
> verduidelik, maar as jy nou nog nie verstaan het wat ek geskryf het, is daar nie
> veel kans dat dit ooit sal gebeur nie.
>
> Maar ek dink in hierdie geval gaan ek volstaan by my vorige plasings oor die
> onderwerp en dit oorlaat aan die ander mense wat dit wel verstaan om met my
> daaroor in gesprek te tree, as hulle wil.

'En nou mag ek nie verder vertel nie ....' Gina uit Nils Holgerson.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26120 is 'n antwoord op boodskap #25969] Vr, 10 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> news:7r6gj7$1bp$1@nnrp1.deja.com...
>
>> Ek kry nie nou die Hansard-afskrif nie (ek weet min of meer in
> watter
>> groep bokse dit is)
>
> Neewat, gaan soek dan maar.

Hoekom? Vertrou jy nie sekondêre bronne - soos John Webb se intrerede
by die universiteit van Kaapstad - nie? (Indien wel, waarvandaan met
"White tribe of Afrika")

>
>> "It is a chilling question, but as quoted is incomplete; what
> he asked
>> was: "What is the use of teaching the Bantu child mathematics
> when it
>> cannot use it in practice?"
>
> Al ooit gewonder hoekom die swart kind dit nie sou kon gebruik
> nie? (Vergeleke met die blanke kind wat, veronderstel ek, dit wel
> sou kon?)

Gaan lees maar weer my _hele_ boodskap. Nie net die flenters wat oorbly
nadat jy geknip het nie.

> Dink jy Verwoerd en sy makkers se beleide het dalk iets
> daarmee te doen gehad?

Inteendeel. Ek het jou reeds verwys na die instellings vir tersiêre
studie in (o.a.) die Wiskunde wat deur "Verwoerd en sy makkers" tot
stand gebring is, spesifiek vir swart kinders.

> Ek glo dat Verwoerd hier 'n "probleem" wat hy deels self geskep
> het as verskoning gebruik om 'n derde-rangse opvoeiding van swart
> kinders te probeer regeverdig.

Ek is nie seker na watter probleem jy verwys nie.

En vertel bietjie meer van die "derde-rangse" opvoeding?

>
> Neewat ou Leendert, dit is moelik om uit die morele moeras te
> probeer redeneer. Tyd vir handoek ingooi, sou ek sê.

Ek sou sê:

a) Iemand foutiewe afleidings maak, uit 'n onvolledige aanhaling wat hy
goedertrou aanvaar, se moraliteit is nie in gedrang nie.
b) Iemand wat later gewys word op 'n meer volledige - en teenstrydige -
weergawe, en wat steeds by sy aanvanklike stelling bly, is miskien net
bietjie dom.
c) Iemand wat op 'n meer volledige weergawe gewys word, en dit dan soos
jy hierbo doen) terugsnoei sodat dit weer pas in die raamwerk van sy
vooroordele, so iemand bevind hom inderdaad nie net in 'n morele nie,
maar ook in 'n intellektuele moeras.

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26121 is 'n antwoord op boodskap #25969] Vr, 10 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7rb74f$es7$1@nnrp1.deja.com...

> Hoekom? Vertrou jy nie sekondêre bronne - soos John Webb se intrerede
> by die universiteit van Kaapstad - nie? (Indien wel, waarvandaan met
> "White tribe of Afrika")

Ek het net jou ketting getrek oor die soekery Leendert. Toe flush
jy. Dit was eintlik 'n grap.

> Ek is nie seker na watter probleem jy verwys nie.

Eenvoudig dit - daar was, volgens Verwoerd geen sin om 'n swart
kind wiskunde te leer as hy of sy dit nie kan gebruik nie. Dit is
waarna ek verwys as V se "verskoning" om dit nie te doen nie. Die
verskoning was egter OOK onder die regering van die dag se
beheer - die "rede" om nie 'n swart kind wiskunde te leer was dus
nie onafhankilk van die argument nie. 'n Bietjie soos 'n
self-vervulde voorspelling. Die hele argument is minstens
gedeeltelik sirkuler. "Dit help my nie om die kind te leer nie,
want hy kan dit nie gebruik nie omdat daar nie geleendhede is nie
wat ek nie lus het om daar te stel nie."

> En vertel bietjie meer van die "derde-rangse" opvoeding?

Leendert, goeie hemel, het ons in dieselfde plek gebly? Jy hou
aan om met draaitjies en swaaitjies die onverdigbare te probeer
verduidelik.

Groete
Bees.
Ps. Miskien moet ons maar aanvaar ons gaan nie mekaar oortuig
nie!
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26173 is 'n antwoord op boodskap #25969] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Waar kom die storie vandaan dat swartes nie toegang tot Wiskunde en
Wetenskap gehad het nie? Ek dink dis bog. Moet ook nie uit die oog
verloor dat slegs 'n baie klein % blankes ooit Wiskunde en/of Wetenskap
end-uit tot Matriek geneem het nie. Die oorgrote meerderheid mense kan of
wil doodeenvoudig nie Wiskunde/Wetenskap leer nie. 'n Ander ding wat ek
wel gesien het, is dat baie (swart) studente 'n begripsprobleem met sommige
van die abstrakte idees van Wiskunde gehad het (ek en my Pa het albei
Wiskunde op T1, T2 em T3-vlak gegee). Nie omdat hulle soseer dom was nie,
maar ek dink vanwe:e hul ervaringswêreld. Die wat van kleins af "Westers"
groot geword het, het nie so baie probleme gehad nie.

Groete,
Dries

Bees wrote in article ...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> news:7rb74f$es7$1@nnrp1.deja.com...
>
>> Hoekom? Vertrou jy nie sekondêre bronne - soos John Webb se intrerede
>> by die universiteit van Kaapstad - nie? (Indien wel, waarvandaan met
>> "White tribe of Afrika")
>
> Ek het net jou ketting getrek oor die soekery Leendert. Toe flush
> jy. Dit was eintlik 'n grap.
>
>> Ek is nie seker na watter probleem jy verwys nie.
>
> Eenvoudig dit - daar was, volgens Verwoerd geen sin om 'n swart
> kind wiskunde te leer as hy of sy dit nie kan gebruik nie. Dit is
> waarna ek verwys as V se "verskoning" om dit nie te doen nie. Die
> verskoning was egter OOK onder die regering van die dag se
> beheer - die "rede" om nie 'n swart kind wiskunde te leer was dus
> nie onafhankilk van die argument nie. 'n Bietjie soos 'n
> self-vervulde voorspelling. Die hele argument is minstens
> gedeeltelik sirkuler. "Dit help my nie om die kind te leer nie,
> want hy kan dit nie gebruik nie omdat daar nie geleendhede is nie
> wat ek nie lus het om daar te stel nie."
>
>> En vertel bietjie meer van die "derde-rangse" opvoeding?
>
> Leendert, goeie hemel, het ons in dieselfde plek gebly? Jy hou
> aan om met draaitjies en swaaitjies die onverdigbare te probeer
> verduidelik.
>
> Groete
> Bees.
> Ps. Miskien moet ons maar aanvaar ons gaan nie mekaar oortuig
> nie!
>
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26275 is 'n antwoord op boodskap #25969] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Dries Venter" wrote:
> Waar kom die storie vandaan dat swartes nie toegang tot Wiskunde en
> Wetenskap gehad het nie? Ek dink dis bog. Moet ook nie uit die oog
> verloor dat slegs 'n baie klein % blankes ooit Wiskunde en/of Wetenskap
> end-uit tot Matriek geneem het nie. Die oorgrote meerderheid mense kan of
> wil doodeenvoudig nie Wiskunde/Wetenskap leer nie. 'n Ander ding wat ek
> wel gesien het, is dat baie (swart) studente 'n begripsprobleem met sommige
> van die abstrakte idees van Wiskunde gehad het (ek en my Pa het albei
> Wiskunde op T1, T2 em T3-vlak gegee). Nie omdat hulle soseer dom was nie,
> maar ek dink vanwe:e hul ervaringswêreld. Die wat van kleins af "Westers"
> groot geword het, het nie so baie probleme gehad nie.

Jou waarneming word nogal algemeen in onderwyskringe aanvaar - dis een
van die redes waarom die ANC sterk is op ECD (Early Childhood
Development).

Maar daar is ook ander faktore. Vir dekades het die onderwysdepartment
vir swartmense (onder verskeie name) probeer om swart ouers te oortuig
dat dit in die belang van hul kinders is om hul onderwys verder as
Standerd 2 in hul moedertaal te ontvang. In swart woongebiede is daar
byvoorbeeld, konsekwent skole opgerig vir elke afsonderlike swart
taalgroep (mens hoor nou nog iemand sal verwys na "die Zuluskool op die
hoek"). Pogings om moedertaalonderwys te bevorder is konsekwent
afgewys, en moedertaalonderwys het nooit verder as Standerd 2 gevorder
nie. (Die gewraakte beleidsbepaling van '76 het gelui: Die helfte van
die vakke wat nie deur medium van die moedertaal geneem word nie, moet
deur medium van Engels geneem word, en die ander helfte van daardie
vakke deur medium van Afrikaans. Die weerstand teen hierdie beleid was
dus veel eerder 'n weerstand teen moedertaalonderwys as teen Afrikaans.)

In SA het swart ouers die pogings van die onderwysdepartement beskou as
'n poging om hul kinders Engels te weerhou (ten spyte daarvan dat
Afrikaanse kinders ook Engels op hierdie wyse "weerhou" is). Maar in
ander Afrikalande was die ouers ook nie oortuigbaar nie.

Nou: Ons weet uit al meer navorsing, (soos onlangs weer uit Nigerië,
maar soortgelyke bevindings kom uit amper alle meertalige lande)dat
daar 'n goeie kans bestaan dat die kognitiewe vermoëns van kinders
permanent beperk kan word as hulle nie tot ten minste puberteit deur
medium van die moedertaal (huistaal) leer nie - veral m.b.t. abstrakte
en simboliese denke.

Ina du Plessis se doktorale navorsing in die tagtigerjare het bevind
dat Tswana-kinders in Mamelodi aansienlik beter presteer as hulle hul
wiskunde deur medium van Tswana leer, as wanneer hulle dit deur die
medium van Engels leer.

Sue Starfield van Wits het eenmaal op 'n konferensie beweer: Die
grootste enkele faktor wat veroorsaak dat swart studente probleme
ervaar in wiskunde en wetenskap by Wits, is die feit dat hulle deur
"apartheidsonderwys" verhoed is om verder as Standerd 2 deur medium van
hul moedertale te leer. (Sy is seker daarop gewys dat
"apartheidsonderwys" juis die teenoorgestelde doel gehad het, want sy
het daardie stelling nooit, so ver ek weet, herhaal nie.)

Neem verder in berekening dat minder as 6% van die inwoners van Suid-
Afrika Engels as moedertaal het: Die oorgrote meerderheid kinders leer
dus hul wiskunde van mense vir wie Engels 'n tweede of derde taal is.
My ervaring is dat ons niks anders daaruit kry nie, as vrot Engels en
nog vrotter wiskunde. - En my ervaring word gesteun deur onlangse
navorsing in Nigerië wat gevind het dat die kinders wat deur die medium
van Engels leer nie beter Engels leer as die wat Engels slegs as vak
leer nie.

En let op: Verwoerd se beleid was dat kinders deur middel van hul
moedertaal moet leer so ver as wat dit enigsins moontlik is.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #26276 is 'n antwoord op boodskap #25969] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:

>> Ek is nie seker na watter probleem jy verwys nie.
>
> Eenvoudig dit - daar was, volgens Verwoerd geen sin om 'n swart
> kind wiskunde te leer as hy of sy dit nie kan gebruik nie.

Daar is, volgens Prof John Webb, geen sin in om enigeen wiskunde te
leer as hy of sy dit nie kan gebruik nie.

Daar was, volgens Verwoerd, geen sin in om 'n swart kind die konings
van Engeland, of die koringuitvoer van Kanada te leer as hy of sy dit
nie kan gebruik nie.

Moet ons hieruit aflei dat hy hulle insig in die geskiedenis of die
ekonomie wou ontsê?

> Dit is
> waarna ek verwys as V se "verskoning" om dit nie te doen nie. Die
> verskoning was egter OOK onder die regering van die dag se
> beheer - die "rede" om nie 'n swart kind wiskunde te leer was dus
> nie onafhankilk van die argument nie.

Beweer jy dat swart kinders nie onderrig in wiskunde ontvang het nie?

Waarop grond jy hierdie bewering?

(John Webb argumenteer dat swart kinders - in die algemeen - swak
presteer in wiskunde, en lei daaruit af dat hulle swak onderrig in
wiskunde ontvang het. Webb se afleiding moet bevraagteken word, want
daar is verskeie ander veranderlikes wat hy nie uitgeskakel het nie.)

> 'n Bietjie soos 'n
> self-vervulde voorspelling. Die hele argument is minstens
> gedeeltelik sirkuler. "Dit help my nie om die kind te leer nie,
> want hy kan dit nie gebruik nie omdat daar nie geleendhede is nie
> wat ek nie lus het om daar te stel nie."

Jy beweer by herhaling dat swart kinder nie die geleentheid gegee is om
wiskunde te leer nie. Waarop grond jy hierdie bewering?

>
>> En vertel bietjie meer van die "derde-rangse" opvoeding?
>
> Leendert, goeie hemel, het ons in dieselfde plek gebly?

Ek weet nie waar jy gebly het nie. Ek het (behalwe vir twee jaar) in
Suid-Afrika gebly.

Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry van 'n tipiese Foreign
Service Brat wat in Engelse Grammar Schools of in 'n American School in
een of ander hoofstad skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in
Affies of Paul Roos om die agtergrond bietjie in te kleur.

> Jy hou
> aan om met draaitjies en swaaitjies die onverdigbare te probeer
> verduidelik.

Dis nou vreemd - jy het self hierdie gesprek (onder sy vorige titel)
afgeskop met die versugting dat jy jou wil "oriënteer" as 'n Afrikaner.

Maar jy weier om jou aannames te laat bevraagteken. As ek vra dat jy
jou beweringe oor die gehalte van swart onderwys verantwoord, beskuldig
jy my daarvan dat ek "die onverdedigbare" probeer verduidelik.

Nou kyk: reisiger roep ons almal op om ons Noord te vind. "Oriëntering"
beteken letterlik om Oos te vind. Maar weet jy wat? Die son kom net
twee maal per jaar reg in die Ooste op. Op alle ander dae kom hy Noord
of Suid van Oos op.

As jy jou wil "oriënteer" as 'n Afrikaner, sou ek aanbeveel dat jy jou
in die eerste plek vergewis van die bakens waarvolgens jy jou
oriënteer. Ons het reeds gesien dat jou inligting oor die uitlatings
van Verwoerd onvolledig misleidend was. As ek jy was, sou ek 'n bietjie
van 'n interrogasieprogram instel t.o.v. al daardie aannames
waarvolgens jy jou wil "oriënteer", maar wat jy nie wil laat
bevraagteken nie.

Daar is plekke en tye waar die son veel nader aan Noord of Suid as aan
Oos opkom.

>
> Groete
> Bees.
> Ps. Miskien moet ons maar aanvaar ons gaan nie mekaar oortuig
> nie!

Ek het nie opgelet dat jy my van enigiets probeer oortuig het nie? Al
wat jy opdis is 'n reeks aannames wat jy nie bereid is om te
verantwoord nie.

Jy is reg. Dis nie erg oortuigend nie.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #27104 is 'n antwoord op boodskap #25969] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
leendert???
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #27163 is 'n antwoord op boodskap #25969] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...

> leendert???

Koooeeeeeiiiiiiieeeeee !!!!
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #27164 is 'n antwoord op boodskap #25969] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Ek lei af jy bedoel daar is 'n teenstrydigheid iewers. Bedoel jy daar is
> teenstrydigheid tussen die twee aangehaalde gedeeltes uit dieselfde
> toespraak, of bedoel jy dat daar teenstrydigheid is tussen die toespraak en
> iets anders?
>
> Miskien moet jy duidelik uiteensit wat jy as teenstrydig sien, dan kan mens
> daarna kyk. (En, om Ferdi aan te haal: "Konteks is alles".)

Terwyl jy nou in elk geval deur daardie bokse van jou gaan, kry
sommer bietjie vir ons die verwysing na die "waarom wiskunde?"
toespraak.

Swart Simon
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #27165 is 'n antwoord op boodskap #26005] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...
> In article ,
> "Bees" wrote:
>> Leendert van Oostrum wrote in message
>> news:7r5e38$6e6$1@nnrp1.deja.com...
>>
>>> Nie nodig nie - ek het 'n Hansard-afskrif van die betrokke toespraak.
>>> Om die waarheid te sê, ek het al in hierdie nuusgroep daaruit
>> aangehaal.
>>
>> Aag, komaan Leendert. Asseblief. As jy regtig die aanhaling
>> (volledig of nie) so goed geken het, sou jy dit herken het,
>
> Ek het. Hoekom dink jy ek het jou gewaarsku dat ek bekend is met die
> "aanhalings" van Verwoerd? (En jy het nie ag geslaan op die waarkuwing
> nie.)
>
>> en
>> nie jou ou
>> wysneus-proffie-vir-die-eerstejaars-vinger-in-die-lug-snotty
>> opmerking gemaak het: "As jy wil beweer dat 'n vooranstaande wit
>> leier in _enige_ posisie so iets oor 'n swart kind gevra het, wil
>> ek graag die bronverwysing hê. (En ek is redelik bekend met
>> Verwoerd se uitsprake oor die onderwerp, hoor!)"
>>
>> Jy het dit nie eers herken nie, of nooit geken nie. (BTW, die
>> laaste sinnetjie is veral offensief.)
>
> Jy's reg. Die laaste sinnetjie was bedoel as waarskuwing dat ek weet
> waarvan ek praat.
>
>>
>>> Bees se aanhaling is (hoe moet mens anders verwag?) onvolledig.
>>
>> Let op - jy sê "so iets" - maw enigiets min of meer in daardie
>> lyn. Dit vereis dus nie "volledigheid" nie. En in elk geval, geen
>> konteks kan so 'n stelling beredder nie.
>>
>> Face dit Leendert - you have hoisted yourself with your own
>> petard.
>
> My dear fellow, my petard is quite unencumbered, thank you :-)
>
> Ek kry nie nou die Hansard-afskrif nie (ek weet min of meer in watter
> groep bokse dit is) maar ek dink John West se professorale intreerede
> by UK (Titel : What's the use of mathematics?) is nog nuttiger:
>
> Hy begin deur te verklaar dat sy titel afgelei is van Verwoerd se
> "infamous remark [What is the use of teaching the Bantu child
> mathematics?]" en vervolg:
>
> "It is a chilling question, but as quoted is incomplete; what he asked
> was: "What is the use of teaching the Bantu child mathematics when it
> cannot use it in practice?"
> That of course, is a very good question, and is even better if the word
> "Bantu" is deleted". [Stem saam. Verwoerd was, natuurlik, in daardie
> stadium slegs verantwoordelik vir "Bantu"-aangeleenthede. LvO] What is
> the use of teaching any child, or anybody, mathematics if he or she
> cannot use it in practice?...
>
> Dr Verwoerd's oft-quoted question was the secon of two. The first was:
>
> "What is the use of teaching a Native child to a curriculum which is in
> the first instance traditionally European, in which one learns of the
> Kings of England and how much wheat Canada has exported and through
> which our children are taught these general facts as a menas of
> building up a fount of knowledge?"
>
> Now that's the sort of question often asked today when the buzzword of
> "relevance" is raised and our education is criticised as being too
> Eurocentric. And if this makes Dr Verwoerd a pioneer in the assault on
> Eurocentricity [Webb se effense sarkasme demonstreer sy gebrek aan
> begrip vir die Afrikaners se geskiedenis van "assault on
> Eurocentricity" LvO], you should read what he says in the same
> paragraph about intelligence tests:
>
> "Everybody who has anything to do with intelligence tests knows that
> when you apply an intelligence test based on common knowledge of a
> certain community, the test can be a complete failure and give entirely
> wrong results in respect of children not falling in the same group of
> common knowledge."
>
> He was talking about "cultural bias", but that word was not around in
> those days. Dr verwoerd was ahead of his time, it seems...
>
> So Dr Verwoerd's rhetorical question on the usefulness of mathematics
> is often quoted out of context. But that is an occupational hazard for
> a politician.
>
> Webb gaan dan voort met sarkastiese opmerkings wat daarop neer kom dat
> Verwoerd wel terdeë gesorg het dat swart kinders nie geleentheid sou
> kry om die Wsikunde te be-oefen nie.
>
> Ongelukkig baseer Webb hierdie deel van sy argument nie op Verwoerd se
> eie teks nie, en ook nie op feite soos dat Verwoerd drie universiteite,
> spesifiek vir die gebruik van "Bantu", tot stand gebring het nie - twee
> wat elkeen 'n wetenskapfakulteit het, en een wat toegewy is aan die
> mediese en veterinêre wetenskappe. Hy gee ook geen ander bronne or
> argumente waarop hy dit grond nie. Mens moet dus aflei dat hierdie
> aspek van Webb se argument blote opinie is.
>
> Wat Webb weldeeglik dokumenteer, is:
>
> a) Bees se aanhaling oor Verwoerd is onvolledig.
> b) Wat Verwoerd oor Bantu-kinders gesê het (as domein van sy
> portefeulje), is geldig vir alle kinders, en vir alle mense.
>
> Verwoerd het natuurlik nog veel meer gesê in daardie toesprake (een
> voor die Volksraad en later weer voor die Senaat), wat ook selde of
> ooit aangehaal word deur mense wat so selektief aanhaal soos die
> outeurs van "The white tribe of africa" - en Bees. Miskien moet iemand
> dit eendag inskandeer.

Ek het 'n bietjie gaan ou koeie (of is dit nou ou varke?) uit die
sloot grawe.

Ek kon (tot dusver) nie die toespraak vind waarin die berugte
opmerking oor wiskunde gemaak is nie, maar het wel op die
volgende afgekom - in die groot V se toespraak in die Senaat op 7
Junie 1954, waar hy, as toentertydse "Minister van
Naturellesake", sy regering se beleid ten opsigte van
"naturelle-onderwys" verkondig het (Debatte in die Senaat - 1954,
kolom 2928 en verder):

"Die ekonomiese struktuur van ons land bring dit natuurlik mee
dat die naturelle in groot getalle hulle lewensonderhoud as
werknemers in diens van blankes moet verdien. Daarom is dit
noodsaaklik dat Bantoeleerlinge van die begin af onderwys in die
amptelike tale ontvang sodat hulle reeds in die laer primôre
skool 'n spreek- en verstaan-vaardigheid daarin opbou. In twee
van die provinsies is daar in die verlede baie min aandag aan die
onderwys van Afrikaans gegee. Instruksies het reeds uitgegaan om
dadelik die onderwys van Afrikaans aan te voor. Selfs die gewese
Naturelle Verteenwoordigende Raad en die Transkeise Algemene Raad
het herhaaldelik gekla oor hierdie leemte in naturelle-onderwys.
Onder die nuwe bedeling sal toegesien word dat die twee amptelike
tale so gou moontlik in Bantoe-onderwys gelyke erkenning kry."

En 'n bietjie later, in dieselfde toespraak:

"Doelbewuste pogings sal aangewend word om al meer en meer die
inrigtings vir gevorderde onderwys uit die stedelike omgewing uit
te weer en om hulle sover as moontlik in die naturelle-reservate
op te rig. Dit is my departement se beleid dat onderwys met
altwee sy voete in die naturellegebiede en in die naturellegees
en naturellegemeenskap moet wortel. Daar moet Bantoe-onderwys
hom ten volle kan uitleef en sy werklike diens sal hy hier moet
verrig. Die Bantoe moet gelei word om sy eie gemeenskap in alle
opsigte te bedien. Daar is vir hom bokant die peil van sekere
vorms van arbeid nie plek in die blanke gemeenskap nie. Binne sy
eie gemeenskap egter staan alle deure oop. Daarom baat dit hom
niks om 'n opleiding te ontvang wat die opname in die blanke
gemeenskap ten doel het terwyl hy daar nie opgeneem sal en kan
word nie. Tot nog toe is hy aan 'n skoolstelsel onderwerp wat
hom juis weglok van sy eie gemeenskap en hom feitlik mislei deur
hom die groen weivelde van die blanke te toon maar hom tog nie
toelaat om daarin te wei nie. Hierdie houding is nie net
onekonomies nie omdat geld uitgegee word vir onderwys wat geen
bepaalde doel dien nie, maar dit is selfs oneerlik om daarmee
voort te gaan."

Die toespraak van 'n Janus-gesig of, soos Leendert dit lyk my wil
hê, 'n visioenêr?

Swart Simon
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #27166 is 'n antwoord op boodskap #27165] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message Ek het 'n bietjie gaan ou koeie (of is dit nou ou varke?) uit die[/color]
> sloot grawe.

> Ek kon (tot dusver) nie die toespraak vind waarin die berugte
> opmerking oor wiskunde gemaak is nie, maar het wel op die
> volgende afgekom - in die groot V se toespraak in die Senaat op 7
> Junie 1954, waar hy, as toentertydse "Minister van
> Naturellesake", sy regering se beleid ten opsigte van
> "naturelle-onderwys" verkondig het (Debatte in die Senaat - 1954,
> kolom 2928 en verder):

> "Die ekonomiese struktuur van ons land bring dit natuurlik mee
> dat die naturelle in groot getalle hulle lewensonderhoud as
> werknemers in diens van blankes moet verdien. Daarom is dit
> noodsaaklik dat Bantoeleerlinge van die begin af onderwys in die
> amptelike tale ontvang sodat hulle reeds in die laer primôre
> skool 'n spreek- en verstaan-vaardigheid daarin opbou. In twee
> van die provinsies is daar in die verlede baie min aandag aan die
> onderwys van Afrikaans gegee. Instruksies het reeds uitgegaan om
> dadelik die onderwys van Afrikaans aan te voor. Selfs die gewese
> Naturelle Verteenwoordigende Raad en die Transkeise Algemene Raad
> het herhaaldelik gekla oor hierdie leemte in naturelle-onderwys.
> Onder die nuwe bedeling sal toegesien word dat die twee amptelike
> tale so gou moontlik in Bantoe-onderwys gelyke erkenning kry."

> En 'n bietjie later, in dieselfde toespraak:

> "Doelbewuste pogings sal aangewend word om al meer en meer die
> inrigtings vir gevorderde onderwys uit die stedelike omgewing uit
> te weer en om hulle sover as moontlik in die naturelle-reservate
> op te rig. Dit is my departement se beleid dat onderwys met
> altwee sy voete in die naturellegebiede en in die naturellegees
> en naturellegemeenskap moet wortel. Daar moet Bantoe-onderwys
> hom ten volle kan uitleef en sy werklike diens sal hy hier moet
> verrig. Die Bantoe moet gelei word om sy eie gemeenskap in alle
> opsigte te bedien. Daar is vir hom bokant die peil van sekere
> vorms van arbeid nie plek in die blanke gemeenskap nie. Binne sy
> eie gemeenskap egter staan alle deure oop. Daarom baat dit hom
> niks om 'n opleiding te ontvang wat die opname in die blanke
> gemeenskap ten doel het terwyl hy daar nie opgeneem sal en kan
> word nie. Tot nog toe is hy aan 'n skoolstelsel onderwerp wat
> hom juis weglok van sy eie gemeenskap en hom feitlik mislei deur
> hom die groen weivelde van die blanke te toon maar hom tog nie
> toelaat om daarin te wei nie. Hierdie houding is nie net
> onekonomies nie omdat geld uitgegee word vir onderwys wat geen
> bepaalde doel dien nie, maar dit is selfs oneerlik om daarmee
> voort te gaan."

> Die toespraak van 'n Janus-gesig of, soos Leendert dit lyk my wil
> hê, 'n visioenêr?

> Swart Simon

Ek lei af jy bedoel daar is 'n teenstrydigheid iewers. Bedoel jy daar is
teenstrydigheid tussen die twee aangehaalde gedeeltes uit dieselfde
toespraak, of bedoel jy dat daar teenstrydigheid is tussen die toespraak en
iets anders?

Miskien moet jy duidelik uiteensit wat jy as teenstrydig sien, dan kan mens
daarna kyk. (En, om Ferdi aan te haal: "Konteks is alles".)
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #27167 is 'n antwoord op boodskap #25969] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Oct 1999 08:50:18 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

daarna kyk. (En, om Ferdi aan te haal: "Konteks is alles".)>>[/color]

Dan plaas ons mos hierdie toespraak in die konteks van apartheid.
Re: Leendert, Verwoerd en bronne [boodskap #27190 is 'n antwoord op boodskap #25969] Sa, 09 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Fri, 8 Oct 1999 08:50:18 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> kan mens
>> daarna kyk. (En, om Ferdi aan te haal: "Konteks is alles".)>>
>
> Dan plaas ons mos hierdie toespraak in die konteks van apartheid.
>

Die konteks van "apartheid", of van anti-apartheid?

In laasgenoemde geval sou dit natuurlik 'n kwasi-religieuse konteks wees.

Waar ons nie mag vra oor die geldigheid van "feite" wat opgedis word nie, en
waar rasionele oordeel opgehef word as metode om sake te beoordeel.

'n Konteks wat ons verplig om aan te neem dat alles wat daarmee geassosieer
is, noodwendig boos is.

Is dit wat jy bedoel met "die konteks van apartheid", of het jy iets anders
in gedagte, Ferdi?
Vorige onderwerp: Waarom geen antwoordt
Volgende onderwerp: Help! Aafrikans sentence
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:15:22 MGT 2024