Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina beswadder!
Gloudina beswadder! [boodskap #25802] |
Thu, 02 September 1999 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
>> Ek hang die God van die Bybel aan en vertrou dat Hy my sal lei. DIe
>> hoofsaak van jou geloof is Gloudina dat jy in werklikheid geen geloof
>> het nie - jy praat Boedisme nou, later kwoteer jy Blake - so deurmekaar
>> soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartie boks. Jy hoof uitgangspunt moet
>> die Bybel wees - moenie te veel op mense en engele vertrou nie
>
> Lou, dit is vir my merkwaardig dat baie van die mense op hierdie nuusgroepwat 'n
> aggressiewe Protestantse tipe Christelike leer aanhang (dis alles of
> niks) en ek dink nou aan mense soos jy en Johan en Leendert spesifiek, juis
> die mense is wat ook taamlik aggressiewe opmerkings maak teenoor mense
> met wie hulle nie saamstem wat politiek en rasseverhoudinge ensovoorts
> aangaan nie. Ek kan nie vergeet dat jy jou lewe op hierdie nuusgroep begin
> het met taamlike growwe rassistiese opmerkings nie.
Gloudina - Ek stel dit aan jou hier op die nuusgroep dat jy LIEG! Bring
die bewyse aangaande my sogenaamde rassistiese opmerkings. Let ook
daarop dat jy besig is met naamskending - en daar was al 'n paar hofsake
daaroor - en ek sal nogal kan doen met 'n paar Kanades Dollars. EK eis
dus dat jy 'n verskoning vir jou infame leuens aangaande my op hierdie
nuusgroep publiseer andersins sal ek dit moet verder neem.
> Wat is dit met julle? Gaan maar na die Bybel en lees
> weer die dinge daar. Dit lyk my vir sommige van julle dis alleen nodig om
> te "glo" en nie om Christus te volg nie.
Gloudina - ek verwater nie my Godsdiens om by menslike praktyke aan te
pas nie. Die geloof soos grootliks vervat in die geloofsbelydenis is wat
nodig is. Die goeie dade volg self daaruit. Deur goed te doen is nie
genoeg nie. Jy kan nie jou siel red deur net goeie dinge te doen nie -
die geloof is allerbelangriks.
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #25811 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Thu, 02 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Gloudina byter!! wrote:
> Aan Lou en andere,
>
> Moenie opge-"charge" raak deur Gloudina se "perculiar" en "weird" opinies nie.
> Maar moenie dat sy jou opwen nie, sy het skynbaar niks beter om te doen nie.
Gloudina se teenwoordigheid op hierdie nuusgroep laat mense Afrikaans skryf(soms
very perculiar Afrikaans, to quote you.) dat die kuberspoeg so spat. Kyk
nou net maar vir jou ou broer.
Tant Hessie se witperd.
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #25822 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Thu, 02 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
lou wrote:
> Gloudina - Ek stel dit aan jou hier op die nuusgroep dat jy LIEG! Bring
> die bewyse aangaande my sogenaamde rassistiese opmerkings. Let ook
> daarop dat jy besig is met naamskending - en daar was al 'n paar hofsake
> daaroor - en ek sal nogal kan doen met 'n paar Kanades Dollars. EK eis
> dus dat jy 'n verskoning vir jou infame leuens aangaande my op hierdie
> nuusgroep publiseer andersins sal ek dit moet verder neem.
Jy is welkom Lou om dit verder te neem. My prokureur-seun sal hou vandie
internasionale publisiteit wat so 'n saak vir sy prokureursfirma sal werf.
Dit sal groot opslae maak, veral in Noord-Amerika, waar "rassisme" nou
'n groot onderwerp van bespreking is. Hoop jy het genoeg geld, want dit
gaan 'n groot saak word, tot by die Supreme Court van Kanada.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #25942 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Mon, 06 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
lou wrote:
> My liewe ou Gloudina Liegbek
>
> Ek is intussen besig om bietjie navorsing te doen insake 'n seker
> Gloudina Bouwer wat kamstig daar op Marchand groot geword het. My
> familie daar op die Skema ken nogal heelwat mense van daai geweste en
> sal seker 'n hele paar sappige stukkies info kan verska, Dit kan ons
> sommer bietjie jou agtergrond ook bysleep - vir die hofsaak sien.
My familie is natuurlik nie as Bouwer bekend nie. Maar as Rykheer. Eksal dit
interessant vind oor wat hulle uitvind. Moet my net nie verwar met
my niggie, Gloudina Rykheer, nou onlangs in 'n hofsaak gewikkel met 'n
oud-springbok rugbyspeler nie. Ook die publiseerder van die eerste en sover
ek weet die enigste verplegingsopleidings-handboek in Afrikaans.
>
>
>
> so kom ons hou
> dit sommer daar op Upington, dis juis so lekker warm plek in die some,
> en kan jy bietjie kom kuier en jou van die ware feite vergewis en kan
> ons die ou sakie sommer vinnig afhandel en 'n terselftertyd kanaal-aap
> reunie hou. As jou timing reg is kan jy selfs die jaarlikse Rosyntjie
> fees bywoon en 'n paar lekker bottle Upington Wyn saamvat huis toe.
>
>
Nee ou Lou, die hofsaak sal in Kanada moet geskied. Jy is die dagvaarder.Dis jou
prokureur wat vir my met die nodige dagvaarding moet bedoen.
Ondersoek tog ook sommer die verskil tussen julle Romeins-Hollandse
regstelsel en ons "Common Law" regstelsel. Maar dit sal natuurlik 'n
siviele saak wees, nie 'n kriminele saak nie. Ek wag met ingehoue asem
vir die dagvaarding.
Gloudina
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #25996 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Wed, 08 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
lou wrote:
> En hoekom sou dit 'n kriminele saak wees? Bietjie
> dof huh?
Ek het, my liewe Lou, aangedui dat jou dagvaarding 'n siviele saak sal wees. Jy lees
weer met jou oogvelle.
'n Goeie prokureur van jou kant af sal weet hoe om
dinge te doen. Maar hier in Kanada is hulle $200 per
uur. Ek hoop jy het hope geld. En hulle sal lank
moet argumenteer. En jy sal verseker verloor, en dan
sal jou kant nog ons onkoste ook moet betaal. So begin
spaar.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26046 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Thu, 09 September 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 10 Sep 1999 01:26:41 +0800, "Alwyn Nel" wrote:
|Aikona Johan,
|
|Afrikaans is baie liberaal deesdae en die woord 'anglisisme' bestaan
|net in die woordeboek nog - ek weet. Maar vader-land, waar kom jy tog
|aan die woord "imagienasie ?"
Self uitgedink en baie trots daarop!
|
|Sies man, dit skreeu ten hemele.
Is nie - dis jy wat so skree....
|'Verbeelding' is tog 'n pragtige
|woord en gladnie vreemd in die volksmond nie.
Pragtig ja, dis hoekom ek hom so baie gebruik, en jy?
|En wat op dees aarde sou
|"figment" beteken?
Hier is ietsie uit 'n Engelse woordeboek:
Function: noun
Etymology: Middle English, from Latin figmentum, from fingere to shape
Date: 15th century
Meaning: something made up or contrived
|
|Alwyn - uit Perth
|
Aai, ek wens so ons kon hierdie gesprekke van aangesig tot aangesig uitgevoer
het! Dan sou ons baie minder beledigende kritiek uitgepreek het, baie beter
maniere geopenbaar het, en dan nou ook geoorloof gewees het om "oordrywing" soos
hierdie van my te pleeg met die regte stemtoon en een in die gesprek sou darem
hopelik effe smil.... glimlag.
Alwyn, wees rustig, ek weet ek sou in woordeboek Afrikaans seker maar iets soos
maaksel van sy verbeelding of verbeeldingsvlug gebruik het. Maar toe kom die
woorde "figment of his imagination" (die Engels) by my op en ek wil dit gebruik.
En toe dog ek nou ek gee dit so Afrikaanse draai (spelling) en dalk iewers in
die wereld is daar iemand wat vir 20 sekondes glimlag na hy/sy dit gelees
het.....
Kom ons noem dit maar so bietjie gespot met anglisismes. So het ek al baie van
Ingelse gepraat - die spelling is eintlik Engelse (het jy nooit agtergekom
nie?). Of van Liesbet - en sy is eintlik Elizabeth Rex II.....
|
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26051 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Thu, 09 September 1999 00:00   |
Gloudina byter!!
Boodskappe: 3 Geregistreer: September 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Kan iemand daar in Kanada nie die ou heks se rekenaar van haar vervreem nie!
Steel dir breek dit, gooi dit weg, enige iets! Die tannie moet eerder die
rekenaar los en konsentreer om haar sensasie soekende prokureur seuntjie se lewe
te "verhelder." Dink hoe dit moet wees met so 'n mammie!
ANTIE, kry jy nou nog nie die boodskap nie, die mense in hierdie ng soek jou nie
hier nie. Loop nou! Loop liewer terwyl jy dit met 'n gryntjie selfrespek kan
doen. Jou "fights" is nie eers meer mildly amusing nie. Alla wereld!!
In article , @sympatico.ca says...
>
> ou lou knyp:
>
>> Dit was juis my punt ou Gloudina, moet nou nie al weer vir jou gaan
>> staan en stupid hou nie. Daai tipe van lieg stories kan nie 'n kriminele
>> saak wees nie. Hoekom state jy die obvious? Baie dof!
>
> Dit was jy wat die sakie aangeroer het.
>
>> Adres waar ons die dagvaarding op kan bestel? Stuur sommer na my email
>> bo - haal, net die dinges uit.
>>
>
> Dis jou prokureur se plig om dit op te spoor. En jy kan nie sommer net'n brief
> skryf nie.
> Dit moet deur 'n Kanadese balju aan my persoonlik
> oorhandig word: die dagvaarding bedoel ek. Dis 'n wetsdokument.
> Ken jou prokureur die common law wat in Kanada gepraktiseer word?
> Oorkant die rivier, in Quebec, volg hulle die Franse sisteem wat deur
> Napoleon uitgewerk is. As jy in Quebec wil praktiseer.moet jy albei
> die sisteme bestudeer het en eksamens daarin geskryf het.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26053 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Thu, 09 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Gloudina byter wrote:
> ANTIE, kry jy nou nog nie die boodskap nie, die mense in hierdie ng soek jou nie
> hier nie. Loop nou! Loop liewer terwyl jy dit met 'n gryntjie selfrespek kan
> doen. Jou "fights" is nie eers meer mildly amusing nie. Alla wereld!!
Arme ou ding, wat so op sy senuwees gejaag word deur een ou antietjie.Het jy nie
iets beter om te doen nie?
Tant Hessie se witperd
>
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26055 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Thu, 09 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
ou lou knyp:
> Dit was juis my punt ou Gloudina, moet nou nie al weer vir jou gaan
> staan en stupid hou nie. Daai tipe van lieg stories kan nie 'n kriminele
> saak wees nie. Hoekom state jy die obvious? Baie dof!
Dit was jy wat die sakie aangeroer het.
> Adres waar ons die dagvaarding op kan bestel? Stuur sommer na my email
> bo - haal, net die dinges uit.
>
>
Dis jou prokureur se plig om dit op te spoor. En jy kan nie sommer net'n brief skryf nie.
Dit moet deur 'n Kanadese balju aan my persoonlik
oorhandig word: die dagvaarding bedoel ek. Dis 'n wetsdokument.
Ken jou prokureur die common law wat in Kanada gepraktiseer word?
Oorkant die rivier, in Quebec, volg hulle die Franse sisteem wat deur
Napoleon uitgewerk is. As jy in Quebec wil praktiseer.moet jy albei
die sisteme bestudeer het en eksamens daarin geskryf het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26107 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Fri, 10 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Simon van der Schans wrote:
> Johan wrote in message
>
>> Soos wat ek 'n skaats het in iemand wat gekunsteld probeer voorkom en
>> dit nie is nie.
>
> Daar's nog hoop vir jou Gloudina! Ou Johan dink nie jy is
> gekunsteld nie. Hy dink jy maak maar net asof jy gekunsteld is.
>
> Swart Simon
Kom ons vra vir hom of hy weet wat "gekunsteld" beteken,en dan sien ons
wat kom uit die bos uit.
Gloudina-die-ongekunstelde
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26114 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Fri, 10 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
>
> e...@dot.com (Johan) wrote:
>
>> So het ek al baie van
>> Ingelse gepraat - die spelling is eintlik Engelse (het jy nooit
> agtergekom
>> nie?). Of van Liesbet - en sy is eintlik Elizabeth Rex II....
Ek het tog so 'n skaats in iemand wat van "Liesbet" en"Ingelse" praat. Ek
weet nie hoekom nie. Ek voel altyd
sulke mense fancy hullself vreeslik. Maar ek dink nie
mense is vreeslik beindruk deur sulke soort gepraat nie.
Ek dink mense voel die persoon wat so praat, probeer
op 'n snaakse manier status kry deur die woorde te gebruik.
Gloudina
> .
>
|
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26119 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Fri, 10 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
lou wrote:
> In elk geval - ek weet nie waarom ek my tyd mors nie - almal op die
> nuusgroep ken jou as 'n persoon wat baie liberaal met die waarheid
> omgaan (ingeval jy nie verstaan nie, jy lieg soos 'n tandetrekker) so ek
> moet my seker nie te veel aan jou leuens steur nie.
Moet ek dus aanneem dat jy die handdoek ingooi.Papbroek.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26231 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Mon, 13 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
lou wrote:
> Aangaande die beswaddering - ek dink nie dit sal die moeite werd wees om
> jou hof toe te sleep nie - die regter sal die die saak uitgooi op grond
> daarvan dat jy duidelik met 'n gebrekkige redenasie vermoee"e geseen is.
O jou ou papbroek-grootbek, jy gooi dus die handdoek in.Terloops, in die soort
hofsaak waarmee jy my bedreig het, sou ek
heelwaarskynlik nie eens in die hof benodig wees nie. Dis oor ander
oorwegings waaroor die hofsaak sou gaan: wat geskryf is, oor of
daar beswaddering was, wat op die internet as beswaddering beskou
kan word en vervolgbaar is, ensovoorts ad infinitum. So, ou Lou,
moenie jou bek so vinnig rek nie. Miskien beland jy een van die
dae in die sop, nie ek nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26333 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Wed, 15 September 1999 00:00   |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ou liegbek lieg al weer:
> lou wrote:
>
>> Aangaande die beswaddering - ek dink nie dit sal die moeite werd wees om
>> jou hof toe te sleep nie - die regter sal die die saak uitgooi op grond
>> daarvan dat jy duidelik met 'n gebrekkige redenasie vermoee"e geseen is.
>
> O jou ou papbroek-grootbek, jy gooi dus die handdoek in.Terloops, in die soort
> hofsaak waarmee jy my bedreig het, sou ek
> heelwaarskynlik nie eens in die hof benodig wees nie. Dis oor ander
> oorwegings waaroor die hofsaak sou gaan: wat geskryf is, oor of
> daar beswaddering was, wat op die internet as beswaddering beskou
> kan word en vervolgbaar is, ensovoorts ad infinitum. So, ou Lou,
> moenie jou bek so vinnig rek nie. Miskien beland jy een van die
> dae in die sop, nie ek nie.
>
Ou grootbek, oeps sorry ou liegbek, dreig jy my dalk? Gaan vra bietjie
op s.c.sa van hoe diep in die pekel so ou lasteraksietjie jou kan kry,
jou ou liegbek.
Net vir jou informasie - ek vertel nie liegstories soos jy nie, so
waarom sal ek nou in die sop kan beland? Ek dink voor ek mense van dinge
beskuldig wat ek nie kan bewys nie - anders as jy wat links en reg lieg
en bedrieg.
|
|
|
|
Re: Gloudina beswadder! [boodskap #26338 is 'n antwoord op boodskap #25802] |
Wed, 15 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
lou wrote:
> Prosedeer? O jy meen ek moet ou Gloudina liegbek hof toe neem? Nee my
> regsadvies is dat sy nie toerekensvatbaar is nie, maw sy is ietwat
> onstabiel, van haar trollie af, koekoes. Dit sal dus nie die moeite loon
> om die ou ding te 'prosedeer' nie.
>
Watter slegte prokureur het jy, wat vir jou sulke advies gee. My toestand
het niks met die saak te doen nie. Dis of daar 'n misstap gedoen is, wat
siviel vervolgbaar is.
Al wat ek weet - jy het jou bek gerek en gedink ek sal skrik, en nou is
jy 'n papbroek en kan nie soos 'n man verklaar dat jy 'n fout gemaak
het nie. Vra om verskoning vir jou dreigement. Anders kan jy miskien
nog geprossedeer word vir die skyende onwaarhede wat jy van my
rondskryf. En onthou, ek het familie in SA met baie regskennis agter
hulle.
Gloudina
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:52:48 UTC 2025
|