| Urienterapie [boodskap #25984 is 'n antwoord op boodskap #25985] |
Di., 07 September 1999 00:00  |
flappie
Boodskappe: 27 Geregistreer: Julie 1999
|
Junior Lid |
|
|
Goed - ek erken my reaksie was oorhaastig. Nadat ek so 'n
bietjie op die Internet gaan rondsoek het, het ek ontedek
dat urienterapie inderdaad as terapie bestaan, dat dit nie
net in die Ooste gedokumenteer is nie, maar ook in die
Weste, dat daar selfs wêreldkongresse oor gehou word, en
dat daar literatuur daaroor bestaan wat terugdateer tot
ongeveer 5 000 jaar gelede. Die Indiese leier Ghandi was
beslis nie die enigste nie; Morarji Desai het hom blykbaar
in Australie baie kritiek op die hals gehaal deur sy
openbare erkenning dat hy self daagliks van sy eie urine
drink, en dat hy dit aanbeveel by sy landgenote.
Vooroordele daarteen bestaan vanselfsprekend. Jare gelede
het ek die Shogun gelees; daarin word beskryf hoe die
Japanese veldheer die Westerling wat as skipbreukeling in
Japan geland het, die ergste vorm van vernedering toedien:
hy urineer op hom. Dis ook bekend dat daar afwykende gedrag
bestaan waar seksuele genot geput en urinering op verskeie
wyses aan mekaar gekoppel word.
Persoonlik vind ek dit egter steeds afstootlik - en ek bly
skepties daaroor, maar ek aanvaar dat daar baie ander is
wat ernstig met my sal verskil hieroor. Unto each his own.
Groetnis
Henry
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Urienterapie [boodskap #26101 is 'n antwoord op boodskap #25985] |
Do., 09 September 1999 00:00  |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
As eertydse sokkerspeler het ons geglo dat jou urine so deurskynend moontlik
moet wees (en vele, vele glase water vooraf bring dit mee) voordat jy op die
veld uitdraf - sodoende was jy verseker dat jou liggaam genoeg water had, en
dat al die onsuiwerhede (wat urine dan nou geel of goud sou kleur) dan uit die
sisteem is. Die gevolg sou wees beter stamina op die sokkerveld. Gegee die
gesprek hier, wonder ek nou of ek verkeerd was om aan die "goue uriene" te dink
as onsuiwer en die deursigtige uriene as "gesonder" ? En is daar 'n verband
tussen hierdie deursigtige uriene en verhoogde stamina en uithouvermoe?
leswin
|
|
|
|