Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jok en lieg
Jok en lieg [boodskap #25938] Ma, 06 September 1999 00:00 na volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink HOE 'n mens iets sê is so belangrik:

"Jy LIEG" en " jy JOK" is presies dieselfde, maar
hemelsbreed
verskillend in betekenis. Die eerste een is kras en kru, die
tweede
een meer beskaafd. (So dink ek)

Pat

lou wrote in article
> Sies man - sit innie hoekie - jy lieg al weer!
>
Re: Jok en lieg [boodskap #25962 is 'n antwoord op boodskap #25938] Di, 07 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
PAT wrote:
>
> Ek dink HOE 'n mens iets sê is so belangrik:
>
> "Jy LIEG" en " jy JOK" is presies dieselfde, maar
> hemelsbreed
> verskillend in betekenis. Die eerste een is kras en kru, die
> tweede
> een meer beskaafd. (So dink ek)
>
> Pat
>
> lou wrote in article
>> Sies man - sit innie hoekie - jy lieg al weer!
>>

Hmmmm - Gloudina lieg - ek jok - maklik sien :)

Maar jy is reg jok is soos 'n wit leuentjie - lieg is soos die stories
wat Gloudina verkondig.
Re: Jok en lieg [boodskap #25991 is 'n antwoord op boodskap #25938] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Vir my, is dit dieselfde. Vertelling van die nie waarheid. Of jy nou wil lieg,
doekies omdraai, jok, of sommer net nie die waarheid vertel nie. Dis almal
dieselfde. Dit is net trappe van vergelyking. Jy vertel iets wat jy weet nie
die waarheid is nie. Maak nie saak wat die rede is nie.

Ernest Bessinger.

lou skryf in boodskap news:37D4B754.6DA2@hotmail.dinges.com...
> PAT wrote:
> Hmmmm - Gloudina lieg - ek jok - maklik sien :)
>
> Maar jy is reg jok is soos 'n wit leuentjie - lieg is soos die stories
> wat Gloudina verkondig.
Re: Jok en lieg [boodskap #25992 is 'n antwoord op boodskap #25938] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ummm, ek dink juis die twee woorde het PRESIES dieselfde betekenis. Die
een is net, soos jy sê, 'n sagter uitdrukking.

PAT wrote in article
...
> Ek dink HOE 'n mens iets sê is so belangrik:
>
> "Jy LIEG" en " jy JOK" is presies dieselfde, maar
> hemelsbreed
> verskillend in betekenis. Die eerste een is kras en kru, die
> tweede
> een meer beskaafd. (So dink ek)
Re: Jok en lieg [boodskap #25993 is 'n antwoord op boodskap #25938] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Oor lieg en jok:

Is soos om te will weet of swart nou ligswart of 'n donkerder skakering
daarvan is. Of wit. Is dit nou 'n uiterste ligte skakering van swart, of is
dit die saamgestelde van die drie primêre kleure?
Wetenskap leer my dat wit lig die samestelling van die 3 primêre kleure is.
As ek dit op my kleurdrukker probeer doen (die samestelling) dan druk dit
swart. Dus, wat leer dit my: Wit is wit en swart is swart: Lieg is lieg,
en jok is ook lieg. Lieg is dan ook jok dus is lieg = jok of die omgekeerde
jok = lieg.

Ja ons praat mos mooi beskaafd van jok, want lieg is tog SO kras en kru, en
dis wat politici tog dikwels doen.
Nee, óns beskaafde afferkaners (aldus Samuel) jok, ons het nog nooit gelieg
nie, en ons sal ok'ie!
Toe ek nog kind was het ons altyd gesê jok is 'n hond se naam, met verwysing
na JOCK wat verafrikaans is na jok!
Aldus overgesetsynde nademaal gegewe onder mijn hand op dese die agtste dag
van die maand September in die jaar onses heer 1999!!
Het ek niks gesê nie, dan jok jy. Het ek iets gesê wat iets beteken dan
moet dit dalk as uiters verdenklik voorkom. Wat ek sê is nie noodwendig die
waarheid nie, maar dat dit ook 'n politieke stelling kan wees wat dalk
polities minder korrek kan wees, en in die mees resente stadium en op
hierdie tydstip in tyd kan dit empiries onkorrek voorkom wat dit dalk as 'n
onwaarheid kan wees. Hierdie stelling moet in sy geheel gesien word as dat
dit gestroop is enige seksistiese, rassistiese, niksseggende, van alle
waarheid ontbloot (en toe weer bedek onder die dekmantel van sensuur)
opmerkings wat enig iemand se regte kan benadeel. Sou die regte benadeel
word, kan dit aanleiding gee to ongemagtigde bevoordeling wat weer op sy
beurt in nepotistiese lig beskou kan word. So 'n bewering sal ernstig deur
die Kommissie vir Lieg, Jok en ander tabakwerende advertensiekampanje
ondersoek moet word. Dit sal aanleiding gee tot 'n versoek dat nog 'n wa
aan die soustrein gehak moet word, maar omdat die spoorweë nie op hierdie
tydstip in tyd betyds 'n tydige voorkomende betyds trein kan reël nie, val
die hele lieg en jok storie plat.

Begin dus maar weer van voor af. Kies wat jy wil gebruik! Lieg of jok,
maar moet tog net nie in die parlement dit erken nie!

Groete uit die bakermat van afrikaanse kultuur en nog wat...
lou wrote in message ...
> PAT wrote:
>>
>> Ek dink HOE 'n mens iets sê is so belangrik:
>>
>> "Jy LIEG" en " jy JOK" is presies dieselfde, maar
>> hemelsbreed
>> verskillend in betekenis. Die eerste een is kras en kru, die
>> tweede
>> een meer beskaafd. (So dink ek)
>>
>> Pat
>>
>> lou wrote in article
>>> Sies man - sit innie hoekie - jy lieg al weer!
>>>
>
>
> Hmmmm - Gloudina lieg - ek jok - maklik sien :)
>
> Maar jy is reg jok is soos 'n wit leuentjie - lieg is soos die stories
> wat Gloudina verkondig.
Vorige onderwerp: Drie Geslagte" deur ELISABETH EYBERS
Volgende onderwerp: Re: Urine terapie en gout
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 08:12:45 MGT 2024